Profesie 74, EK, YAHUVEH, het Oorlog verklaar teen Planeet Aarde uit die Hemel!

Profesie 74

“EK, YAHUVEH, het Oorlog verklaar teen Planeet Aarde uit die Hemel!”

25 Junie 2004
Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

Geliefde familie in YAHUSHUA…

Hierdie profesie het na vore gekom nadat ons ‘n droom ontvang het en ons het die droom opgeneem in ons gebede en die nuutste Profesie het na vore gekom. Ons sal eers die droom neerskryf aangesien dit die salwing in my aangewakker het.

Hieronder is die droom op 25/6/04 Diegene met die gawe om drome uit te lê, e-pos ons asseblief en deel die uitlegging met ons by [email protected]

DROOM

Die Bediening se busdrywer was besig om te bestuur op ‘n pad alleen. Die weer het gelyk of dit somer, lente of herfs was, dit was nie winter nie. Hy het skielik oor die radio ‘n waarskuwing gehoor dat ‘n meteoriet-stortreën die aarde enige oomblik gaan tref. Ewe skielik was die pad stampvol met karre wat in dieselfde rigting as hy gery het – die drywer het skielik omgedraai en in die teenoorgestelde rigting gery, om my te kom haal. Hy onthou dat hy ontsteld was in die droom omdat hy geweet het dat die meteoriet-stortreën sou kom en tog was ons nie voorberei daarvoor nie.

Die busdrywer was baie moeg en het by ‘n Een-Stop vulstasie afgetrek om vir ‘n oomnlik te rus en VADER YAHUVEH het vir hom gesê, “Daar is nie tyd om te rus nie, kom terug op die pad.” So terwyl hy die Een-Stop vulstasie verlaat, was daar twee uitgange. Een na links en een na regs. Die een aan die linkerkant was wyd, geplavei en gelyk. Die een aan die regterkant was ‘n smal, opdraende en het ‘n steil afwaartse helling gehad aan die regterkant. Hy onthou dat hy gedink het die bussie sal om-tiep as ek die regterkantste uitgang vat maar YAHUVEH het vir hom gesê dit is die een wat hy moes vat.

EINDE VAN DROOM (onderskeiding hieronder)

Ons glo die drywer staan vir mense wat nie gereed is nie en moet besef dit is nie die maklike pad wat ons vat in hierdie wêreld wat ons veilig hou nie.

* * * * * * *

Profesie 74

EK, YAHUVEH, HET OORLOG VERKLAAR TEEN PLANEET AARDE UIT DIE HEMEL!

O dwase mans, o dwase Vroue, julle mans, julle vroue van die aarde, julle wat saamsweer teen MY, julle wat probeer om MY ware Kinders te lei na slagting, soos skape ter slagting. Julle, wat die wette skryf en die wette van ouds weggooi, julle sê hulle is verouderd. Julle vergeet EK is die Oue van Dae. Wat sal julle doen, o dwase mense van hierdie aarde? Julle wat julle hoë tegnologie het, wapens van massa vernietiging, plae en siektes wat julle uitgevind het met die hand van satan. Julle wat so ryk en luisterryk is, julle wat die ondergrondse stede gebou het. Julle wat gaan en planete verower wat EK nie vir julle gesê het om te verower nie. Is dit nie genoeg dat julle alreeds een vernietig het nie? Moet julle ook ander gaan verower? Het julle nie genoeg oorlog op hierdie aarde nie? Moet julle gaan soek vir meer moeilikheid?

Wat sal julle doen om mekaar uit te wis, julle intimideer mekaar, oorlog-op-oorloë vir gierigheid, vir mag, maar terwyl julle dit doen, julle weet nie wanneer nie, maar, het EK, YAHUVEH, oorlog verklaar uit die Hemel en julle kan dit nie stop nie! Julle wat MY bespot, julle wat die ware kinders bespot van YAHUVEH en YAHUSHUA, julle wat saamsweer om hulle vryheid weg te steel. EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar uit die Hemel teen hierdie planeet en die bose sal sneuwel. Julle dink julle sal gaan en julle sal wegkruip, julle wat gereed gemaak het en boos is, julle gee net om vir julle eie families. Hoeveel miljoene het julle bestee? O julle sê Biljoene. Julle wat die geld vat uit die mense se sakke, julle sê, “Meer belasting het ons nodig!” In plaas daarvan gaan dit om julle ondergrondse stede te bou. Luukshede van elke soort, skatte waar julle opgegaar het en julle gebruik die mense se geld sodat julle ‘n plek het om te ontsnap terwyl julle dink hulle sal net doodgaan!

Maar dit is EK, YAHUVEH, dit is EK, YAHUVEH, die Skepper van nie alleenlik hierdie planeet nie maar alles wat tussen-in lê, en EK sal die rotse gooi uit die Lug uit. En net soos in Sodom en Gomorra en die sewe stede langsaan is EK dieselfde YAHUVEH wat Ninevé verwoes het. Alhoewel EK haar tyd gegee het om te bekeer op die ou einde, was sy nie verwoes nie? EK is dieselfde YAHUVEH, dieselfde Oue van Dae en wat EK eenmaal vantevore gedoen het, sal EK weereens doen. Julle is so besig met julle oorloë, julle vrees of gewaar MY nie eers nie, terwyl EK oor-en-oor vir julle tekens gee in die lug en verdoeming al nader kom aan julle. Maar nie vir MY Kinders nie, o julle dink hulle is so onkundig en naïef, maar julle vergeet o booswigte van Lucifer, dat hulle waarlik aan MY behoort. Hulle het nie geld om voor te berei nie, maar hulle weet hulle het ‘n Hemelse Vader YAHUVEH wat omgee dit sal MY Engel arms wees wat hulle beskud teen die woede wat uit die lug kom. Want die Regerings vat julle geld en hulle gaan en hulle sê hulle sal die buitenste ruimte verower. Van wanneer af het EK vir hulle die planete gegee, want hulle het nie eers gesorg vir dit wat EK gegee het nie.

O hoekom bly die massas stil? Want selfs sommige van die heidene weet dat die wette nou wat uitgevaardig word hulle laat sidder en bewe. EK is YAHUVEH en die bose mense van hierdie aarde haat EK. EK is dieselfde gister en vir altyd. EK sal nie verander net vir die frats van ‘n mens nie. Amerika, julle sê julle het geen God nodig nie? Wanneer selfs die heiden nasies buig voor ‘n vreemde God. Want hulle weet deur in hulleself is hulle niks, want hulle begeer ‘n hoër gesag en alhoewel dit vals is, erken hulle ten minste hulle is nie ‘n God nie. O, maar julle bose, bose, bose nasie van Amerika. EK praat nie van MY Kinders, MY skape en MY lammers nie. EK praat van julle bose politici en oorlog-lustiges wat gaan om te probeer om die buitenste ruimte te verower asook elke nasie in hierdie land. Regoor die wêreld van see tot see, Amerika as jy jou sin kon kry sou jy sê dit behoort aan my.

O julle verklaar oorlog en gebruik die saad van Ismael, maar julle vergeet dat dit nog steeds Abraham se saad is. MY Kinders, EK alleen is julle skild. Julle wat in Amerika woon, weeklaag en rou, want EK het oorlog verklaar teen Amerika. Want sy is die boelie van alle nasies, so opgepof met trots, erken nie meer dat dit in God is op wie julle vertrou het nie. Selfs begerig om die woord God en enige iets Heiligs weg te stroop buite sig van die mense. O maar julle ander nasies wat luister van ver en wyd, julle is ook geensins beter nie, want julle politici het julle op ‘n dwaalspoor gelei. Mense julle het deelgeneem aan dit wat julle nie weet nie. Hoekom weet julle nie? Hoekom glo julle nie dat EK, YAHUVEH, oorlog verklaar het teen planeet aarde nie? Want julle bal julle vuis vir MY. Want julle sê van U wette sal ek vry wees. Dan sal julle van MY woede smaak. Maar nie vir MY Kinders nie vir diegene wat YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in hulle liefde en hulle lewe nie. Nie vir diegene wat uitroep, “Ons wil U KEN, wys ons U wil, wys ons U weg, wys ons hoe ons U kan behaag vandag.” Julle is nie MY vyand nie en EK sal julle beskud in hierdie dag.

Julle wat die Kerke vul, so luisterryk en so trots. Julle sê watter gebooie moet gehou word, watter gebooie is ouderwets, moenie meer gevolg word nie. Julle sê julle ken MY maar niemand ken MY nie behalwe MY Seun. Maar MY ware Kinders roep uit, “O Vader ons wil U ken, o net soos Moses het, o ABBA ons wil U ken, YAHUSHUA ons spoedig komende Bruidegom ons wil U ken.” Die eerstelinge “first fruit” wat verlos word, hulle sê nou ook hierdie gebede, want EK het dit in hulle harte gesit om te ween en besorg te wees.

EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen hierdie aarde. Vuur kom uit die Lug uit en niemand kan MY stop nie. Is dit nodig dat EK julle herinnner aan dit wat gebeur het by die Toring van Babel? So sal dit weereens wees en julle torings van Babel sal val. EK het julle kans-op-kans gegee om te bekeer. EK het vir die mense gesê om die vryheid terug te neem wat weggetroop word. Hulle trek net hulle skouers op en sê, “Wat kan ons doen?” “Niks” Julle koerante is gesensor. Julle nuus is gesensor. Maar steeds kan julle protesteer. Waarom offer julle nie eens ‘n gebed nie?

EK het hierdie “Ringmaiden” instruksie gegee om opnuut ‘n gebed te begin bid. Moenie net aanneem dat mense gemartel moet word terwille van MY nie. Waar is die gebede? Is dit nodig dat EK julle herinner aan Shaul, die een wat julle Paulus noem? Weet julle nie dit was die gebede vir bemiddeling wat aan die gang was en dit was die rede hoekom hy gespaar was. EK het hierdie “Ringmaiden” opdrag gegee om vooruit te begin bid vir ‘n kragveld wat julle liggame sal omring wat ‘n beskerming sal wees teen die wapens van die mens en enige iemand wat naby julle kom. Diegene wat van My geselekteerde klompie is, diegene wat die eerstelinge “first fruits” genoem word, want julle is MY keuriges. Dit is asof jy ‘n groenteskottel deursoek; kies jy nie die bestes nie? So ook het EK MY Bruid gekies, MY Uitverkorenes en MY noukeurig Uitgesoektes! Daar is ‘n kragveld wat julle sal omring wat die mens nie in staat sal wees om te sien nie totdat die wapen letterlik op julle gerig is. Hulle wil julle gedagte beheer.

Die bose begeer om jou wilskrag weg te neem maar hulle vergeet MY geliefdes, dit is MY wilskrag, dit is MY Gees, MY RUACH ha KODESH en hulle kan nie daaraan raak nie. Dit is nie julle verstand nie want jy het dit oorgegee aan MY, sodat jou Skepper met jou kan praat, sodat julle MY kan hoor en EK het profete opgerig na MY EIE Gees. Die geveinstes sê, “Luister nie na die profete nie”, maar EK het altyd ‘n profeet gehad. EK het na hierdie aarde toe die Profeet van die Profete gestuur, HY is MY Seun YAHUSHUA. HY het nie hierdie Aarde verlaat nie tot die Trooster gekom het wie die ware gawe van profesie deelagtig gemaak het, sodat MY Kinders weer kan hoor.

Wil julle weet hoekom julle nie kan hoor nie? Want so baie sukkel en sê, “Ek sal net luister na wat hierdie profeet sê”. Maar julle moet leer, soek MY vir julself. Begeer met jou hele hart vir MY stem vir jou om te hoor en EK sal jou nie teleurstel nie. Selfs die Bybel Kodes, sommige is eg, sommige is vervals maar selfs woorde hier en daar, as jy nie onderskeiding het nie sal satan dit vat en jou op ‘n dwaalspoor lei. So wees versigtig na wie jy luister, is dit in lyn met MY Woord?

Wees versigtig vir die doem Voorspellers wat profesieë gee sonder geen hoop begrawe . Die “Ringmaiden” speek altyd woorde voort van waarskuwing aan die vyande maar nooit profeteer EK ooit van dit wat sal wees nie, sonder om ook vir julle die hoop te laat dat EK beheer het, dat EK waak oor en EK, YAHUVEH, diegene sal beskerm wat waarlik MYNE is. Hoe word jy MYNE? Deur YAHUSHUA ha MASHIACH te aanvaar vir wie die Grieke Jesus Christus noem. Want nooit doen EK enige iets sonder om eers MY profete te waarsku nie so EK stuur hierdie “Ringmaiden” nou om julle te waarsku wat gaan kom. Die vernaamste manier vir julle om voor te berei is om MY Aangesig te soek, soek MY Wil, want EK het nog steeds veilige holtes. Stel jou voor die hand van die Almagtige Skepper YAHUVEH in ‘n rotsgeveg uit die Hemel. Maar julle dink julle het rotse om terug te gooi tog sê EK, “Julle het niks” Amerika EK lag vir julle rooi alarms, want verwoesting sal kom oor hierdie nasie. Diegene wat EK gereken het wat net waardig is vir vernietiging en dit sal kom van die hand wat die Hemele geskape het sowel as die aarde.

O dwase, dwase mens, wat sal julle doen wanneer julle te laat besef, oorlog was verklaar uit die Hemel. Maar diegene wat waarlik behoort aan MY, diegene wat die Torah letterlik opneem, diegene wat glo EK is instaat om te beskerm, diegene wat MY eerste gestel het in hulle lewe en hulle liefde, diegene wat alles neergelê het op die offeraltaar, julle sal vind EK is YAHUVEH wat nie kan lieg nie. O dwase aarde, die bose wat op hierdie aarde woon, dit is waar soos EK vir hierdie “Ringmaiden” gesê het lank gelede toe sy die aardbewings gesien het, toe sy die wind gekombineer daarmee gesien het en die vloede en vulkane, diegene wat oorleef het wat boos was selfs diegene wat regverdig is deur MY Seun het sy hierdie woorde gehoor, “Nou, einde van rondte een, nou vir rondte twee” Dit is soos ‘n boksgeveg, hoeveel rondtes? En dit sal gebeur wanneer julle die minste bewus is, dit is hoekom EK vir julle gesê het MY Kinders, “Versteek julself net vir ‘n kort rukkie.” Steek julleself weg in die teenwoordigheid van MY boesem; steek julleself weg onder MY Vlerke want dit is net EK, YAHUVEH, wat julle sal beskerm dan. Dieselfde een wat julle nou beskerm, EK sal julle beskerm dan.

So bid voor die tyd vir hierdie kragveld MY Kinders, bid vooruit vir diegene wat gemartel word regoor die wêreld in MY Naam, in MY Seun se Naam. Moenie net aanvaar nie want as julle aanvaar is dit nodig dat EK julle herinner wat die eerste 3 letters is? Luister na die stem van hierdie “Ringmaiden” want waarlik EK waarsku julle soos EK keer-op-keer doen, verwoesting kom uit die Hemel, ‘n gesig so skrikwekkend die wêreld sal hulle oë bedek.

Julle wat hierdie plae en kwale uitvind hulle sal kom oor julle en julle eie huishoudings. Julle sal nie kan uitwerk hoekom nie. Maar die RUACH ha KODESH en die gestorte Bloed van YAHUSHUA is julle teenligaampies wat MY Kinders sal gebruik en die plae sal nie naby hulle wonings kom nie, al diegene wat behaaglik gevind word vir MY. Hierdie is MY belofte aan MY geliefde Babatjies, Bruid en Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes. So versteek jullself MY Kinders vir ‘n kort rukkie, want weer sê EK, EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar uit die Hemel op MY vyande, op diegene wat MY bespot, op diegene wat MY Wette her-skryf, vir diegene wat probeer om MY skape te lei ter slagting. EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar uit die Hemel maar julle weet nie watter tyd verwoesting sal neerkom nie. So baie dood en geen tyd om te begrawe nie, julle politici sal weeklaag. Hulle bal hulle vuis vir MY, nou bal EK MY vuis vir hulle. Dit is ‘n vreeslike ding om te val in die hand van die Almagtige Lewende YAHUVEH want EK is die begin en EK ken geen einde nie. Maar julle aan die ander kant o vyande van MY, julle is net brose vroue en mans.

Dwase, dwase, dwase mense van hierdie wêreld, wat verg dit vir julle om te luister? Want EK praat met julle in die weer, julle skud net julle kop en sê is dit nie eienaardig nie? EK het vir julle gesê EK praat met julle in die vloede; julle gee geen aandag nie selfs in die orkane. Hoeveel mense moet doodgaan voordat julle oë draai na MY? Dit lyk asof dit net geboue is en ongevalle julle erken MY nie eens nie. So julle sal julle weer vreemder sien word. Die mens dink hy kan weer beheer. O julle spog Amerika julle het die masjien maar julle vergeet; wie is die een wat die hael opberg, wie berg die sneeu op, wie berg die reën op, wie laat die vulkane uitbars. Julle vergeet die een wat die aarde skud en EK het geen masjien nodig nie.

Hoekom is dit dat julle dink dat net wanneer julle soldate sneuwel dat EK slegs julle geliefdes se trane sien. Maar in ander lande, diegene wat julle reken as jul vyande, hoekom is dit dat julle dink o Amerika en daardie ander nasies spreek EK ook, waarom is dit dat julle dink die trane wat gestort word vir die dooies, sien EK nie? Die pyn voel EK nie! Wee die Nasies wat opgepof is met trots. O Amerika, julle dotjie selfs julle ‘i’ met die woord trots.

Selfs EK kry skaam, want EK het sommige van MY eie Kinders geseën met rykdom en hulle sê hulle volg MY, hulle kom selfs hierheen om te luister na die woorde wat EK gee vir hierdie “Ringmaiden” van MY en tog gaar hulle op en stoor die rykdom wat EK vir hulle gegee het. Hulle sê dit is vir ‘n reën dag. Ek het vir hulle die skepe gegee, Ek het vir hulle die grond gegee, EK het vir hulle die vliegtuie gegee, EK het vir hulle die goud gegee, EK het vir hulle die silwer gegee en hulle keer-op-keer oortuig. Want hulle maak hul skatte bymekaar hier op aarde, hulle oudhede, hulle bankrekeninge en tog in die Hemel se stoorkamer is hulle bankrot. Moet EK julle herinner aan die een wat ‘n dissipel van YAHUSHUA sou wees omdat hy die Torah gevolg het, hy het getrou alles gevolg wat MY Seun YAHUSHUA gesê het, maar toe hy by YAHUSHUA kom en sê, “Wat meer moet ek doen?” Het YAHUSHUA nie vir hom gesê, “Verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes” nie, en die man het jammerlik weggegaan en sy kop ontkennend geskud.

Want julle sien, MY Kinders, hy het die rykdomme van die wêreld belangriker gemaak as die God wat hy beweer het om te dien. So ook het niks verander nie en hiervoor rou EK. O waar is die Kinders met die Albaste Flesse? O waar is die trane? Wie sal MY Seun se voete was? Waar is diegene wat sal treur, huil en weeklaag oor die sondes van die wêreld wat MY soveel droefheid bring? Hoekom huil julle net oor julle eie Soldate? Hoekom huil julle nie oor ander nie? Julle vyand is nie dit wat jul regering sê is jul vyande nie, julle vyand is Lucifer. Julle vyand is enige iemand wat hulself MY vyand noem. Julle vyand is teen alles wat Heilig is. Julle vyand vertel julle dat dit wat verkeerd is reg is. Ek kyk, MY oë gaan heen en weer oor hierdie aarde, om te sien wie waarlik omgee en EK weet hierdie MY Kinders, want julle sal hierdie in gebed oplig. Julle vyand is diegene wat die onskuldige babatjies uitruk uit hulle Ma’s se baarmoeders en hulle in ‘n asblik gooi of hulle fynmaal en in skoonheidsmiddels sit. Hierdies is julle vyande.

EK het julle ‘n waarskuwing gegee in Esegiël 9; EK verseël diegene wat beskerm sal word teen MY woede terwyl julle oë gefokus word op oorlog na oorlog. Julle vergeet, o vyande van MY, EK sal die laaste woord hê. EK praat uit die hemelruim en baie spoedig sal julle sien EK is nie ‘n Skepper YAHUVEH wat maklik bespot sal word nie. EK reserveer my woede vir MY vyande, vir al diegene wat die woord huwelik neem en selfs die naam besoedel. Dieselfde-geslag-huwelike verklaar hulle aan hierdie wêreld. Hulle paradeer in hulle gay-optogte; hulle pronk hul sondes voor die wêreld. O maar dwase mans en dwase vroue EK, YAHUVEH, sal die laaste woord hê. Julle werk net julle pad af na benede tot die vlak van die hel waarvan julle sal afdaal.

Die stank van die sondes van hierdie aarde het die Hemel bereik en nou het EK geen ander keuse as om oorlog teen hierdie aarde te verklaar uit die Hemel nie. Julle oë sal dít in die lug aanskou wat julle nie sal wil sien nie. Maar dit sal nie deur enige wapen van die mens wees nie, so moenie mislei word nie want EK, YAHUVEH, gee hierdie oorlogsverklaring soos EK gedoen het in tye vantevore, so sal EK dit weer doen. So MY Kinders, EK waarsku julle vooruit oor dit wat gaan kom, sorg dat julle hande nie skuldig is nie, sorg dat jou mond gewaarsku het, sodat die bloed van die goddelose nie op jou hande sal wees nie. Dit is slegs deur MY genade dat EK selfs die Profete laat waarsku want selfs MY eie Kinders skud hul koppe en hierdie Profesieë versmaad sommige. Maar EK doen niks sonder om eers die Profete te vertel nie, so EK spreek weer voort deur hierdie “Ringmaiden” hierdie is ‘n oorlogsverklaring!

Die wat bekeer voor MY, diegene wat trane stort van berou, hulle wat draai na YAHUSHUA ha MASHIACH, diegene wat sal gehoorsaam en wegdraai van hulle bose sondes hierdie dag, EK is getrou en EK sal vergewe voor dit te laat is. Maar EK sê vir julle dit MY Kinders; dit is net ‘n klein oorblyfsel van hierdie Mensdom. O Amerika en Engeland en al diegene wat opgepof is met trots. Moet EK julle herinner, trots kom voor ‘n groot val en ‘n groot val kom en niemand sal in staat wees om julle te red nie? So Kinders julle was gewaarsku. Julle sal weet wat dit beteken wanneer julle die vuur sien in die lug. So versteek julself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie.

* * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf Hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 25/6/04

Deel hierdie asb met almal wat gewaarsku moet word want ek wil nie verantwoordelik wees vir enige iemand se bloed op my hande omdat hulle nie gewaarsku was nie. Esegiël 3:17-21