Profesie 100, Hebreeuse Vertaler, Kom Na Vore in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH!

Profesie 100

Hebreeuse Vertaler, Kom Na Vore in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur Elisabeth (Elisheva) Elijah.
12 Julie 2008
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * *

Verduideliking: Op hierdie 12 Julie 2008 het ek begin bid vir ‘n Hebreeuse vertaler om na vore te kom. Ons het 4 jaar gelede ‘n man gehad wat geskryf en gesê het hy en sy broer gaan al die Profesieë na Jerusalem toe neem. Maar omdat ons verhuis en verhuis en verhuis het, het ek altyd gedink ek sou terugkom na hom toe en toe het ander dinge plaasgevind en ons het vergeet om vir hom terug te skryf en ons kon nog nie weer daardie e-pos in die ‘hotmail’ opspoor nie. Of dit dalk Caleb was, weet ek nie, maar ek het ernstig begin bid en ek begin sien hoe ‘n kennisgewing op ons webwerf opgesit word en dit het gesê “Dringend! Hebreeuse vertaler word nou benodig!”

Toe het ek ‘n visioen gesien en ek is nie iemand vir wie visioene maklik gegee word nie, daarom het ek geweet dit is van YAHUVEH af toe ek dit sien en wat ek gesien het was ‘n Heilige engel en ek kan nie sien of dit ‘n man of ‘n vrou is nie, maar dit gaan daar opgesit word tesame met “Dringend! Vertalers word benodig vir die Profesieë, die Woorde en Boodskappe.”

Die belangrikste ding wat ek gesien het was hierdie Heilige engel wat hierdie persoon aan die skouers stoot en die persoon staan stil. Die persoon is alreeds daar. Die een wie geroep was om te vertaal, om die Hebreeuse vertaler van die Woorde te wees wat aan my gegee is, lees alreeds die Bedieningswebwerf, hulle het net stilgestaan, hulle het nie beweeg nie en ek sien ‘n Heilige engel op hierdie dag ,12 Julie 2008 en hierdie Heilige engel stoot hierdie persoon aan die skouers en die persoon hou aan om te stop en die Heilige engel hou aan om te stoot, stoot, stoot en het hulle in die laaste deel wat ek gesien het, na ‘n rekenaarstoel gestoot en die laaste ding wat ek gesien het is hy het hom afgedruk en altyd bo-op sy skouers. Ons bid in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, dit gaan op die YDS se toplys wees en die Jerigo Marse en wanneer ons Nagmaal hou, dat hierdie Hebreër, hierdie persoon wie in die Hebreeuse taal kan vertaal, na vore sal kom! En hulle gaan van hierdie oomblik af weet. Wanneer hulle die datum 12 Julie hoor en wanneer hulle hoor hoe dit gebeur het dat hulle gestoot was, gaan hulle weet dit was hulle. Hulle is na hierdie bediening toe gestoot.

En hulle wou nie die tyd neem nie en hulle het nou net hierdie (Hebreeuse Vertalers word Benodig) gelees en hulle het dit vir hulself gehou, maar dit is nou die tyd om na vore te kom. Hulle het nie gedink hulle kon so ‘n taak onderneem nie, maar YAHUSHUA ha MASHIACH sê, “EK het julle gekies vir so ‘n taak.” En julle sien, ek het altyd geglo Profesie 78 kan nie vrygestel word voordat dit in die Hebreeuse taal vrygestel is nie, want die Woord sê dat YAH ons eerste na die Jood en dan na die Heiden stuur, maar dit is nog nie in die Hebreeuse taal nie. Dit is al in Israel maar dit is nog nie, volgens my wete, in Hebreeus vertaal nie. So, dit is dringend en dit is belangrik.

Anthony het gesê hy het ‘n droom gehad en Anthony is ‘n Profeet wie definitief die toekoms in sy drome sien en hy het vandag op ‘n Sabbat vir my gesê, hy het gesê hy het ‘n droom gehad dat ek dit op ons privaatforum voor ons gebedintersessors gepos het en ek het Profesie 78 vrygestel, en dit is wat ek eerste sou doen. Ek sou dit eerste vrystel aan ‘n uitgesoekte groep voordat ek dit aan die wêreld bekendstel, want ‘n profeet is onderworpe aan ‘n ander profeet. En tog weet ek dat dit nog nie in Hebreeus vrygestel is nie en die dringendheid in my was nog nooit so swaar om die webbestuurder te vra om voor die hele wêreld bekend te maak “Ons benodig nou ‘n Hebreeuse vertaler!” nie. En ek is bemoedig deur daardie Heilige engel. So, dit is wat ek gesien het. Dit is wat ek vandag gehoor het terwyl ons voorberei het om Nagmaal te hou in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

* * * * * * *

Profetiese Woord: Elisabeth [Elisheva] MY Liefling, daar is selfs ‘n ander belangrike rede hoekom hierdie Hebreeuse vertaler moet gehoorsaam, want dit is hoekom die engel hom gestoot het, hulle stoot want daar is meer as een wat geroep is. Jy kan nie in Israel ingaan voordat die Woorde in Hebreeus uitgekom het nie.

Jy het nou alreeds vir baie jare geweet en jy het selfs probeer om voor MY tydsberekening te gaan toe ‘n ander een jou geroep het, maar dit was voor MY tydsberekening en terwyl hy daar gesit en wag het en selfs gesê het hy het die akkommodasies, het satan probeer om voor MY tydsberekening te gaan. Alles hiervan sal ingesluit word want EK praat nou tot die hart van die Hebreër wie hierdie lees. Hoe lief het jy jou mense? Wil jy nie hê dat hulle ook die Waarheid moet ken nie? Die Heilige engel stoot jou want jy plaas ander dinge voor die werk wat EK vir jou bepaal het om te doen. Julle sien Elisabeth [Elisheva], EK sê vir julle dat julle gaan visvang. EK gee vir julle ‘n les oor visvang en vervolgens sê EK vir julle om na 3de bekendste nuuswebwerf op die internet (rense.com) te gaan en te gaan visvang en wys hulle die Waarheid wat EK vanuit hierdie bediening gespreek het, nie vanuit ‘n nuusleser se lippe nie.

EK sê nou vir jou! Selfs die nederige ‘myspace’, Elisabeth [Elisheva], EK het vir jou gesê jy sal miljoene siele bereik. Almal van hulle is lokaas om hulle daarheen te lei, om die Waarheid te kry wat hulle nie van enige georganiseerde kerk kry nie. O! EK het ‘n oorblyfsel. EK het ‘n paar, dun gesaai, maar daar is baie wat nie MY Waarheid verkondig nie. En EK sê nou vir jou, die Hebreeuse vertaler sal na vore tree want dit is selfs dieper vreemde waters waarin EK jou stuur. Maar pasop want as jy dink die stryd was tot dusver taai, wanneer EK jou in die heidense waters instuur, wanneer EK jou voortstuur in die waters waar die Ortodokse Jode woon, sal selfs die kaballah teen jou gebruik word. Hulle sal hul vloeke gooi. Maar wat hulle gaan uitvind is dat daardie vloeke in hul eie gesigte sal terugkeer want Israel is vol van die okkulte, okkulte wat jy nie verstaan en nooit van geleer het nie, want EK het jou nooit toegelaat om selfs van hierdie dinge te hoor nie, maar jy sal Wysheid hê wat jy nie nou het nie, waar jy nog nie met die vyand slaags geraak het wat teen jou sal kom as hierdie Profesieë in Hebreeus vertaal is nie. Die werklike seun van satan sal opstaan en andere stuur om jou te probeer verslind. Onthou dit, geen Zionistiese Jood is van MY af nie. Zionisme (Joodse politieke beweging) is nie Heilig nie.

EK sê dit vir jou vooruit sodat jy sal verstaan hoekom die Hebreeuse vertaler nog nie na vore getree het nie. Maar dit is nou die tyd! EK het voorheen met hulle gedeel, want daar is meer as een en alhoewel hulle teruggehou het, stoot MY Heilige engele hulle nou aan! Skryf vir hierdie “Ringmaiden”! Skryf vir hierdie bediening! EK spreek nou tot die hart van die vertalers en EK kon selfs julle name noem, maar EK wil nie toelaat dat die vyand julle name ken nie. En woorde vir die verstandige, vir die Hebreeuse vertalers, moenie julle regte name gebruik nie.

Einde van Woord.

Elisabeth [Elisheva]: Dit is al wat ek hoor. Prys YAHUSHUA!

Aanstootlik vir Sommige, Insiggewend vir Sommige

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)