Profesie 71, Wat Verseël Was Is Nou Onthul!

Profesie 71

Wat Verseël Was Is Nou Onthul!

Gegee aan Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
1 November 2003
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

* * * * * * *

EK het MY Heilige Engel na hierdie diensmaagd gestuur maande gelede met hierdie profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige Engel dit aan haar dikteer het staande langs haar bed, het sy hierdie Profetiese Boodskap neergeskryf waar EK ‘n geheim deel nog onbekend tot nou toe. MY Engel het vir haar gesê nou is nie die regte tydstip om hierdie boodskap vry te stel nie en dat dit was vir ‘n vasgestelde tyd nou is daardie tyd om te onthul wat verseël was! EK vertel MY geheime aan MY Apostels en Profete en almal wat luister.

(Ek het baie skrif ingesluit om te onderrig saam met YAHUSHUA se woorde wat HY deur my gespreek het. Ek weet vervolging sal kom met hierdie nuwe openbaring maar onthou asseblief ek is net die boodskapper van die boodskap ek soek ook meer openbaring ten opsigte van wat hierdie alles beteken. Moet asseblief nie die boodskapper stenig met julle beledigings nie maar indien julle dit wel doen weet ek dat dit nie vir my is wat julle vervolg nie maar die GOD YAHUVEH en YAHUSHUA wat my salf en my uitstuur na beide Jood en Heiden.)

EK is YAHUVEH Oue van Dae; MY vereiste vir Heiligheid het nie vernader nie. EK, YAHUVEH was geduldig maar EK kan nie langer geduldig wees nie of EK sal om verskoning moet vra vir Sodom en Gomorra. (Genesis 18:20; 19:30) O bose en perverse eindtyd generasie, julle kan nie toewy en MY seëninge vra oor die saad van satan of oor ‘n biskop bestem uit die hel wat EK uit MY mond sal uitbraak nie. (Openbaring 3:16). Kerk van Episcopalians EK waarsku julle nou, vir diegene wat hierdie boosheid goedgekeur het, die wat in die eerste plek nie teen aborsie geprotesteer het en nou homoseksualiteit nie, julle het julle bed gemaak saam met Jezebel (Openbaring 2:20-23) en as julle nie vlug uit hierdie kerk van Babilon nie sal julle jul bed maak in die hel en in die Poel van Vuur.

MY Woord kan nie lieg nie, die Heiliges het Heiliger geword en die bose het boser geword. Waar is MY Heiliges om te protesteer teen die sondige gruwels wat plaasvind nie alleenlik buite dit wat soos Sodom en Gomorra is nie, maar nou is daardie selfde sondige gruwels binne-in die geboue met mense wat beweer dat hulle Heilig is. Deur die sondige perverse leefstyl en ander sondige gruwels toe te laat, nie diegene te bestraf of te waarsku wat deelneem aan die gruwels nie, het julle geeste ingenooi en verwelkom soos die van Sodom en Gomorra in julle kerke en tempels in. Al diegene wat dit gedoen het EK sweer julle ken MY nie.

Julle wat MY Tien Gebooie verloën het, verwyder het wat ook die Torah genoem word, julle het bygestaan en toegekyk sonder protes terwyl ‘n tablet van steen verwyder was in Alabama sonder om ‘n gebed van protes te bid of te huil en te weeklaag of Regter Roy Moore te help op enige manier. EK sê vir julle dit; JULLE KEN MY NIE EENS NIE! EK het hierdie toets toegelaat terwyl EK hierdie diensmaagd aangesê het om die profesie te vervul in Esegiël 9. Hoe min het protes aangeteken en protesteer selfs nou. Waar is die miljoene regoor die wêreld wat MY gebooie behoort te beskerm? Slegs ‘n oorblyfsel het dit gedoen.

Julle wat MY Heilige Naam verloën het, MY Torah en aanhou leef in sonde selfs al het julle eens op ‘n tyd die gestorte Bloed van vergifnis aanvaar van MY SEUN YAHUSHUA. Omdat julle aandring daarop om te lewe in die varkekraal en satan te dien, het julle die gestorte Bloed en genade van MY SEUN YAHUSHUA onder julle voete vertrap. (Hebreërs 10:26-29). Daar is niks meer vergifnis nie, wetend dis verkeerd en toegekyk, geluister of deel gewees van hierdie sondige gruwels wat EK haat. EK spreek hierdie waarskuwing aan diegene wat beweer dat hulle MYNE is nie aan die heidene wat van niks beter weet nie. OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN MY, YAHUVEH! (1 Petrus 4:17)

EK bestraf diegene wat nie tot dieselfde GOD, YAHUVEH gebid het nie wie vuur en swael laat neerreën het op dieselfde sondes soos die van Sodom en Gomora. Julle het nie gebid dat EK, YAHUVEH, wraak neem uit die Hemel op die saad van satan terwyl dit weereens gedoen word nie. (Psalm 94:1) (Romeine 12:19) EK, YAHUVEH, is nie blind of doof nie! EK, YAHUVEH is dieselfde Skepper en MY Geliefde Seun is dieselfde MESSIAS, ONS is dieselfde God, Gister, vandag en vir ewig. ONS word nie gelykvormig aan die mens se beeld of mensgemaakte leerstellings nie ook nie aan die mens se idee van dit wat sonde is nie. EK, YAHUVEH, is Heilig en EK eis Heiligheid van hulle wat beweer hulle behoort aan MY en MY Seun YAHUSHUA. EK eis Heiligheid van al diegene wat sê “Hulle is gewas in die gestorte Bloed van MY Seun YAHUSHUA.”

YAHUSHUA was gegee as ‘n foutlose offerLam om die sondes van die mens weg te was; en tog nou doen hierdie mense wat daardie bloed geëis het, nou sondige gruwels, selfs boosheid agter die kansels. (Hebreërs 6:4-7). Bewysende hulle is nie MYNE of YAHUSHUA s’n nie maar is die saad van satan. Daar is diegene wat oorloglustiges is, hulle verbly hulle en is trots daarop om onskuldige bloed te vergiet vir gierigheid, rykdom, lande en welvaarts-onthalwe. Hierdies is ook die saad van satan. EK vra julle, “Wat is die prys van olie?” “Wat is die prys en die waarde van ‘n lewe?” (Mattheus 6:26)

Julle wat hierdie dinge doen of dit goedkeur of stilbly deur nie te protesteer of te bid teen hierdie sondige gruwels nie is ‘n lafaard en jy sal jou blyplek in die hel maak en swem vir ewig in die Poel van Vuur saam met jou regte pa satan. Want jy het gekies om satan te volg, satan geglo en ander mislei, so jy sal satan se beloning maai.

Wee Amerika. EK het gewaarsku deur hierdie diensmaagd in profetiese waaskuwings in die verlede dat Amerika sou brand as dit nie bekeer nie. EK, YAHUVEH, is ‘n God van Verterende Vuur (Deutorenomium 4:24), MY asem is vol brandende woede wat die hel ‘n vuuroond hou, daardie woede was al heeltemal te lank opgesluit. (Openbaring 18:2-24). Helaas hoe meer genade EK bewys en hoe meer tyd EK gee om te bekeer, hoe meer het hierdie wêreld vol onheiligheid geword, perversiteit, gruwels en onberou. Waar is diegene wat hulleself Heilig noem? Waar is die gebeds-bemiddelaars en vegters? Hoekom is diegene wat MY woorde van ouds en nuut voortspreek nie besig om te protesteer, te bestraf en te waarsku nie? EK het ‘n oorblyfsel wat maar o so baie min is. (Sefanja 3:13) (Amos 5:15).

Julle wat bymekaarkom om te kyk na ‘n siek ou man vol demone en hy is onder MY toorn want hy steel MY eer en moedig die mense aan om hom te aanbid, te buig voor hom, sy hand te soen, ‘n hand gemaak van blote stof en neer te buig voor loutere afgode. Miljoene luister en strewe na gehoorsaamheid aan een wat homself ‘n pous noem. Julle wat julself Katolieke noem EK beveel julle nou, vlug uit die kerke van Babilon uit. MY Torah bevele sê duidelik, “jy mag geen ander gode hê voor MY nie” (Eksodus 20:3) Wie julle Skepper is en tog het hoeveel hierdie gedoen. Julle noem julleself MYNE tog ken julle MY nie eens nie as julle nie vlug nie, is die hel en die Poel van Vuur wat julle sal sien.

Moenie mislei word nie EK weet wie MY skape is en wie is van satan se saad, ook die bokke genoem. MY skape wei slegs waar die Goeie Herder YAHUSHUA hulle heen lei na groen weivelde. satan se bokke, sy saad sal enige iets eet, sluk enige vals leerstellings of leuens.

satan saai sy eie saad van rebellie en ongehoorsaamheid binne-in die bokke daag alles uit wat Heilig is en daag alles uit wat waarheid is, verdraai MY Heilige Skrifte om gelykvormig te word aan die mens se siek bedorwenheid, weerleggend, verwerpend en herskryf MY Torah en bevele. satan se saad doen dieselfde sondes wat daar was in die begin voor die grondlegging van die aarde toe julle siele gevorm was in die Hemel.

EK, YAHUVEH, wat julle siele geskape het het geweet wie MY sou volg, liefhê, gehoorsaam en aan MY lojaal sou wees. (Jeremia 1:4-5). EK, YAHUVEH, het geweet wie in rebellie sou volg en MY gesag en heerskappy begeer. (Johannes17:12)
Soos satan voor die grondlegging van die wêreld geveg het om god te wees (Jesaja 14:12-15) het hy sy saad nou oorreed hulle is die gemanifesteerde seuns van God, gelyk aan YAHUSHUA in elke opsig. Indien enige iemand vergeet alleenlik deur YAHUSHUA se Naam en gestorte Bloed kan enige iemand toegang kry tot MY, YAHUVEH. Hoeveel was mislei want hulle vergeet EK het al diegene ingeënt wat EK nou Heilig noem. (Romeine 11:13-36). Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van MY, YAHUVEH, behalwe Een SY Naam is YAHUSHUA. Dit is alleenlik as gevolg van Johannes 3:15-21.

Al die siele wat MY, YAHUVEH, verraai het in die geveg voor die grondlegging van die aarde het en sal MY, YAHUVEH, weer verraai. Dit is hoe EK, YAHUVEH, vooraf bepaal en geweet het wie se name gevind sou word of nie gevind sou word in die Lam se Boek van Lewe nie (Openbaring 17:8). Wanneer die 3 boeke oopgemaak word waar sal jou naam gevind word? Sal dit wees in die boek van verlossing, die boek van die uitgewistes, (Eksodus 32:32-33) (Openb. 3:5) of in die boek van die verdoemdes? Nou kan julle MY Heilige Skrif verstaan wat sê ‘julle almal werk julle eie heil uit met vrees en bewing’ (Fil. 2:12).

Reinkarnasie is ‘n leuen van die vader van alle leuens. Jy gaan nie dood en hou aan terugkom aarde toe in ander lewens totdat jy geskik is vir die Hemel nie. Soos die Heilige Skrifte sê ‘die mens is bestem om eenkeer te sterf en daarna die oordeel’ (Hebreërs 9:27). Elke siel het alreeds daardie keuse gemaak voor die grondlegging van die aarde gevorm was. Hetsy julle getrouheid was aan MY, YAHUVEH, of aan satan die vader van alle leuens. Die eerste leuen wat satan vertel het was dat satan sou word soos EK, YAHUVEH, en MY outoriteit sou hê. ‘n 1\3 van alle engele het hierdie leuen geglo saam met ‘n menigte siele wat kante gekies het. Want binne-in elke siel het EK hulle die gawe van ‘n vrye-wil gegee. (Openbaring 12:4-9).

Terwyl EK satan geoordeel het wie se naam Lucifer was, het ek ook geoordeel en verdoem en die vonnisse uitgedeel nie alleenlik aan Lucifer nie maar al sy gevalle engele en alle siele wat MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA verraai het. Die siele wat lojaal was aan MY, YAHUVEH, voor die grondlegging van die aarde asook die siele wat MY, YAHUVEH, verraai het het EK na die aarde gestuur deur die saad van Adam en Eva. satan was ook neergewerp. satan wou weer MY skepsels draai teen MY, beide mens en dier. Weereens het MY Kinders verontagsaam en gerebelleer teen hulle liefdevolle Vader. satan se motief was om MY, YAHUVEH uit te lok tot so ‘n woede dat EK sou vernietig wat EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA, so liefdevol geskape het, maar in plaas daarvan na die val van Adam en Eva het MY eie geliefde Seun YAHUSHUA homself geoffer as ‘n verlosser, om gebore te word as ‘n mens geskape alleenlik deur MY, YAHUVEH bonatuurlik.

YAHUSHUA het soos ‘n Tweede Adam geword met vlees en bloed, maar terwyl Adam sonde in die wêreld ingebring het, het MY HEILIGE BLOED IN YAHUSHUA die sondes weggewas en die begeerte om te sondig weg van almal wat MY Geskenk aanvaar het, wat EK, YAHUVEH, gegee het by Golgota. Slegs die siele voor die grondlegging van die aarde, wat toe lojaal was teenoor MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, sal aanneem, liefhê, gehoorsaam, en onheiligheid beveg en veg teen satan en al hierdie gruwels nou.

Die siele wat geskape was voor die grondlegging van die aarde, wat Lucifer gevolg het in rebellie teen MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en MY Leërskare van MY Heilige Engele, (Openbaring 12:9) was ‘n keuse gegee op daardie tydstip voor die grondlegging van die aarde, maar wanneer gebore op aarde was die keuse van daardie siele reeds gemaak. Die siele wat Lucifer toe gevolg het het geen ander keuse as om satan weer op die aarde te volg nie en te maai wat satan gesaai het. Dit is die oordeel van die mens.

Redding was alreeds vooraf bepaal. Die verworpeling sal verworpeling bly vir ewig. (Jeremia 6:27-30) sê duidelik EK, YAHUVEH, noem hulle verwerpte silwer, hulle is soos metaalskuim of lood, dooie gewig. Die siele wat MY, YAHUVEH, nie aanbid en gedien het, voor die grondlegging van die aarde nie, sal geen begeerte hê om MY, YAHUVEH, te dien op die aarde nie.

Net soos die bose Farao alhoewel oor-en-oor ‘n kans gegee is en nie kon bekeer en wegdraai van die bose nie want EK, YAHUVEH, het sy hart verhard soos sy siel MY verraai het voor die grondlegging van die aarde. (Eksodus 7:13) Nou kan julle verstaan hoekom het EK Jakob liefgehad en vir Esau het EK gehaat; (Romeine 9:13) (Maleagi 1:3) saam met Goliat, Agab, Jezebel, Judas, Ananais en Sapphira (Handelinge 5:1-10) net om voorbeelde te gee van wie gebore was vir vernietiging. Die besluit wat hulle op die aarde gemaak het was reeds in die Hemel gedoen toe die oorlog tussen goed en kwaad die eerste keer geveg was. Die besluit van elke siel wat op die aarde gebore word word in-gebore in elke baba gebore op die aarde.

Julle loop bo-op die hel en alhoewel die hel gemaak was vir satan en sy engele wat gerebelleer het teen MY, YAHUVEH, (Mattheus 25:41). Het EK, YAHUVEH, die Skepper van julle siele alreeds geweet of julle sou aansluit by hierdies in die hel. (2 Petrus 2:2-10) en of julle jul blyplek sou maak in die Poel van Vuur met satan, die vals profeet en die anti-messias. (Openbaring 19:20) (Openbaring 21:8) en al satan se saad wat hom voor die grondlegging van die aarde gevolg het. Nie een siel wat geskape was voor die grondlegging van die aarde wie se name reeds opgeskryf is in die Hemel sal verlore gaan nie net soos YAHUSHUA dit gestel het in die Heilige Skrifte.

Enige iemand wat nie vir YAHUSHUA erken as GOD/MESSIAS nie die enig verwekte Seun van YAHUVEH die Vader God Skepper van alles nie, het daardie besluit gemaak voor die grondlegging van die aarde en hulle gedagtes en harte kan nie verander word nie. Ongeag op watter godsdiens julle aanspraak maak, slegs die siele wat nie MY Seun YAHUSHUA en vir MY, YAHUVEH, verraai het voor die grondlegging van die aarde nie sal gered word van die hel en die Poel van Vuur. Al die ander is verworpelinge en sal in dieselfde lot deel of is reeds in die hel. NOU is die tyd van redding.

Terwyl jy hierdie lees is daar ‘n salwing soos geen ander wat EK, YAHUVEH, gegee het aan enige iemand tot dusver nie. Lees hierdie hardop en die skille sal van jou oë afval, geestelik sal jou dowe ore geopen word. Nie langer sal julle in staat wees om ‘n vorm van Goddelikheid te hê sonder enige Goddelikheid van binne en ander te mislei, as julle MY, YAHUVEH, hoor en hierdie profetiese boodskap glo nie. Die besluit wat jy gemaak het voor jy op die aarde gebore was sal voor almal gemanifesteer word. Dit is ‘n waarskuwing aan almal goed en sleg.

Die siele wat in die geveg was voor die grondlegging van die aarde wat begin het om te veg aan die kant van Heiligheid teen Lucifer en sy 1\3 van engele en toe Lucifer se leuens toegelaat het om hulle siele binne te dring, ook hulle het MY, YAHUVEH, verraai. (Openbaring 13:8).

Hulle betaal nou die prys want hulle name is geskryf in die boek van die uigewistes, verraaiers eers in die Hemel en nou op aarde. Hierdie mense begin om MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA te volg gelowig aan die bybel, gehoorsaam aan MY Bevele, MY Torah en dan alles te verlaat wat Heilig is. Hierdie siele was gevorm en binne-in ‘n menslike liggaam geplaas en is verdoem om satan se beloning te maai van die hel en die Poel van Vuur.

Elkeen wat nou hier lees hoor dit, EK, YAHUVEH, beveel jou om hierdie te deel met al die mense wat jy ken, om hulle te verseker, nie een persoon wie se naam in die Lam se Boek van Lewe geskryf is sal die dier aanbid of die Merk van die Dier aanvaar nie! (Openbaring 13:15-17). Nie een persoon sal EK, YAHUVEH, verloor aan satan en sy koninkryk nie! Nie enige wat lojaal was aan MY, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA in daardie groot geveg voor die grondlegging van die aarde sal hel toe gaan of na die Poel van Vuur nie. Net soos EK YAHUVEH MY Seun YAHUSHUA gestuur het om MY geliefde kinders te red van die sonde veroorsaak deur Adam en Eva. Sal EK, YAHUVEH, weereens MY Geliefde Seun, YAHUSHUA, stuur om MY Lojale, Heilige Kinders te red. Kyk op kinders, al spot en skimp die wêreld kom julle redding waarlik nader. (Lukas 21:28).

Geliefdes, hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Julle is net reisigers wat deurbeweeg. Julle herehuise, skatte en belonings wag vir julle in die Hemel. Gaar nie, aardse skatte op wat julle nie saam met julle kan neem nie, maar stoor hulle in die Hemel, laat julle pakhuise vol wees in die Hemel. (Mattheus 6:19-20) (Maleagi 3:8-12) So, Kinders, terwyl julle hierdie wêreld verteer sien word deur MY, YAHUVEH, ‘n God wat ‘n Verterende Vuur is (Hebreërs 12:29). Weet dit, dit is die Lewende Water, (Johannes 4:10), die Naam en die Bloed van YAHUSHUA wat julle sal beskerm teen die vuur van MY Woede. Weet dit Kinders, dit is alleenlik die Naam en die Bloed van YAHUSHUA wat julle wegsteek en net as julle YAHUSHUA aanbid en dien en daarna strewe om gehoorsaam te wees. EK is YAHUVEH en sal nie bespot word nie.

California, Phoenix Arizona, Montana, Kanada en regoor die wêreld het julle die hitte gevoel van MY Woede op die een of ander manier. Hoekom stel julle nie jul Skepper en Verlosser eerste in julle lewe en liefde nie? Hoekom het julle jul huise liewer as die Skepper wat vir julle jul huise, lande, rykdom en besittings gegee het? Besef julle nie net hoe die vure gekom het nie maar hoe baie lewens EK gespaar het, as gevolg van MY genade en liefde nie? Hierdie is net ‘n voorsmakie van dit wat gaan kom voor die Groot Verdrukking. Kry julle prioriteite nou reg voor dit te laat is. (Deuteronomium 9:3)

Nou ervaar hierdie wêreld en die mense geboorte pyne. Die aarde het smarte in pyn terwyl die grond sidder en bewe voor EK, YAHUVEH, geboorte gee aan die Groot Verdrukking wat anders sal wees as enige verskrikking nog gesien. (Mattheus 24) (Markus 13:8). Nie een siel voor die grondlegging van die aarde wat MY, YAHUVEH, toe verdedig het sal EK versaak nie. MY groot woede is vir my vyande, soos dit toe was sal dit weer wees.

Julle wat stilbly in die Kerke, Julle wat kerkbank verwarmers is en dienste gereeld bywoon, julle wat psalms en gesange sing vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en julle haal Heilige Skrifte aan en nog steeds beveel julle nie julle geestelike leiers om uit te spreek en protes aan te teken teen hierdie sondige gruwels nie. Julle sien hulle wat hulself biskoppe, pastore, geestelike leiers, politieke leiers en Christelike musikante noem die siele op ‘n dwaalspoor lei deur niks te doen om protes aan te teken nie, selfs nie eers deurnag gebeds bemiddeling te hou nie. Aborsie is moord! Homoseksualiteit is ‘n gruwel! Julle wat julself MYNE noem, julleself Heilig noem en tog nie ander waarsku nie, EK hou julle aanspreeklik sowel as julle geestelike leiers. Julle het te lank stilgebly.

Julle wat julself Geestelike leiers noem maar in MY oë is julle geheel en al geen leier nie omdat julle julself verkoop het aan die hoogte bieër soos ‘n alledaagse hoer terwyl julle die belasting vrye omkopery vat en die Regering toelaat om julle te muilband. Jy het ‘n verraaier en ‘n lafaard geword. Moet EK julle herinner in die Boek van Openbaring waar lafaards en verraaiers op-eindig? Pasop gemeentes die Gees van die Pastoor of die Geestelike leier is die Gees van die Kerke en Tempels. Julle met geestelike ore om te luister en geestelike oë om te sien was die gawe gegee van onderskeiding. EK, YAHUVEH, gee nou vir julle die bevel om uit te spreek voor dit te laat is en julle vryheid van spraak heeltemal weggeneem word.

Hoekom betoog, boikot of protesteer MY Heilige mense nie luidkeels wanneer lesbiese musikante die gees van homoseksualiteit propageer nie gemik op die jeug van hierdie wêreld? Met ‘n oopmondsoen tussen Britney Spears en Madonna, spottenderwys ‘n soen genoem wat gevoel en gehoor was regoor hierdie wêreld. Erken julle nog nie die saad van satan nie? Is dit wat julle jul Kinders wil laat word?
Daar was ‘n ander soen lank gelede gevoel en gehoor regoor hierdie wêreld en dit was toe Judas vir YAHUSHUA op die wang gesoen het. So satan gebruik ‘n soen om weer te spot en waar is die Heilige mense om hardop uit te skree en te protesteer? (Levitikus 18:22) (Romeine 1:24-32).

Waar is die Heilige mense wat EK, YAHUVEH, oorvloedig geseën het met die rykdom en besittings van hierdie wêreld? Wie sal die klein oorblyfsels help soos hierdie diensmaagd wat die basuin blaas? Wie sal bymekaar kom op hierdie muur? Onthou julle sal aanspreeklik gehou word vir dit wat julle doen met die seëninge, talente en gawes wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het.

satan gee rykdom aan sy dienaars wat sy saad is om die menigtes van mense te mislei. Waar is MY Heiliges wat EK oorvloedig geseën het? Hoekom staan julle nie op vir ‘n tyd soos hierdie nie? Hoekom vat julle nie hande met hierdie Bediening en ander Bedieninge wat EK, YAHUVEH, as MY mondstukke gebruik nie? Verstaan julle nog nie dat EK, YAHUVEH, julle geseën het met julle beroepe, julle rykdom, besittings en gronde, huise, vir dit om nie net gebruik te word vir julle behoeftes nie maar ook vir die Koninkryk van die Hemel se Eer, om voort te spreek, te veg, te bestraf, en alles wat onheilig is te waarsku.

EK, YAHUVEH, gee julle nie die rykdom, grond en besittings om julle skatte op te bou op die aarde waar vure, vloede, aardbewings, orkane, tornados, vulkane en diewe dit in sekondes kan wegneem nie. EK vermaan julle nou, om julle inkomste en besittings te gebruik om MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA die lof, eer en heerlikheid te bring. Bou op julle skatte nie op die aarde nie, maar in die Hemel want EK waarsku julle nou, besef julle nie hoeveel wat nou hier lees, indien jy dit sou maak Hemel toe, sal uitvind in die Hemel sal dit wees asof jy bankrot was, julle store en kluise is leeg.

Aan diegene wat miljoene aan liefdadigheid gee in julle naam, vir julle eer en belasting ontheffings; geen belonings wag in die Hemel vir julle as julle dit nie in YAHUSHUA se naam doen nie, as jy dit nie doen as kind van YAHUSHUA nie. Jou goeie werke volg jou net Hemel toe slegs nadat jy YAHUSHUA aanvaar as MESSIAS, en jy daarna strewe om gehoorsaam te wees aan HOM en HOM eerste lief te hê in jou lewe en slegs wanneer jy dit doen vir YAHUSHUA se eer en terwille van die Koninkryk van die Hemel sal dit staande bly.

Aan al diegene wat heidene is en YAHUSHUA weier as MESSIAS, weier om MY Tien Gebooie te gehoorsaam, enige goeie werke wat julle doen ongeag hoeveel miljoene julle gee, dit sal nog steeds nie vir julle ‘n woning in die Hemel koop nie. Weer sê EK julle goeie werke sal nie meer onthou word nie en julle sal in die hel bly saam met die arm heidene.

EK het vir hierdie diensmaagd wat voortspreek ‘n belofte gegee en ‘n kykie van haar belonings. Nou gee EK dieselfde belofte aan julle wat vennote is in hierdie Bediening, arbei saam met hierdie bediening terwyl julle jul tiendes en offerandes saam met hulle offer is hierdie ‘n herinnering oor waar julle jul skatte opgaar. Almal van julle sal bymekaar staan en dieselfde belonings deel in die Hemel.

Die grootste beloning wat EK gewys het vir MY Apostoliese profetiese diensmaagd Apostel Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] in ‘n visioen sal die ontmoeting en die omhelsing wees van al die siele regoor die wêreld wat geseënd was deur hierdie bediening en die geheime waarhede aangehoor het wat EK, YAHUVEH, onthul het.

Het jy nie gewonder hoekom jy al soveel keer aan ander getuig het van die reddende bloed van YAHUSHUA en jy geweet jy praat onder die salwing en gesag van YAHUSHUA en tog was jy verwerp, beledig en gespot nie? Nou verstaan jy op ‘n manier wat jy nie voorheen verstaan het nie. Julle sien ‘n man op die punt om ingehuldig te word voor die wêreld (02/11/2003) spog hoe hy ‘n homoseksueel is en trots is daarop. Julle sien hom opgestel word as geestelike leier agter ‘n kerk kansel maar EK, YAHUVEH, sê dit vir julle, almal wat hierdie gruwel goedkeur, almal wat stilbly of hulself selfs net benoem onder daardie denominasie se naam, jou naam sal nie gevind word in die Lam se Boek van die Lewe nie. Dit was reeds voortbestem lank gelede. (Levitikus 18:22).

EK, YAHUVEH, het eerste Adam en Eva geskape, as manlik en vroulik en hierdie is ‘n bespotting van die huwelik en EK, YAHUVEH, sal nie bespot word nie. Al julle mense, pastore, geestelike en politiese leiers wat stilbly of MY wette verander sal die woede van YAHUVEH voel op ‘n manier wat julle nog nie voorheen geken het nie. Moenie mislei word nie dieselfde geslag huwelike het EK nie bepaal nie. Hoe lank sal julle aanhou om MY, YAHUVEH, te tart Amerika? Wee, Wee, Wee oor jou, Amerika. Julle het gedoen en sal doen wat geen nasie op die aangesig van hierdie aarde nog gedoen het nie. Het EK, YAHUVEH, nie deur hierdie diensmaagd Elisabeth [Elisheva], geprofeteer nie Amerika, EK, YAHUVEH, hou die ergste vir laaste, vir julle. California, voel jy nie die hitte van MY woede terwyl EK, YAHUVEH, die vure met MY asem aangestook het en vlamme oor julle geblaas het nie? Phoenix, Arizona het EK, YAHUVEH, nie deur MY Profete gewaarsku julle sou brand nie, steeds hoe min het bekeer.

Julle politieke leiers maak wette uitdagend teen MY, YAHUVEH, weereens. Selfs terwyl hierdie neergeskryf word debatteer hulle wanneer om die woord God af te haal van julle geldeenhede, sweer plegtig en herskryf die konstitusie, terwyl hulle MY 10 Gebooie verwyder uit die publieke oog. Almal wat dit gedoen het of nie protes aangeteken het of nie gebid het en hierteen geweeklaag het nie, weet dit, julle was getoets soos in Esegiël 9. EK, YAHUVEH, het die Tien Gebooie geskryf in ‘n klip-tablet, nou is julle harte so verhard soos klip. Julle was ‘n rebel voor die grondlegging van die aarde en julle het nie verander nie. Al diegene wat nie ween en protesteer teen aborsie nie, julle is ook ‘n rebel en het nie verander nie. En kan alleenlik verander afhangende van die keuse wat julle gemaak het in die geveg tussen goed en sleg voor die grondlegging van die wêreld.

Al diegene wat homoseksualiteit propageer, spog, pronk, deelneem of ander leer dat dit maar net ‘n ander leefstyl is, ander leer dat hulle so gebore is, hierdie is ‘n leuen van satan en julle wat weier om te bekeer julle is ‘n rebel en julle het nie verander nie. Julle sal maai wat julle gesaai het voor die grondlegging van hierdie wêreld. (Romeine 1:24-32).

EK is YAHUVEH, die Skepper van die skepping. Julle rebelle wat soos ‘n Judas is, julle rebelle aanbid die skepping en aanbid geskape voorwerpe. Julle rebelle weier om gehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA voor die grondlegging van die aarde en nou weier julle om aan YAHUVEH en YAHUSHUA gehoorsaam te wees vandag.

EK, YAHUVEH, het ‘n waarskuwing vir al die politieke en geestelike leiers wat weier om uit te spreek teen en te stem teen dit wat julle weet My Heilige Skrifte Veroordeel as gruwels en sonde. Julle het ‘n kompromie aangegaan met satan. Julle het MY, YAHUVEH, verraai voor die grondlegging van die aarde en julle verraai MY, YAHUVEH, nou. Neem julle gemak nou in jul rykdom en besittings want dit is waarlik die enigste gemak wat julle ooit sal hê in alle ewigheid. Julle volgende bed sal in die hel wees en dan in die Poel van Vuur waar wurms julle lakens sal wees en maaiers julle komberse.

Julle wêreldse musikante satan het aan julle die gawe gegee om mense te mislei in dit wat musiek genoem word. EK, YAHUVEH, het sommige siele geseën wat EK geskape het met ‘n pragtige stem en musikale talente. Toe EK hierdie gawe gegee het het EK dit bedoel om ‘n seën te wees vir MY, YAHUVEH, toe verraai julle MY, YAHUVEH, voor die grondlegging van die wêreld en nou gebruik die meerderheid hierdie gawes om satan te eer, om siele in ‘n geestelike slaap in te sus, om demoniese geeste diep binne-in te plant en om mense op ‘n dwaalweg te lei met ‘n hipnotiese stem en ‘n sataniese ritme.

Sommige van julle wat julleself musikante noem besef nie eers wat satan besig is om te doen nie en hoe satan jou gebruik het nie. As jy nie bekeer nie sal jy dans op die deuntjie van satan se voete en saam met hom sal jy gemartel word in die poel van vuur wat o so diep is. Die lyding kan jy nie eers begin begryp nie.

‘n Waarskuwing aan die meeste akteurs en musikante, julle het jul siele verkoop vir satan se belofte van roem en rykdom en julle het satan se kontrak geteken en ‘n ooreenkoms gemaak. Nou julle sondige leefstyle vir die wêreld pronk julle jul liggame, spog en ontbloot en homoseksualiteit probeer julle nie eens langer wegsteek nie. Spot nou betaal later want julle sal MY, YAHUVEH, se Groot woede baie spoedig voel.

Weet dit ganse menslike skepping, weet dat EK, YAHUVEH, en MY Geliefde Seun YAHUSHUA, by ONS Trone sal ALMAL buig en kniel. Alle siele was geskape en getoets op dieselfde tyd. Slegs die siele wat lojaal was en geveg het teen Lucifer voor die grondlegging van die wêreld dra nou die verlossings seël. Hierdie is die waarheid wat EK MY Dogter en diensmaagd gebruik om te onthul, wat satan probeer wegsteek en verseël het. Al diegene met geestelike ore om te hoor en geestelike oë om te sien sal MY, YAHUVEH, se stem hoor want julle is MY skape. Julle sal nie langer verblind wees vir die waarheid nie. Alle siele wat eens soos rebelle was sal weer wees en geestelik blind en doof bly en aanhou om satan se pad te volg deur satan se leuens te sluk.

Aan die van MY Kinders wat gebid en gehuil het en gewonder het hoekom EK, YAHUVEH, hierdie gruwels toegelaat het EK herinner julle weer Oordeel begin by die huis van MY, YAHUVEH. Bestudeer Esegiël 9, watter een is jy? Die goed-teen-kwaad-geveg word weer afgespeel op die aarde soos dit gedoen was in die Hemel voor die grondlegging van die aarde. Elke geskape siel was getoets.

Aleenlik as jy lojaal was met die geveg met Lucifer sal jy MY Seun, YAHUSHUA, nou op die aarde aanvaar as MESSIAS/God. Die eerste geveg was in die Geestelikes-ryk in die Hemel, nou beveg julle satan en sy dienaars nou op aarde met gebruik van YAHUVEH en YAHUSHUA se geestelike wapens wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het in die Naam van YAHUSHUA deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA.

EK, YAHUVEH, het MY Heiliges gestuur om te veg bo-op die hel, om te veg teen satan en alles wat onheilig is. Om ‘n getuie te wees vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Heerlikheid en om te bewys dat MY Kinders meer as oorwinnaars is deur YAHUSHUA ha MASHIACH die Naam en die Bloed van MY enigste Verwekte Seun. Baie sê hulle gee om maar hoe min bewys hulle gee om. EK het hierdie vir MY diensmaagd gesê toe sy gebid en MY gevra het hoekom die meerderheid mense wat sê hierdie Bediening en die profesieë en lering wat EK, YAHUVEH, voortspreek is ‘n seën en tog doen baie van hulle niks om die swaar las te verlig of om ‘n seën te wees op enige manier nie.

Ek spreek dit weereens deur haar; julle moet aksie agter julle woorde sit. Julle moenie net sê julle gee om nie, maar bewys julle gee om. Bestraf en waarsku diegene wat gruwels doen en bemin en ondersteun diegene wat aksie agter MY Heilige woorde sit. Geloof sonder werke is dood. Wee ‘n Skepping wat nie die Skepper van alles aanbid nie. Slegs die Pottebakker het die gesag om SY klei werktuie te vernietig. Sommige werktuie was geskep om Eer aan MY te bring; sommiges is slegs geskik vir vernietiging. Kyk om julle, selfs die son ontplof met MY vurige woede soos nooit vantevore nie.

EK het MY Heilige Engel gestuur na hierdie diensmaagd maande gelede met hierdie profetiese boodskap. Terwyl MY Heilige engel dit aan haar dikteer het staande langs haar bed, het sy hierdie profetiese boodskap neergeskryf waar EK ‘n geheim gedeel het nog ongeken tot nou . MY Heilige Engel het vir haar gesê nou is nie die regte tydstip om hierdie boodskap vry te stel nie dit was vir ‘n vasgestelde tyd nou is die tyd om dit wat versteek was te onthul. EK vertel MY geheime aan MY Apostels en Profete en aan almal wat luister.

EK, YAHUVEH, het dit verseël terwyl sy nie haar eie handskrif kon lees nie, behalwe die gedeelte wat is, ‘MY grootste weermag is nie geregistreer op die aarde nie maar is geregistreer in die Hemel!’ (Openbaring 4:8, 11:17, 15:3, 16:7) Hierdie diensmaagd word uitgestuur en vrygestel nou, soos Esegiël 9 om te seël met hierdie woord aan diegene wat gemerk is met die seël van beskermimg en die fyn linne klere wat gedra word staan vir die geregtigheid van MY Seun YAHUSHUA. Die voor-af bepaalde dag is die dag voor ‘n homoseksuele uit die hel bestem word as ‘n biskop in die Episcopalian Kerk. EK spreek hierdie geheime en waarsku weereens kom uit die kerke van Babilon uit, vlug uit die kerke van Babilon.

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 01/11/03
11:15 voormiddag tot 2:45 namiddag. Gegee aan hierdie Diensmaagd Kind van YAHUVEH en YAHUSHUA op ‘n Sabbatdag (Sat.) gedurende ‘n vas het ek wakker geword biddende en die woord het onverwags voortgekom.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)