Profesie 49, Pasop! Julle Is Soos Skape Wat Ter Slagting Gelei Word!

Profesie 49

“Pasop! Julle Is Soos Skape Wat Ter Slagting Gelei Word!”

Gegee aan Profeet Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]
Hierdie profesie was gegee vir eerste dag van Sukkot
(begin op die aand van 2 Oktober 2001)

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Pasop! YAHUVEH sê ons is Skape wat ter slagting gelei word. Selfs menige van die pastore is besig om die Skape en Lammers in ‘n slagting in te lei.

*******

Wee MY Kerke en Tempels, wat nie die mense lei om te bid teen oorlog in Amerika nie, hierdie 3de Wêreld Oorlog sal elke nasie in die wêreld affekteer. As julle nie besig is om dit te doen nie moet julself nie ‘n kerk noem nie. Moenie jouself MY Pastoor, Profeet, Apostel of Leraar noem nie, want julle hoor nie van MY salwing as julle hierdie nie nou kan hoor nie. Geestelike leiers, julle sal verantwoording doen aan “EK IS” YAHUVEH omdat julle nie die mense lei om te bid teen ID kaarte en ander inbrake op privaatheid nie. Julle sal verantwoordelik gehou word omdat julle nie uitspreek teen julle vryheid en privaatheid wat weggeneem word nie. Julle gee dit vrylik weg. Besef Amerika nie watter prys hulle moes betaal om hierdie vryheid te kry nie, om dit te behou nie? Want julle sal dit nie sien terugkeer totdat YAHUSHUA weer kom nie, ná die Groot Verdrukking.

Pastore, Wee julle. Veral julle wat die meeste kan baat in jul eie oë, want julle vat julle belastingvrystellings-status en verkoop julself aan die hoogste bieër. Julle is ‘n hoer in MY oë! Julle kerke wat nooit uitspreek teen, of vir MY Mense gesê het dat dit verkeerd is op die dag wat julle samekoms genoem het die dag van herinnering en gebed, julle MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) diep bedroef het, deur nie te onderrig, of die waarskuwing uit te spreek nie. Dit is ‘n sonde om te bid tot enige ander GOD buiten YAHUVEH en YAHUSHUA (Jesus)! Hierdie is verkeerd en julle het nie die regering hiervan in kennis gestel nie, hoe bespot die vyande in ander nasies julle Amerika. Want in geen ander plek as Amerika sou hierdie gebeur het nie. Julle was apart gestel Amerika, vir MY Heerlikheid, en sê dan, enige iemand se god kan gebede beantwoord. Julle het ingeboet met siele. Julle sal eendag verantwoording doen hiervoor by MY regterstoel.

Skaam julle almal wat stilgebly het en niks gedoen het om die skande weg te neem dat hierdie oor die luggolwe gedoen was nie. Sodat EK julle Vader GOD YAHUVEH nie weereens kwaad sou wees vir Amerika nie, het EK dit in Pat Robertson se gedagtes gesit om vir die Pastore te bid, maar hy het nie gesê hoekom EK dit gedoen het nie. Hy weet die pastore het ‘n kompromie aangegaan en tog was hy meer bevrees om hulle kwaad te maak as wat hy gevrees het om “EK IS” te vertoorn. Wee die pastore in Amerika en regoor die wêreld, EK vermaan julle, “Moenie langer soos lafaards optree nie.”

Moenie jouself ‘n pastoor, profeet, apostel, leraar, evangelis, ‘n geestelike leier noem as jy ‘n lafaard is nie! Tree nou uit voordat jy nog meer aanspreekliklik gehou word om MY skape op ‘n dwaalspoor lei. Hou op om MY mense te leer om toe te gee want in die ou dae het hulle geveg vir die reg om “EK IS” te dien. Diegene wat YAHUSHUA gevolg het was doodgemaak maar hulle het nie toegegee nie.

MY Kerk, staan weer op en word die lewende Tempel van MY RUACH ha KODESH. Hou op om vir MY Skape en Lammers sagte kos te voer wat net vir die kleinste babatjies geskik is. Skaam julle. EK sal julle aanspreekliklik hou, julle pastore wat ‘n kompromie aangaan en nie Onheiligheid sal noem wat dit is nie. Diegene wat aanhou toegewings maak sal nie die Koninkryk van die Hemel beërwe nie. Julle vrees julle eie diakens, gemeentelede en regerings meer as “EK IS”. Hoe kan EK aanhou om MY seëninge en beskerming uit te stort as julle aanhou om dit in te boet wat julle weet die waarheid is, gerugsteun met die Heilige Bybel en skrifte.

EK kla julle aan pastore en EK beskuldig julle nou. Skaam julle! Julle het gespreek wat die regering, die gemeente wat julle gekoop het, julle beveel om te sê. Pastore julle het gewaarsku wie die terroriste van Amerika is, maar nie gewaarsku wie die vyand van YAHUVEH is nie, en die ware vyand van MY Kinders is nie, die naam is satan en satan kom in baie vorme, in verskeie godsdienste. satan hits julle aan in ‘n oorlog in wat hy weet ‘n oorlog sal wees waarin alle nasies op een of ander manier gelei sal word om aan deel te neem. Wees gewaarsku wanneer julle dit volgende keer die 3de Wêreld Oorlog noem is dit presies wat dit sal wees.

Amerika, jy word mislei. Word wakker MY Mense en spreek uit hierteen, moedig julle president aan om meer vreedsame maniere te vind as oorlog wat selfs biologiese en bakteriese oorlogvoering sal insluit. Hierdie is nie meer ‘n oorlog net met koeëls nie. Hierdie sal ‘n oorlog wees met so omvangrykheid dat dit hierdie wêreld sal ruk en waarlik sal die woorde 3de Wêreld Oorlog nooit vergeet word nie, ook sal geen nasie dieselfde bly nie. Julle was gewaarsku!

Amerika, julle maak MY siek met julle liedere van “GOD Bless America”. Tot watter God sing julle dit? EK het julle dag van herinnering en gebed gehoor, EK het die stilte aanskou, en die ganse Hemel het in stilte toegekyk terwyl EK gehoor het hoe ‘n nasie in opstand kom teen MY, YAHUVEH, terwyl julle vergader het in gebed, Kerke, Tempels, Moskees, huise, en strate, maar hoeveel het tot die God van julle skepping gebid. Hoeveel het gebid in die Naam van YAHUSHUA die God van julle Redding. WEE julle. EK het julle leier hoor sê bid net tot watter god jy ookal aanbid.

EK het julle regerings-leiers selfs sien bid in die naam van ‘n vreemde god. Wat net ‘n gewone mens is, die duiwel kom in baie vermommings. Die vermetelheid! Dit is as gevolg van die gebede van MY Mense wat smeek om genade vir Amerika, dat EK nie op daardie dag weereens MY hand van beskerming oor julle gelig het nie. Dit is as gevolg van die klein klompie van hulle in julle parlement dat EK Amerika weer gespaar het, op daardie einste dag, toe hierdie goddeloosheid verrys het, het EK gehoor hoe die gebede van die vurige regverdiges MY ore vul harder as diegene wat probeer om elke godsdiens te bevredig.

Amerika, hou op om MY te toets. Wee enige baba wat sy vuis bal in die gesig van die Almagtige Lewende God YAHUVEH, daar is geen ander nie. “EK IS” wie “EK IS” en daar is geen ander God nie. Amerika, as julle nie ophou om daardie rooi, wit en blou vlag in die aangesig van “EK IS” te wapper nie en Goddelik begin leef nie, die Bybel verhef, die Torah begin gehoorsaam, wat ‘n Goddelike standaard teen die boosheid in hierdie wêreld is, sowel as die boosheid wat teen julle nasie kom nie. Sal “EK IS” weer MY greep oor julle laat los en toelaat dat satan julle ‘n loesing gee, waar die trane nie sal stop nie, ook nie die geweeklaag van hierdie volk nie, wat regoor die wêreld gehoor sal word. ‘n Satanistiese volk sal julle slaan en julle liggame laat lyk of hulle rooi, wit en blou geslaan is.

EK sal satan toelaat om sulke wonde op julle liggame aan te bring as julle nie ophou met hierdie trotse, arrogante gesindheid nie. Hierdie gesindheid, dat hierdie nasie perfek is en geen skade aangerig het, of iets verkeerd gedoen het nie. Julle trots is ‘n stank vir die Hemel en veroorsaak vir MY soveel skande, terwyl die ganse hel juig en julle veroorsaak dat satan MY bespot en MY herinner hoeveel MY genade en seëninge oor Amerika uitgestort was. Deur dit te doen, pasop want die prys wat julle sal betaal as julle voortgaan sal die van Babylon wees, en julle sal nie weer verrys nie. Waarlik sal Babilon val maar dit hoef nie nou te wees nie. satan wil MY tydsbrekening vooruitgaan en EK wag vir ware bekering Amerika.

Julle nasie behoort nie trots te wees op ‘n vlag gemaak van gekleurde linne nie, grotendeels gemaak deur julle eie vyande se hande, wat julle vernietiging verlang, en aanmekaar gestik is deur julle vyande se hande. Want wanneer die nasie wat julle vlae maak hulle aanmekaar stik, julle weet nie hulle plaas hulle vloeke op jul vlag en alles waarvoor dit staan, en bid tot hul gode vir Amerika se verwoesting nie. O Amerika, hoe bedroef is EK oor MY jong kindjie van ‘n nasie. So bedorwe, het EK julle te veel seëninge gegee? Want waarlik EK het julle geseën dat die wêreld jaloers is. O Amerika, EK het vir julle meer as die res gegee, en julle tree op soos ‘n bedorwe kind wat net meer wil hê, en MY vra om minder van julle te verwag. Bekeer voor dit te laat is. Draai terug na MY toe; moenie trou sweer net aan ‘n gewone vlag nie, sweer ‘n eed van getrouheid aan die God van julle Skepping en Redding, YAHUVEH en YAHUSHUA is ONS NamE.

O Amerika, EK huil en weeklaag oor julle. EK stuur julle uit na ander nasies met die Evangelie van MY Seun YAHUSHUA en julle eie land draai hulle rug op MY, behalwe in tye van groot nood. Hoekom moet EK MY hand van beskerming van julle afhaal om julle aandag te kry? Dink julle EK geniet dit om julle te sien ly voor die oë van die wêreld? Het EK nie deur hierdie diensmaagd gesê nie, “Amerika, EK het die ergste gebêre vir laaste vir julle?”

Weet julle nie net julle is in beheer van jul eie noodlot nie? Toe Amerika die vloedhekke oopgemaak het en toegelaat het dat elke geloof na hulle kuslyn kom, dink julle regtig EK wou hê julle moes al die vreemde gode verwelkom wat vreemdelinge saam met hulle gebring het? Het julle so vinnig jul erfenis vergeet en hoe julle in die eerste plek gebore was? Het julle so vinnig die wonderwerke vergeet wat EK gedoen het om geboorte aan hierdie nasie te gee?

O Amerika, moenie so maklik julle vryheid opgee, wat EK vir julle gegee het nie. O Amerika, moenie so maklik vergeet nie, daar is maar net een God en dit is “EK IS” wat julle beskud en beskerm. “EK IS” dieselfde Skepper wat julle geskape het vir MY eie doel! EK gebruik julle om die ander nasies van hierdie wêreld te toets. Sal hulle jul sondige weë navolg? En ja, MY jong kind Amerika, jy het sondige weë, en as gevolg van julle voorbeeld, het julle hierdie wêreld deurtrek met ‘n voorbeeld van Onheiligheid. Julle stuur die Evangeliste uit met die boodskap van Redding, en tog hoeveel in julle eie nasie eet die vrug van verdoemenis, onbekeerde sonde? Noem dit wat Heilig is, onheilig, lastering in MY oë.

O Amerika, kom laat ons vrede maak met mekaar. Julle sing God Bless America, maar julle weet nie Boeddiste sê, dit is hulle god vir wie julle sing in Amerika in daardie lied nie, ook die Moslems sê dit is hulle god en sataniste sê dit is hulle god. Noem watter God julle dien en Noem die Naam van die enigste een wie julle Skepper is, en julle Redder! Noem die Naam YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH ook deur sommige genoem Jesus Christus. Hierdie is ons NamE en hulle moet orals wees op elke luggolf. Is julle so skaam om YAHUVEH aan te roep dat julle MY Naam gesensor het van julle skole, tot julle howe? Hoekom word elke ander naam gevind in Amerika, selfs diegene wat vreemde gode dien?

Vreemdelinge wat na Amerika toe kom, en tog is hulle nie skaam om die naam te noem van diegene wat net ‘n gewone mens is nie, die duiwel in vermomming, en tog gode genoem. En tog is julle wat apart gestel is vir MY Heerlikheid skaam om die Naam te sê bo alle name. Dan durf julle MY aanroep om genade vir Amerika. O as dit nie vir die bemiddelings gebede van MY Ware Kinders was nie sou EK toegelaat het dat Amerika reeds verwyder was van die aangesig van hierdie aarde af.

Terwille van MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes in Amerika sowel as diegene wat in ander nasies vir haar uitroep sou EK julle teen hierdie tyd uit MY geheue uitgewis het. Dit is hoe kwaad julle MY gemaak het en tog hoe kwaad EK is, is hoeveel EK oor julle huil, en julle vra om te bekeer, want EK wil nie hê dat enige iemand moet vergaan en na ‘n plek toe gaan wat nie vir mense gemaak is nie, maar eerder vir satan en demone. Hierdie was gemaak vir die gevalle engele.

Amerika, Ja EK het weer MY hand van beskerming om julle gevou. Sien wat gebeur wanneer EK MY greep laat los? Sien hoe vinnig word julle nasie aangeval deur ander wat jaloers is op die seëninge wat EK vir Amerika gegee het. As’t ware, Amerika het julle geen vriende nie. Hulle is almal vyande in vermomming en sou indien moontlik alles wat julle het geplunder het. “EK IS” julle enigste ware vriend en “EK IS” julle Skepper en Vader. Hoekom is julle skaam vir wie “EK IS” is en vir dit waarvoor “EK IS” staan en dit is Heiligheid, en vir dit wat “EK IS” teenstaan en dit is alles wat onheilig is. Bekeer Amerika voor dit te laat is.

O Amerika, so jonk en so dwaas. Dink julle EK is beїndruk met gebede aan ander vreemde gode wat net gewone mense is en die duiwel in vermomming? Julle dag van gebed en herinnering het min gedoen om MY te eer; EK het alleenlik julle nasie gespaar omdat die vurige gebede van die regverdiges baie vermag. Weet julle satan het MY permissie gevra om julle op daardie dag te verpletter? EK het geweier want die vurige gebede van die regverdiges vermag baie.

Pasop Amerika, want die volgende Derde Wêreld oorlog, sal die begin van die einde wees vir julle en baie ander nasies sal val wanneer julle val, soos dominoes in ‘n ry. Soos ‘n kaart-huis. Pasop en dink hard hieroor, want hoe kan EK julle seën om ‘n oorlog te wen wanneer hierdie nasie nie langer vir Heiligheid staan nie. Julle leiers is meer geinteresseerd om die mense gelukkig te hou as om die God van Redding te behaag en te vrees. MY Seun se Naam is YAHUSHUA, en of julle HOM op SY Heilige Naam noem of die naam in Amerika meer algemeen genoem Jesus is hy nog steeds dieselfde MESSIAS vir ewig en daar is geen ander nie. YAHUSHUA is die enigste manier om na “EK IS” toe te kom. Daar is geen ander God buiten die Heilige Drie Eenheid nie want al drie is een.

Pasop, vir die vals messiasse wat oral rondom julle verrys. Pasop, alles wat in die Bybel is wil satan vervals. Pasop, want MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal mislei word indien moontlik. Want satan kom soos ‘n engel van lig, en gee voor dis vir jou eie beswil, is om jou te beskerm, maar pasop wanneer julle na enige iemand draai vir beskerming voor julle draai na YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA, het julle in die strik van misleiding en bedrog geval. Pasop wanneer EK sê vir wie YAHUSHUA vrygemaak het is waarlik vry. En dan kom die kragte van hierdie wêreld en neem julle vryheid van spraak, om te reis, selfs hoe julle saad gesaai word van julle af weg. Pasop want die bose mense sal selfs probeer om te rantsoeneer wat julle eet, drink, aantrek en watter dag julle moet aanbid.

Alle dae moet julle MY aanbid, maar daar is net een Ware Sabbat en dit is die dag wat YAHUHSUA vir julle gegee het terwyl HY ‘n voorbeeld gestel het en Here van die Sabbat geword het. Aanbid en Loof YAHUVEH en YAHUSHUA elke dag, maar veral op die Ware Hebreeuse Sabbat rus in YAHUVEH want EK het gerus nadat EK die wêreld geskape het. Wie is jy, ‘n gewone mens wat dink jy hoef nie ook te rus nie.

Volg MY Torah. Eer die Ware Sabbatdag en hou dit Heilig voor MY. Rus op hierdie dag. Verlang om van MY te hoor op hierdie dag, vra MY wat EK wil hê jy op hierdie dag moet doen, raak apart van die wêreld en eer die God van jou skepping en Redding. Sal ‘n mens God besteel? Ja, selfs die Ware Sabbatte wat eenkant gesit is vir jou en “EK IS” want julle sien hierdie sal vir nou en ‘n ewigheid ‘n dag van rus wees.

Kyk op die dag wat die wêreld partytjie hou, en in dronkenskap is, sondigheid, hooggety vier en weet dat dit ‘n misleiding van die duiwel is om “EK IS” te vertoorn want so baie verstaan nie watter dag is die Ware Sabbat nie. Lees julle skrifte, sê MY Woord nie, “6 dae moet jy arbei en op die sewende dag moet jy rus?” nie. Dit is nie wetties nie, dit is ‘n seën gereserveer vir jou en “EK IS.” YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op die Ware Sabbat. Maar julle weet nie watter Sabbat hy terugkom nie so wees gereed. Laat HY jou nie betrap drinkend, fuifend, en werkend, soos die wêreld werk nie anders sal jy huil soos die 5 dwase maagde met geen olie in hulle lampe nie. Steek julle lampe nou aan en hou dit aan die brand, totdat julle YAHUSHUA sien terugkeer in al SY Heerlikheid vir SY Bruid wat haar Bruidegom inwag.

Pasop want die WTC torings is soos die pilare wat Simson geskud het. Amerika dit is waarin julle jul geloof, jul vertroue en jul hoop gestel het, hierdie was torings saamgestel uit baie tale en nasies, en julle het hierdie toring hoog gebou, en as julle kon, sou dit die hoogte van die toring van Babel bereik het. Net soos die toring van Babel geval het voor die wêreld, het EK toegelaat dat dit platgeslaan word grond toe. Nou is die land deurdrenk met bloed van die gevallenes wat onder die torings lê as ‘n herinnering van die sonde van trots in daardie torings.

Niemand praat van die sonde wat in daardie torings was nie, die sonde wat die hele wêreld aanbid het, die sonde van gulsigheid, diefstal, bloedgeld, in baie verskillende vorme, sonde in meer vorme as wat EK kan noem. Die hele wêreld het van daardie beker van Babilon gedrink, toe EK MY greep oor julle laat los het op daardie dag; het die vyand ingekom en aangeval. Die wêreld het toegekyk in afgryse, terwyl hulle julle world towers in vlamme sien opgaan het en inmekaartuimel grond toe. EK het genade op julle finansiële stelsel vir een rede. Moenie dink dit is omdat Amerika so magtig is, niemand weer ‘n depressie kan bewerkstellig nie want dit is die gebede van die vurige regverdiges in MY Seun se Naam dat EK nie toegelaat het dat die ekonomie ook inmekaartuimel grond toe nie. Nog nie! So lank gebede aanhou opgaan en geloof in “EK IS”, meer is as in hierdie regering of enige ander regering.

Amerika, dink lank en hard voordat julle in nog ‘n oorlog betrokke raak. Watter nasie sal julle beveg? Julle het geen een nasie om te beveg nie. Julle is so klein in vergelyking met die groter nasies. Julle is soos die jongste wat probeer om die oudste te verslaan. Die enigste rede hoekom julle die oorloë in die verlede gewen het is omdat hierdie nasie grotendeels gedraai het na “EK IS” en MY Seun YAHUSHUA en geweet het sonder ONS aan julle kant sou julle elke oorlog verloor het. Selfs julle voorletters is deur “EK IS” aan julle gegee, “US” YAHUVEH en YAHUSHUA is die “US” en die A staan vir Almighty. Hierdie nasie moes staan vir United States of Almighty. Want julle het eens op ‘n tyd die Almagtige God “EK IS”en YAHUSHUA gedien. Dit was “EK IS”se goedertierenheid, liefde, genade en wysheid wat EK aan julle politieke en geestelike leiers gegee het.

Wie sal nou luister? Watter gees spreek voort tot julle leiers? Bid vir hulle. Julle Wit Huis was besmet en nooit gereinig van geeste van waarsêery, egbrekery, moord, selfmoord, hoerery, onsedelikheid, gierigheid, jaloesie, antichris geeste, aborsie, homoseksualiteit, hoogmoed, ateïsme, liefdeloosheid, haat, selfsug, omkopery, leuen en misleidende geeste, satanisme, kranksinnigheid, verraad, oproeping van geeste nie, moet EK aangaan? Watter gees is in julle Wit Huis nou waar julle leiers besluite maak? Waar is die Bloed van YAHUSHUA wat gebruik moet word om julle regering se huise skoon te maak? Waar is die bekering soos EK gevra het in Washington DC ? Van julle leiers wat verantwoordelik is vir die uitgevaardiging van wette van goddeloosheid? Mense staan in die gaping vir julle politieke leiers regoor die wêreld.

Amerika, moenie oorlog toe gaan sonder “EK IS’” aan julle sy nie. Moenie julle politieke leiers toelaat om te dink julle wil hierdie oorlog hê met ‘n onsigbare vyand nie. Kan julle waarlik die 60 nasies of meer beveg om die mans uit te roei wat julle terroriste noem? Hoe kan julle hoop om te wen? O Amerika, julle staar ‘n wêreld vol boelies in die gesig wat baie graag wil veins as ‘n vriend en jou grotendeels sal verraai as hulle die kans gegee word. Hulle sal aanval wanneer julle dit die minste verwag. Julle bied jul hand vol geld aan, en omkopery, en hulle haat julle daarvoor. Julle was gewaarsku! Amerika, julle is so na aan MY hart, want selfs wanneer julle vyande dors het en honger ly wil julle vir hulle kos en water gee. Besef julle nie met tye versterk julle jul vyand in plaas daarvan om hulle te verswak nie?

Julle hoop vurige kole op hoofde wat nie die God van julle voorvaders erken nie, hulle haat julle wanneer julle aan hulle liefde en medelye betoon, en hulle kyk na julle asof julle swak is in plaas van sterk. Amerika, selfs na oorlog met jul vyande gaan herbou julle hul land maar julle kan nie die trane wat julle veroorsaak het afdroog nie want julle is te vinnig om te bult wat julle dink julle arms van krag is, julle spiere, en tog wanneer julle spiere nie versterk word deur die Heilige Woord van YAHUVEH nie sal julle vind dat dit nog meer sal verg om dit te doen as gewoonlik.

Pasop vir die hand van die laksman, moenie julle vyande vertrou nie. Wees versigtig om jou rug te draai op die laksman want nou is daar meer as een nasie en laksman om oor bekommerd te wees. EK het hierdie Diensmaagd gewaarsku, deur wie EK hierdie spreek, pasop vir Pakistan, en tog hoe min spreek uit om die leiers van hierdie nasie te waarsku? Amerika, julle glimlag en die nasies wie julle dink glimlag terug hou missiele agter hulle rûe.

Oorlog sal julle seermaak op maniere soos nog nooit van tevore gedoen nie. Enigste manier hoe dit nie sal gebeur nie as die vurige gebede van die regverdiges sal aanhou om MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) aan te spoor om Amerika te bedek en bekeer en staan op vir Heiligheid en bestraf in moedigheid Onheiligheid en roep geen ander Naam aan as YAHUVEH en YAHUSHUA nie. Bedek julle President Bush in gebed, en wee julle wanneer die volgende president kom. Wee julle wanneer die volgende Pous kom. Want hierdie volgende Pous sal nie ‘n man van vrede wees nie, en sal beheer word deur satan.

Onthou die Romeinse Ryk en wat dit gedoen het. Woorde vir die wyses in YAHUVEH, bid nou want die tye wat kom, kom so vinnig oor julle want nou is die tyd om reg te maak met MY. EK spreek hierdie nou tot die hele wêreld want Amerika, julle kan die voorbeeld stel, soos Israel kan. As MY twee kinders maar net wou luister sou hierdie wêreld nie die beker van MY toorn hoef te gedrink het nie. Ah, maar dit was reeds voorspel en voortbestem maar moenie MY tydsberekening verhaas nie! Daar is steeds tyd as net maar almal wat beweer dat hulle “EK IS” ken nie langer sal stilbly nie. Hierdie Wêreld-Oorlog kan langer uitgestel word; daar sal geen ander wees nie, hierna sal ‘n oorlog wees teen die Hemel self. Bid dat jy aan die kant van die Hemel sal wees en nie aan die kant van die anti-messias nie.

Nou ter afsluiting wil EK MY Babas vertroos wat na MY toe kom in trane, en bevrees is vir dit wat gaan gebeur. Indien hierdie woorde van wysheid verontagsaam word het “EK IS” nie vir julle ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, en liefde, en ‘n gesonde verstand. Bedank MY vooruit vir julle Verheerlikte Liggame. Liggame wat geen tralies sal teruggehou nie, liggame wat nie doodgemaak kan word nie, liggame wat steeds sal doen wat die heiliges gedoen het toe MY Seun YAHUSHUA uit die graf opgestaan het. So het die heiliges ook opgestaan in Jerusalem terwyl hulle geeste verenig het met hul liggame en hulle opgestaan het in die eerste opstandings-liggame, om ‘n getuienis te wees YAHUSHUA leef, en regeer en heers. HY is die MESSIAS. Weer, sê EK soos dit was destyds so sal dit weer wees.

Eers het YAHUSHUA gekom en toe het die heiliges opgestaan en getuig tot Jerusalem. Lees MY Heilige Woord soos dit destyds was so sal dit weer wees. Hierdie is die dooies in die MESSIAS wat weer tot hierdie wêreld sal getuig; YAHUSHUA is MESSIAS, saam met diegene wat leef en MY Bruid genoem word. Wakend, wagtend, maar tog die werk doen wat uitgestip is deur julle Hemelse Vader, weggevoer sal word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Liggame van vlees en bloed nie meer nie, maar Verheerlikte Liggame, wat meer sal vermag vir “EK IS” as in die sterflike liggame van klei.

As julle MY Heilige Woord glo dan sal julle weet dit is nie die eerste keer wat “EK IS” hierdie gedoen het nie. Onthou Elia van Ouds [In Hebreeus, Eliyahu], en onthou Henog? Hoekom dink julle EK kan dit net twee keer doen, is “EK IS” nie daartoe instaat om hierdie weer te doen nie en vir diegene wat in geloof kan glo sal EK dit doen. Toe die Kinders van Israel langs die Kinders van Egipte was, en tog het die plae nie naby hulle gekom nie, selfs die donker het hulle nie oorval nie. Die bloed van die offerlam was oor hulle deurkosyne, nou het julle ‘n ander OfferLam, die enigste Heilige Lam sonder merk of vlek. Geen sonde was in YAHUSHUA gevind nie. So almal wat hul lewende Tempels gewas het in SY Gestorte Bloed by Golgata, vir die vergifnis van hulle sondes, bekeer het en weggedraai het van sonde, YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet en eerste soek in hulle lewens, gevul met MY RUACH ha KODESH.

Net soos in die tyd van die Bose Farao, wanneer die gees van die bose farao weer kom, so ook sal die wonderwerke weer kom, soos Moses en die Kinders van Israel. As julle kan glo, dan sal julle wonderwerke sien nog ongeken. EK sal steeds martelaars hê want dit is vooruit bestem en hulle weet reeds in hul geeste en is voorbereid, maar MY Kinders wat hul geloof stel in “EK IS” en na MY stem luister, sal weet wat om te doen en waarheen om te gaan, en hulle sal die hand van die vyand vryspring keer-op-keer. Nie almal sal Verheerlikte Liggame kry nie, want almal glo nie.

Sommiges wil MY toets en bly saam met hulle ongeredde geliefdes. Geloof hê vir die wonderwerke wat nodig is, om te probeer om hulle te waarsku om nie die Merk van die Dier te aanvaar nie, ander weet hulle gaan Verheerlikte Liggame kry, en dit is hoekom daar so ‘n verdeeldheid is, altwee is reg. EK het dit reeds in julle gees geplaas of julle MYNE is, of julle gemartel sal word, of julle die afgestorwenes in die MESSIAS moet wees, en julle eers sal sterf, opstaan, en of julle weggevoer sal word om MY in die lug te ontmoet terwyl jul nog leef.

Hou op met hierdie dwase argumente. Kan julle nog nie sien nie dit is waarom EK hoorbaar gepraat het met hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] en gesê het, “Eers een wegraping en dan ‘n volgende vir diegene wat EK liefhet?” EK het hulle albei lief! Die afgestorwenes in die MESSIAS wat opstaan, en julle wat lewendig is om weggevoer te word om MY in die lug te ontmoet. Sien julle nog steeds nie, dit is hoekom EK hoorbaar met haar gepraat het en gesê het, “Moenie sê dat julle ‘n pre-verdrukking, mid-verdrukking, of post-verdrukking is nie want dit is nie een van hierdie dinge nie.”

Sien julle nog steeds nie dit is omdat almal van julle reg is nie. Selfs diegene wat glo dat YAHUSHUA weer kom ná die Verdrukking, want kom HY nie om te regeer en te heers op aarde soos HY in die Hemel doen nie? Hoeveel woede het julle MY gekos oor hierdie dwase verdeeldheid. Kan julle nou hierdie debat met rus laat? Was nie genoeg haat en kwade gevoelens van MY eie kinders veroorsaak deur hierdie debat wat satan binne-in julle aanwakker nie. Werk saam, nie apart nie. Hou op om die apostels en profete te verwerp. Julle het die oë en die ore nodig van die liggaam van YAHUSHUA. Pastore, hou op dink die kudde het niemand anders nodig as vir jou nie. Die kudde is nie joune nie maar behoort aan die enigste Goeie Herder. Genoeg is Genoeg.

Wat gaan jy sê vir diegene wat agter bly, alles omdat jy nie MY Profete en Apostels wou toelaat om die Skape en die Lammers en die swart skape wat kon wit word te waarsku nie, maar julle was te besig om julle sakke vol te maak met goud, om enigsins besorg te wees wanneer die Skape en Lammers wegdwaal, solank die Skape en Lammers julle nie aanspreek tot bekering nie. Die Skape en Lammers eet dieselfde kos dag in en dag uit. Julle is bang enige iemand anders voer hulle, vreesbevange, die gemeente wat EK MY Skape en Lammers noem, sal vars geestelike kos verkies uit die Hemel. Vars nuwe wyn en aandring dat pastore, die ou wyn uitgooi sodat die wynsak nie bars nie.

Pastore, julle word aanspreeklik gehou vir elke siel wat verlore gaan in julle gemeente en die Hemel mis omdat julle meer besorg was oor julself, en die opbouing van julle geestelike ryke, en julle reputasies, verdraaiing van MY Skrifte, om gelykvormig te word aan julle beeld, om julle oorvloed te verduidelik. En MY Kinders ly gebrek, terwyl julle julself opblaas met trots, ryk word deur nie die waarheid te praat nie uit vrees dat die Skape en Lammers sal aanstoot neem. Jy is ‘n armlastige in die Hemel. Dra julle deftige snyers pakke en bly maar in julle herehuise hier op die aarde, want waarlik dit sal al wees wat julle sal hê is wat julle op aarde het, julle is bankrot in die Hemel, ongeag hoe goed jy mag preek, en onderrig, MY gawes het EK nie weggeneem toe jy eens die weg van die wêreld begin wandel het nie, so jy het vele mislei, maar nie al MY Kinders nie want EK het die gawe van onderskeiding gegee en hulle ken jou vir die gees wat jou nou regeer, die gees van mammon en gulsigheid. Jy is niks meer as ‘n hoer in MY oë nie.

Julle Kristal Tempels sal aan skerwe spat terwyl julle aanhou om daar te staan in julle weelde en mensgemaakte eer. MY heerlikheid is nie in julle nie. Diegene wat julle pastoor wil noem, sal eendag ervaar hoe die Glas Tempel neerstort grond toe, terwyl EK dit skud, en almal daar binne-in sal omkom. Hoe min sal wanneer dit gebeur selfs die Hemel sien. Want het EK julle nie gewaarsku oor soeke na Geestelike leiers wat net ‘n middel is om julle jeukende ore te streel nie. Julle was gewaarsku! Mensgemaakte torings wat “EK IS” bespot sal val. Ja, selfs diegene wat hulself beskou as ‘n toring vir hulself, en hulself benoem volgens MY Naam maar tog ken hulle MY nie meer nie. Julle sal val, wanneer hierdie geestelike leiers val, sal die Skape en die Lammers uitmekaar spat, so min sal weer die Goeie Herder vind.

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 1 Oktober 2001, 12:10 in die oggend. Ek stel hierdie vry en ek vra om vergifnis vir YAHUVEH, as ek nie alles geskryf het wat ek moet skryf nie. Ek het gedoen na die beste van my vermoë, om die gees te toets wat praat. Laat my asseblief weet indien julle die stem van ons Hemelse Vader gehoor het. Ek het ook bemoediging nodig omdat hierdie profetiese boodskappe die vyande aanwakker wat hierdie Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA wil stil maak. Maar nietemin verlang ek om YAHUVEH en YAHUSHUA te behaag eerder as om die mens te behaag. Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu]. N.S. Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie.

Hierdie ID kaart, ‘n voorganger van die Merk van die Dier. Ek het wakker geword, nadat ek deur YAHUVEH, in my slaap, die insig gegee is oor wat ‘n ID kaart is. Dit is ‘n Merk wat jou apart stel van ander. Waar gaan hierdie inligting heen? Na ‘n rekenaar in België wat die “BEAST” genoem word. Wees versigtig vir die voorganger van dit wat in die boek van Openbaring, die Merk van die Dier genoem word. Bid dat almal wat die NAAM van YAHUSHUA aanroep, nie hier sal wees wanneer dit in vervulling gaan nie. Want daar sal geen gekoop of verkopery wees sonder hierdie Merk nie. Tony Blair probeer hard om dit in Engeland te kry. Mense, spreek uit of bly vir ewig stil.

* * * * * * *

E-posse…

Die hoof ding wat ek in hierdie nuwe Woord van ons Almagtige God sien, is dit. Behalwe as die Pastore, Evangeliste, Leraars, Profete, Apostels sou ophou om jeukende ore te streel, en begin om die mense die waarheid te vertel, gaan hierdie nasie onder. Jy is een dapper hart wat vir die waarheid staan. Hou aan om te staan en bid dat ander jou dapper voorbeeld sal volg. Sonder dat die kerk nie saamstaan in ware bekering nie, en uitroep na God om die skikking te vergewe met die wêreld, die vlees, en die duiwel, gaan ons onder!

Hierdie ding hang aan die gemeenskaplike kerk wat beweer dat hulle die Ware God en SY Heilige Woord ken. Ek het TBN aangeskakel en toe sien ek vir Paul en Jan Crouch. Hy het die Koran in sy hand gehou en vir miljoene Christene in Amerika vertel hoe vredeliewende mense die Moslems is en dat Mohammed ‘n goeie ou was. Dit was ongeveer twee weke voor die Torings aangeval was. Dit is ‘n voorbeeld van die enorme onkunde waarin die pastore en predikers vandag deurdrenk is.

Ek sien hulle is letterlik deurdrenk met ‘n vals lering en toegewings. Ek het hierdie dag sien kom 12 jaar gelede en het probeer om ander te vertel…niemand het geluister nie. Nou vertel jy die wêreld, d.m.v. die Internet. Hulle beter ag slaan hierop en luister, en dan tot aksie oorgaan, anders sal ons ondergaan!!! “Die toegewings, o die toegewings, het MY Kerk in hierdie droewige gemors laat beland”, sê die Here God. “Vlug weg van hierdie toegewings of word vasgevang in die bose gemors van die huidige bose wêreld en word deurdrenk met hierdie vullis, sê die Here God”

Dankie Sherrie [Elisheva Sherrie] vir jou sterk standpunt vir GOD se Waarheid. Ek voel gelei om voor te stel dat hierdie boodskap naby die nuwe profesie op julle webwerf geplaas word. Dit sal die kragtige Woorde komplimenteer wat die Almagtige GOD die Groot “EK IS” vir jou gegee het. Ons bied ons lof en danksegging aan, en gee eer en heerlikheid wat behoort aan die Vader God, Die Heilige Gees en aan Yahushua, God ons Redder. Dit sal ook ander bedag maak oor wat in die wêreld van kerke aan die gang is, maar gebruik jou eie diskresie. Liefde Linda.

* * * * * * *

Suster Sherrie [Elisheva Sherrie], ek het uiteindelik Boodskap #49 gelees en ek het die Heilige Gees in elke woord gevoel. Elke geseënde, gesalfde woord, het “Waarheid” in my siel ge-eggo en ek loof Almagtige God dat HY SY eie hart aan ons openbaar! Ek bid ook dat almal wat hierdie boodskap lees, sal ag gee en ek sal vir seker ook my deel doen om hierdie boodskap te kopieer en te versprei na my vriende en geliefdes. Ek besef my eie tekortkominge, maar ek is waarlik bedroef oor die manier waarop die mense God vergeet het in die naam van “toegewing” en die ontwyking van die gebruik van die enigste naam waardeur ons gered kan word “YAHUSHUA!”

Hierdie profesie is waarlik ‘n wekroep vir Amerika en die wêreld en ek stem veral saam met die gedeelte hoe almal rondgespring het en die Amerikaanse vlag geswaai het en gesê het, “God Bless America”. Hoe kan God ons waarlik seën in ons sonde, rebellie en arrogansie? Waarlik! Bekering en verootmoediging is wat werklik nodig is en ek bid vir alle siele om terug te draai na die enigste Ware en Lewendige God, YAHUVEH! Dankie suster, dat jy die werktuig is waardeur hierdie tydige en baie direkte profesie na vore gekom het om ons te waarsku voor dit te laat is. God seën jou altyd! Olga.

Kopieer en stuur hierdie Profesie asseblief aan almal wat jy ken!