Profesie 55, Waarsku Die Mense! Verwoesting kom!!!

Profesie 55

Waarsku Die Mense! Verwoesting kom!!!

Geskryf /Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
[Hierdie mees onlangse profesie van YAHUSHUA sluit lesse in oor hoe om die Here ywerig te soek, ‘n droom wat HY SY Apostels en Profete roep om te lees en uit te lê, nie ‘n uitblussing van die salwing toe te laat nie, en ‘n streng waarskuwing aan diegene wat HY roep om hierdie bediening te ondersteun wat SY Stem ignoreer.]

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

MY geliefde [kinders], jul herinner MY altyd dat ek diegene tugtig en teregwys wat EK liefhet. Maar MY Geliefde, besef jy nie dat EK ook ywerig diegene beloon wat MY soek nie. Jy soek ywerig, 24 uur ‘n dag, selfs in jou slaap, soek jy ywerig na MY. Hoeveel te meer sal EK MY kinders beloon wat ywerig soek na MY iedere woord?

Verwoesting kom. Maak gereed. Verwoesting kom. Dit is hoekom EK vir MY Dogter nou sê; spreek dit voort in ‘n gesproke woord. Dit is nie net in die krag van die geskrewe woord nie. Jare gelede het EK hierdie woorde beveel om voortgespreek te word, en tog het EK geweet dat die [voormalige] webwerf bestuurders nie sou gehoorsaam nie. Nou is dit die tyd, egter. Hierdie profetiese woorde word voortgespreek. Elke dag sal ‘n nuwe een bygevoeg word. Almal van hulle sal wees waar hulle gehoor word, nie net gelees nie.

Verwoesting kom. Vind daardie droom, die mees onlangse een wat EK gegee het vir MY Dogter. Verwoesting kom. Benoem dit so. Waarsku die mense. Sê vir hulle EK stuur MY Apostels en Profete om die mense te waarsku voor die verwoesting kom. Verwoesting kom maar nie vir MY Babas nie, nie vir MY Bruid nie, nie vir MY Uitverkorenes nie en nie vir MY Noukeurig Uitgesoektes nie, EK gaan hulle beskerm net so seker soos Noag en sy familie beskerm was in die ark, as hulle net maar kan glo. Sê vir hulle, EK sal hulle beskerm van die vloed van goddeloosheid. EK sal hulle beskerm van die vloed van gevare wat wag.

Sê vir hulle, “Gaan in die Ark in”. Uit te vind waar hulle veronderstel is om te wees. Sê vir hulle om MY aangesig te soek. As hulle nie weet waar hulle moet wees nie, moet hulle vas en bid en ween en weeklaag maar uitvind waar hulle ark is. Solank hulle bewus is van waar hulle veronderstel is om te wees, solank hulle onder die sambreel van MY veiligheid is, dan is hulle in hul ark, ongeag waar hulle in die wêreld is. Maar EK sê weer vir julle, MY Kinders, roep die Apostels en Profete navore om die droom uit te lê wat EK gegee het vir Elisabeth [Elisheva]. VERWOESTING KOM!

Julle moet die droom plaas en EK sal aan julle een uitlegging van die droom gee. Maar roep die Apostels na vore, en roep die Profete na vore, want elkeen sal ‘n gedeelte hê as hulle maar net sal gehoorsaam en hulle sal vir jou die volle openbaring van die droom vertel. Want MY kinders die heidene bring verwoesting en EK laat dit toe. Maar diegene wat uitroep tot MY, in MY SEUN YAHUSHUA se Naam, hulle sal in die Ark van MY veiligheid wees, EK sal hulle beskerm teen verwoesting en pyn. In groot letters pen hierdie datum en tyd neer saam met die droom en sê vir hulle, net soos in die dae van Noag, net soos in die dae van Lot.

VERWOESTING KOM!!!

Julle weet nie watter uur nie. Julle weet nie watter dag nie. Maar op ‘n Sabbatdag. [Telefoongelui word gehoor in die agtergrond.] Julle beter in gebed wees! Boodskap van Verwoesting – Onderbreking Blus die Salwing – Waarskuwing [Elisabeth (Elisheva) word gesteur deur die luiende telefoon, sy hou aan om in tale te bid]. En waar jou geloof is, sal jou veiligheid wees. Julle veiligheid is nie. [‘n Boodskap word gehoor wat gelos word op die antwoord masjien.] Tugtiging Omdat Daar Toegelaat Was Dat Die Salwing Geblus Word Volgende keer, MY kinders, leer ‘n les. Ontkoppel daardie foon. Moet nooit weer die kans vat dat die salwing geblus kan word nie. [Elisabeth (Elisheva) hou aan om in tale te bid, sy sukkel om haar aandag terug te kry op dit wat YAHUSHUA tot haar spreek.]

Hierdie vertoorn MY. Volgende keer moet jy voorsorg tref. Broer ***** het nie geweet nie. Hy het nie verstaan hy het in die hande van satan gespeel nie. EK vergewe julle, maar hierdie is nog ‘n les hoe maklik die salwing geblus kan word met net ‘n steuring. Dit is hoekom EK julle beveel om in afsondering te wees Elisabeth [Elisheva], met so min steurings as moontlik. Want jy bly uiters gesalf en enige afleiding kan dit blus. EK het hierdie toegelaat om te gebeur terwyl MY dogter die woorde spreek komende van MY net om vir julle te wys hoe maklik [jou] aandag afgetrek kan word en jy nie meer van MY hoor nie. VERWOESTING KOM!!!

Waarsku net die mense dat Verwoesting kom.

Streng waarskuwing van YAHUSHUA: “Hoor jy van MY om hierdie Bediening te help en ignoreer jy wat EK jou beveel om te doen?” Wat hulle ookal vir MY gaan doen, wat hulle ookal belowe het om te doen vir MY, het EK dit op hul harte gelê om hierdie bediening te help?” Het hulle dit uitgestel en gesê, “Ag more, of dalk ‘n ander dag. Ek sal net kom en ek sal net lees, ek sal hulle nie eens kontak nie”. Hulle het gawes en tog kies hulle om nie te deel nie want hulle sê, “Ag op ‘n ander dag.” Maar EK sê dit vir julle, en EK spreek dit voort.

VERWOESTING KOM!!!

En wat hulle ookal gedoen het vir MY, wat hulle ookal gedoen het in MY Seun se Naam; hoe hulle ookal gehelp het vir die Goeie Nuus om geproklameer te word, hierdie is diegene EK sal hulle geroep hoor. Watter opofferings hulle ookal gemaak het, sal EK inagneem op daardie dag. EK sal notisie neem wie hulle ore toegehou het. EK sal notisie neem watter hulle oë toegehou het. EK sal notisie neem wanneer hulle jou behoeftig gesien het, en selfs toe EK dit op hulle harte gelê het, vat hande en raak getrou saam met diegene wat MY goeie saad versprei in die oesland, en hulle skud hul koppe en ontken en sê, “O, nee, HY praat nie met my nie.” EK waarsku hulle nou, EK sal notisie neem. Want EK stuur haar uit soos ‘n Elia van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu). EK stuur haar uit na die weduwees van Sarfat, alhoewel hulle dit nie geweet het nie. EK sal notisie neem op die dag wanneer verwoesting kom.

Het hulle gehelp om MY Profete te voed? Het hulle water aangebied? Het hulle ‘n woord van bemoediging aangebied? Het hulle skuiling aangebied? EK vra vir profete van ouds keer-op-keer in die Woord wat vooruitgespreek was en EK het hulle altyd gestuur met MY boodskap en dit was altyd hulle keuse hetsy die mense gehoor sou gee en of hulle in goddelike vrees sou reageer of sou hulle die profete wegjaag? Niks het verander hierdie einste dag nie.

So sê vir hulle, MY Dogter, vertel hulle vir MY sodat hulle nie sal sê hulle was nie gewaarsku nie.

VERWOESTING KOM!!!

Is hulle gereed? Vra vir hulle wat hulle vir MY gedoen het?

Einde van Profesie

*******

Profesie 55 – Droom

YAHUSHUA! Ons is U Bruid! Ons wag vir U!

Dringend, onlangse droom wat gebede alleenlik kan verhoed dat hierdie plaasvind, uitleggings aan die onderkant van die bladsy. Help my asseblief om die ramshoring van waarskuwing te blaas. As julle pastore nie wil luister nie, dan word julle aanspreeklik gehou om in elkgeval te praat. Ek het so ‘n dringendheid in my gees. Ek het ‘n duidelike droom gehad op 19 Desember 2001. Die enigste rede hoekom ek dit met julle deel is nie om vrees te veroorsaak nie, maar eerder om vir julle gebede te vra sodat hierdie droom nie plaasvind nie. YAHUVEH praat met ons in visioene drome en openbarings en ook profeties. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal hierdie droom keer om ‘n nagmerrie word. Deel asseblief met ander, en vra julle kerke om op hulle aangesigte te val en te bekeer en te smeek om genade vir Amerika weereens. As die kerke of die pastore weier, begin julle dan gebedsgroepe en tree in.

Hierdie is Dringend. Ek woon in Amerika. Hoe kan ek nie omgee nie? Is dit Amerika wat ek sien? Die land sal twee keer getref word wanneer dit die minste verwag word. Ons het sterk militêre beskerming maar slegs YAHUVEH sal instaat wees om dit wat die duiwel wil doen stop te sit of te verhinder en slegs die vurige gebede van die regverdiges sal dit verhinder of stop! Ons moet omgee. Hoeveel ongereddes ken julle?

*******

Droom met Uitgehongerde Baba

Ek het buite gestaan en na ‘n pragtige blou lug gekyk, alles was rustig. Toe ek opkyk, sien ek hoe 4 sirkels in die lug geteken word asof dit die vinger was van God YAHUVEH wat hulle stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek ‘n harde brullende geraas gehoor, in die huis ingaan, ‘n ENORME wind het gekom wat vernietig en doodmaak dit was soos ‘n kern ontploffing van die gevolge van ‘n atoombom! EK het in afgryse die dood en vernietiging aanskou. Binne-in my huis het ek ‘n vrou gesien met ‘n klein babatjie in haar arms. Ek het daarna gekyk en die baba het dood gelyk en so ondervoed. Ek het gesê: Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?” Sy het gevoeloos na my gekyk en gesê: “Want die baba vas.”

Toe voordat ek die baba by haar kon vat, het sy die venster oopgemaak en die baba uitgegooi by die tweede verdieping venster uit. Ek het uitgehardloop in die bestraling en die verwoestende wind in, en die baba in my arms opgeraap, en die baba het weer begin asemhaal! Terwyl ek daar gestaan het, het ‘n man na my toe gekom sy gesig was baie sleg verbrand van bestraling, en dit was rooi van 3de graadse brandwonde, hy het nooit ‘n woord gesê nie, hy het net verby my geloop. Ek het teruggegaan in my huis in, ten volle beskerm teen bestraling, en ek het geweet niks kan my of die baba seermaak nie en het dit melk gevoer uit ‘n bottel.

Na ‘n ruk het die verwoestende winde opgehou. Alles het rustig gelyk. Toe het ek weer na die lug gekyk, en ek het die eerste sirkel sien begin, ek het begin uitskree Bekeer en draai julle harte na YAHUSHUA want weereens het die oordeel gekom. So min het geluister! Ek het die ander 3 sirkels almal in ‘n ry gesien, 4 altesaam, en daarna die geluid van ‘n gebrul wat ek nie instaat is om te beskryf nie. Toe kom die verwoestende wind weer, asof nog ‘n kern ontploffing afgegaan het. Ek het onderskei dat die vrou godsdiens is, en die baba is die gemeentes, die georganiseerde godsdiens honger die mense uit dwing hulle om te vas vir meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings. Ek is gewoond daaraan om die mense te voer wat uitgehonger is in hul eie kerke, die pastore offer die mense op terwille daarvan om hulself te voer met rykdom, beheer, menende dat hulle die skape besit, vergetende dat daar net een Goeie Herder is.

Waarsku asseblief almal! YAHUVEH het met my gespreek in die droom en my gewaarsku waarom HY SY heining van beskerming weereens sal lig, selfs die heidene aanbid ‘n heidense god en vir wie aanbid Amerika?

*******

In November het ek ‘n soortgelyke droom gehad.

Ek het padlangs geloop en ‘n koei, gevul met melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. Dit was nie my koei nie. Die boer het my beskuldig dat ek sy koei steel. Ek het gesê ek kan nie die koei keer om my te volg nie; dit was die koei se keuse. Ek het 3 vierkante gesien in ‘n ry geteken deur die vinger van YAHUVEH in die lug. Ek het ‘n geluid gehoor soos ‘n brullende geraas. Ek kan dit nie verduidelik nie. Toe het ek gesien ek was in die berge en groot rotse het in my rigting gekom. Ek het see toe gehardloop waar my huis was in die droom. Ek het in die huis ingegaan. Toe sien ek hoe die 3 vierkante weereens in die lug geteken word. Ek het in afgryse toegekyk, en probeer dink, wat was die allerminste pynlike manier om te sterf, want ek het gedink die oseaan sou die huis verswelg en alles sou verdrink as ek daar sou bly dus het ek besluit om weer na die berge te gaan. Ek het weer die brullende geluid gehoor en direk nadat die 3de vierkant geteken was het ek voor ek kon beweeg vuurwerke in die lug gesien, eers ligkleurige eentonige tipes, en toe helder kleurige vuurwerke. Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, ek het net die vuurwerke dopgehou.

Stuur asseblief vir my julle uitleggings vir hierdie drome. Ek weet wel die koei is mense wat gevul is met melk van ander pastore se leringe, maar hulle wil meer hê. Slegs die vurige gebede van die regverdiges sal veel vermag, as MY volk op hul aangesigte sal val en hulself verneder, sal EK hulle gebede verhoor en hulle land genees! Neem asseblief hierdie drome ernstig op. YAHUVEH het hoorbaar met my gespreek 3 jaar gelede en 2003 sal die vierde jaar wees. HY het gesê, “In vier seisoene sal jy weet.” As ons reg onderskei is vier seisoene jare. Het ons regtig nog so lank of sal die einde spoediger kom? Want te veel het die begeerte om Amerika te vernietig en het die mag en net YAHUVEH en YAHUSHUA kan dit stop. HY sal ons gebede gebruik. Wie sal ons help om tussenbeide te tree? Ons moet meer tyd hê om hierdie wêreld te bereik vir die Koninkryk van die Hemel.

Die een goeie ding is ek word beskerm. Net so sal julle ook wees as julle onder die vlerke van YAHUVEH is soos gesê in Psalm 91, die geheime plek van die AllerHoogste God. Is enige iets te moeilik vir God? Die 3 Hebreeuse kinders was in die vuuroond gegooi 7 keer warmer en niks was gebrand nie behalwe die toue wat gebruik was om hulle hande en voete vas te maak. God YAHUVEH kan ons ook beskerm van enige leed gedurende hierdie tyd.

Vertel asseblief vir ander van die reddende genade van YAHUSHUA sodat hulle gered sal word. Moenie die mens vrees wat net die vlees kan vernietig nie, maar werk eerder jou eie redding uit met vrees en bewing, met YAHUVEH wat jou vlees kan doodmaak en jou gees in die Poel van Vuur kan gooi. Omdat ek julle liefhet, waarsku ek julle. Esegiël 3:17-21 die bloed is nie op my hande nie. Onthou asseblief die ware Sabbatdag en hou dit Heilig. Om die Sabbat te hou beteken nie wettisme nie, pasop vir wettisme en gebondenheid nie, hierdie is ‘n seën en ‘n rus vir die kinders van YAHUVEH. Soos in die dae van Moses sal daar seëninge van beskerming wees vir die mense wat die Ware Sabbat hou as gevolg van die liefde van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hierdie instruksies was aan ons gegee met Adam en Eva, en Die Bybel sê die Sabbat is ewigdurend en sal nooit verander nie. Katolisisme het die ware Sabbat verander; aanbid elke dag maar nader veral op die ware Sabbat. YAHUSHUA het gekom om die Wet van Moses te vervul, nie om dit te kanselleer nie. Die huis waarin ek gehardloop het, is my ARK van veiligheid. Maak seker julle is in die Ark, wanneer hierdie gebeur onder die beskerming van Psalm 91. Onthou roep die Naam aan van YAHUVEH en YAHUSHUA. Daar is krag in die Gewyde Name.
Liefde en seënwense in die wonderlike NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

Eerste Uitlegging:

Liewe Sherrie (Elisheva Sherrie),

Ek bid oor hierdie droom. Ek glo dit is duidelik dat die Here vir jou die hoer wys en sy is nie bereid om aan haar kind die vleis van die Here te voer nie. Daarom het die Here ‘n oordeel oor haar beslis. Drie maal het die Here met haar gepraat. Oordele begin kom en dit begin by die Hoer. Sy is die Groot Hoer waarvan daar geskryf is wat op die dier ry. God het ontelbare kere met haar gepraat en dit is nou tyd om uit haar uit te kom my volk, en vir julle om nie deel te hê aan haar sondes nie. Hoekom hou julle aan om na hoerhuise te gaan om gespeen te word op geestelike melk wat julle nie kan laat groei tot volwassenheid nie?

En nou het die Here vermaering na julle siele gestuur en steeds faal julle om uit haar uit te gaan my volk. En hoekom? Sodat julle mooi vriende mooi huise mooi karre en mooi plekke kan hê om te aanbid? Waarom sou julle al hierdie dinge hê en tog vergeet julle my vir dae-aaneen. Die Here wat julle liefgehad het en julle gered het en julle versorg het en julle gaan agter die hoer en ontug vrou aan? En hoe kan sy julle voed o julle dwase wat my vergeet vir dae sonder tal? Waarom het julle die ontug vrou en haar nes van lokvalle gesoek in plaas van die Here?

Daarom omdat julle die Ontugvrou gesoek het en nie vir my gesoek het nie en nie my stem gehoorsaam het om uit haar uit te kom nie, sal EK nie luister wanneer ek my oordele teen haar stuur nie. Aan hierdie dinge moes julle nie deel geneem het nie. Maar julle het in julself gesê, “Is daar enige ander manier? Is die weg van die ontugvrou nie die enigste weg wat ek kan gaan nie? Is daar nie geboue op elke hoek en ek kan nie vleis daar kry nie?” Maar jy het vir jouself gesê, “Wat daarvan? Ten minste het ek ‘n plek langs die pad om in te bly waar hulle my kan voed en versorg en ek kan rykdom en voorspoed ook hê!”

En die Ontugvrou het gefluister en gekoer en jou ingetrek en jy het die brood geëet in die sierlike plekke en ‘n bietjie vrede en vertroosting gevind. Maar ek het gesê, “Hierdie mense sal nie na my luister nie, ek sal ‘n sterker oproep moet uitstuur ingeval hulle die Ontugvrou te veel geniet en sy my mense aan die slaap sus.” Maar toe die verwoesting kom, het ek gesê, “Kyk nou en sien, sal sy berou sal die mense hulle nood vir my sien?” Sal hulle bekeer daarvan om te leef vir hulself en hierdie huise wat gebou is in my naam. O sal hulle nou hoor dat hulle sien hulle huise wat in my naam gebou was hulle nie kan red nie, hulle nie kan beskerm nie? Sal ‘n huis van sement en klip julle beskerm my geliefde? Sal die mense, die priesters wat my naam aan julle verkoop en my leerskare sal hulle julle help wanneer ek oordeel oor haar beveel? Sal sy na jou begrafnis toe kom? Sal sy jou sterfsbed vir jou voorberei? Sal sy by jou begrafnis sing? Ek sê Nee!”

Want ek sal haar oordeel sê die Here en wanneer die oordeel kom sal alles wat aanstoot gee met vuur verbrand word. Elke laaste gesang waarin jy glo. Elke laaste toring en klok en musiek en instrument van musiek hulle sal vernietig word. En hoekom, sê jy? Was dit nie genoeg om op ‘n Sondag kerk toe te gaan en op ‘n Woensdag bymekaar te kom en tiendes en gawes te betaal aan die plaaslike kerk te gee nie? Het ek nie my skulde aan die Here betaal toe ek gebid het nie? Maar julle het my nie geken nie. Julle wou my nie ken nie. Julle wou nie die tyd spandeer om die een wat jou gered het te leer ken nie. Julle het jul dae spandeer om in nietigheid te lewe met ydelheid van julle gedagtes en julle het die een vergeet wat julle liefhet en vir julle gesterf het.

En nou kan ek julle nie meer verdra nie. Die dae het aangebreek vir jou om te weet dat die een wat vir julle gesterf het werklik is. As julle bekeer en wegdraai van jul sonde en voor my buig en my volg sal jy gered word. Maar EK sal self die groot Ontugvrou oordeel en verdoem is diegene wat op daardie dag in haar gevind word.

Sherrie (Elisheva Sherrie), dit is nie vir my verberg wat die Here wil doen nie. Ek is weg uit die Hoer al reeds jare lank. Sherrie (Elisheva Sherrie), die Groot Hoer is ‘n vals godsdienstige stelsel wat vir Jesus verkoop op die straathoeke en in die grootste geboue wat op aarde gebou is. Hulle verkoop Jesus vir dollers en gee vir die kinders brood, terwyl hulle hul meer kon voed. Maar hulle soek die weelde van die dollers van die mense en hulle voer die kinders melk en die melk het selfs swakker geword terwyl die gulsigheid toeneem. Alhoewel die pastore, baie van hulle die vleis en gewigtige kwessies het aangaande die woord binne-in hulle en in hulle harte, deel hulle dit nie vir hierdie rede. Hulle is bang om die mense aanstoot te gee en die volgelinge te verloor en die geld te verloor wat die geboue en programme en so aan ondersteun.

Wel dit is ‘n groot sonde en ‘n groot stank in die neusholtes van God. Hoe behoort dit die uitsondering te wees waar die ware Apostels en Profete werk om hulleself te onderhou met klein groepies volgelinge terwyl die vals huurlinge van die Afvallige kerk hulle sakke vul met die weelde van die kinders. En was dit nie ook so met Jesus se eerste verskyning nie? Hulle het duiwe in die tempel gekoop en verkoop. Nou verkoop hulle bandopnames, boeke, beeldjies, aandenkings, koffie, kos en allerhande dinge en dit nadat hulle die tiendes en die offergawes opgeneem het. Sal God nie ‘n kerk soos hierdie oordeel nie? Kan God hierdie boosheid toelaat om aan te hou? Nee, en ‘n duisend keer nee!!! Nou is die woede van die Here aangesteek teen die geveinste en hy sal haar uit sy mond uitspoeg.

Hy roep steeds die ware bruid om uit die valse ontugvrou kerk uit te kom. Dit beteken dat as julle in ‘n denominasie is kom uit. Volgers van Luther, kom uit. Metodiste, kom uit. Presbiteriane kom uit. Kom uit alles uit wat ditself bo die Here en die ware kerk verhef. Want haar sondes het die hoogtes van die hemel bereik en die Here onthou haar sondes. En God sal hierdie Hoer grootliks oordeel wat soos ‘n koningin sit en dink dat sy nooit droefdheid sal sien nie. Hoe durf sy haarself so verhef. Wie dink sy is sy dat sy en spuit en spoeg en haarself verklaar as koningin en nie ‘n weduwee sal wees nie! Kom uit haar uit my volk. Is jy katoliek? Kom uit! Kom uit! Kom uit! Ja die basuin blaas kan julle dit hoor? Die dae het reeds gevorder. Julle kan nie die Hoer verander nie. Die Hoer gaan julle verander!

Niemand kan die Hoer verander nie. As dit moontlik was sou die Here haar verander het. Maar nou gaar sy net die weelde op van MY uitgehongerde kinders en sy sal haar nie met die weelde en openbarings van my woord voed nie maar het die sondes van Judas gepleeg wat my vir dertig stukke silwer uitverkoop het. Laat hom wat ‘n oor het hoor wat die gees sê aan die kerke. Vandag is die dag om te hoor. Moenie julle harte verhard soos in die dae van versoeking toe die kinders van Israel in die wildernis geval het omdat hulle nie tevrede was met die ware brood wat uit die hemel uitgekom het nie. Kom uit. Kom uit Kom uit!!!
Dit sê die Here.

*******

Addisionele Uitlegging:

My uitlegging van drome is gewoonlik eenvoudig. Ek hoop ander sal ‘n dieper betekenis onderskei indien daar een is. Verwoesting gaan vinnig kom, uit die bloute, almal (behalwe diegene wat dit orkestreer) onverhoeds betrap. Die 4 sirkels verwys terug na die volgende wat op hierdie webwerf geplaas was: Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu] het wakker geword waar Vader YAHUVEH met haar gepraat het. Dit was op 16 Oktober 1999, ongeveer 7 uur in die oggend…”Binne vier seisoene sal jy weet. Die gawe van genesing. Die geluid van die basuin!” Die vier sirkels verwys na die vier seisoene [Somer, Lente, Winter en Herfs?]. Daar was aan Elisabeth (Elisheva) gewys wat aan die einde van die vierde seisoen gaan gebeur. Die feit dat sy dit ‘n tweede keer gesien het, beteken dat dit waarlik ‘n profesie van YAHUVEH is, wat wel gaan plaasvind. Daar sal ook dan twee golwe van verwoesting wees. Die geluid van die basuin (shofar) roep die Bruid huis toe na veiligheid voordat die verwoesting kom. Daarna kom die Bruilofsmaal van die Lam.

Selfs terwyl hierdie storm oor ons land gaan woed, sal hierdie goddelose kerke aanhou om hulle gemeentes te stroop terwyl hulle aanhou om hul geestelik uit te honger. Die vrou in die droom is die kerk wat haar gemeente uit die tweede verdieping se venster gooi. Elisabeth (Elisheva) verteenwoordig diegene wat die waarheid leer en die mense voed wat na hulle draai vir hulp. Sy voed die baba wat honger ly. Sy en die baba was geheel-en-al beskerm teen die radioaktiwiteit binne-in haar huis as gevolg van haar geloof en gehoorsaamheid aan die roeping van YAHUSHUA.