Profesie 12, Dogters van Eindbestemming, Kom na Vore!

Profesie 12

Dogters van Eindbestemming, Kom na Vore!

Gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

*******

Geliefde Dogters van Eindbestemming, moenie in jul eie vrede wandel nie, maar in YAHUSHUA se vrede wat alle verstand te bowe gaan. Moenie in jul eie krag wandel nie maar in die God wat julle dien se krag. Moenie in die boot bly nie MY Dogter maar klim uit op die water, saam met MY. Wat jy dink onmoontlik is, EK sal ‘n uitweg maak. Wat jou blokkeer en verhinder, sal EK verwyder. Al lyk dit asof die golwe jou sal verdrink en die winde sal druis, hou jou oë gerig op jou Verlosser en jy sal nie verdrink nie. Jy is bestem om ‘n waterloper te wees en nie ‘n bootsitter nie.

Hardloop na Goliat toe soos ‘n Dawid. Dawid het nie weggehardloop van Goliat af nie al het hy gespot, gedreig, alhoewel hy bo alle mans uitgetoring het, het Dawid na Goliat toe gehardloop. Dawid het geen vrees getoon nie want hy het nie sy vertroue in ‘n mens of koning geplaas nie, maar in die groot “EK IS” en EK het hom nie gefaal nie, en EK sal jou ook nie faal nie. Vrees is die teenoorgestelde van Geloof. Hoor MY. Vrees is foltering wat EK nie stuur nie. Dawid toe hy gespot en gedreig was het nie geantwoord wat hy sou doen nie maar eerder wat sy God sou doen.

Dawid het nie verwag om die vyand met die vyf gladde klippies dood te maak nie, want hulle was nie eens skerp klippies nie. Maar Dawid het geweet sy wapens sou nie vir Goliat doodmaak nie, slegs die toorn van YAHUVEH sou vir Goliat doodmaak. EK het MY toorn in daardie klippies ingesit. EK het vir Goliat doodgemaak deur ‘n jong skaapwagterseun wat die mense gespot het toe hy opgestaan het teen die vyand het hulle gesê hy sal sekerlik sterf, hy sal misluk. Hoe kan ‘n blote jongeling ‘n reus doodmaak? Hierdie woorde sê hulle nou vir MY Dogters.

Die vyand spreek voort op baie maniere en sê julle sal misluk. Jy sal sterf as jy teen hierdie vyand opstaan. Jy is swak en nie bestem om te bedien in die Naam van YAHUVEH nie. Maar MY Dogters van Eindbestemming EK het julle gekies. EK het julle georden. EK het julle versterk. Mans is reg; as julle dit in jul eie krag en mag doen sal julle misluk. Julle kan sterf, maar julle staan nie in julle mag, sterkte en krag nie. Julle staan in MY salwing, op MY Woord, in MY Naam met MY Heilige Wapenrusting aan, gewas in MY Gestorte Bloed van Golgota. MY Dogters, EK noem julle MY Dogters van Eindbestemming hierdie dag. Want is EK nie die begin en die einde nie? Die Groot “EK IS” is die God van Profesie.

Die Alfa & Omega is die God van Profesie want EK het die begin geprofeteer en EK het die einde geprofeteer.Wie behalwe “EK IS” kan dit doen? EK sal MY geheime aan MY Dogters onthul sowel as MY Seuns. MY Dogters EK het julle gekies om dieselfde te doen as Dawid. Die vyand sal spot en tart, hy sal ander gebruik om te dreig en seer te maak. Julle sal beswadder word terwille van MY. Wanneer hierdie vyande teen julle kom moenie vrees wat om te sê of te doen nie, dit sal nie julle woorde wees wat julle sal spreek nie maar MY woorde wat julle spreek.

MY Geliefde Kleintjies, moenie vooruit dink wat julle gaan doen nie. Moet geen vrees hê wanneer julle die uitdrukking op hulle gesigte sien nie. Hulle dink julle moet deur die mens beheer word, en in plaas daarvan word julle nie beheer deur ‘n koning van hierdie aarde nie, julle word regeer deur die Koning van Konings. Dawid het die wapens van hierdie wêreld afgegooi en in stede daarvan gestaan met die wapenrusting, MY Wapenrusting God Almagtig. Dus sal julle dit ook doen. Moenie treur as die vyand val nie. EK is by julle en niemand kan enigiets doen wat EK nie toelaat nie. EK het jou lief, MY Geliefde Dogter.

Wees gewaarsku almal wat opstaan teen MY Dogters van Profesie. Want net so seker as wat Goliat geval het, so sal almal wat MY Dogters van Profesie bedroef. PASOP! Want EK kyk, EK luister. EK sal diegene oordeel wat MY Dogters oordeel omdat hulle MY Woorde voortspreek. Soos mans vrouens beskerm en EK daardie gees in hulle gesit het om dit te doen, hoeveel te meer sal EK MY Dogters van Profesie beskerm? Want dit is geprofeteer in hierdie eindtye sal EK MY Gees uitgiet op MY Diensmaagde en hulle sou profeteer.

Wie ookal MY Gesalfdes aanraak en hierdie Profete skade berokken, sal EK sekerlik vinnig oordeel, hulle beter bekeer voor MY toorn teen hulle ontbrand. Nou praat EK nie van die vals profete nie want hulle kom in die gedaante van ‘n man of ‘n vrou. As hulle vals is dan moet dit ontbloot word sodat ander nie besoedel word nie. Maar moet dit nie waag om MY Dogters van Profesie aan te raak of te ontmoedig nie of julle mensgemaakte idees op hulle van toepassing te maak oor wat EK sal doen, en wie EK sal gebruik nie. Moenie sê, YAHUVEH sal nie hierdie vrouens gebruik nie omdat hulle nie die voorkoms het wat hulle moet hê nie; hulle nie ons toestemming het om te praat nie.

Wie is julle o manne van hierdie wêreld om MY Dogters van Profesie stil te maak? EK kies hulle wat die heel onwaarskynlikste is om gekies te word. EK gebruik hulle wat vir MY sal sê, “O nee, YAHUVEH, U wil nie regtig hê dat ek dit moet spreek, of dit moet doen nie?” Nogtans, hoor MY Dogters MY stem duideliker as MY Seuns. EK is bedroef oor die pyn wat MY Dogters van Profesie sal ly om MY Naams ontwil. Onthou EK het gely vir julle. Deur MY Dogter van Profesie te wees sal jy so baie siele na MY toe bring, en het alreeds.

Nie al MY Dogters van Profesie sal ‘n sogenaamde lisensie hê nie. Julle het meer vir MY gedoen as vele wat hulself pastore noem, en hoegenaamd nie pastore is nie. Moet dus nie treur as mans julle nie wil orden nie. EK het julle georden. Dit is al wat saakmaak. EK sal jou bewaak en beskerm en alles seën wat julle doen en sê. Wees julle nie ongelyk gejuk in enigiets wat julle doen nie. Onthou as hulle nie vir MY is nie is hulle teen MY.

Julle oë sal aanskou wat julle liewer nie wil sien nie, hoor wat julle liewer nie wil hoor nie, maar dit sal nie julle oë wees, of julle ore van die vlees wat die pyn sal voel nie, dit sal julle geestelike oë en ore wees. Julle sal seëninge ken wat julle wildste drome oortref, en julle sal droefheid ken. EK sal julle gebruik MY Dogters van Eindbestemming om die jongelinge te versorg, te bemoedig en hulle te onderrig. Aangesien julle reeds hierdie instink het waarmee EK julle geseën het. EK sal julle gebruik om te bestraf, want weereens het EK reeds daardie gees in julle gesit soos ‘n moeder bestraf so sal julle hierdie heiden nasie bestraf asook almal wat op ‘n dwaalweg gelei word, asook diegene wat MY Skape op ‘n dwaalweg lei.

MY Dogters van Eindbestemming julle sal dapperheid hê soos ‘n leeuin wat haar welpies verdedig. EK sal julle gebruik om die gewondes te verbind, want watter moeder het nie hierdie deernisvolle Gees wat EK reeds vir haar gegee het nie? Julle sal die gawes gebruik van ‘n moeder, leraar, vegter en al die gawes wat die RUACH ha KODESH so ryklik aan julle gegee het. EK het die beste gehou vir laaste. Want mans het gesê U kan nie ‘n vrou gebruik nie. Dit sal die vroue wees wat die kragtigste bedienings sal hê in hierdie eindtye en die laaste sal eerste wees. EK sal met jou wees. EK het jou lief MY Dogter terwyl jy hierdie lees sal jy weet dit is vir jou. As jy nie weet dit is vir jou nie, dan is jy reg, hou op lees, dit is nie vir jou nie. Vir al die ander wat hierdie boodskap ontvang, EK sit MY Arms om julle, fluister in julle ore en sê vir julle, luister, hierdie boodskap is vir jou. EK het aan MY Dogters van Profesie die Gees van Dawid gegee. Gaan nou uit en neem terug wat die duiwel gesteel het in MY Naam. So spreek YAHUVEH, God van die leërskare.

Gegee aan Pastoor Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu) Bruid van YAHUSHUA.