Profesie 62, DIE KONING KOM!

Profesie 62

DIE KONING KOM!

Gespreek onder die salwing van die RUACH Ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
op Yom Kippur, 16 September 2002
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Elisabeth [Elisheva]:

Daarom Hemelse Vader YAHUVEH, in die Naam van U Seun YAHUSHUA op hierdie dag van Yom Kippur, vra ek watter woord het U? Ons kom na U verlangend om U stem te hoor, as U ons asseblief sal eer met ‘n Woord. Ons is soos ‘n hert wat smag na water, Vader; ons dors om meer te hoor van U. Ons dank U net Vader. Ons bestraf en bind jou satan weg van hierdie af in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het hoegenaamd geen deel hieraan nie, want ons behoort aan YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Jy het hoegenaamd geen aanspraak van enige aard op ons nie. Ons onderwerp onsself aan die Here God Almagtig YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.

[Praat in Tale] Lukas 10:19, satan “Kyk, EK gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” So, satan ons staan op daardie woord. Gaan weg duiwel jy het geen aanspraak op ons nie! Net die woorde wat gaan voortkom; dit gaan die Woorde wees van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Geen vals woord kan manifesteer deur ‘n demoon wat deur my vlees manifesteer nie, geen vals woord kan voortkom nie, want in die Naam van YAHUSHUA, spreek ek net woorde voort van my Pappa God YAHUVEH, wie my geskape het, my dít sal laat spreek, wat die Naam van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH sal loof, sal verheerlik.

Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord het.

Sê vir die mense, skree dit van een uithoek van die aarde tot die ander, MY SEUN KOM! Die Koning van die Konings, die Here van die Here! Sê vir hulle, MY Kinders, bekeer die Koninkryk van die Hemel is op hande, val op jul aangesigte op hierdie Yom Kippur dag. Val op jul aangesigte in die geestes-ryk; sien julself plat op jul aangesigte want die Koning kom!

Laat die wêreld spot! Laat die Fariseërs spot! Dit sal nie ophou nie want die KONING KOM! HY kom nie vir hulle wat dink hulle is nie sondaars nie, wat dink hulle is so regverdig, dat hulle nie eers hoef te bekeer nie. HY kom vir SY Kinders, vir die Bruid wat begeer om gehoorsaam te wees! HY kom vir die vegters wat oorlog maak in SY Heilige Naam. HY kom vir hulle wat nederig erken dat dit almal ontbreek aan MY Heerlikheid.

Wees net gereed, MY Kinders. Ongeag of julle die dag of uur weet. Watter Bruid weet nie wanneer haar Bruidegom nader kom nie? Watter Bruid maak haarself nie voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor MY stem. Hulle maak hulself gereed. Hulle begeer en verlang Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die Fariseërs.

Verberg julleself MY Kinders vir net ‘n klein rukkie. Want die ganse Hemel is verwoed, en teen satan en sy demone woed oorlog. Dit word aangegaan want die Koning kom! Die Aarde bewe en sidder in vrees in verskeie dele van die wêreld. Julle sien die vloede, hierdie is MY trane. Onthou toe die vloede gekom het in die tyd van Noag. Onthou hoe hy bespot was en hulle gespot het tot en met die tyd toe die reëns gekom het. Maar EK het vir MY Kinders Noag en sy familie gesê om in die ark in te gaan en om die deur agter hulle toe te bout, en toe die vloede kom, het die goddeloses gehamer aan daardie deur. Toe wou hulle in, toe het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het hulle ingesluk.

So sal dit weer wees. Diegene wat staan in MY SEUN se geregtigheid, die wat hulle huise gesalf het, die wat in my Woord skuil, die wat daarna strewe om gehoorsaam te wees, die wat MY liefhet en dien en MY eerste stel, die wat weet dat die skatte van hierdie aarde nie dít kan wees wat hulle saambring na hul Hemelse tuiste nie. In hierdie wêreld besef hulle dat diewe inbreek. Mot en roes bederf dit wat julle dink is ‘n skat op aarde wat julle nie kan saamvat wanneer julle hierdie aarde verlaat nie.

In plaas daarvan bou MY ware Kinders, MY ware Bruid, hulle Hemelse skatte op waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in die Hemel steel nie. So baie ly gebrek maar hulle doen dit om MY onthalwe, versaak luukshede sodat siele gered kan word. Hierdie is MY geliefdes; hierdie is MY ware skatte op aarde. Diegene wat uitroep in MY Seun se Naam, in die Naam van YAHUSHUA, en so baie bid in ‘n dag dat hulle nie eens kan begin om te tel nie, hierdie is MY Kinders, hierdie is diegene vir wie die Koning kom.

YAHUSHUA is oppad, die KONING KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die perfekte Lam wat geoffer was. Geen merk, geen vlek, geen sonde was gevind in HOM nie. HY het betaal vir hierdie wêreld, HY was ‘n losprys gemaak vir hierdie wêreld vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was aanvaar. HY het die versoening betaal vir julle sonde. HY is julle Hoë Priester. Vir daardie Jode wat HOM verloën, vir die Moslems wat HOM verloën. Hulle erken Abraham, Isak en Jakob, maar hulle wil HOM nie aanvaar as Messias, wanneer dit kom by die Naam van YAHUSHUA nie.

Dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses en hulle beter nie een gebod gebreek het nie. Hoeveel vind dit moeilik om tien te gehoorsaam. Probeer 613. Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoë Priester gegee wat aangeraak sal word deur julle siektes en swakhede? Want MY begeerte is dat niemand sal vergaan nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, dan sal Moses hulle oordeel, en weë hulle wat deur Moses geoordeel word want daar is geen genade in hom nie.

So in hierdie tien dae van ontsag, wees verheug oor hulle wat YAHUSHUA ken as Here, wees verheug omdat HY julle MESSIAS, julle Redder, julle Geneesheer is, die EEN waarmee EK julle seën wanneer jul uitroep na MY in SY Naam. Want EK, YAHUVEH, word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur SY Vader YAHUVEH. En EK het groot behae daarin om MY Kinders te beskerm en die vyand te beskaam op baie verskillende maniere.

EK het vir hierdie diensmaagd vandag gesê om julle te waarsku oor die komende kwarantyn want die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak die mens iets wat hulle ‘n entstof noem. Maar wees versigtig MY Kinders, daar’s dood wat hulle julle sal inspuit. Vertrou nie die inentings van die mens nie. Vertrou in Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan op Psalm 91, dat EK die plae sal weghou van julle wonings af. En terwyl julle MY eer op die ware Sabbatdag, terwyl julle jul bes probeer om te gehoorsaam, terwyl julle MY eerste stel in julle Liefde en lewe, en terwyl ‘n man die regmatige plek oor die vrou inneem, sal daar beskerming wees om oor julle huise te kom, want dit is MY Seun se Bloed wat vir julle gestort was by Golgota wat julle sal bedek en beskerm en hulle wat deur MY geroep is, hulle wat ‘n goddelikheid van binne het.

EK sal meer hieroor praat op ‘n ander keer, want nou is nie die seisoen nie. EK waarsku julle nou, MY Kinders. Bid dat julle nie gereken sal word in die getal onder kwarantyn nie. Want so baie mense sal saamgehok word soos beeste selfs binne-in stadions en kolossiums. En die bose sal sê, omdat julle die beskerming van die mens weier, dan is julle besmet, is julle ‘n gevaar. En soos beeste saamgehok word sal so baie mense saam gedring word, daar sal skaars plek wees om te staan.

Pasop MY Kinders vir gif in jul are ingespuit. Pasop MY Kinders vir die einste lug wat julle inasem. Pasop MY Kinders vir die einste water wat julle drink. Waarlik as dit nie vir MY genade was nie, sou lewe heeltemal van die aangesig van Aarde af uitgewis gewees het. Pasop MY Kinders vir wat julle in julself laat inspuit.Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir dit wat reg is. Staan op vir julle vryheid nou. Predikers, hou op om omkoopgeld te vat, want julle was heeltemal te lank stilgemaak. EK sal julle aanspreeklik hou omdat julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie voort spreek soos hierdie diensmaagd nou doen nie, sal dit soos skape wees wat na ‘n slagting gelei word.

Eers die heel jongstes en dan die bejaardes en dan sal die middeljariges val. Maar nie enige van MY Kinders wat die Naam van YAHUSHUA aanroep nie as hulle maar net MY Stem sal hoor en gehoorsaam, en glo dat EK hulle sal beskerm en sal Heilig lewe vir MY soos EK Heilig is en sal wegvlug selfs van enige verskyning van sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal vir hulle wysheid gee. EK sal hulle wegsteek. MY engele sal rond-om hulle kamp en oorlog voer vir hulle.

Want julle is vrygekoop, ‘n versoening vir julle sondes was gedoen. Dit is wat julle behoort te vier op Yom Kippur en YAHUSHUA is SY Naam. Moet dus nie langer skaam wees om te sê die Koning kom nie! Maar weereens moet EK herhaal, HY kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie.

So bekeer nou MY Kinders voor dit te laat is. Want ‘n groot onheil kom. Dit is op ‘n groot gety-golf, ‘n gety-golf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY Kinders, want EK sal ‘n standaard daarteen oprig as julle dit maar net sal glo en as julle MY Seun se liefde, vergifnis, genade en Waarheid ontvang. Bekeer, dit behoort jul uitroep te wees aan almal ver en wyd want Koning YAHUSHUA kom!

*******

Elisabeth[Elisheva]:

So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September 2002, op Yom Kippur. Begin om 5:18 vm. en eindig 5:46 v.m. gedurende privaat gebeds tyd terwyl ons besig was om die gebeds behoeftes van die vennote op te lig. Ek vra om verskoning vir die hoesbuie wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is ‘n werklikheid. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof hande my keel gewurg het toe ek begin sê, “Die Koning Kom!” Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in duister plekke en satan en sy demone wil nie hê die profeet moet praat nie.

Maar nietemin lê ek nederig hierdie woord aan julle voor op Yom Kippur. Ek sien uit daarna om julle in die Hemel te sien.

In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Soos YAHUSHUA vertel het van die laaste dae, “Mense se harte sal beswyk van vrees.” Lukas 21:26

Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die rede vir hierdie bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku asook om te bemoedig en verlore siele te lei na YAHUSHUA, die enigeste MESSIAS. As jy YAHUSHUA aangeneem het as jou persoonlike Redder, maar nog steeds baie louwarm was in jou liefde, gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik vir HOM om vergifnis vra asook vir die heropvulling van die RUACH Ha KODESH (Heilige Gees). Jy moenie net bekeer nie maar ook wegdraai van jou sondes af en vir YAHUSHUA vra om jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou dadelik vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH Ha KODESH.

As jy nog nooit vir YAHUSHUA as Redder aangeneem het nie, maar wel deur die Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe besef het dat HY ‘n realiteit is en SY spoedige koms, en jy SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel wil aanvaar, sê hierdie reddings gebed hieronder en bedoel dit met jou hele hart… en YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, en bekeer en wegdraai van jou sondes, in YAHUSHUA se Naam. En vra HOM om in jou hart in te kom en om SY (YAHUSHUA se) lewe binne in jou te lewe, jou gebruik vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Eer.

Reddings Gebed

Liewe YAHUSHUA, ek neem U nou aan as my Here en my Redder, U is die God wat ek liefhet. Ek glo U het die prys vir my sonde betaal op Golgota, U het gesterf en weer opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in te kom in my hart in, vergewe my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek gesondig het en ek draai nou weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U RUACH ha KODESH en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe, en leef U lewe binne-in my YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word! Dankie dat U my die begeerte gee om U Bybel te lees en aan my die wysheid gee om dit te verstaan. Dankie dat U my Liefhet en dat U my siel red, my Geloof sal laat groei sodat ek eendag saam met U in die Hemel sal wees. Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek. Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal gesondig het en dat dit hulle ontbreek aan die Heerlikheid van YAHUVEH, en dat U gekom het om ons sondaars te red, daarom word U ons Redder genoem. Amen.

Lees hierdie gebed en lees dit dan nog ‘n keer, hierdie keer nie met kop kennis nie maar met harts-kennis, glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie alleenlik God nie maar HY is jou beste vriend. HY gee so baie om vir jou; HY het jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar, lief.

YAHUSHUA het die prys vir jou sonde betaal, nou hoef jy nie meer skuldig en verlore te voel nie! Bely jou sonde aan YAHUSHUA. Noem hulle, sê dan vir HOM dat jy jammer is, vra HOM om jou te vergewe, al jou vorige en huidige sondes.’n Sonde is enige iets wat jy doen of gedoen het om ‘n Heilige YAHUVEH aanstoot te gee. Niemand is perfek nie, onthou dit.

Lees die Nuwe Testament en leer Wie is YAHUSHUA. Joh.3:16 Die Bybel sê dat jy HOM moet erken as Heer en Redder, dan sal HY jou erken voor die Vader. Moenie skaam wees oor YAHUSHUA nie, HY is nie skaam oor jou nie. Vertel vir iemand dat jy YAHUSHUA van Golgota en Nasaret aanvaar het hierdie dag. Al die engele in die Hemel jubel. Laat ons saam met jou bly wees. As jy ‘n pastoor nodig het, ons het meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA, ons sien uit daarna om jou te ontmoet in die Hemel indien dit nie op aarde gebeur nie.