Profesie 114, Die New Zealand Baba Is Uit Die Dood Opgewek!

Profesie 114

Die New Zealand Baba Is Uit Die Dood Opgewek!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Ontvang 18 September 2009
Vrygestel 27 September 2009
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Hier is ‘n kort verduideliking aangaande die mense wat in hierdie Profetiese Woord genoem word.

Ek dink dit was in 2007, toe ‘n vrou genaamd Leah my van New Zealand gekontak het. Sy het vertel hoe sy ‘n getuienis gekry het op al die Profesieë wat sy gelees het, insluitende die Ware Sabbatdag naamlik Saterdag. Haar man genaamd Osana was ‘n Pastoor in die AOG, “Assembly of God” kerk wat op Sondag aanbid het. Leah het haar man Osana gekonfronteer met die waarhede wat sy by hierdie Bediening geleer het. Osana het hierdie waarhede verwerp en probeer om Leah stil te maak. Leah het haar man verlaat en na ‘n vroue-herberg gegaan en Osana het hulle by die herberg opgespoor en daarheen gegaan en gedreig om vir Leah dood te maak. Leah wou nie dit, wat sy geweet het die waarheid was, kompromitteer nie. Na ‘n tyd het Osana gesien hoe sy vrou opstaan vir die waarheid en hy het ‘n besluit geneem om ook die waarhede te volg wat Leah geleer het.

YAHUVEH het vir Osana baie positiewe Woorde gegee om te help om hom (Osana) op te bou na sy ondervinding omdat Leah hom net wou afbreek. YAHUVEH het selfs Osana se naam na David verander en gesê hy het ‘n roeping soos ‘n David van ouds en hy sou ‘n Goliat Verslaner (Goliath Slayer) wees. Dinge het begin goed lyk vir die familie, of so het ons gedink, maar dinge het nie so goed gegaan nie. YAHUVEH het in hierdie tyd deur my Geprofeteer dat daar ‘n tak van hierdie Bediening in New Zealand moes wees en daar sou ‘n Fisiese gebou wees vir die mense om te aanbid. Ons het almal gedink die leiers sou David en Leah wees. Om die waarheid te sê, hulle het ‘n klein geboutjie gehuur en begin om Sabbatdienste met die hele familie en ‘n paar ander te hou wat by hulle aangesluit het. Ons het gedink dinge het goed gelyk.

Op daardie stadium het daar 2 persone saam met David en Leah se familie gewoon; ‘n jong vrou en ‘n man. Leah se suster Moera en hulle kinders het ook by hulle gebly asook Leah se moeder en vader. Ons het met hulle oor die foon gesels en hulle het almal rondom die foon vergader en na ons geluister terwyl ons gesels het en hulle was almal baie opgewonde om van ons te hoor wanneer ons geskakel het. Hulle het hulle probleme gehad, soos alle families, en hulle sou dit vir ons vertel en ons het vir hulle gebid en wanneer ons ‘n Woord vir hulle van YAHUVEH of YAHUSHUA ontvang het, het ons hulle daarvan vertel. Dit is waar dinge afdraende begin loop het. Leah was verskeie kere bestraf, maar sy wou meeste van die bestraffings wat van YAHUVEH en YAHUSHUA afkom, nie aanvaar nie. Ek het eerstens die fout gemaak toe ek met Leah begin praat het en vir haar gesê het dat sy in my plek in New Zealand staan omdat ek nie daar kon wees nie. Wel, ons het uitgevind dat dit werklik na haar kop toe gegaan het en die gees van trots het in haar gevaar.

Een aand het ons uit die bloute, ‘n telefoonoproep van David ontvang em hy het gesê dat Leah hom uit die huis geskop het en dat Leah nou saam met die man was wat by hulle gebly het. Leah en hierdie man het gedink hulle was Sielsgenote en hulle het geglo hulle was die Twee Getuies. Ons was geskok, om die minste te sê. Ons het David gehelp om op die Bediening se onkoste in‘n hotel te gaan bly, want hy het geen geld gehad of ‘n plek om te slaap nie. Ons het toe vir Leah en hierdie man geskakel en hulle gevra of dit wat David gesê het, die waarheid was en tot ons ongeloof het beide gesê, “Ja”. Ons kon nie glo wat ons hoor nie. Hierdie man en Leah het selfs owerspel in die huis gepleeg. Die oomblik toe hulle vir ons gesê het hulle het geglo hulle was Sielsgenote en die Twee Getuies, het ek in tale begin praat en‘n baie, baie ernstige bestraffing het van YAHUVEH vir Leah en hierdie man na vore gekom. Na die bestraffing het ek vir hulle gevra of hulle geweet het dat hierdie bestraffing van YAHUVEH was, en die man het gesê hy het en hy het onmiddellik berou getoon, maar Leah het gesê sy weet nie, dat sy verward was. Hierdie man het homself verootmoedig en vergifnis by YAHUVEH gevra en hy was vergewe. Hy het ook vir bevryding gegaan. Dit is die verskil tussen Leah en die man, hy het homself verootmoedig en sy het geweier om dit te doen.

Leah wou nie hierdie bestraffing van YAHUVEH aanvaar nie en sy het nou begin sê dat dit nie van YAHUVEH was nie. Die gees van trots en Jesebel het Leah oorgeneem. Sy het nou van hierdie Bediening begin praat asof dit boos was. Sy het met haar hele familie gepraat en hulle sover probeer kry om hulle rûe op hierdie Bediening te draai en beweer dat ek ‘n vals Profeet was. Op hierdie stadium het ek gedink die Bediening se tak wat veronderstel was om in New Zealand te wees, was dood. Ek het nie gedink dat daar enigsins ‘n manier was dat dit ooit sou gebeur nie.

Maar Leah se suster Moera, het nie na haar geluister nie, PRYS YAHUSHUA!!! Moera ken die stem van YAHUVEH en sy ken die goeie vrugte van hierdie Bediening. Sy het gesien hoe hierdie Bediening niks anders as ‘n seën vir die familie was nie. Moera het nie vir hierdie strik geval nie en sy het gesê sy en haar kinders gaan uittrek en hulle eie woning kry. Hulle het uitgetrek. So Moera het nou alleen saam met die kinders gewoon. Dit het my oortuiging bevestig dat die New Zealand tak nooit gaan realiseer nie, of so het ek gedink.

Geleidelik na baie gebede, het Moera die toetse geslaag wat YAHUVEH [haar] gegee het en dit het aanleiding gegee tot hierdie Profetiese Woord.

Die Heilige Profesieë kom voort van die RUACH ha KODESH wat die gawe van Heilige Tale deur my gebruik. Ek bid dat julle tyd sal neem om na hierdie Gawe van Heilige Tale te luister, want dit bewys dat dit nie slegs ‘n geskrewe woord is nie, maar ‘n bonatuurlike wonderwerk van YAHUVEH, YAHUSHUA ha MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH. Die Boek Handelinge beskryf hierdie gawe van praat in heilige tale as om in die tale van mense en Heilige Engele te praat. Hierdie gawe van die RUACH ha KODESH, ook genoem die Heilige Gees, het op wat algemeen bekend is as Pinksterdag, in die bo-vertrek op die apostels gekom. Julle sal hoor hoe ek emosioneel ineenstort en sukkel om aan te gaan met hierdie Profetiese boodskap toe YAHUVEH my weer waarsku oor verwerping . Om ‘n profeet te wees is nie ‘n gewildheidswedstryd nie, as dit was sou YAHUSHUA ha MASHIACH en al die ware profete daardie wedstryd verloor het.

Die hartseer ding is, hierdie gemelde vyande, het ek eenmaal Dogter en Seun genoem en hulle so liefgehad dat ek geweier het om hulle prys te gee, totdat YAHUVEH ons vertel het dat Leah ‘n verworpeling geword het. Sy was vasgevang in sonde, sy het dit bely maar het gedink almal moet dit net vergeet en sy wou steeds die Pastoor van hierdie Bediening wees in Upperhut, New Zealand. Sy was jaloers oor die roeping op haar man se lewe en het haar daarop ingestel om sy roeping te steel en sy het daarin geslaag, net soos Jesebel Agab bedrieg en mislei het. Leah het ‘n vals profeet geword en mense het haar gevrees. Sy het hulle selfs voor haar laat buig, want sy was gevul met satan se mag. YAHUVEH het aangehou om profetiese boodskappe vir haar uit te spreek om te berou en weg te draai van die bose en die boosheid wat sy gedoen het te herstel. Nogtans het rebellie haar hart gevul toe sy aangesê was dat hierdie Bediening nie ‘n leier kan hê wat die naam van hierdie Bediening dra en nie Heilig is nie.

Ek moes vir haar baie profetiese boodskappe gee waar YAHUVEH gesê het sy kan dit nie hanteer om ‘n leier te wees nie, sy was vol trots en rebellie. Sy het aangehou aandring dat sy die leier wou wees want sy het gesê sy was eerste gekies. Sy het uiteindelik die boodskap gekry en toe sy het, het sy Osana verbied om ook ‘n leier te wees. Dit is so hartseer want Osana was eens ‘n geordende Pastoor van ‘n groot “Assembly of God” Kerk. Toe YAHUVEH profetiese boodskappe aan hom uitgespreek het, het YAH sy naam na David verander en gesê hy was ‘n saggeaarde reus, want hy is ‘n baie groot en sterk man, en hy was eens beledigend maar het saggeaard geword en het maklik openlik gehuil. Ons het hom soos ‘n Geestelike Seun liefgehad en hy het ons ook eenmaal liefgehad. Toe YAH die beledigende gees uit hom geneem het, het satan sy kans gesien om hierdie eens magtige man van YAH te verneder en sy vrou, Leah het hom beledig en hom verneder, want sy het daarop aangedring om die huishouding te regeer en veroorsaak dat almal haar vrees.

Ons het geweet sy kon nie hierdie Bediening verteenwoordig nie. Ons het nooit vir enigiemand die adres gestuur van waar die gemeente vergader het nie, want YAH het almal van hulle getoets. Toe ek hoor dat sy die vrouens wat na die dienste toe kom, hulle hoofde laat bedek en na die muur toe kyk en bid, het ek vir haar gesê daar is één klaagmuur in Jerusalem en dat hierdie nie skriftuurlik is nie. Toe sy agter die kansel opgestaan het en haar owerspel met die man bely en beweer dat YAHUVEH haar ‘n teken gegee het dat hulle die Twee Getuies was en sy haar man moes skei en met hierdie man trou en gesê het YAHUVEH het dit goedgekeur, was dit die laaste strooi en ek was gebruik om haar vir die laaste keer in ‘n profetiese boodskap te bestraf. Sy het so woedend geraak dat sy vir Moera geslaan het wat probeer het om vir haar die Profetiese Boodskap van YAHUVEH voor te lees, haar gestoot en haar teen die grond neergegooi en die Profetiese Boodskap in stukke geskeur wat Moera gesalf het.

Hierdie Bedieningspan, saam met Moera en hulle kinders, het baie gedurende hierdie 1 jaar en 1 maand gely. Tog kry YAHUVEH die Eer want HY het die fisiese tak van hierdie Bediening weer opgewek, wat ons gedink het geen hoop het nie en dood was. Daar gaan ‘n boek wees wat alles bevat waardeur ons in daardie tyd was, as YAHUVEH dit so aankondig. Die dinge wat sy in daardie Kerk gedoen het, het ons baie skande gebring en tog het hulle nooit die naam van hierdie Bediening gedra nie, want ons het gewag vir YAHUVEH om vir ons te sê wanneer hulle gereed sou wees om die leierskap in New Zealand oor te neem. Ons het iemand daar nodig gehad vir al die kere wat ons nie daar kon wees nie.

Hierdie Bediening is ‘n Heilige Bediening en satan gaan ons nie skande berokken deur enige verbintenis met haar bediening nie. Die bose geeste wat deur haar gemanifesteer het, het in heksery verander want sy het na Moera se huis gegaan en siekte oor die huishouding gespreek. Leah is boos en tog is die hartseer ding, sy was nie altyd so nie. Moera bly in New Zealand in dieselfde stad en hulle en hulle kinders, Grace, James, John en ‘n Broer in YAHUSHUA, genaamd Gene, wie deel is van hierdie Bediening, is ‘n groot seën vir hierdie Bediening. Ons kyk nou uit vir ‘n gebou en ons sal hulle getuienisse sowel as die adres van die Sabbat Tempel plaas. Net YAH weet wat ons almal gely het om die Samoaanse mense met die waarhede in hierdie Bediening te bereik en hulle geestelike vleis te voer wat die Heilige Profesieë is. Indien enigiemand wat hier lees, van New Zealand is en eiendom het om aan die Nuwe Kerk te skenk, epos ons asseblief en laat ons weet. Dankie.

Soos ek gesê het, hierdie is ‘n kort verduideliking oor wat gebeur het. Ek kon seker ‘n hele boek skryf oor alles wat plaasgevind het, maar ek bid dat julle in staat is om hierdie Woord nou te verstaan na hierdie verduideliking.

Ek was op die telefoon met my geliefde suster Kathrynyah besig om te bid oor die situasie in New Zealand en hierdie Profetiese Woord het voortgekom.

* * * * * * *

Profesie 114

Die New Zealand Baba Het Opgestaan Uit Die Dood!

[Elisabeth[Elisheva]: O liewe? O my? Ek is in hewige barensnood.]

Ag hoe het EK getreur, hoe het EK geskree, hoe het EK gehuil oor die pyn wat jy moes verduur terwyl jy gebaar het. EK het jou gewys Elisabeth [Elisheva]. EK het jou gewys, almal van julle wie saam met haar gehuil het, die baba (die Amightywind New Zealand Kerk) het nie gesterf nie! Alhoewel hulle na hierdie baba gekyk het wat binnekort gebore moes word en gesê het, “dit sal sekerlik doodgaan”. “Dit” is hulle vir wie jy eenmaal as ‘n kind liefgehad en gekoester het. Jy het hulle soos jou eie liefgehad. Jy het hulle seun genoem; jy het hulle dogter genoem. Jy het hulle heilig genoem. Jy het geglo hulle is die beste, totdat EK aan jou openbaar het, hulle het maskers op (Spr 26:26).

Ag, die een, die man wat eens “Osana” was. EK het sy naam na ‘n David verander. EK het hom profesie na profesie gegee om hom op te bou waar hy afgebreek was, maar hy het jou bedrieg soos hy MY bedrieg het. Want terwyl hy die leuens van Jesebel gesluk het, het hy die roeping op sy lewe verruil, want hy vrees sy vrou meer as wat hy MY, YAHUVEH vrees. Waar hy eenmaal jou vyand was, het EK [later] vir jou ‘n liefde vir hom gegee asof hy jou eie seun was. Maar onthou kleintjies, wie julle bedrieg, bedrieg MY, YAHUVEH (Matt 25:40, 35).

Jy het die waarheid na Leah geneem. Jy het haar omhels en haar soos ‘n dogter liefgehad. Jy het haar gementor, maar haar hart het vol jaloesie en afguns geword terwyl jy probeer het om haar te bemoedig; sy het geglo sy kon jou plek inneem. Sy het soos ‘n diktator geword en haar eie huis met ‘n ystervuis regeer. Sy het alles getart wat EK deur jou gespreek het, terwyl waarskuwing na waarskuwing gekom het. Maar toe rebellie in haar ingekom het, toe jaloesie en afguns en twis/tweedrag [in haar gekom het], het sy haarself vir legioene demone opgemaak en sy het verstrengel geraak in elke vorm van sonde, insluitende owerspel. Jy het gewaarsku! Jy het gepleit! Jy het gehuil. Kans na kans is gegee en nou vat sy wat in waarheid gespreek is en praat asof dit leuens was (Jesaja 5:20).

Daar was’n nederige suster. Sy het alles aanskou. Sy weet wat dit is om onder Leah Tavita se vuis te wees. Sy het nie waardig gevoel nie, maar hulle het geweet, dat hulle weet, dat hulle weet die waarheid was in hierdie Bediening. Hierdie Bediening is die waarheid: want EK, YAHUVEH en MY Geliefde Eniggebore SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH, en die Kosbare RUACH ha KODESH, praat voort uit elke woord en hulle herken die stem as ALMAGTIGE GOD.

So, waar Leah hierdie Bediening gebruik het om die waarheid aan haar familie uit te spreek, toe sy kwaad geword het vir jou, want haar sonde was ontbloot en nou sou almal weet, het sy probeer sê, “Moenie langer hierdie Bediening glo nie. Moenie langer die profesieë glo nie. Moenie langer na Elisabeth [Elisheva] luister nie. Inteendeel, luister na my.”

Sy het so opgepof geraak van trots, soos ‘n regop arrogante pou. Deur harder en harder te skree sodat alle oë op haar gefokus word, jou te beskinder van ver af, haar eie graf te grawe met elke lasterlike leuen. Sy vergeet na wie hierdie Bediening genoem is. Sy vergeet wie spreek die waarheid en dit is nie bloot net ‘n vrou nie, want dit is EK, YAHUVEH. EK beskerm wat MYNE is. satan het gedink as hy hierdie vrou [sou] neervel, daar geen kerk in New Zealand gevind sou word, wat die waarhede van hierdie Bediening sou uitspreek wat EK uitgespreek het nie.

O, hulle het dood oor die kind gespreek; dit het in die moederskoot gesterf. Elisabeth [Elisheva], hoeveel drome het jy gehad dat jy ‘n miskraam gehad het, dat die baba gesterf het? Jy het gehuil en jy gesê het? Die New Zealand baba is dood want my dogter Leah het vandag gesterf. Sy was die een, saam met haar man, wat veronderstel was om hierdie woorde New Zealand toe te neem? Maar jy vergeet, EK het die opstandingskrag (Joh 5:21; 11:25). EK spreek lewe oor dit wat dood was en EK wek dit weer op om beter as ooit tevore te wees. En EK roep die ware leiers uit wat EK die hele tyd geweet het die toets sou slaag.

Moera, EK het jou nederige hart aanskou wat vra “wie, ek?” En EK roep jou na vore en EK verras jou vandag. Terwyl jy so hard werk en so baie gegee het, en jy offer op en jy verduur so baie pyn terwyl die haat en die laster teen jou gedraai het en jou naam uitgegooi word as drek. EK roep jou na vore en EK sê vir jou: jy is ‘n pêrel van pêrels. En EK roep jou na vore, want jy was gewillig om vir MY te ly. Jy het jou eie suster beveg, EK praat biologies, want sy is nie langer ‘n suster nie (Matt 12:48-50; Lukas 8:21) sy is die vyand der vyande (Matt 10:36). Sy is die vyand uit alle vyande.

Maar EK sê vir julle dit: Moera kan vertrou word. Jy word beskuldig dat jy die familie geskei het, maar wanneer sal hulle dit in hulle kop kry! Dit is MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH wat die skeidingswaard bring (Matt 10:34; Lukas 12:51) en hierdie eerste profesie, wat nou voor die wêreld geplaas word, is die eerste waarheid [dat] EK dit gebring het. En is die eerste waarheid wat nou geplaas is wat wys [dat] die baba lewe en nie gesterf het nie. EK neem hierdie geleentheid om te sê dat die volgende ding op die lys die fisiese gebou gaan wees waar die kameraadskap gaan wees.

Die hoof van hierdie leierskap, verklaar EK nou vanuit die Hemel, is jy MY geliefde Moera, ‘n meer nederige vrou kan nie gevind word nie en tog so gesalf.

Elisabeth [Elisheva], EK spreek nou ‘n Woord wat jou geskok het. Dit is wat die salwing opgeroer het terwyl jy vir Kathrynyah gelees het wat geplaas moet word en EK vertel vir jou hierdie verrassing. EK herinner jou weereens: jy is na die Pinksterkerke gestuur want dit was in‘n Pinksterkerk waar jy gevul was met die HEILIGE GEES. Dit was in ‘n Pinksterkerk waar jy die eerste keer jou lewe oorgegee het aan YAHUSHUA jou MASHIACH, MY Eniggebore SEUN.

So, nou stuur EK jou voort en EK sê vir jou dit: jy moet jou arms van omhelsing vir die Pinksterkerk aanbied, vir die pastoor. Die een wat jou naam verdedig het toe (hy) hierdie pastoor, gevra het, “Vertel vir my die waarheid oor hierdie Almightywind Bediening, want ons het gehoor wat Leah gesê het. Is sy, [Elisabeth (Elisheva)], waarlik ‘n vals profeet? Sy word daarvan beskuldig dat sy die familie geskei het, maar ek is oortuig om te kom en die waarheid by jou te vra”.

En Elisabeth [Elisheva] EK sê vir jou dit: al vrees jy verwerping en pyn, moet jy jou uitgestrekte arms aanbied aan hierdie pastoor wie [gesê het],“Dankie dat jy vir my die waarheid vertel “ terwyl Leah Tavita se sondes blootgestel is.

Nou weet hy en hy vertel vir ander. Dit is MY begeerte, sodat hierdie pastoor nie kan sê dat julle hom nie op enige manier probeer kontak het nie. Kontak hom. Want dit is MY begeerte dat hierdie Pinksterkerk die waarhede van hierdie Bediening ontvang wat EK aan jou meegedeel het. Dit sal sy keuse wees en jy kan dit nie beheer nie, of hy jou terug sal omhels en of hy in jou gesig spoeg. Maar EK sal hom oordeel. Dit sal of ‘n seën wees of dit sal ‘n vloek wees, want hy het die waarheid gehoor.

Nou word hy verantwoordelik gehou daarvoor. Sal hy jou Naam herstel? Sal hy hierdie Bediening verdedig? Sal hy sy aan sy werk en deel word van jou? Sal hy MY Moera toelaat om agter die kansel te staan en die waarheid te spreek wat EK hierdie Bediening gegee het? Sal hy mensgemaakte doktrines versaak: Sal hy die Sabbatdag omhels? Sal hy gewillig wees om die titel neer te lê wanneer die georganiseerde kerk hom dreig?

Sal hy sê, “Ek is vasberade om ABBA YAHUVEH te volg? Dit sal wees soos HY bepaal het, selfs al stroop julle die georganiseerde naam van Pinksterkerk van my. Ek is vasberade, ek volg geen mens nie; ek is vasberade, ek volg YAHUVEH. Ek is vasberade om die waarheid te preek en YAHUSHUA ha MASHIACH praat die waarheid deur hierdie Bediening. Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] is nie ‘n vals profeet nie. Maar Leah, jy is vol van die vyand jy is van satan, en ‘n legioen demone praat uit jou mond (Joh 8:44) terwyl jy die een beskinder, wat jy eens gesê het jy liefhet. Alles omdat jou sonde blootgestel was vir almal om te sien.??

So, hierdie Samoaanse pastoor, MY Moera, jy sal hierdie woord na hom toe neem; jy sal Elisabeth [Elisheva] se liefde na hom toe neem. Wat hy daarmee doen, weet EK alreeds.

Julle sien MY geliefde kleinode, alhoewel julle huil en treur en julle sê, “Ag, YAHUSHUA, kom asseblief,” terwyl die Fees van die Trompette nader kom. Maar dit is nog nie tyd nie, EK het julle net gebruik om geboorte te skenk. Julle het nog nie New Zealand bereik nie (Jesaja 42:10) en daar [is] so baie ander tale wat nog moet kom (die Profesieë vertaal in baie meer tale) (Matt 24:14; Rom 11:25; Hand 1:7). MY tydsberekening is volmaak en EK sal nie een siel verloor nie. Al diegene wat geroep is om die waarhede van hierdie Bediening te hoor sal geen verskoning hê wanneer hulle voor MY, YAHUVEH staan nie.

Daar is nogsteeds vyande wat nogsteeds in ‘n ry staan. En satan vul hulle harte (om) “daardie Bediening te vernietig” maar dink hieroor, alleenlik hulle wat die vernietiging van hierdie Bediening soek, hulle wat MY “Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] se dood soek, hulle kan onmoontlik met MY HEILIGE GEES gevul wees. Hulle kan onmoontlik aan MY behoort (2 Tim 2:19) en in MY gestorte Bloed op Golgota gewas wees. Hulle was MY vyande voor hulle aarde toe gekom het. Hulle het MY vantevore verraai en hulle verraai MY nou. Nie almal wat hulself Christene noem het Christus in hulle nie; hulle is die sinagoge van satan (2 Kor 11:12-14). Hulle wie hulself Jode noem en nie is nie, hulle is die sinagoge van satan (Open 2:9; 3:9).

So jy treur en jy huil omdat jou naam belaster is en wanneer [een] leuenaar na die ander in ‘n ry staan, maar MY dogter Elisabeth [Elisheva], EK herinner jou aan wie jy behoort en jy is MYNE. Ek herinner julle, o vyande: wraak kom MY toe, EK sal vergeld (Rom 12:19; Deut 32:35)! Julle grawe jul self net af tot die graad van die hel waarheen julle sal neerdaal. Met elke asemteug wat julle gee kom jul nader aan julle graf, want EK luister na elke woord wat julle sê, veral hulle wat die goedheid van hierdie Bediening gesmaak het (Heb 6:4-6) en omdat ‘n Woord uitgegee was wat julle veroordeel het oor jul sondes (julle het dieselfde gedoen as Leah) en julle het haar [Elisabeth (Elisheva)] weereens verraai.

EK sê weer en weer, daar is nie een traandruppel wat deur MY heiliges gestort is wat EK nie opvang en in MY flessie stoor nie (Psalm 56:8)! En EK sal eendag vir jou jou trane wys! EK sal jou wys hoe lief EK jou het! EK etiketteer elke enkele flessie. En elke vyand wat veroorsaak het dat daardie trane val, hulle sal verantwoordelik gehou word. Want elkeen wat teen MY heilige een praat, wie teen hierdie heilige waarhede praat wat EK deur hierdie Bediening en ander vrygestel het, hulle sal verantwoodelik gehou word en EK sal hulle daardie flessies wys. En Leah, die rak is vol van al die flessies met trane wat jy veroorsaak het!

Ellende wag vir MY vyande! Ellende wag vir die vyande van hierdie Bediening! Ellende wag vir hulle wie hulself Christene noem! Julle is geen Christen nie! Julle kan MY nie bedrieg nie! Julle het ‘n naam. Julle etiketteer julle self Christene maar daardie naam was oor en oor besoedel. Hulle wie vir aborsies is! Hulle wie vir homoseksualisme is! Hulle staan agter die kansel, hulle durf dit selfs waag om MY Woord te lees en hulle noem hulself Christene. EK waarborg julle dit: geen gebed van hulle word gehoor nie (Jesaja 1:15; Sagaria 7:12-13).

EK weet wie MY heiliges is. Hulle is diegene vir wie die vyand aanval. Maar ellende wag vir die vyande, want EK het julle voorheen gewaarsku, en EK waarsku julle weer, wanneer julle hierdie Bediening aanval, val julle die Alef en die Tav aan (Sagaria 2:8). Julle val MY, YAHUVEH aan. Julle val MY Eniggebore Seun, YAHUSHUA julle MASHIACH aan, maar HY is nie julle MASHIACH nie, julle noem HOM slegs so.

Elisabeth [Elisheva], onthou dit: hulle kan die naam van Jesus Christus sê, maar jy weet wie MY Gees in hulle het. HY is jou MASHIACH; hulle noem HOM slegs hulle s’n. Dit is die skrif wat sê hulle noem hulself Jode, maar is van die sinagoge van satan (Open 2:9; 3:9).

So vyande, julle het verloor! EK het vandag bepaal: die geboorte van die Bediening, wat die naam van hierdie Bediening, sal dra. En EK het bepaal wie in [jou] plek sal staan en die woorde uitspreek: dit is MY Moera, en EK gee die Samoaanse pastoor ‘n kans om deel van alles te word, want hy sê hy het ‘n hart vir MY. Hy sê hy soek net die waarheid. EK gee hom die antwoord op sy gebed en EK weet alreeds wat hy gaan doen, maar Elisabeth [Elisheva] EK gaan jou nog nie sê nie. Jy moet gehoorsaam en julle moet julself voorstel as leierskap aan leierskap.

So wees vrolik vandag! Elisabeth [Elisheva] jy het die pyn begin voel op 27 Augustus, meer as ‘n jaar gelede. Die kraampyne was so hewig. EK het jou fisies die pyn laat voel. Jy is soos ‘n vrou wat geboorte skenk en jy het vir 6 dae uitgeroep na MY en op die 7de dag het EK jou vir Leah laat skakel. En EK het deur jou mond gespreek dat die eerste fisiese kerk wat in ‘n gebou sal wees, in New Zealand gebore sal word. En wat EK vandag gespreek het, sal jy nou sien gebeur wanneer die eerste Samoaanse Profesie (Psalm 2:8; 22:27; Jesaja 42:10) uiteindelik gebore word en voor die wêreld geplaas word. En seëninge op hierdie nuwe leierskap, seëninge oor jou Moera – vir jou offers en gehoorsaamheid, vir jou getroue liefde. Want jou eie moeder en vader het jou verlaat, maar EK, jou ABBA YAHUVEH, het nie (Psalm 27:10) en EK seën jou vandag op ‘n manier wat jy nooit van gedroom het nie.

Soos julle hierdie Woord hoor, terwyl [die web-besturder] dit voor die wêreld plaas, gee EK vir julle ‘n seën wat geen geld kan koop nie. Want julle was beproef en julle was getoets in die vurige vuuroond en jy en jou kosbare kinders, Grace, James en John, het soos die suiwerste goud daaruit gekom, want julle weier om die leuens van die vyand te glo. Julle weier om hierdie Bediening te verlaat alhoewel dit julle familie geskei het. Maar EK het julle geskei. EK moes julle uitroep sodat julle hierdie seëninge kon ontvang.

Alles moes plaasvind net soos dit het. EK moes die koring van die kaf skei, die trotse van die nederige, hulle wie waarlik MY waarheid soek en hulle wat eerder die leuens glo. Daarom het EK MY Geliefde YAHUSHUA, MY Eniggebore SEUN gebruik, om die skeidingswaard te gebruik vir almal om te sien en niemand kan ontken nie dat, wat EK Profeteer, het plaasgevind. (Jesaja 52:6).

Selfs hierdie einste Woorde wat EK, YAHUVEH gespreek het, sal die volgende Woord wees wat in Samoaans vertaal word. Want watter nut sou dit hê as dit net na die Engelssprekende mense gaan? Elke taal van elke vertaler sal dit in al die tale verklaar want EK, YAHUVEH spreek hierdie seën uit en wat EK bepaal kan niemand van MY wegneem nie. Dit is volbring.

So Leah jy wou beroemd wees! So, EK het dit vir jou gegee, op ‘n ander manier as wat jy gevra het! Nou sal jou naam in die geskiedenis onthou word en jy sal jou kop voor MY hang wanneer daar van jou naam gepraat sal word as ‘n vloek (Jesaja 65:15)! En jy Osana! Jy het MY naam David gevat wat EK vir jou gegee het – want jy moes soos ‘n David van Ouds wees en jy moes ‘n Goliat Verslaner wees. Jy kon die demone in haar (Leah) verslaan het. Jy kon hulle uitgedryf het, maar in plaas daarvan, wat het jy gedoen? Jy het bevrees gehardloop! Jy wil ‘n Osana wees? Dra die naam want EK sal jou nooit weer David noem nie!

Pasop vyande van MY! EK kan dieselfde vir julle doen. EK kan jou naam in die geskiedenis laat aanteken op ‘n manier wat jy nie wil hê nie. Net soos in die Bybel, is die helde se name genoem (Heb 11; Num 32:12 ens) en so ook MY vyande (Judas 11; 2 Tim 2:17-19; Rom 9:13-17 ens.) Dit is julle keuse. Wat sal dit wees?

Vir almal wat geluister het en wie gelees het en wie hierdie heilige Profesie sal lees, dit is julle keuse. Is jy ‘n vriend van hierdie Bediening? Of is jy ‘n vyand van hierdie Bediening? Wat jy ookal besluit, onthou dit: jy besluit aan wie se kant jy is en of EK, YAHUVEH jou vandag sal seën of vervloek. Dit is jou keuse.

Vir die heiliges, bid vandag seën op die pasgebore baba wat EK sopas geboorte aan gegee het in New Zealand en op die nuwe leierskap wat EK nou net voor die wêreld aangekondig het.

Vir almal wie saad in hierdie Bediening wil saai, EK sal julle buitengewoon en oorvloediglik seën. EK, YAHUVEH het vandag gespreek en EK seën hierdie baba vandag. En ‘n salwing, ‘n “wildfire” RUACH ha KODESH salwing swiep nou voort (oor) hierdie land terwyl hierdie Woorde geplaas word, selfs al het baie dit nie gelees nie en (nietemin) gebruik EK dit as‘n standaard teen die bose en sonde wat hierdie land deurtrek.

Uit die ganse wêreld het EK New Zealand gekies om soos MY Nuwe Sion te wees. Want dit is waar EK gekies het om die eerste fisiese tak van die Bediening te laat voortspruit. In die geestelike realm sal die vyande hulle tande in woede kners. O, maar die Heliges wat na vore sal kom! EK sê dit vir jou Elisabeth [Elisheva]: jy sal verbaas wees en jy sal weet, elke traan wat jy gestort het, elke pyn wat jy gevoel het weens die verraad, is dit alles werd. EK belowe jou dit. EK belowe julle dit en EK, YAHUVEH, kan nie lieg nie, EK belowe julle dit.

Ondersoek die vrugte van diegene wat hierdie Bediening aanval. Hierdie Bediening bring siele na YAHUSHUA julle MASHIACH toe, MY Eniggebore SEUN. Ondersoek die vrugte! Ondersoek die vrugte! Wie, wie, wie behalwe satan sal ‘n Bediening aanval wat slegs heiligheid verkondig, niemand ooit lei om sonde te doen nie, die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH oplig vir die ganse wêreld, nie net in een taal nie, maar in soveel as hulle kan. En meer vertalers sal na vore kom. Hierdie is nie die einde nie! Hierdie is die begin!

So verbly MY geliefde kleinode, EK gee hierdie geskenk aan julle! EK blaas die trompet uit die Hemel en EK bepaal seëninge oor die New Zealand baba, seëninge op die Heiliges in New Zealand en seëninge op almal wat hierdie Bediening en die nuwe leierskap wat EK uitgeroep het, sal seën. Seëninge op almal wie hierdie Bediening sal verdedig teen die stormloop van lasterlike leuens! EK spreek seëninge, seëninge, seëninge – drievoudig vir elkeen wat ‘n vennoot in hierdie Bediening is, wat hulle bemoedig het, wat hulle ondersteun het, wat hulle name in gebed oplig. EK spreek driemaal seëninge oor julle, driemaal meer as wat julle voorheen gehad het.

Hierdie is die Woorde wat EK, YAHUVEH te sê het. Dit is die geskenk wat EK vir julle gee terwyl julle die Fees van Trompette nader. EK blaas eers die trompet en EK proklameer dit aan die wêreld: die baba, die baba lewe en het nie gesterf nie en EK het tot geboorte gebring wat EK geprofeteer het! Dit bewys weereens Elisabeth [Elisheva], jy is nie ‘n vals profeet nie. En ellende wag vir enigeen wat jou dit noem, want hulle sal ‘n vermenigvuldiging van foltering hê want die hel en die Poel van Vuur sal hulle tuiste wees. En EK, YAHUVEH belowe julle dit!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op 18 September 2009

‘n Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,

Apostel Elisabeth S. Elijah [Elisheva Eliyahu]