Profesie 70

Profesie 70

Wat Sal YAHUVEH Doen Wanneer Onheil Kom Aanklop By Jou Deur?

Profesie Gegee Aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
12 Januarie 2003
11:30 namiddag
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

Geliefde Gemeente,

Dankie, uit die diepte van ons hart en siel vir almal wat geskryf het en tiendes, offerandes en liefdes geskenke gestuur het vir hierdie nuwe bedienings-behoefte. Dankie Carol B. Jy weet nie hoe baie jou offerande wat op Shabbat gekom het deur die pos ‘n antwoord was op ‘n vlies wat ek net oomblikke voor die tyd neergelê het vir die presiese bedrag geld wat jy gesaai het vir hierdie Wonderwerk Bus nie! Vandag, gedurende intense gebed op dit wat gaan vir ons derde dag van die vas, dit het begin op die 11de Januarie, het ek gebid en vir Vader YAHUVEH gevra hoekom nie meer mense opgestaan het en ons gehelp het met hierdie finansiële wonderwerk nie. Sommige het na vore gekom maar vele het nie insluitend die inskrywers op ons injesus e-pos, sommige het nie eens geskryf nie. YAHUVEH profeteer op 2de dag van vrugte en groente vas.

* * * * * * *

Profesie 70

Wat sal YAHUVEH Doen Wanneer Onheil Kom Aanklop By Jou Deur?

EK, YAHUVEH, het notisie geneem van wie hierdie bediening seën en finansiële saad nou saai en wie julle verhinder deur net te kyk om te sien of en wanneer EK hierdie finansiële wonderwerk doen vir die wonderwerk bussie. EK, YAHUVEH, sê dit vir jou EK het dit gebruik as ‘n toets vir die mense wat weet dat EK, YAHUVEH, voortspreek deur jou as my gesalfde werktuig. Hierdie bediening was daar om die kinders te vertroos en te bemoedig en te waarsku wat hulself MYNE noem en nou wanneer hierdie bediening aanmoediging en seëninge nodig het neem EK notisie wie julle seën en wie nie. Hoe min het selfs by julle aangesluit in hierdie gebed en gesalfde vas wanneer dit vir hulle onthalwe ook is wat julle hierdie doen, sowel as om in die gaping te staan vir die nasies vir MY genade om MY woede uit te stel. EK het diegene dopgehou wat net kyk en nie hierdie bediening finansieel help of selfs ‘n gebed aangebied het vir julle onthawe nie.

Die tyd kom o so vinnig wanneer diegene wat net agteroor gesit en kyk het en niks gedoen het nie sal sien EK, YAHUVEH, sit agteroor en kyk en doen niks terwyl onheil kom en aan hulle deure klop. Vir diegene wat hierdie bediening help en dit gehelp het wanneer onheil kom klop aan julle deure, sal EK MY engele laat waghou en beskud en bedek oor julle met MY gesalfde koepel waar boosheid julle nie sal aanraak nie. EK het al baie maal gesê EK gebruik hierdie bediening as ‘n barometer hoe goed luister mense na MY RUACH ha KODESH MY HEILIGE GEES?

Sommige wat hierdie lees dink hulle is ryk, het geen behoefte aan enige iets nie maar EK sê vir julle jul is ellendig en naak voor MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA se oë. Sommige wat hier lees sê, “Ek het my skatte hier op aarde, besittings, eiendomme en bank rekeninge,” maar EK sê vir julle jul is bankrot in die Hemel. Sommige bou hulle krediet op hier op die aarde, maar EK sê vir julle jul het geen krediet wanneer dit kom by die bose tye vorentoe nie en MY ore sal julle nie hoor uitroep tot MY nie, dit sal tevergeefs wees.

EK het hierdie diensmaagd gesalf om die vergadering na vore te roep om te vas en te bid vir ‘n groter salwing en beskerming vir die bose tye wat nie ver is nie. Diegene wat MY stem hoor in hierdie bediening gehoorsaam en ly honger in hierdie vas, maar diegene wat moedswillig eet en hulle mae nou versadig, wanneer EK ‘n Heilige vas uitgeroep het, sal honger ly, terwyl EK, YAHUVEH , diegene wat nou honger ly sal voed wanneer die tyd van behoefte kom. Diegene wat hulle mansbeursies, beursies en tjekboeke nou wegsteek, suinig is met dit wat hulle oë kan sien, sal vind dat wanneer die tyd van nood aanbreek EK vir jou ook sal teruggee wat jy gegee het.

MY Dogter weer herinner EK jou, EK gebruik jou as ‘n Jeremia 6:27-30 toets. Ek weet dit is nie maklik nie maar MY wil sal geskied. EK sal jou seën en al diegene wat gehoorsaam was en opgeoffer het en nie net toegekyk het nie, maar aangesluit het in hierdie gesalfde vas en gebed en Heilige saad gesaai het in hierdie bediening behoeftes. Diegene wat nie MY Bediening en Bedienaars help nie is teen MY Bediening en Bedienaars. Keer-op-keer het julle gehoor, “Die oes is groot en die werkers min” en nog steeds kom julle nie na vore nie. Wees gewaarsku, EK hou dop wie kyk net, wees julle daders van die woord nie net hoorders of lesers daarvan nie.

Diegene wat gevas het en hulle vloeke gestuur het teen hierdie Bedienaar en Bediening, julle wat julle vloeke van gebrek teen hierdie Bediening gestuur het, weet dit, julle vloeke het slegs teruggekeer op jul eie boesem! Julle probeer vervloek wat EK geseën het, julle veg teen die God van die ganse Skepping en EK is nie geamuseer nie.

* * * * * * *

Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie. Ek is gehoorsaam aan YAHUVEH. So is dit geskryf hierdie dag van 12 Januarie 2003
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 11:30 nm.