Profesie 112, Pasop vir die onbekeerde sondaar, bemoedig die Heiliges wie bekeer & YAHUSHUA gehoorsaam!

Profesie 112

Pasop vir die onbekeerde sondaar, bemoedig die Heiliges wie bekeer & YAHUSHUA gehoorsaam!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Ontvang 10 Julie 2009
Vrygestel 14 Julie 2009
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Ek het ‘n droom gehad op 9 Julie 2009 en toe ek wakker geword het, het ek begin om YAHUSHUA te Loof en te Aanbid en YAHUSHUA het onverwags hierdie Woord voortgespreek. Die droom is onderaan hierdie Profetiese Woord geplaas. Ons vra dat enigiemand wie die uitlegging van hierdie droom het, asseblief vir ons ‘n e-pos sal stuur. Alle uitleggings waarop ons ‘n getuie kry, sal op die Bedieningswebwerf geplaas word.

* * * * * * *

Terwyl jy nog geslaap het het EK MY LEWENDE WATER op jou uitgegiet (Jeremia 2:13, Johannes 4:10-14). Jy het altyd geweet dat die Salwing wat EK vir jou gegee het elektries is. Hoe baie maal in die verlede het mense jou hand gevat en hulle hand het lam geraak? Wees nou gehoorsaam, neem die droom op (Hand 2:17; Hab 2:2) na die beste van jou vermoë want wat jy onthou het is wat EK wou hê jy moes onthou.

Weet net dit, diegene wie EK YAHUSHUA se Demon Stompers genoem het, diegene wie EK ook jou geestelike kinders genoem het, roep uit na MY om hul geestelike moeder en mentor, MY “Ringmaiden” te genees. Vertel vir hulle terwyl hulle vir jou en die ander wie langs jou bedien, bid: EK neem hierdie seëninge, EK neem hierdie gebede , EK hou dit dig teen MY hart. Hulle is soos ‘n soete geur vir MY neusgate (Gen 8:20-21; Ps 141:2, Eseg 20:41; 2 Kor 2:15-16; Filipense 4:18; Open 8:3-4).

Jy wag vir ‘n spesiale dag M’Lady [my lady], dit is nie iets wat jy (in jou vlees) kan verhaas nie. En tog sê EK dit vir jou, vir elkeen wie hierdie gebede vir jou oplig, salf EK jou net meer. EK gee vir jou dinge terug en EK restoureer, weliswaar [selfs al] is dit nie wat jy wou hê nie, maar dit verhaas wel die tyd. So getrou is hulle.

En wanneer jy diegene sien wat jy gedink het is getrou en jy sien hulle kan nie langer langs jou loop nie (want EK het hulle verdeel) – dit is vir al die YDS’e met wie EK nou praat wie MY getroue voorste linie is, die getroue gebedsintersessors, die Heiliges, MY keurmag:

Haal julle oë af van die wat geval het. Moenie aanhou treur oor die gevallenes nie – hulle wie in die YDS begin het en hulle hand aan die ploeg geslaan en gesê het, “Dit is te moeilik, ek neem my hand van die ploeg af. Die MEESTER verwag te veel. Elisheva, om getrou langs jou sy te dien is nie soveel plesier soos ek gedink het dit sou wees nie. Dit is te moeilik. Ek wil hierdie wêreld geniet. Ek wil dinge op my manier doen”.

Daardie is die gevallenes. Dit is hulle wie in die Groot Verdrukking sal wees. (Mattheus 24:21). Dit is hulle wie op ‘n ander manier sal ly, maar MY liefling – EK praat met YAHUSHUA se getroue Demon Stompers:

Net soos Moses moeg geword het en iemand nodig gehad het wie sy hande in die geveg omhoog kon hou (Eksodus 17:12) – solank as wat sy hande en sy arms omhoog gehou was, want hy het nie die krag gehad om dit alleen omhoog te hou nie – net so gebruik EK hierdie YAHUSHUA se Demon Stompers. EK gebruik die gebede rondom hierdie wêreld en gesigte wat jy nie ken nie – die vermiste dele van die Bruid, MY gehoorsame Bruid. Hulle tree in en hulle bid vir jou en tog ken jy nie hulle name nie. Baie van hulle name ken jy nie, maar EK gebruik die gebede van hierdie regverdiges, die regverdiges in die voorste linie YDS’e om jou arms omhoog te hou voor die geveg.

[Die geveg] is so swaar – want EK het jou gesalf Elisheva. EK het in jou ‘n unieke Salwing oorgedra en en daar is ‘n prys om te betaal vir hierdie Salwing – want jy sien, ander kan praat en EK hoor hulle, maar jou unieke Salwing is, jy praat en, as jy dit maar net wil glo, daar is niks wat jy kan vra wat EK nie sal beantwoord nie. (1 Sam 3:19). En jy sal die antwoord hoor.

EK praat met jou in jou slaap. EK vertel vir jou van hierdie groot Salwing wat EK in jou hande plaas. En EK het weer en weer en weer op geheime maniere bewys – selfs bokant jou begrip of verstand.

[MY kinders] wees dankbaar EK forseer jou nie om die kruis te dra wat EK Elisheva forseer om te doen nie. EK salf jou hande selfs terwyl jy slaap. Sê MY Woord nie, “EK salf jou hande vir oorlog” nie? (Jesaja 45:1, Psalm 89:20-23, 92:9-11).

Kosbare YDS – YAHUSHUA se Demon Stompers – EK het julle monde gesalf. EK het julle hande gesalf om oorlog te maak, om die vestings af te breek, om die prinse, magte en vorstedomme van hierdie wêreld te bind (2 Korinthiers 10:4). Wanneer julle net praat, is MY oor geneig tot julle, terwyl julle bid en julle leef in heiligheid, terwyl julle teen die vyand en die versoekinge van die wêreld veg.

Want julle gehoorsaam en julle is lief vir hierdie Bediening & MY “Ringmaiden” en julle tree getrou vir hulle in – vir hierdie Bediening – sowel as vir Kathrynyah en Adam want hulle is ‘n span. Al die vertalers wie die Heilige Vuur vat en dit in ander tale vertaal, moenie julle rang onderskat nie. Maar hou aan, almal van julle, om nederig voor MY te bly – want elkeen van YAHUSHUA se Demon Stompers, julle marsjeer in julle eie gelid. Julle hou julle oë op julle Hemelse prys.

Jy is ‘n Heilige intersessor. En wanneer julle die ander langs die pad sien uitval, hulle wat nie kan opweeg om MY Heilige Bruid genoem te word nie, neem julle oë af van die wat geval het. Hou julle oë op diegene wat sterk gestaan het, ten spyte van wat gekom het, ten spyte van die vervolging, die versoeking. EK sê nie julle is volmaak nie; almal van julle is onder konstruksie.

Julle sal weet wanneer julle daardie graad bereik het want dit sal wees wanneer EK vir Elisheva sê, “Kondig dit nou aan”. En EK sal ‘n teken van die Heilige Engele stuur en hulle sal weer na jou toe kom Elisheva. Die tyd is nie meer so ver nie (Mattheus 25:6). As EK te vroeg vir jou sê en as EK vir jou ‘n datum kon gee, sou jy die fout maak om net vir daardie datum te lewe. Die werk sou dan nie klaarkom nie. Die siele sou dan nie bereik word nie. Jy sou net sit en die dae aftel. Dit is hoekom EK gesê het, “EK sal jou nie laat weet totdat dit tyd is vir julle om huis toe te kom nie”.

Dankie YAHUSHUA se geliefde Demon Stompers. Dankie vir julle gebede. Terwyl julle vir haar en die ander bid, kom die seëninge ook op julle neer. MY oë is gedurig op julle wanneer julle hierdie uur afstaan om op ander te fokus. Nie almal is gekwalifiseerd om ‘n Heilige intersessor te wees nie. Diegene wie uitgeval het – dit is omdat hulle nie langer verlang om op te staan en hulle hand aan die ploeg te hou nie. Moenie treur nie, maar juig eerder, want EK het julle nie alleen gelaat nie. Julle is die bedoeling van ‘n Heilige familie. Julle deel mekaar se laste, nie net in die goeie tye nie, maar ook in die slegte tye.

En dieselfde seën is ook vir al die onsigbares. Ja die vyand val erger aan, maar dit is omdat die belonings soveel groter is. Julle stoor nie julle skatte hier op die aarde nie, maar dit is in die Hemel gestoor. (Mattheus 19:21). En Elisheva, hulle sal aan jou sy staan saam met MY geliefde Adam en Kathrynyah en almal wie vir jou ‘n seën was, almal wie ‘n seën vir hierdie Bediening was en hulle offers geoffer het en bereid was om vervolg te word (Mattheus 5:11-12) om ‘n landbouer, ‘n tuinier in die oesland van die Amightywind Bediening (wat aan die Aleph en die Tav en die RUACH ha KODESH behoort) te wees (Mattheus 13:35). EK vertel vir jou, hulle sal langs julle staan en EK sal hulle persoonlik, een vir een bedank. En julle belonings sal wees die mense, vergader uit al die lande en nasies, wat in ‘n lang lyn staan en net wag om julle te ontmoet en vir julle dankie te sê.

Dié van julle wie julself verneder het en toegelaat het dat julle getuienis voor die wêreld geplaas word, julle sal voorgestel word aan hulle wie se lewens verander het en herstel is as gevolg van julle getuienis. Sê MY Woord nie, “Deur MY Bloed en hulle getuienis …..” (Open 12:11) is mense se lewens herstel en verander – as hulle maar net kan glo dat EK ‘n beloner van goeie dinge is aan hulle wie aanhou om MY te volg.

So, moenie treur oor die wat geval het nie. Treur vir ‘n kort rukkie en besef – maar moenie aanhou om in hierdie hartseer te lewe nie – want EK moet wys en EK moet bewys wie waarlik die gehoorsame Bruid is. Waarlik EK sê vir julle, die Heiliges is Heiliger. Maar hulle betaal ‘n prys vir al hierdie Heiligheid – net soos hulle wie die pad van onheiligheid stap, wie begin het op die regte pad en hulle kruis gedra het en dit toe neergegooi het en gesê het, “ek gaan nie langer hierdie kruis dra nie. Ek gaan nie langer die rigting volg wat vanuit die Hemel gegee word nie. Ek gaan nou op my eie. Wat YAHUSHUA ha MASHIACH vra is te moeilik.” (Lukas 14:25-27).

Maar julle sien, EK sal ‘n ander een langs die pad stuur. En hulle sal daardie kruis sien wat verlaat is en neergelê is: die roeping en die werk wat EK georden het. Hulle sal dit optel en hulle sal daardie kruis dra (Markus 8:34). Hulle sal gewillig wees om vervolging en bespotting te verduur. Hulle sal gewillig wees om hulle tyd en hulle finansies op te offer. Hulle sal bereid wees om op te offer wat EK ookal van hulle verlang om te offer. En die Salwing wat EK vir ‘n taak gegee het wat neergegooi en verlaat was, sal EK net meer salf. En ja, EK sal meer verlang, maar MY Kosbares, eendag in die Hemel sal julle sien dit was alles die moeite werd wanneer EK persoonlik vir julle in julle gesig dankie sê.

So, EK sê “welgedaan” aan hulle wie MY getroue, gehoorsame Bruid is. EK sê “Welgedaan, maar moet julself nooit toelaat om trots te raak nie”. Want EK weet baie goed hoe om elkeen van julle te verneder, so hou julle oë op MY en hou aan groei in die Salwing wat EK vir hierdie Bediening gegee het.”

[Einde van Deel 1 van hierdie woord. Hou aan lees vir Deel 2. Moenie Elisheva se gebed oorslaan nie. ] [Elisheva:] Dank U, dank U, dank U, dank U. Dank U YAHUSHUA, dank U ABBA YAHUVEH, dank U Geliefde IMMAYAH ons MAMMA RUACH ha KODESH, ons MAMMA WYSHEID, ons MAMMA GLORIE, ons MAMMA SHKHINYAH.

Dank U, dank U, dank U, dank U, dank U, dank U. Seën al die getroues regoor die wêreld. Seën hulle wie se name ons nie ken nie. Seën hulle wie se name ons ken.

Dank U, dank U, dank U, dank U vir die werk in hierdie oesland wat U die Bediening noem.

Dank U, dank U, dank U dat hulle ons name oplig en dank U, dank U, dank U dat die seën terugkom op hulle.

Dank U ABBA YAHUVEH, ons oë is nou af van dié wat geval het. Ons treur, maar net vir ‘n kort rukkie. Ons sal ons oë gefokus hou op hulle wie daarna strewe om U te gehoorsaam, ABBA YAH.

[Elisheva begin weer in Heillige Tale te bid).

Ons aanbid U. Ons aanbid U. Watter prys U ookal verlang, ons tel ons kruis op en ons volg U. (Markus 8:34). In geloof is ons waterlopers deur u Naam, YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH.

Ons dank U dat U ons Salf – groter. Ons dank U vir die Salwing in ons hande. Ons dank U ABBA YAHUVEH, ons Prys U ABBA YAHUVEH vir alles wat U gedoen het en alles wat U nog gaan doen.

Ons dank U ABBA YAHUVEH vir die getroues wie U waarlik gehoorsaam. U verwagtinge kan moeilik wees vir hierdie sterflike vlees maar dit is alles die moeite werd. Elkeen betaal ‘n verskillende prys, hulle wie U volg en U aanbid en U eerste in hul lewe en hul liefde plaas, hulle wat daarna strewe om soos ‘n Henog te wees om te alle tye behaaglik vir U te wees. (Hebreërs 11:5).

Dank U geliefde YAHUSHUA MASHIACH, dank U kosbare RUACH ha KODESH ons IMMAYAH.

Wat ons nie in die vlees kan doen nie, kan ons deur die Naam en die Bloed en die Gees binne-in ons doen, alles net oor U liefde –alles net oor U Bloed waarin ons gewas word aanhoudend 24 uur per dag, alles net oor die Efesiërs 6 wapenrusting wat nooit, ooit afkom nie.

O Geliefde YAHUSHUA, ons aanbid U. Dank U vir die getroues wie aan die kant van die Waarheid staan. Hierdie Bediening wat U my gebruik het om geboorte aan te gee op die aarde, deur hierdie internet is ongewoon. En net dié wie geestelike vleis wil eet, sal hierdie Waarhede aanvaar. En wat ’n prys moet ek betaal, maar YAHUSHUA vergewe my as ek nie sê dit is elke minuut van die dag die moeite werd nie.

Die leuens, die kwaadsprekers, die vyande wat oprys, hulle wat my eerder sal doodmaak om my stil te maak, hulle wie vol jaloesie en hebsug is, hulle wie sê,

“Net omdat ek nie hierdie GOD van my verlossing kan hoor soos jy nie (Elisheva), gooi ek net hierdie woorde terug na jou toe omdat ek nie Heilig kan wandel nie, omdat my hande in sonde gedoop is, omdat ek swig voor versoeking. Wie is jy wat sê jy kan nie?

Daarom haat ek jou met ‘n haat omdat jy wys hoe vuil ek regtig is. Ek haat jou met ‘n haat – en ek vervloek jou daagliks – waar ek jou eenmaal vriend genoem het omdat jy my die pad na Heiligheid gewys het en omdat jy my die pad na die waarheid gewys het. Maar nou haat ek jou, jou ‘Ringmaiden’, omdat jy my ‘n Lig vanuit die Hemel wys. Jy lei my na ‘n nuwe verhouding met YAHUSHUA MASHIACH. Maar omdat ek die duisternis verkies – want die lig verblind my oë – haat ek jou.

Los my uit en laat my in duisternis lewe (1 Johannes 3:19). Los my uit Amightywind Bediening. Ek wil nie my sondes sien nie. Los my uit. Ja, ek het op die regte pad begin. Ja, ek het probeer om sonde te los. Ja, ek het probeer lewe vir hierdie YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar dit is te moeilik om HOM te volg. Los my uit. Ek wil my sonde hê. Ek brandmerk jou as ‘n leuenaar. Jy kan nie ‘n Profeet wees nie, want ek is nie een nie. Jy kan nie Heilig wees nie. Hoe kan hierdie God binne-in jou leef? Ek brandmerk jou as ‘n leuenaar, anders sal ek moet erken dat ek die leuenaar is. Ek wys my vinger na jou toe en sê, ‘jy moet ‘n sondaar wees, jy moet net so vuil wees soos ek’. Ek probeer jou oordeel volgens my eie standaarde en ek gee nie om wat jou God sê nie.

So los my uit, Amightywind Bediening. Ek wil nie hoor dat ek ongelyk gebonde is nie. In plaas daarvan gaan ek jou Bediening brandmerk as ‘n bose grap. Ek gaan nie bekommerd wees om voor YAHUVEH te staan nie, want HY is vol genade en vol liefde. Weg van my Amightywind Bediening, ek wil nie hoor dat ek in Heiligheid moet lewe nie. Ek haat jou Elisheva. Ek vervloek jou naam elke dag meer. Ek skaar my by die vyand wie elke dag saamspan om jou lewe te neem. O maar ek noem myself nogsteeds ‘n Christen. Wie kan sê ek is nie? Want ek weet wie Jesus Christus is. Ek weet watter prys HY op Golgota betaal het. En kyk, dit is al wat dit kos. Dit maak nie saak of ek Heilig is nie. Dit maak nie saak of ek lewe om te sondig nie. Dit maak nie saak dat ek jou en al die waarhede in hierdie Bediening bestraf nie, ek behoort nogsteeds aan HOM.

So, weg van my Amightywind Bediening, ek wil geen deel meer hê aan jou salwing nie. Ek het my hand aan die ploeg geslaan en ek het probeer, maar ek wil nie meer deel hiervan hê nie. Waar ek jou eens as ‘n vriendin omhels het, waar ek jou as familie omhels het, ek het selfs jou Bediening ondersteun – dit maak nie saak hoe hard jy geskree het en sê, ‘hierdie Bediening behoort nie aan my nie maar dit behoort aan die Hemel’, het ek net geglimlag en ek het gesê, ‘dit is steeds jou Bediening’. En ek het selfs finansieel saad geplant. Ek het gedink ek mag ‘n paar seëninge koop as ek gaaf was met jou. Maar nie meer nie, nie meer nie, dit is nie die moeite werd nie.

Ek sien hoe geseënd die ander rondom my is en ek word kwaad en ek skud my vuis. Ek sien hoe die getroues, die heiliges, die gehoorsames, die berouvolles wie die pad van Heiligheid loop, jou omhels en ek is jaloers oor daardie liefde. Ek is jaloers omdat ek nie het wat jy het nie. En ek haat jou en ek haat wat hierdie Bediening verkondig, want dit het die lig op my duisternis geskyn. En ek wil net wegkruip – wetende dat ek nie deel van YAHUSHUA se Bruid is nie want die vereistes is ver te hoog. En diep in my siel weet ek dat ek deur die Groot Verdrukking sal gaan en die prys wat ek sal moet betaal, omdat ek weier om vandag na jou te luister.

Daarom weet ek in my hart dat die Waarheid uitkom – maar ek wil geen deel hê aan daardie waarheid nie want ek kan nie die pad loop wat jy loop nie, die pad wat YAHUSHUA wil hê ek moet loop nie. Ek sal te veel moet prysgee. Ek sal moet erken dat ek verkeerd is en jy is reg en die GOD van Verlossing praat waarlik deur jou mond. Ek wil dit nie erken nie, want as ek doen – en ek hou op om jou te haat – want as ek doen, is dit klaar met my. Ek kon nie meer verdra om na myself in die spieël te kyk nie – om te erken dat jy ryk is in geloof en ek is arm.

Daarom sal ek aanhou om jou te haat. Ek sal aanhou om hierdie ‘Ringmaiden’ te vervloek. Ek sal aanhou om almal te vervloek wat die Waarheid volg, want ek verkies om in my leuen te lewe tot die dag wat ek sterf.

Los my dus alleen, jou ‘Ringmaiden’. Los my alleen, YAHUSHUA. Ek verkies om aan U te dink as net ‘n God van liefde – nie as die EEN wie daardie vyeboom vervloek het wat nie vir U vrugte gedra het nie. Los my alleen en laat my ore doof bly. Los my alleen en laat my oë blind bly. Los my alleen en laat ek vervloek en laster en lieg en ek beskinder jou einste naam Elisheva Eliyahu [praat skadelike onwaarhede en skinder]. En ek bly by jou vyande en ek veg saam met hulle [teen jou] want ten minste aanvaar hulle my vir wie ek is.

So, los my alleen Amightywind Bediening, ek wil nie langer my sonde sien nie. Ek verkies om die Bybel te glo soos wat ek glo. Ek weet in my hart watter prys ek eendag sal moet betaal, maar dit is vandag die moeite werd. Want ek kan nog nie die Hemel sien nie. Ek kan nie vanuit die Hemel hoor soos jy doen nie en hierdie wêreld om my is al wat ek het. Daarom is dit so maklik om jou te haat Elisheva (Psalm 37:32). Ek het nog nie die woorde ‘gaan weg van MY jou bewerker van ongeregtigheid, EK het jou nooit geken nie’ gehoor nie (Mattheus 7:23). En ek weier om te glo dat YAHUSHUA dit vir my sal sê. Ek hou nie eers van die Naam wat jy HOM noem nie. Ek noem HOM Jesus Christus want as ek daardie Hebreeuse Naam moet erken, sal ek al my skandes moet erken.

Jy het my geestelike vleis gevoer (1 Korinthiërs 10:3), wel, nou spoeg ek dit terug in jou gesig, want dit is maklik om die melk te drink (1 Petrus 2:2, Hebreërs 5:12), maar so moeilik om daardie geestelike vleis te sluk. Gee my net die melk om te drink, ek kan dit glo. Gee my die God wat net sê, EK is slegs liefde, EK is genade. Moenie vir my van hierdie YAHUVEH van oordeel leer nie en dieselfde een wat my seën is dieselfde een wat my vervloek/bestraf nie. Los my net Amightywind Bediening. Moenie meer na my huis toe kom nie. Moenie met my eggenoot of my familie of my vriende praat nie, anders sal hulle my op die ou end verlaat en die regte sondaar wys wat binne-in opgesluit is. En dan sal hulle my verag en hulle sal my vervloek, as hulle uitvind dat jy die waarheid gepraat het en ek gelieg het. En wat sal dan my einde wees? ‘n Lewe van eensaamheid is al wat ek sal sien”.

[Elisheva se Taal verander en Deel 2 van die Woord volg]

Nou Elisheva, EK weet jy het gewonder wat op aarde het EK nou net gedoen. EK het jou ‘n nuwe Salwing gegee, MY Geliefde Een. Nou hoor jy die woorde van jou vyande. En EK spreek dit uit – sodat hulle sal weet dat EK jou selfs vertel wat hulle sê. Nie net dit nie, terwyl ander na hierdie woorde luister sal hulle besef hoekom die vyande hierdie leuens vertel.

So Elisheva, is dit die prys werd om vervolg te word terwille van MY Naam? Want nou hoor jy nie net die Woorde uit die Hemel nie, nou ken jy die woorde wat opgesluit is in jou vyande se harte en siele – hulle wie jy eens jou vriende, jou familie genoem het, hulle wie jy eens jou dogter en seun genoem het. Niks is verborge nie MY dogter, want vandag het EK vir jou ‘n nuwe Salwing gegee.

Hulle wie MY waarlik volg en aanbid, hulle wie se name geskryf is in die LAM se Boek van die Lewe sal sê, “Ek wil die waarheid volg wat die pad verlig. Ek is vasberade om YAHUSHUA ha MASHIACH te volg. Ek is vasberade om nie terug te kyk nie. Ek sal nie soos ‘n Lot se vrou wees nie (Gen 19:15-26).” Hierdie wêreld is vol van Lot se vrouens. Die kerke loop oor van hulle, maar Elisheva, hulle sal kom en hulle sal gaan. Maar aan die einde sal EK die gees in hulle openbaar.

En nou sal hierdie Profetiese boodskap weer in ander tale vertaal word. Sommige sal ween en hulle gesigte in skaamte bedek en weer teenoor MY bely en jou die gees in hulle laat ken wat EK gewys het. En hulle sal alles doen wat hulle kan om te bewys “ek is saam met jou in hierdie Bediening, ek sal hierdie Waarhede uitspreek”.

En EK sal hulle wat dit gedoen het, vergewe en EK sal hulle hand weer salf om aan die ploeg te slaan – as hulle maar net wil erken, “ek het nou gesondig” en besef EK IS nie ‘n aannemer van persone nie (Hand 10:34). EK beloon diegene wie ywerig na MY soek.

EK is die ALEPH en die TAV. Hou aan om dit aan almal te proklameer – want daar is geen MASHIACH, daar is geen HERE, daar is geen VERLOSSER wat red (behalwe) EK, YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Eniggebore SEUN van YAHUVEH en daar is geen weg na die Hemel se hekke behalwe deur MY Bloed en MY Naam nie.

So, hou aan om dit uit te spreek, Amightywind Bediening. ‘n Heilige Bruid, kom sluit aan by hulle en word een. Diegene wie van ver af lees het julself nog nie eers voorgestel aan hulle wie in hierdie Bediening arbei nie, maar dit is nou tyd op uit te kom. Laat hulle weet julle is nog al die tyd daar sodat hulle nie alleen voel nie.

EK verkondig ‘n spesiale seën vanaf die Hemel aan elkeen – wanneer julle die heilige Profesieë lees en julle skryf en julle sê, “Ek ontvang hulle” –het julle ‘n seën in bewaring op maniere wat julle nie verstaan nie, deur net hierdie bemoediging vir hulle te gee.

Hierdie is die seën wat EK vandag vir jou het Elisheva toe jy wakker geword het en nie geweet het nie -MY lief- dat EK weereens sou spreek nie. Maar skryf dit neer en teken dit aan want jy het van die Hemel gehoor.

So, terwyl EK vir jou ‘n woord van bestraffing vir ‘n ander een gee en jy treur. En jy rou wanneer jy nog een sien wat val. Haal jou oë van hulle af en rig jou oë op hulle wie sterk staan. En alhoewel hulle by tye deur die vyand platgeslaan word, roep hulle MY Naam aan en deur MY Bloed rig EK hulle weer op.

Dit is hulle wie vir die Waarhede veg wat EK deur hierdie Bediening vrystel – want wat hierdie Bediening verkondig is slegs dit wat EK lank gelede in MY Heilige Woord opgeteken het, opgesluit in die Ou Geskrifte. Dit is hulle wie jou omhels en jou liefhet want hulle weet dat EK binne-in jou is, want hulle weet EK spreek voort uit jou, want hulle merk die RUACH ha KODEDSH in jou.

EK praat nou nie net met jou nie, maar EK praat met elkeen wie langs jou bedien. O hoe groot, hoe groot, hoe groot, hoe groot sal julle seëninge wees. Hou net aan, hou aan om MY te volg. En dieselfde belonings wat EK opgegaar het vir MY ”Ringmaiden” en al die getroue Bruid, sal julle ook met julle eie oë sien – die belonings aan hulle wie MY volg en getrou is aan MY. Julle YAHUSHUA, julle MASHIACH sal julle nooit begewe of verlaat nie. So, haal julle oë af van dié wat geval het en hou julle oë op hulle wat MY in gehoorsaamheid en in lojaliteit en in opregtheid volg en MY waarlik liefhet.

[Einde van Woord]

Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH

10 Julie 2009

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

* * * * * * *

Droom 9 Julie 2009

Uitnodiging na die Hemel se Partytjie

Ons was saam in ‘n vertrek en ek (Elisheva) was in ‘n rooi stoel, daar was nie baie van ons nie net miskien ‘n handvol van ons en daar gaan ‘n groot partytjie, ‘n groot feesviering wees en almal was baie opgewonde. Al die mense in die vertrek het geweet dat hulle sou gaan behalwe vir een man en hy was hartseer. Die een man het gesê, “ek sal nie gaan nie. Ek moet hier bly en werk. Ek is nie waardig om na hierdie partytjie toe te gaan nie. Ek wag vir my volgende oproep.” Ek was die een wat vir die ander in die vertrek gesê het dat hulle na die partytjie toe gaan. Ek het na hierdie man gekyk en gesê, “Maar jy gaan na die partytjie toe kom. Jy is genooi,” en hy het weer gesê, “Nee ek is nie waardig om te gaan nie.” Die res van die mense het gesê, “Bewys dit, bewys dit Elisheva dat hy na die partytjie toe kom. Slaan jou hande saam en klap 3 maal.”

My hande het op die armleunings van die stoel gerus en ek het gesê, “Julle weet ek wil dit nie doen nie,” maar die mense het aangehou om vir my te sê om my hande 3 maal te klap en hulle het gesê, “YAHUSHUA wil hê jy moet dit doen.” Ek het gesê, “Die Salwing is so sterk.” Toe het ek gekyk na die hartseer gesig van hierdie een man en hy het begin hoop kry in sy oë dat ek my hande 3 maal sou klap. Toe het ek my hande gevat en ek het my palms bymekaar gebring. Toe hoor ek YAHUSHUA sê vir my, “Klap jou hande 3 maal.” Ek het toe my hande 3 maal baie vinnig geklap en die een man het ‘n breë glimlag gekry en almal het gejuig en YAHUSHUA geprys want ons almal het toe geweet ons gaan vertrek vir die partytjie en ons gaan nie hierdie een man agterlaat nie.