Profesie 69, Daar Is ‘n Koms Van Die Verandering Van Die Wagte!

Profesie 69 

“Daar Is ‘n Koms Van Die Verandering Van Die Wagte!” 

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
31 Desember 2002
Vrygestel op 1 Januarie 2003
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

******* 

Op 31/12/02 het ons (AmightyWind Bediening-span) gebid vir persoonlike antwoorde op sommige vrae wat ons gehad het. Omdat ons nie die boodskappe sensor van ons Hemelse Vader YAHUVEH of ons MESSIAS YAHUSHUA nie deel ons selfs die gedeelte wat persoonlik is. Dalk sal dit iemand anders help.

Selfs wanneer ek tereggewys word deur YAHUVEH erken ons nederig dat ons ook foute maak en nie beter is as enige van YAHUEH se kinders nie. Hierdie is ook op die hoorbare band so dit is hoekom ons toe ons dit oorgeskryf het dit bygevoeg het op die geskrewe oorskrywe. Ons het probeer om dit op 31/12/02 op die internet te plaas maar ons het onder hewige geestelike aanvalle gekom en kan dit nou eers vrystel. YAHUVEH het geweet dit sou gebeur so dit moet deel wees van SY plan. 

* * * * * * * 

(Persoonlike Woord) MY Kinders, bring vir MY een vraag op ‘n slag. Elisabeth [Elisheva] jy jaag in so baie treë, in soveel verskillende rigtings. Kan jou voete in twee verskillende rigtings gaan of vier verskillende rigtings terselfde tyd? Dit is hoekom EK aanhou beklemtoon een tree op ‘n slag. Goed (ek lag) ons sal weer vra, “Watter vraag wil U hê moet ons eerste vra Vader?” (ek het gedurende gebed gevra en sprekend in tale omtrent 4 of 5 persoonlike vrae gevra.) O Wow! [Ek lag steeds, ons behoort altyd net die volgende tree te wil hê en ek wil twintig hê ten minste, maar ek leer.] [Ek het begin lag en in tale begin bid, nie besef dat ‘n profesie voortkom nie.] Pappa God YAHUVEH wat is die volgende stap? Goed, Ek bekeer dat ek in te veel rigtings tegelyk probeer loop. Wat is die volgende stap vandag? [Biddend in Hemelse tale] Ek hou aan om ‘n gedeelte van ‘n profesie te hoor wat U probeer voortspreek en Vader ek hoor ook ons persoonlike behoeftes en ek raak deurmekaar omdat ek nie weet watter een U eerste wil voortspreek nie. Hulle wag om ‘n woord te hoor van U Vader, en ons ook” (biddend in tale). Profesie 69 kom voort. 

* * * * * * * 

Profesie 69

Terwyl julle die jaar van 2003 ingaan gaan die spotters en tartendes julle omring. Hulle gaan sê, “Waar is hierdie YAHUSHUA wat jy sê is oppad?” Maar EK het ‘n woord vir jou. EK herinner jou aan die spotters en tartendes wat vir Noag omring het. Hierdie dinge moet gebeur. Dit is MY manier om die kaf te skei van die koring. Tart MY as julle durf. Hierdie is die boodskap wat EK gee vir die vyande, want enige vyand van jou is ‘n vyand van MY. ‘n Vyand is enige iemand wat hulself opstel teen die boodskappe wat EK vir jou gee, want waarlik het EK jou gesalf as MY spreker. Wanneer die vyande spreek teen hierdie boodskappe wat direk uit die Hemel kom, spreek hulle teen MY, YAHUVEH, en MY Geliefde SEUN YAHUSHUA. 

Dink nie dat hulle jou verwerp nie MY Dogter, want hulle verwerp MY. Want selfs die vals profete neem hierdie boodskappe wat EK jou gee en bestudeer hulle en kopieer hulle om hulle te laat lyk ewenas die woorde wat EK met jou spreek van hulle af kom. Moenie verbaas wees nie MY Dogter, want weet die duiwel selfs nie dat die waarheid uit jou mond voortkom wanneer dit EK, YAHUVEH, is wat die woorde in jou mond sit nie. Die vervalsers verrys en die mense word mislei, sodat hulle die woorde kan neem en hulle verdraai na dit wat EK nie bedoel het nie.

Daar is ‘n koms van die verandering van die wagte. Hierdie is in 2003 wat julle sal sien. Die verandering van die wagte in julle polisie, in julle regering, polities en geestelik kom dit, die verandering van die wagte. Hulle is die bose wagte wat kom; hulle neem die beroepe weg van die wagte wat EK oorspronklik daar geplaas het. Hulle is satan se handlangers wat julle vryhede sal wegneem en maak dat MY Kinders sal uitroep na MY en ween en bevrees sal wees, so baie sal sê, “O YAHUVEH waar kan ons U vind O salwing van die RUACH ha KODESH hoekom spreek U nie?” Waar sal julle MY vind MY Kinders want hoe min kerke het MY Gees binne-in hulle. 

EK sal vir julle sê waar julle MY kan vind; dit sal ‘n persoonlike een-tot-een wees met MY. Julle beter styf vashou aan die soom van YAHUSHUA se kleed, want baie van julle sal deur die modder gaan, baie van julle sal deur die vriesende sneeu gaan, baie van julle sal deur die hitte van die son gaan. Wat maklik was vir baie van julle in 2003 sal julle moeilik vind. Baie is MY Kinders wat luister en MY stem herken deur MY Diensmaagd maar hulle wil hier-en-daar ‘n woord wegneem om dit gelykvormig maak aan hulle manier van dink, asof dit MY Woorde kan uitkanselleer en hulle ongeldig kan maak. 

Wat EK profeteer sal gebeur! MY ware gebedsbemiddelaars het verrys en gevra vir ‘n vertraging. Julle het MY gevra, “Hoekom het hierdie gebeur met Richard Eby, hierdie is die woorde wat EK nou het om te te sê, Richard het moeg geword terwyl sy gesondheid agteruit gegaan het. Richard het verlang en elke dag getreur om weer die Hemel se poort te sien. Elke dag wat hy wakker geword het, het hy verlang om in die Hemel te wees, want julle sien MY Kinders julle gebede het die koms van YAHUSHUA vertraag. EK het nie Richard se wil teëgegaan nie, want hy het MY gesmeek dag-na-dag. Daar was niks waaraan hy verbind wou word aan hierdie aarde nie, want hy het MY heerlikheid aanskou en hy wou dit weer hê. Nie eens die liefde van sy familie en vriende nie, nie eens die missie waarvoor EK hom bestem het om te doen nie en dit was om te wag vir YAHUSHUA om te kom; nie langer wou hy daarby gehou word nie.

Maar waarlik MY Kinders, neem kennis, skryf alles neer want die presiese dag toe hy gesterf het en voor MY aangesig verskyn het in die Hemel, neem notisie van dit wat gebeur het op die aarde, want waarlik was hy ‘n temperatuur, ‘n barometer en satan weet hierdie, dit is waarom hy sy hand gewys en gespog het voor die wêreld ek kan nou die mens kloon. Julle sien wat in die geheim gedoen was vir jare verskyn nou eers voor die wêreld se ore. Julle weet MY Kinders dit is waarlik die einde wanneer die mens sê, “ek het god geword” want niemand behalwe die groot Skepper EK, YAHUVEH, kan ‘n gees en ‘n siel in ‘n mens sit nie, so hierdie is siellose skeppings wat slegs onder MY toorn is. Dit is satan wat daardie kennis gegee het om MY weereens te bespot. Maar EK sê vir julle dit MY Kinders, niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie.

Want diegene wat waag om te spot en te sê die hel is nie ‘n werklikheid nie, dit is net ‘n fragment van julle verbeelding, hulle sal nie net die hel smaak nie maar hulle sal swem in die Poel van Vuur. Vir diegene wat dit waag om die 2de koms van YAHUSHUA te bespot, EK sê vir julle eenmaal en EK sal weer vir julle sê, HY kom nie vir die Kerk nie. HY kom nie vir enige georganiseerde Kerk nie. HY kom die volgende keer vir SY Bruid. En nie net enige iemand word YAHUSHUA se Bruid genoem nie, is hulle lojaal, is hulle waarheidsgetrou, is hulle gelowig. Sal hulle kies om HOM te gehoorsaam Wandel hulle Heilig voor MY Is MY Naam daagliks op hulle lippe Roep hulle uit in die Naam van YAHUSHUA Of gooi hulle MY Tien Gebooie neer, vertrap hulle onder hul voete totdat hulle in stukkies verkrummel op die grond Sê hulle vir die mense luister nie na die weë van die ou tyd nie ons doen dinge op ‘n nuwe manier, ons doen dinge op ons manier?
 
Dit is MY teken MY Kinders, terwyl EK julle nou apart gestel het, want diegene wat alreeds gemerk is húlle het MY seël van beskerming. Die engele het julle gemerk vir die jaar 2003. Boosheid sal menige oorval wat hulself noem na die Naam van MY Seun en hulle sal wonder hoekom. Dit is om hierdie rede, omdat julle dit waag om te spot, omdat julle dit waag om dit wat EK voortgespreek het uit te gooi, omdat julle na die boodskapper kyk en nie die boodskap nie. Julle sien net ‘n vrou-alleen, en omdat julle nie MY gesig van toorn kan sien nie kan julle jul woorde na haar toe slinger, maar EK wil hê julle moet weet, nie een woord wat julle gespreek het het nie voor MY ore gekom nie terwyl julle haar aangeval het het julle ‘n naald in MY oë gedruk, so wanneer julle uitroep in pyn, sal EK julle einste stemme verafsku. 

Julle wat leef in praal en glorie, roem en rykdom, julle kyk neer op MY Profete en Apostels, want julle het julle mae gevul, die beste klere is oor julle rue getrek, julle het julle inkomste ver bo alles, julle was geseënd. Maar julle sien julle het nie die woord swaarkry geken nie. Maar in 2003 sal julle. Dit sal die begin van die swaarkry wees vir diegene wat dink hulle is verhewe bo MY woede. MY woede sal oor hulle uitstort. EK sal nie MYSELF weer herhaal, om vir julle te sê hoe die aarde gaan sidder en bewe nie want terwyl YAHUSHUA nader kom het EK reeds geprofeteer die aarde gaan sidder en bewe want selfs die aarde bewe van vrees. O dwase man en vrou. Wanneer selfs die aarde sidder en bewe uit vrees en julle spot en ontken EK is hier. 

Julle wend julle tot wetenskap vir jul god Julle draai na die politiek om in jul behoeftes te voorsien Dwase, Dwase, Dwase generasie! Julle draai na die kennis van die wêreld en julle verstoot MY Boek as oud, die Boek wat gevul is met alle waarheid en kennis, die Boek wat die Profete voorspel het. Weg, Weg, Weg van MY af, gaan weg van MY af met julle lasterlike aanbidding terwyl julle hierdie kerkbanke vul op Sondae en julle die ware Sabbat aanbidders wegjaag. EK sal julle weereens wys, oordeel begin waarlik by die huis van YAHUVEH. Terwyl YAHUSHUA weereens die geldwisselaars sal looi en hulle reguit by die deur uitjaag. 

Nou EK het julle gewaarsku oor ongelyk-gejukte huwelike, maar julle dring daarop aan om vas te klou aan daardie maat. Wetende dat hulle MY einste Naam en die Naam van YAHUSHUA verafsku, verfoei en haat. So klou vas aan julle maats. Doen wat EK julle verbied het om te doen. Julle sien nog nie MY Kinders, dat EK die beste het wat vir julle wag nie. Dit wat EK nie saamgevoeg het nie, dit wie se naam nie gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Dit wat jy steeds eis om jou man of vrou te wees, hulle sal jou verkoop aan die hoogste bieër in die komende bose tye vorentoe. Dit sal MY Kinders wees wat nie besef hulle was verkeerd nie totdat hulle hul koppe verloor. 

Hoeveel van julle hardloop weg van julle roepings af En sal luister hoe praat hierdie Apostel en sê, “Ek staan agter hierdie bediening maar ons tiendes en offergawes sal ons steeds hou” Besef julle selfs nog nie dit is maklik om te praat nie as julle nie help nie, hinder julle, neem die woorde wat EK sê, en julle sal staan voor MY op Oordeelsdag en EK sal julle vra, “Het jy haar gehelp op enige manier?” 

Plae kom en as julle draai na die Regering vir beskerming, as julle draai na die mediese gemeenskap vir beskerming, het EK reeds voorspel wat sal gebeur. Niks kan gebeur nie MY Kinders wat EK nie eers vir MY Profete en Apostels vertel nie. Selfs die bose mense hoog teen die heuwel luister, alhoewel hulle MY nie volg nie, bewe hulle in vrees om te weet dat EK MY geheime voortspreek wat geen mens vertel het nie. Hoeveel van julle hardloop weg van julle roeping af Hoeveel van julle laat ander oor die evangelie vertel Hoe min van julle wat selfs hierdie lees of luister is selfs daarbuite in die oeslande of help selfs om hierdie eindtyd-oes in te samel. 

Ja, EK sal martelaars hê want net so seker as wat Stefanus se bloed in die grond ingevloei het het daar ‘n man gestaan genaamd Saulus, van wie EK sy naam verander het na Paulus. Terwyl Stefanus se bloed op hom gespat het, terwyl hy sy jas vasgehou het, het die salwing op Stefanus gekom oor Saulus wat Paulus geword het. So wat sê EK wanneer EK dit sê ‘n Martelaar se bloed word nooit vermors nie. Dit laat net meer Stefanusse opstaan, meer Saulusse wat Paulusse geword het. Vir MY geliefde vertrouelinge gevul met MY salwing wat na MY toe opkyk elke dag en bid, 2003 sal vir julle seëninge inhou terwyl EK die onsuiwerhede wegbrand. Want die beproewinge van julle geloof MY Kinders is kosbaarder as enige goud. Leer om MY te loof MY Kinders, ongeag wat jou lewe inhou. 

EK hoor die gebede van diegene wat na MY toe kom met ‘n dankbare hart. Hierdie is die gebede wat MY behaag. Net soos in die dae van Moses is hierdie die Kinders vir wie EK sal voorsien en voed. So hierdie boodskap is nie vir diegene wat tart en spot nie. Hierdie boodskap is nie vir almal nie, net diegene met geestelike ore om te hoor, net diegene met geestelike oë om te sien sal MY stem hoor spreek. 

EK stuur hierdie woord uit na Israel, EK stuur hierdie Apostel na julle toe om vir julle te sê, pasop vir diegene wat kom as ‘n vriend, hulle hand is in jou sak, hulle sakkerol jou. Met hulle ander hand is daar ‘n dolk en hulle sê, “Doen wat ek vir jou sê om te doen”, maar EK herinner julle Israel, as julle net sal uitroep na die God van Abraham, Isak en Jakob, EK, YAHUVEH. As julle net sal ophou luister na die rabbies wanneer hulle vir julle sê om nie praat nie om MY Heilige naam te sê nie. Want EK het MY Gesalfdes wat sit daarso binne-in Jerusalem gevul met MY RUACH ha KODESH. Hulle aanvaar YAHUSHUA as MESSIAS en hulle roep en pleit tot MY. Dit is hoekom Israel gespaar was tot dusver. Want alhoewel jy Israel eens die appel van MY oog was, het jy ook nou ‘n wurm binne-in. 

Israel nie langer kan die wêreld na jou kyk in Heiligheid nie. Want jy het die aborsies, jy het die homoseksuele, jy het pornografie, daar is geen sonde wat nie vir Israel binne-in deurtrék het nie. Fariseërs beheer nou jul regering en tog het hulle nie eens die gedaante van goddelikheid nie. EK gaan oordeel in 2003 die state, die nasies wat lyk soos ‘n Sodom en Gomorra vir MY. EK gaan nie eens spreek wat in 2004 gaan gebeur nie, want as julle gedink MY oordeel het neergekom in 2002 en die wêreld hou nou hul asem op vir 2003, sou die woorde so vreesaanjaend wees selfs hierdie Apostel sou te bang wees om te praat. 

So vir MY geliefdes EK het hierdie boodskap vir julle. Neem een tree op ‘n slag, neem een dag op ‘n slag, want voorwaar in 2003 vernaamlik is dit al wat julle kan hanteer. Luister na MY, luister na MY Woorde, leer self om MY te soek. Die woorde wat EK voortspreek uit hierdie diensmaagd sal EK weereens bevestig. Neem enige iemand selfs notisie hoe vinng dinge gebeur nadat die woorde gespreek is uit hierdie mond. Dit is omdat dit nie net ‘n gewone vrou se woorde is nie; dit is die Groot God “EK IS!” 

Weer sê EK, julle sal mekaar nie ken by die ander se naam nie. Julle sal nie omgee oor mekaar se verlede nie. Julle sal jul ware familie herken van YAHUVEH en YAHUSHUA deur die salwing wat binne-in is. Veral met die Apostels en Profete praat EK, EK het julle eenkant gesit want julle neig jul ore na vir MY, 24 uur per dag vra julle MY, “O Vader God YAHUVEH watter woorde wil U sê” Julle het jul liggame ‘n Tempel gemaak van Opoffering. Julle was bereid om vervolg te word vir MY Seun YAHUSHUA se onthalwe. Moenie dink dat EK enige iets as vanselfsprekend aanvaar het, van al die opofferings wat julle maak nie. Groot, groot, groot sal julle belonings wees in die Hemel, maar EK sal nie vergeet om julle hierso te seën op aarde nie. Niks het julle opgeoffer wat EK nie 7 voudig sal vervang nie maar dit is waar MY Kinders dit kom met vervolging terwyl jy die spotters en tartendes soos diegene wat jou lewe bedreig aanskou.

EK het die een gesalf wat praat. Hulle sal weet waarheen om te gaan en wat om te doen, veral in hierdie jaar van 2003. EK sal hulle nie toelaat om julle op ‘n dwaalspoor te lei nie; dit sal wees net soos in Elisabeth [Elisheva] se droom. (Sien Missiel-Droom). (Ek het ook ‘n droom gehad jare gelede waar ons ‘n groot konvooi voertuie padlangs gelei het te veel voertuie om te tel, ons het onlangs ‘n openbaring oor die droom gehad maar dit is nie nou die tyd om dit te deel nie.) (Sien ook die Meteoriet-Droom.) 

Want die waarheid was voortgespreek uit hierdie bediening. Daardie waarheid is wat gaan red, want die waarheid kom in YAHUSHUA se Naam. Vir die van julle wat hierdie profesieë kopieer en voorgee dit is EK, YAHUVEH, deur jou mond wat spreek, julle sal die prys moet betaal vir die salwing wat sy betaal het, net EK sal dit vermeerder een honderd duisendvoudig. Want julle het iets gesteel en het nie die prys betaal nie, soos EK vir MY Diensmaagd gesê het, hoe groter die salwing, hoe groter die opoffering. 

So MY Kinders terwyl julle ingaan in die jaar 2003 diegene wat EK waarlik noem MY geliefde Kinders, Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, hou julle net aan om op te kyk na MY. Hou julle net aan om na MY Woorde te kyk. Hou julle net aan om gehoorsaam te wees en te glo en jul geloof sal julle nie net heelmaak nie, julle geloof soos julle aanhou om geestelik te groei sal behaaglik wees vir MY. Roep MY Naam aan wanneer julle die aarde voel sidder en bewe. Roep die Naam van YAHUSHUA aan (sommige noem hom JESUS), die enigste Naam wat kan red. Herinner MY aan Psalm 91 sodat plae nie naby julle woning sal kom nie; bewaar MY Woord in jou hart, sodat dit nie net ‘n Boek is nie maar van jou liggam ‘n deel.  EK het julle lief MY Geliefdes. Bruid maak gereed want jou Bruidegom kom. Diegene wat nie gevoel het hulle kan die prys van ‘n Bruid betaal nie, in plaas daarvan net vir Haar kyk en ween. Dit is waar MY Kinders daar is net een Bruid. Gehoorsaamheid is beter as selfs opoffering. 

Richard Eby het nie gelieg nie. Hy het net moeg geraak oor die sondes van hierdie wêreld. Hy sal beloon word vir die jare wat hy spandeer het maar hy het nie die missie voltooi van dit wat EK hom gestuur het nie. Stel jou geloof nie in enige vrou of man nie, maar staan alleenlik in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. Stel julle geloof in die woorde, die woorde in MY Heilige Boeke, dit is hoe julle weet YAHUSHUA kom weer. Die mens kan misluk selfs wanneer EK hom terugstuur op ‘n missie. Julle sien MY Kinders, EK het hom toegelaat om te misluk, om nie daardie missie te voltooi nie. Om julle almal ‘n les te leer sal julle geloof steeds bly Vir die van julle soos MY Dogter wat gebid het dat Richard Eby weer lewendig moet word, hy het nie gekies om terug te kom aarde toe nie. 

Julle het die waarskuwing; hy was die temperatuur en barometer op die presiese dag wat hy gesterf het. Terwyl julle aanskou hoe die Sodoms en Gomorra’s voortspreek, terwyl julle die bose sien verrys het. Tel nou af tot Oordeelsdag. Oordeel vir MY vyande en julle s’n, alhoewel hulle dink hulle is die koppe, is hulle waarlik minder as die stert. Die koms van die veranderende wagte MY Kinders, diegene wat posisies beklee vir so lank, diegene wat julle wette geskryf het, vind nou hulself sonder ‘n werk. Treur en huil MY Kinders, terwyl julle die verandering sien van die wagte. Want hulle wat Heilig was sal vervang word en word vervang met diegene wat onheilig is. Diegene wat julle kon vertrou, hetsy dit jou bankier of polisieman is, jou posman, die wagte is besig om te verander. Julle dokters, die wagte verander. Julle regerings die wagte verander. Julle Geestelike leiers pasop vir die verandering van die wagte. 

O maar julle sien o vyande van MY. Pasop vir die verandering van MY Wagte. EK posisioneer diegene met ‘n groter salwing. Diegene wat nederig is voor MY aangesig. Hulle is MY geheime versteektes; hulle weet hoe om MY Woorde en MY aangesig te aanskou. Hulle staan in die gaping, hulle roep uit in YAHUSHUA se Naam. Aan die vyande van MY regoor hierdie wêreld, Pasop vir MY verandering van MY Wagte. Want hulle het net Heiliger geword. Hulle het net meer vasberade en onverskrokke geword. Hulle sal Heiligheid preek en die wêreld bestraf. So pasop vir die verandering van MY Wagte wat geklee is in MY volle wapenrusting (Efesiërs 6), wat nie na julle toe kom in hulle naam nie maar kom in die Naam van YAHUVEH en YAHUSHUA. Wat nie wapens van oorlogvoering dra wat vleeslik is nie, maar MY verandering van MY Wagte het die geestelike wapens wat nog ongekend is. 

Hulle het die arsenaal van die ganse Hemel en al wat hulle hoef te doen is om uit te roep na MY in YAHUSHUA se Naam. Hulle gaan julle verandering van die wagte in beskaming laat. So spot MY as julle durf. Terwyl julle bose mense julle wagte verander, want pasop EK sê vir julle MY vyande, EK het ook MY Wagte verander. Hulle is wie julle die minste verwag, die geringste van die mans en vroue en selfs Kinders. EK spreek voort tot hulle nie net deur profesieë wat gebeur nie maar ook in drome en visioene. Hierdie gawes gaan net sterker word terwyl EK MY Wagte verander wie EK bevorder dank EK ook af. 

Pasop Kerke wat gewaarsku was die Verandering van die Wagte het gekom en hulle sit in julle einste kerkbanke en hulle konfronteer die onheiligheid in julle, die ongehoorsaamheid in julle. EK is dieselfde YAHUVEH en EK verander nie, nie vir enige iemand nie. MY woorde keer nie leeg na MY toe terug nie, nie vir enige iemand nie. Omdat MY dogter ingetree en gehuil het en gebid het voor MY toe sy gehoor het van die dood van Richard Eby, omdat so baie van julle geskryf en gevra het en so baie wil nog skryf en vra, “Het Dr. Richard gelieg vir my?” Nee hy het nie. Sy enigste sonde was dat hy ongeduldig en moeg geraak het, maar EK fouteer hom nie.

*******

So was dit gespreek hierdie dag op 31 Desember, die laaste dag van 2002. YAHUVEH en YAHUSHUA wees asseblief genadig oor ons terwyl ons in die jaar 2003 ingaan. 

Ophelderend vir sommiges, ‘n aanstoot vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. 

Ek bly julle Suster Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 

Dit het geeïndig 6:45 in die oggend. 

Einde van profesie Verduideliking volg 

* * * * * * * 

Ek was 5:00 die oggend wakker gemaak en YAHUVEH het vir my gesê om SY aangesig te soek, om te kom voor SY TROON en bid. Terwyl ek begin het om dit te doen, het ek gesê “Ek moet in tale bid so ek sal sitkamer toe gaan.” Ek het begin bid…

Dit is hoekom hierdie woord voort gekom het- pleitend en biddend en ek het ‘n hele lys dinge in gebed geneem soos die behoefte aan ‘n RV, wat die reisende toevlugs-oord moet wees, waarvoor ons in geloof vertrou, en al ons persoonlike behoeftes, en ek het te veel vrae op een slag gevra. Soos julle kan sien was ek voor die hele wêreld bestraf. Want die eerste ding is hierdie boodskap moes na vore kom. YAHUVEH het vir ons gesê dat dit die eerste ding is wat ons veronderstel was om te soek. Ek is heeltemal eerlik met julle ek sê vir julle ons het geen idee gehad dat hierdie woord voortkom nie. Ons het geweet nog ‘n boodskap was oppad want gister op 30 Desember was die okkultiese aanvalle wat teen my gekom het, heel moontlik die sterkste tot dusver. Maar soos julle kan sien is die geveg YAHUVEH en YAHUSHUA s’n en die Oorwinning is ons s’n. Want vandag het die nuwe woord na vore gekom, om te bemoedig, te bestraf en hopelik om geloof te bou in diegene wat geloof nodig het, en vir diegene wat nodig het om te bekeer om op hul aangesigte te val en te bekeer en ‘n nader verhouding en wandel te soek met YAHUVEH en YAHUSHUA voor dit te laat is, en dit hulle hoofde kos.

Kopieer asseblief en waarsku ander en stuur aan ander webwerwe en tree asseblief in vir ons in gebed. Asseblief oorweeg dit biddend of julle vennote moet word van hierdie bediening waar ons sal deel in dieselfde belonings. 

Liefde en seëninge in YAHUSHUA se Naam.
 
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)