Profesie 65

print

Profesie 65

Maak Gereed! Maak Gereed! Wees Voorbereid, want die Bose Dae is Op Julle!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
29 November 2002 eindig om 3:50 nm.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Hierdie is die eerste Hanukkah profesie wat ek ooit gegee was. Gedurende ‘n tyd wat ek dit die minste verwag het tydens gebede vir ons suster in YAHUSHUA wat huweliks probleme ondervind aangesien haar man besig is om die kersboom op te slaan, kon sy nie die waarhede terughou wat sy deur hierdie Bediening geleer het nie en hoe Kersfees regtig niks met YAHUSHUA te make het nie.

Ons het gebid vir vrede wat alle verstand te bowe gaan vir haar en vir die waarheid om haar man vry te maak. Terwyl ek in tale gebid het, het hierdie profetiese boodskap na vore gekom, en dit was met ‘n bandopnemer opgeneem. Ons het nie eens tyd gehad om ‘n Menorah aan te steek nie, in plaas daarvan het YAHUVEH vir my gesê dat HY vir my vars RUACH ha KODESH Salwings Olie gegee het om met die mense te deel. Nie net om ‘n olie lantern aan te steek nie maar om hierdie RUACH ha KODESH salwing te deel wat ‘n Hanukkah geskenk is aan die wêreld vir almal wat geestelike ore het om te hoor en geestelike oë het om die waarheid te sien wat hulle sal vry maak in die naam van YAHUSHUA. Een ding wat ek anders gevind het, toe hierdie profetiese boodskap deur my gespreek was; ek kon duidelik beide YAHUVEH of YAHUSHUA onderskei wat voortgespreek het met tye. Gelukkige Hanukkah! Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

MAAK GEREED! MAAK GEREED! MAAK GEREED!
BEREI VOOR, WANT DIE BOSE DAE IS OP JULLE!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
29 November 2002, geëindig op 3:50 nm.

Maak gereed! maak gereed! maak gereed! Berei voor MY Kinders want die bose tye kom oor julle. EK stuur nie hierdie nasie uit om in ‘n oorlog in te gaan nie. As hulle ‘n oorlog wil hê, sal hulle ‘n oorlog kry, maar dit sal MY wapens wees, die wapens van die Hemel, die arsenaal van die weer, die arsenaal van die elemente. EK sal die nasies skud, die wat dit waag om MY uit te daag en spog in hulle eie krag sal sien dat hulle krag tot niks gekom het nie, leeg en kragteloos is. Die leiers van hierdie nasie worstel nie teen mense nie. Die leiers van die Verenigde Nasies worstel nie teen die mens nie; in plaas daarvan worstel hulle teen MY, YAHUVEH, die GROOT GOD “EK IS.”

Hulle sê, “ek sal dit op my manier doen en nie op YAHUVEH se manier nie.” Diegene wat die mag in hierdie wêreld vashou met hul uitvindsels dink hulle kan die weer en die elemente beheer maar EK is op die punt om hulle te beskaam terwyl EK hul eie wapens teen hulle draai, hulle eie masjiene, hulle eie uitvindsels, hulle eie gif wat hulle vir ander wil gee om te drink sal hulle self drink, nie eens hul geliefdes sal beskerm wees nie al het hulle gesê dat hulle dit sou doen.

Diegene wat daarop aandring om [heidense] feeste te vier en nie Torah onderhouend is nie, om die ware Heilige Dae te ag nie, sal uitvind dat hulle MY woede sal voel op ‘n magtige manier; selfs diegene wat geroep is by MY SEUN se Naam; want hierdie waarheid het hulle vry gemaak (dat hulle moet Heilig wees soos EK Heilig is), maar in plaas daarvan dring hulle daarop om om aan hierdie heidense feesdae deel te neem en heen-en-weer te beantwoord. Dan sal hulle nie MY teenwoordigheid voel nie, hulle sal nie MY Gees met hulle hoor praat nie, hulle sal vind dat hulle nie langer in MY ark is, waar EK MY Kinders apart gesit het nie.

O MY Dogter EK weet hierdie woorde wou jy nie gespreek het nie, want diegene wat jy eens op ‘n tyd vriende genoem het sal jy vyand noem, maar weet dit jy het dit op MY manier gedoen en nie op joune nie. EK gebruik hierdie Bediening om die Bruid van YAHUSHUA voor te berei. EK het julle eenmaal gesê EK sê weer vir julle; EK kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! MY SEUN kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie! Óf julle is MY Kinders of julle is nie. Lig en duisternis moet skei, EK vat MY skeidings swaard en EK skei dit wat EK nooit saamgevoeg het nie. Maar EK doen dit vir die veiligheid van MY Kinders, die wat waarlik vir YAHUVEH en YAHUSHUA wil volg, diegene wat gevul is met MY RUACH ha KODESH.

MY Kinders, die kerke onderrig ’n leuen want slegs die Heiligstes word MY Bruid genoem! Daar is vereistes om YAHUSHUA se Bruid te wees en een van hulle is alhoewel julle in hierdie wêreld is mag julle jul nie gedra soos hierdie wêreld nie. Julle moet Heilig en Rein bly voor MY, gewas in MY SEUN se Bloed by Golgota. EK het jou gesalf MY Dogter om voort te spreek vanaf hierdie bediening om te help om die Bruid voor te berei vir daardie troudag, om hulle te help om hulle lampe vol te kry met MY Heilige Olie en selfs nog meer te hê om te spaar. EK gebruik jou MY Dogter terwyl die waarheid voortgespreek word. EK gebruik hierdie magtige bediening om die kaf te skei van die koring. Ja die aanvalle was hewig gewees. O maar die belonings is soveel meer. Onthou MY Kinders, EK het gesê, “Gaan en kruip weg net vir ‘n klein rukkie, terwyl MY storm oorbeweeg”. Want soos EK vir jou die drome gegee het sal tornados kom soos nog nooit van tevore gesien was nie. Die aarde sal bewe en skud terwyl EK albei MY voete vat en stamp.

Want EK is kwaad en EK is vol woede want het EK nie gesê, ” Plaas geen ander gode voor MY ” nie wat julle voorheen in onkunde gedoen het sal EK nie teen julle hou nie, maar dit wat MY kerk doen met kennis maak MY waarlik kwaad. Tsunami golwe sal kom; dit sal MY hand wees wat hulle opwek in die see. Keer-op-keer gee EK hierdie waarskuwings, wat sal dit verg vir julle knieë om te buig voor MY? Nie langer sal EK staan vir ‘n vorm van godsdiens nie. Diegene van die louwarm kerk julle gebede is ‘n gruwel vir MY. EK het gewaarsku en EK het gewaarsku wat EK doen met louwarmes, EK sal hulle uitspuug en braak uit MY mond uit. Julle is soos gal wat in MY keel opstoot. Julle maak MY siek en “EK IS” YAHUVEH en satan tart MY en sê, “Aanskou jou louwarm kerke wat leuens preek en hulle doen dit in YAHUSHUA se Naam en hulle bekeer nie en draai ook nie weg daarvan om die heidense weë te volg nie.”

Maar MY geliefde kinders, die wat gevul is met MY RUACH ha KODESH EK is nie kwaad vir julle nie. EK omhels julle, EK oordek julle met soene, en wanneer julle val is EK daar om julle op te tel en julle af te stof en julle toe te vou in MY arms. Julle wat die waarheid soek, die algehele waarheid, en geen leuens sal ontvang nie, julle s’n MY Kinders is diegene wie se lampe EK vul tot oorlopens toe vol. Julle is diegene deur wie die Shkinah Heerlikheid helder skyn, want julle liggame is die ligte die lampe wat EK oorvol maak met die RUACH Ha KODESH en julle het nog oor om te spaar omdat julle bedien aan ander in YAHUSHUA se Naam. Julle weet hierdie olie kan nie gekoop word nie maar dit kom teen ‘n prys, en dit is om Heilig te wees soos EK Heilig is. Hou julle gedagtes Heilig, hou julle liggame Heilig voor MY en die enigste manier hoe dit gedoen kan word is deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MESSIACH van Golgota.

EK het vir MY Dogter die droom gegee hierdie dag dat sy vergiftig was en elke keer dat julle kos eet MY Kinders besef julle nie wat julle ingeneem het nie. Die hormone wat julle opneem, die pestilensie, so vra MY hoe om dit te reinig en EK sal julle wys MY Kinders want die liggaam is die Tempel van die RUACH ha KODESH en dit moet gereinig word. Julle sal uitvind dat julle selfs makliker van MY hoor. Daar is ‘n oorlog binne-in julle liggame, dit is nie net geestelik nie dit is fisies, want EK reinig nie net jul gees nie , EK reinig nie net julle bloed nie, EK sal die gifstowwe uitwas uit julle bloed, uit julle liggaam, en uit julle ingewande.

Vir dit wat kom MY Kinders, terwyl julle in hierdie sterflike liggame van vlees en bloed is moet julle voorberei word, moet julle versterk word, moet julle genees word, want siektes het oor julle gekom wat julle nie ken nie. Die lug is vergiftig en julle weet nie. Die voedsel is vergiftig en julle weet nie. Omdat julle ‘n seën gevra het oor die kos wat julle eet en die drank wat julle drink is EK getrou om julle te wys wat om te doen.
Soms MY Kinders is beskerming nie deur MY bonatuurlike hande nie maar moet julle ook deelneem daaraan in die fisiese ryk. So reinig julle liggame MY Kinders, net soos julle jul gees en siel reinig, berei julle liggame voor, MY kinders, want daar is ‘n oorlog wat kom ongeken.

Vertrou nie op die regerings van hierdie wêreld om julle te beskerm nie want julle sal geen beskerming daar kry nie! Vertrou op die God wat julle geskape het wat elke molekule, elke atoom, elke sel, elke deel van julle DNA ken en elkeen van julle is individueel maar EK ken elkeen van julle op jul God gegewe name. Bid tot MY en EK sal jou wysheid gee, EK sal ander op jou pad bring want EK het die versteektes opgerig om vir jou wysheid te gee hierdie tyd, om hierdie Tempel van die RUACH ha KODESH te versorg. Gebruik alles wat EK vir jou gegee het vir YAHUVEH en YAHUSHUA se eer terwyl jy dit nog het om te gebruik. satan wil julle kaalstroop maar moenie bekommerd wees nie MY Kinders, EK sal julle bedek. Hulle kan elke goddelose wet uitvaardig wat hulle wil julle politici en julle leiers; dit is net wat EK, YAHUVEH, toelaat wat sal gebeur.

Moenie bekommerd wees nie MY Kinders, EK sal julle nooit begewe of julle verlaat nie solank julle oor ingestel is op MY oor, en solank julle luister wanneer EK praat, solank julle gebede nie ‘n gruwel vir MY is nie, solank julle begeer om Heilig te wees soos EK Heilig is, solank julle die Torah hou en dit nie uitgooi nie. Want hierdie is nie twee boeke nie, hierdie is een boek. Die mens het verdeel, een versterk net die ander want die boek van die oue en die boek van die nuwe is waarlik een. Net soos EK, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA, EK is in MY SEUN en MY SEUN is in MY, so is dit dieselfde vir die ou Boek en die nuwe Boek. Bestudeer en wys jouself as beproef, bestudeer en wys die kennis wat EK jou gee. Die Boek was vertaal keer-op-keer soek MY om uit te vind watter vertaling om te bestudeer in meer as een taal as Grieks. Bestudeer die Hebreeus, bestudeer die Aramees, lees en luister na wat MY Woord werklik sê volg nie die heidense weë van die mens nie die heidense weë wat neerbuig voor afgode en net soos Sadrag, Mesag en Abednego, sal EK julle beskerm in die vuuroond wanneer dit kom.

*******

Ophelderend vir sommige en ‘n aanstoot vir ander, in die Naam van YAHUSHUA ha MESSIACH.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Hierdie profetiese woord het gekom op ‘n onverwagse tyd toe ons besig was om ‘n ander suster in gebed op te dra wie se huwelik verdeeld is en sy het so pas weggegaan en ons het haar net opgedra in gebed. Omdat sy begeer om die weë van YAHUVEH en YAHUSHUA te volg het hierdie salwing oor my gekom en dit is toe hierdie profesie gekom het.