Profesie 37

Profesie 37

Seën en Bid Vir Die Vrede Van Jerusalem

Gegee deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] 19 Oktober 1999
*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Jesaja 52:4-5 “Want so sê die Meester YAHUVEH: In vroeër dae het MY volk afgetrek na Mietsrayiem(Egipte) om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk. Maar nou, wat vind EK hier? spreek die Here; want MY volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, sê YAHUVEH, en MY Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster”.

*******

EK sal diegene seën wat vir Jerusalem seën. EK sal diegene vervloek wat vir Jerusalem vervloek! O Jerusalem, O Jerusalem, MY geliefde Dogter Jerusalem, jou klein benyde, mishandelde volk genaamd Israel. EK stuur MY diensmaagd om ‘n boodskap van Hoop vir julle te bring. Julle ken die wette maar nou gebruik EK haar om MY Belofte vir julle te bring. EK, YAHUVEH, het julle geseën en gespaar terwille van YAHUSHUA, MY geliefde Seun. EK alleen het die Redder van die ganse mensdom gekies om gebore te word, te bedien met tekens, wonders en wonderwerke en julle MY liefde te gee. Vir julle het HY gesterf, was opgewek tot Heerlikheid, het die teenstander van julle siele verslaan herwinnend wat satan gesteel het.

YAHUSHUA sit nou aan MY regterhand as julle enigste middelaar. YAHUSHUA, MY Geliefde Seun se Heilige Bloed was in die grond van Jerusalem gestort sodat hierdie wêreld gered sou word. Alleenlik deur hierdie Heilige Bloedbedekking te aanvaar as‘n Bloed Verbond sal julle gered word. Daar is geen ander manier in MY teenwoordigheid in nie. Weg met julle fees, offers, vas, herhalende gebede en spesiale dae wat afgesonder is om “EK IS” te verheerlik. As julle NIE MY Geliefde Seun, YAHUSHUA aanvaar nie sal alles wat julle sê of doen Tevergeefs wees! EK het MY geskenk van YAHUSHUA nie net vir hierdie wêreld gegee nie, maar eerstens het EK HOM vir julle gegee.

O geliefde volk wat EK Israel noem. SY Heilige Bloed was nie net vir hierdie wêreld gestort nie maar dit was eerste uitgestort vir Israel. SY Bloed wat uitgegiet was roep uit in die grond nou en spreek “EK het dit vir julle gedoen, sal julle MY vir ewig verwerp? Sal julle vir ewig MY Naam vervloek? Wanneer sal julle sien EK is julle enigste offer wat die woede van MY VADER weereens sal laat bedaar?”

Wanneer sal julle sien dat EK toegelaat het dat julle dit aan MY doen en julle is nie te blameer nie?” O vir daardie dag wat kom wanneer julle MY jul geliefde sal noem en MY HEILIGE Naam sal eerbiedig! EK waarsku julle hieroor; nie langer sal lammers of diere offers MY Vader se woede laat bedaar of MYNE nie alleenlik deur aanvaarding van MY, YAHUVEH se Geliefde Seun. EK het MY lewe gewillig neergelê op Jerusalem se grond vir julle om gered te word. Slegs deur te erken dat EK, YAHUSHUA, aan die regterhand van YAHUVEH sit as KONING van KONINGS en HERE van HERE, sal julle gered word.

Alleenlik deur MY Naam YAHUSHUA ha MASHIACH aan te roep gedurende die komende Verdrukking sal julle gered word. Alleenlik deur MY lief te hê, te gehoorsaam en MY te soek kan julle MY Bruid genoem word wanneer EK julle gaan opraap om aan MY sy te wees. EK is die enigste verlosser van hierdie wêreld, die enigste redder, daar is geen ander. Daarom spreek EK dit nie net tot Jerusalem nie, maar tot hierdie wêreld, maak gereed vir dit wat kom julle sal nie oorleef as julle nie die Naam van YAHUSHUA aanroep nie! Om slegs MY Vader YAHUVEH lief te hê is nie genoeg nie! HY het MY nie net vir MY Joodse mense geoffer nie, maar vir mense van elke stam en taal het HY SY Enigste Seun vir hierdie nasie gegee sodat julle ‘n bedekking vir julle sonde kan hê, almal het gesondig en almal ontbreek dit aan die Heerlikheid van YAHUVEH!

EK en MY Vader alleen is Heilig en volmaak. As gevolg van die val van Adam en Eva is geen geskape mens sonder die behoefte aan ‘n Verlosser en MY Bloedoffer nie! Jerusalem is so geseënd want dit was in hierdie grond wat die enigste rein Heilige, genesende opwekkende, reddende Bloed van YAHUSHUA uitgestort was op hierdie grond in Jerusalem. Hoekom dink julle haat satan hierdie land so erg? Hoekom dink julle veg hierdie land vir oorlewing sedert die geboorte daarvan? Hoekom dink julle is dit oorlog geteister en elke nasie op die aangesig van hierdie aarde wil dit beheer?

Hoekom dink julle het MY Vader dit geseën op maniere wat HY geen ander nasie geseën het nie? MY Bloed was gestort en sal nou geheime skatte voortbring ongekend aan hierdie wêreld! Die bose sal byt en op hul tande kners terwyl hulle probeer die rykdom beheer. Hulle sal onder mekaar stry wie Israel op haar knieë sal bring en die rykdomme en buit sal hulle oorlog voer om in besit te neem. Maar MY Vader spreek voort en sê vir die vyande julle sal nie voortgaan om ‘n nasie en ‘n volk te verdeel en verslaan nie wat EK geroep het, voortbeskik het as MYNE!

Julle sal NIE daarin slaag om te steel van‘n volk nie wat EK geroep het, voortbestem het as MYNE. Hulle betaal ‘n prys net om die naam van Jood te dra en EK sal hierdie nasie genaamd Israel beskerm op maniere wat niemand ooit gedroom het moontlik is nie. EK sal enigeen beskerm wat ‘n liefde het vir Jerusalem! Alhoewel hulle MY Seun YAHUSHUA verloën, kom daar nou ‘n tyd waar die naam van YAHUSHUA weer eerbiedig sal word. Dit is nou waarom die bose probeer om wette uit te vaardig wat selfs sal verbied dat die Naam gesê word strafbaar met tronkstraf, marteling en dood. satan beheer nou die regering van hierdie nasie en nasies regoor hierdie wêreld. Julle moet onderwerp aan die regerings alleenlik tot die mate waarin hulle hulself onderwerp aan YAHUVEH en YAHUSHUA. Want die heerskappy is op die skouers van YAHUSHUA, HY alleen het die prys betaal! MY mense moet die God wat hul dien gehoorsaam en nie die Mens nie. Bid dat die korrupte regerings verslaan sal word en die Heiliges sal verrys en terugneem wat gesteel is.

Die land Israel is verdeel, is soos MY klere, uitgeloot en verkoop aan die hoogste bieër. Maar EK, YAHUSHUA, sal teruggee aan Israel wat gesteel is en haar vyande sal vlug in sewe verskillende rigtings! O wee julle wat julle hand lig teen MY oogappel alhoewel in hierdie nasie die Naam van YAHUSHUA nou verag word, sal EK hulle terugdraai na hul eerste liefde, en dan sal hulle besef deur hul swaarkry is hulle en YAHUSHUA MY Geliede en MY Geliefde is MYNE!

Israel sal gebrek ly aan die water want hulle het gebrek aan die Lewende Water waarvoor EK ander sal stuur, om daardie Lewende Water te bring en vir almal wat daarvan drink sal die dors geles word nie alleenlik in die geestelike nie maar ook in die fisiese. Al diegene wat MY Seun YAHUSHUA weier, hulle tonge sal uithang soos ‘n uitgedroogte man in die woestyn. Soos YAHUSHUA gedors het, so sal diegene wat SY Geskenk op Golgota verwerp. Hoeveel sal uitgaan soos die vrou by die put? Hoeveel sal gewillig wees om die volk van Israel MY Lewende Water aan te bied? Want hulle het dors en weet nie waarna hulle dors nie? Hulle word ‘n Heilige Land genoem, tog is slegs ‘n klein oorblyfsel Heilig voor MY.

EK sal nou hierdie diensmaagd uitstuur deur wie EK nou profeteer met die beker van MY Lewende Water. Sy sal gesalf wees saam met ander wat voor haar uitgaan op maniere wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, terwyl sy die hongeriges voed en die Lewende Water aanbied vir dié wat dors na geregtigheid. Sal jy een wees wat haar help? Sal jy een wees wat haar verhinder? Elkeen wat hier lees moet onthou as dit nie vir daardie klein nasie genaamd Israel was nie, waar sou julle Verlosser gebore geword het, bedien het, gesterf en opgestaan het? Dit was om julle onthalwe en julle onthalwe alleen dat Israel hierdie prys betaal.Want satan haat Jerusalem en Israel met ‘n haat soos geen ander! Hy bring sy antichris om te heers en te regeer in Jerusalem.

Pasop want almal wat nie die enigste ware lewende God aanneem nie sal val onder die krag van die bose heerskappy wat gaan kom. Diegene wat MY Seun YAHUSHUA soek, sal verborge voedsel en verborge water hê wanneer hulle behoeftig is. MY Kinders sal verborge skatte, verborge manna uit die Hemel vind wanneer hulle in nood is. Moenie na hierdie korrupte wêreld kyk om vir julle te sorg nie, maar kyk eerder na die God van Abraham, Isak en Jakob en onthou hoe EK altyd ‘n Moses gehad het wat voor MY Mense uittrek om hulle uit slawerny uit te lei, soos dit eens was so sal EK dit weer doen. Wonderwerke nog ongeken, sal jy wat aan YAHUVEH en YAHUSHUA behoort aanskou!

Moet MY nie beperk nie, moet MY nie betwyfel nie, glo net in MY Seun se Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH en roep MY aan en wonderwerke en seëninge sal EK nie van julle weerhou nie. As julle net in geloof kan glo. EK het ‘n openbaring vir die sogenaamde “Heidene” as jy ‘n gelowige is, YAHUSHUA liefhet, aanbid en aangeneem het as Heer en Verlosser is jy ingeënt en IS JULLE NET SO VEEL VAN ‘N JOOD SOOS MY SEUN YAHUSHUA IS. Nie langer is daar Jood of Heiden nie. Nie langer word die feeste JOODSE FEESTE en Heilige Dae genoem nie hulle sowel as die Sabbat is vir julle ook!

EK het ‘n openbaring vir die volbloed ‘Jode’ hoor MY! Julle verwerp YAHUSHUA want julle dink HY is vir die Heidene maar YAHUSHUA was gebore uit ‘n Joodse maagd en YAHUSHUA is ‘n JOOD! O Israel, MY Naam is “EK IS!” EK het julle geseën. Moet HOM nie langer vervloek nie want “EK IS” is nie die helfte van HOM nie, ONS is een! Diegene wat MY Geliefde Seun YAHUSHUA vervloek, verwerp en verloën, vervloek, verwerp en verloën die groot God “EK IS”. Hiervoor is daar geen vergifnis van sonde nie, julle het jul eie put in die hel gegrawe waarin julle sal bly.

Diegene wat MY RUACH ha KODESH verwerp beide Vader en Seun want daar is geen manier waarop iemand gered kan word nie behalwe as MY RUACH ha KODESH julle trek in die liefdevolle bevestigende wete dat YAHUSHUA alleen red en Hemel toe is daar geen ander manier nie, geen Heiliger Naam nie. EK kom vir MY Bruid om opgeraap te word aan MY sy! Maar julle moet na MY verlang nie uit vrees nie maar uit ‘n diepe LIEFDE! Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Vrees eer MY nie, julle geloof dat EK, YAHUSHUA, sal sorg vir hulle wat MYNE is, dít is wat MY eer. Omdat MY Bruid in vrees lewe en nie uit geloof en liefde uitroep nie, het EK nog nie gekom nie. EK kom vir MY Bruid met ‘n rein hart, lojaliteit en motiverings, nie selfsugtige trots of gebrek aan geloof dat EK sal voorsien nie. Dit is deels waarom MY Bruid nog nie aan MY sy is nie.

Soek MY, Leer van MY, begeer MY; gehoorsaam MY, meer elke dag. Kom onder die beskerming van MY Vader se vleuels soos ‘n babakuiken en julle sal MY sien. Besef dat niks kan gebeur wat MY Vader nie voortbeskik het nie. HY sal ‘n uitkoms voorsien op daardie bose dag wanneer dit sal lyk asof alles verlore is. Kyk op julle verlossing is naby. Kyk op en sien MY aankom in die oosterlig. Neig julle ore en ken geen vrees nie, julle sal die rams-horing van die verlostes hoor, met jul oë sal julle MY Heerlikheid aanskou as julle net kan glo.

Gespreek, geskryf deur hierdie Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA onder die salwing van RUACH ha KODESH 7:00 v.m op 19/10/99

Eerwaarde Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]