Profesie 87, Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat EK, YAHUVEH, Te Sê Het!

Profesie 87

Israel, O Israel, Hoor O Israel,
Jerusalem En Die
Res Van Die Wêreld,
Wat EK, YAHUVEH, Te Sê Het!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
27 Augustus 2006
* * * * * * *

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel om dit op alle Profesieë by te voeg van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******
“Sh’ma Yisrael” Deut. 6:4
“Hoor, Yisrael, YAHUVEH is ons ELOHIEM,YAHUVEH is een”
Geseënd is SY Glansryke Koninkryk vir altyd en ewig.

Profesie BEGIN

Hoor o Geliefde Israel, Jerusalem en die res van die wêreld. Kan julle nie jul Skepper hoor huil en wroeg oor hoe ver julle van MY Heiligheid afgedwaal het nie? Julle kan nie sê julle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie want o Israel en Jerusalem het EK nie MY Torah op julle harte geskryf nie en het EK julle nie beveel om die Torah wette vir julle kinders te leer nie? Is julle nie die saad van Abraham, Isak en Jakob nie? Het julle nie enige iets geleer van julle Koning Dawid en van Josua nie? So wat is julle verskoning?

Watter verweer het julle om die gruwels toe te laat soos homoseksuele propaganda gemik op julle jeug om hulle te verdorwe. Hoekom verwelkom julle wat EK ‘n gruwel noem en ‘n bespotting van die huwelik? Maak julle aanspraak op onkunde teenoor MY Tanakh? Verstaan julle nie hoe julle ‘n skande bring oor alles wat Heilig is deur hierdie verdorwenheid toe te laat om in te kom in dit wat eens op ‘n tyd die Heilige Stad genoem was nie?

Vir die van julle in Israel en Jerusalem wat wel huil en weeklaag vir die boosheid wat gebring was na Israel toe en julle het jul bes gedoen om te protesteer, weet dat EK julle sal beloon in die mate wat julle protesteer teen die homoseksuele gees en die bose gees van Molech genoem aborsie. Hoekom o Israel vermoor julle eie vroulike soldate die onskuldige babatjies terwyl binne-in hulle baarmoeders in plaas daarvan om eerbaar te bly? Verstaan julle nie EK sal julle nie seën nie totdat julle gehoorsaam en bekeer en wegdraai van jul bose weë en Heilig is vir MY, YAHUVEH?

O Israel en Jerusalem, waar is die vrees, gehoorsaamheid, eerbied, Heilige ontsag wat julle voorvaders Moses, Abraham, Isak, Jakob, Josef, Dawid en Josua gehad het? Is dit nodig dat EK aangaan? O manne van Israel, hoekom dink julle jul militêre krag maak van julle dapper helde? Verstaan julle nie dit is julle geregtigheid deur MY SEUN YAHUSHUA wat sal maak dat EK jul oorloë sal veg en dat julle sal oorwin nie?

O Vroue van Israel en Jerusalem, waar is die Heilige werktuie wat MY, YAHUVEH vrees, meer as wat julle vees wat mans sê? Waar is die vroue van Israel met die Heiligheid en gehoorsaamheid en geloof soos ‘n Sarah, Deborah, Rut, Ester of Miriam? Hoekom word die Delila’s en die gees van Jezebel toegelaat om te besmet wat veronderstel is om Heilig te wees? Weet julle nie dat een van MY Twee Getuies ‘n gees sal hê soos Deborah s’n nie wie ‘n Regter was oor die hele Israel.

Hoe kan julle waag om MY te vra om Israel en Jerusalem te seën totdat julle staan vir Heiligheid? Kan julle nie sien EK is redelik in alle weë nie; EK is Almagtig in liefde en in oorlog. EK seën diegene wat gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en EK vervloek diegene wat verontagsaam. Kan julle nie sien dit is in julle eie Torah en Tanakh geskryf nie daar is heilge salwings krag in MY NAAM, wat YAHUVEH is? Sê MY Woord nie in Psalm 91 “EK sal hom verhef, omdat hy MY naam ken nie”? Hoekom ondersoek julle dit nie self en tel hoeveel keer EK seëninge uitgespreek het oor diegene wat MY HEILIGE, HEBREEUSE NAAM ken en gebruik nie? Hoekom het julle die “Rabbi’s” toegelaat om hierdie seën te steel by julle? Dit is nie hoe dit altyd was nie. Watter liefdevolle Vader steek sy naam weg vir sy kind?

MY Naam is YAHUVEH en dit maak nie vir MY saak hoe julle dit spel of uitspreek nie, solank julle erken MY Naam het “YAH” daarin en so ook het MY SEUN die enigste MESSIAS SY Naam is YAHUSHUA dit maak nie saak hoe julle dit spel nie solank julle MY Naam “YAH” daarin hou. ONS Naam is nie net ‘n titel soos HaShem of Here of Adonai nie. MY Naam is bo alle name en dit is YAHUVEH. Neem terug wat die “Rabbi’s” van julle gesteel het. Julle gebruik MY Naam ydelik wanneer julle dit spel as G-D of dit afkort as YHVH of YHWH want hoe word daardie uitgespreek? Jy het ‘n naam, wat laat jou dink dat EK jou Skepper nie ‘n naam het nie? Wanneer jy bid noem MY op MY Naam, YAHUVEH. Diegene met geestelike ore sal hoor alle ander sal doof bly.

O Israel, hoekom gehoorsaam julle nie die wette wat vir julle neergelê was op die Berg Sinai nie. Het EK julle nie apart gestel vir MY heerlikheid nie? Het EK julle nie liefdevol beskerm teen die plae en vloeke wat oor julle vyande gekom het nie? Het EK julle nie veilig oor die Rooisee gebring, deur dit te skei en julle vyande, die Egiptenaars te laat verdrink nie? Is julle ooit gepla om te tel hoeveel wonderwerke EK ter wille van julle gedoen het? O Israel en Jerusalem, dink julle EK hou daarvan om julle te slaan om julle aandag te kry? Daar is niemand soos julle nasie op die aangesig van hierdie aarde nie. EK het julle soveel geseën, maar hoe het julle jul Skepper geseën en gehoorsaam? Keer terug na MY toe o Israel sodat EK julle oorvloedig kan seën. EK kan nie enige iemand seën wat in rebellie is nie. Kies julle vandag watter ELOHIM julle sal dien!

O Israel, hoe bedroef is MY hart EK is YAHUVEH, EK is die ELOHIM van Israel al was julle soos ‘n uitdagende rebelse vrou. Julle doen die teenoorgestelde van wat EK julle voorvaders, Moses, Abraham, Isak, Jakob, Dawid en Josua beveel het wat MY Wil eerste gestel het om die gebooie te gehoorsaam gegee aan Moses op die Berg Sinai. Julle Koning Dawid het oorwinning gehad in die gevegte, so ook het Josua want hulle het geweet dit was nie deur hulle mag nie, ook nie deur die getalle en krag van hulle vegters en wapens nie. Die oorwinning het gekom omdat hulle MY, YAHUVEH, se Wil eerste gestel het. Hulle het na MY toe gekom met berouvolle harte, vas, gesalfde gebed, aanbidding en lofprysing. Hulle het geweet die vyande was oorgelewer in MY hande. Hulle het geweet hulle was gebruik om te veg in die gevegte maar dit was EK, YAHUVEH, wat die oorloë gewen het vir MY Lof, Eer en Heerlikheid alleen!

O Israel, julle het alle reg om julself te verdedig maar tot julle skande, maak julle nie meer staat op MY wapens van oorlog nie. Julle sal omring word aan alle kante want julle maak staat op ‘n Judas genaamd Amerika vir julle Wapens. Julle moet verstaan, EK is YAHUVEH, en EK sal nie gespot word selfs deur Israel nie. Ja, EK het ‘n verbond met Abraham gesluit om Israel te beskerm en te seën maar eerstens moet julle ‘n seën wees vir MY. Julle moet julle deel doen en MY gehoorsaam voor julle in MY seëninge kan wandel van Deut. 28.

EK, YAHUVEH, seën diegene wat ‘n seën is vir MY, YAHUVEH en YAHUSHUA. EK kan nie die opstandiges seën nie. EK moet diegene tug wat EK liefhet anders kan EK nie sê dat EK julle liefhet nie. EK rou oor dit wat EK moet doen want net ‘n oorblyfsel van Israel sal gered word. O Israel, julle straf julle vyande veel meer as wat EK bestem het, want julle vergeet dat Abraham voor MY aangesig is en herinner MY dat julle vyande ook die saad van Abraham is deur Ismael. Julle verloën MY SEUN YAHUSHUA se Heilige Reddende Bloed wat Jerusalem se grond deurweek, net soos hulle doen.

Selfs duisende jare later bedek een druppel van YAHUSHUA se Reddende Bloed die wêreld, maar julle weier om die geskenk te aanvaar wat EK vir julle gegee het as julle Bloed Offer, groter as enige dierebloed offer. EK het nie net toegelaat dat MY geliefde SEUN YAHUSHUA gekruisig word vir die sondes van hierdie wêreld en om te sterf en begrawe te word in ‘n graf nie. EK het YAHUSHUA uit die dood opgewek, as ‘n teken vir Israel, nie alleenlik is daar lewe na die dood nie maar EK, YAHUVEH, het Jerusalem gekies vir YAHUSHUA om te sterf en begrawe te word op julle grond en weer op te staan. O Jerusalem, die tyd is op hande wanneer die wêreld sal sê, “Julle gaan sekerlik sterf en nie weer opstaan nie”, maar wanneer Israel BEKEER en gehoorsaam, sal EK Israel weer opwek.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld. EK, YAHUVEH, het dit gedoen vir meer as een rede. YAHUSHUA simboliseer julle wonderbaarlike geboorte as ‘n nasie soos YAHUSHUA apart gestel is vir MY heerlikheid. Israel is julle ook bedoel om apart te wees om vir MY, YAHUVEH Heerlikheid te bring veral in hierdie eind tye. EK het Lewende Water deur julle klaagmuur laat vloei gesimboliseer deur YAHUSHUA se trane toe HY in die Tuin van Getsemane was. HY het gehuil vir Jerusalem en Israel, soos EK, YAHUVEH, nou doen.

Hoor o Israel, EK berei MY Twee Getuies voor wat nou op hierdie aarde leef en wie binnekort weggevoer sal word Hemel toe en weer sal terugkeer toegerus met nuwe salwings Kragte uit die Hemel en ‘n Verheerlikte Liggaam, nie langer onderhewig aan die gebondenheid van ‘n fisiese liggaam nie. MY Twee Getuies sal weer na julle toe kom met tekens, wonders en wonderwerke, MY, YAHUVEH se Naam en Heerlikheid verkondig en die Naam van die enigste Prins van Vrede wie die enigste MESSIAS is, YAHUSHUA MY SEUN. MY Twee Getuies sal weer kom om julle te bestraf o Israel en julle waarsku om te bekeer.

Hoor o Israel en Jerusalem, omdat julle YAHUSHUA se bloed geweier het by Golgota om julle sondes weg te was, sal julle bloed hê duidelik tot bo by die perde se stange en dit sal deur julle land vloei. (Openbaring 14:20).

Hoor o Israel en Jerusalem, Jakob het geworstel met MY, YAHUVEH, en hieroor was hy kreupel en het mank geloop. (Genesis 32:24-26). Julle het met MY geworstel o Israel en julle sal kreupel word, nooit ware vrede ken nie totdat julle uitroep GESEËND IS HY WAT KOM IN DIE NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH! Dan sal julle geseën wees op maniere oorvloedig meer as wat julle durf droom of voor vra.

YAHUSHUA het die oë van blindes geopen en die skille het van hul oë afgeval en hulle het YAHUSHUA geloof vir hul sig tot Lof en Eer vir MY, YAHUVEH. Maar julle o Israel en Jerusalem, julle het ontken dat hierdie wonderwerke van die Hemel was en so is julle nou blind en het skille op jul oë en dit is hoekom julle mislei sal word deur die seun van satan wie sommige die anti-messias noem vir 3 ½ jaar sal julle mislei word en sy vals vrede glo.

YAHUSHUA ha MASHIACH het bewys Hy is MY, YAHUVEH se SEUN, terwyl HY tekens wonders en wonderwerke gedoen het regoor Jerusalem en Israel. Tog het julle HOM vervolg hiervoor en het die wonderwerke, werke van die duiwel genoem. In die Groot Verdrukking sal satan se seun (anti-messias) na julle toe kom en julle mislei met vals tekens, wonders en wonderwerke en hulle sal kragte van satan wees omdat julle die waaragtige verwerp het sal julle verkul word met die vals tekens, wonders en wonderwerke. (Openbaring 13:11)

MY Twee Getuies sal weer bedien soos YAHUSHUA gedoen het. MY Twee Getuies se skaduwees sal genees, herstel en bevry en selfs die Heilige gemartelde dooies sal opstaan. Kos sal ‘n duisendvoudig vermenigvuldig word soos die broodjies en die visse was toe YAHUSHUA gebid het. Wat eens gedoen was sal weer gedoen word in Jerusalem en na wie ookal of waarheen ookal MY Twee Getuies gestuur word en ontvang en geglo word sal hierdie wonderwerke weer gedoen word in YAHUSHUA se Naam. Hulle sal bedien soos YAHUSHUA gedoen het en oordeel uitroep oor die Fariseërs. Soos YAHUSHUA geoffer was, sal MY Twee Getuies hulself offer en doodgemaak word maar 3 ½ dae later opstaan uit die dood as ‘n teken dat YAHUSHUA LEEF en HEERS en REGEER uit die Hemel en HY waarlik die SEUN is van MY, YAHUVEH. (Openbaring 11:3-13).

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA gevrees was deur die heidene, beskimp, gespot, gehaat, vervolg was en mislukte pogings op SY lewe gemaak was so sal MY Twee Getuies ook dieselfde lot ondergaan. Soos YAHUSHUA die onvrugbare vyeboom vervloek het en dit verwelk en doodgegaan het omdat dit nie vrug gedra het nie, so sal MY Twee Getuies ook die onvrugbare werke en sonde vervloek van die mensdom. (Mattheus 21:18-20). Die vrugtelose vyeboom wat die heidense mensdom simboliseer sal ook verwelk en doodgaan terwyl Woorde van Vuur voortkom uit MY Twee Getuies se monde. Die vyande haat vir YAHUSHUA, Heiligheid en MY Twee Getuies en dit sal wees soos in die tye van Elia van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) en MY vyande sal verteer word met vuur.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos YAHUSHUA die vrou by ‘n put ontmoet het in Samaria en vir haar die Lewende Water gegee het by die put en sy die waarheid ontvang en teruggegaan het na haar stad en die goeie nuus en die Lewende Water van waarheid met ander gedeel het. (Joh 4). Terwyl YAHUSHUA vir die vrou by die put gesê het gaan en drink van hierdie Lewende Water en jy sal nooit weer dors ly nie. Is MY SEUN YAHUSHUA die Fontein van Lewe, YAHUSHUA is die Put van Lewende Water niemand kan na MY, YAHUVEH toe kom sonder om te drink van SY Fontein van Lewe en sonder om SY Bloed Offer by Golgota te aanvaar nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, EK stuur keer-op-keer vir julle die Lewende Water deur MY gesalfde werktuie maar julle het die Lewende Water teruggegooi in hulle gesigte. Julle het MY Profete vervolg, geslaan, verban, opgesluit en doodgemaak. Om hierdie rede sal EK MY Twee Getuies na Jerusalem toe stuur en hulle sal profeteer teen die boosheid wat julle o Israel gedoen het, besig is om te doen en nog gaan doen. MY Twee Getuies sal die hemel seël en geen reën sal val nie want julle weier en verwerp die Lewende Water van YAHUSHUA. MY Twee Getuies sal al die vloeke loslaat van Deut 28 op diegene wat ongehoorsaam is en diegene wat die godheid van MY Geliefde SEUN YAHUSHUA verloën. MY Woede sal op almal val wat YAHUSHUA se NAAM vervloek. MY onverdunde woede sal almal verteer wat die merk van die dier dra en die dier aanbid. (Openbaring 13:16-18).

Hoor o Israel, Jerusalem, en die res van die Wêreld, omdat julle weier om te luister na MY Heilige gesalfde profete wie se enigste begeerte is om gehoorsaam te wees en MY, YAHUVEH te dien, sal EK MY Twee Getuies stuur wat die salwing sal hê soos Moses en Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu]. Hulle sal gestuur word om die een wat die anti-messias genoem word wat die seun van satan is, die vals profeet en al sy dienaars wat die merk van die dier sal dra te teister, net soos Moses gebruik was om die bose Farao te teister, so sal ek ook MY Twee Getuies gebruik.

Soos Moses vloeke en oordele oor die Egiptenaars uitgespreek het as bewys van MY, YAHUVEH se krag, so sal dit ook weer wees, net soos Moses die Rooisee verdeel het sodat die Israeliete kon deurgaan hul vyande te ontvlug, so sal dit ook weer wees. Net ‘n getroue oorblyfsel sal gered word in Israel en net omdat hulle teruggekeer het na Heiligheid die eerste wette onderhou wat EK, YAHUVEH geskryf het gegraveer het met MY eie vinger van outoriteit en dat hulle MY SEUN YAHUSHUA aanvaar en aanbid as hulle MESSIAS, en bekeer van hulle sondes.

EK sal alleenlik diegene beskerm wat die Naam van YAHUSHUA seën. HY was gebore op hierdie aarde uit ‘n Hebreeuse maagdelike vrou sonder die saad van ‘n man. Bewysend dat YAHUSHUA MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN is wie gestuur was na hierdie aarde toe met MY Woorde en outoriteit. YAHUSHUA is die Lewende Torah en julle het HOM verloën o Israel, Jerusalem en die meerderheid van die wêreld, wanneer julle HOM ontken, ontken julle MY, YAHUVEH. EK het YAHUSHUA eerste na die Jode toe gestuur en toe na die Heidene om MY Outoriteit en Heerlikheid te demonstreer.

EK sal MY Twee Getuies uitstuur een man en een vrou, om MY, YAHUVEH se outoriteit te demonstreer en om MY, YAHUVEH se oordele en vervloekings neer te roep en om gesalfde woorde voort te spreek en die Krag te wys in die Heilige Gewyde Name van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA. Luister waarlik en hoor o Israel en Jerusalem, EK sal Israel nie seën nie totdat julle die NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA seën en totdat julle die Heiliges seën wat kom en bedien in ONS NamE.

Hoor o Israel, Jerusalem en die mense van die aarde, daar is net een weg terug Hemel toe en dit is deur die Heilige Offer gegee aan hierdie planeet aarde wat die sondes van die mense bedek en dit is deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA. Julle moet HOM aanvaar as MY, YAHUVEH se enig Verwekte SEUN en julle sondes sal vergewe en weggewas word deur die enigste reddende Bloed van YAHUSHUA maar dan moet julle bekeer en wegdraai van julle sondes en gehoorsaam wees. (Johannes 14:6)

Hoor o Israel, hierdie is die boodskap wat MY Twee Getuies sal voortspreek. Enige vyand van YAHUSHUA is ‘n vyand van MY, YAHUVEH en as hulle nie bekeer nie is daar geen vergewing vir daardie sonde nie. Die Hel sal hulle volgende tuiste wees.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, daar is geen koninklike bloed op hierdie aarde nie behalwe deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Alleenlik diegene wie se name reeds geskryf is in die Lam se Boek van Lewe (Openbaring 17:8) voor die grondlegging van hierdie aarde kan die koninklike bloedlyn eis deur die koninklike bloed van die KONING van die HEELAL, die KONING van KONINGS, HERE van die HERE, YAHUSHUA ha MASHIACH, KONING van die Jode! Alle ander wat hulself as mense van ‘n koninklike, aardse bloedlyn noem is bedrieërs en daar is niks koninklik in hulle nie. Net MY Mense wat ingeënt is deur die bloedlyn van YAHUSHUA ha MASHIACH is Koninklik in MY oë. Net YAHUSHUA se Bruid sal gekroon word in die Hemel.

MY Twee Getuies is deel van YAHUSHUA se Eersteling Bruid van Openbaring 14. Die liggaam wat hulle sal ontvang sal ‘n Verheerlikte Liggaam wees. Net soos YAHUSHUA onsigbaar geloop het deur ‘n skare toe die vyand HOM wou doodmaak so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. (Lukas 4:28-30)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos satan nie vir YAHUSHUA kon dood hou nie en YAHUSHUA weer op die 3de dag opgestaan het, so ook ongeag wat satan, die vals profeet en satan se seun, die anti-messias doen, sal hulle nie kan verhoed dat MY Twee Getuies uit die dood opstaan 3 ½ dae na hul dood nie. Satan kan nie verhoed dat mense regoor die wêreld dit gaan sien en daarvan hoor nie en hul lewens en hulle siele oorgee en YAHUSHUA aanvaar as die enigste ware Messias die SEUN van MY, YAHUVEH nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos YAHUSHUA opgevaar het na die Hemel voor getuies so sal ook MY Twee Getuies opvaar na die Hemel voor getuies van hierdie wêreld. Op julle luggolwe wêreldwyd, sal hierdie gesien word. Soos dit geskryf is sal die wat ontslaap het in (Christus) YAHUSHUA MESSIAS eerste opstaan, hierdie was ‘n geheim en was reeds deur hierdie profeet vrygestel. MY Twee Getuies saam met MY ander Heilige kinders wat gemartel word op dieselfde tyd hierdies sal die dooies wees wat eerste opstaan demonstrerend van die gesalfde krag wat YAHUSHUA opgewek het deur MY hand. EK, YAHUVEH, sal dit weer doen vir die wêreld om te sien.

Soos dit geskryf is, “Hulle wat oorbly in die lewe, sal weggevoer word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet”, hierdies sal die Openbaring 7 Bruid insluit. Die tyd van getuienis is 3 ½ jaar gesimboliseer deur 3 ½ dae en MY Twee Getuies se liggame sal dood lê alhoewel hulle Geeste in die Hemel sal wees. 3 ½ dae later sal hul Geeste teruggeroep word in hulle liggame in soos YAHUSHUA en opstaan uit die dood en menigtes sal neerbuig, bekeer en YAHUSHUA aanbid as MY SEUN en die ware MESSIAS. (Openbaring 11)

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, soos dit geskryf is, die een wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY SEUN YAHUSHUA voorberei so sal dit weer wees terwyl MY Nuwe Elia [in Hebreeus, Eliyahu] die weg voorberei vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om te heers en regeer op aarde soos HY in die Hemel gedoen het.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, MY Twee Getuies kom nie net met die salwing en die Gees soos die van Moses nie maar kom ook met die Gees en salwing soos die van Elia [in Hebreeus, Eliyahu]. Geen wapen sal hulle stop nie hetsy geestelik, mensgemaak, biologies of chemies. In plaas daarvan, watter wapen ookal teen hulle gebruik word daardie wapen sal terug boemerang op die vyande. Geen leed sal oor hulle kom nie tot die einde van 3 ½ jaar van getuienis en net wanneer EK hulle toelaat om doodgemaak te word vir MY Eer om te bewys EK sal hulle weer opwek in 3 ½ dae.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, net soos EK, YAHUVEH, vir Elia van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] die salwing gegee het om sy vyande met vuur te verteer so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. Net soos YAHUSHUA beheer en outoriteit gehad oor die wind en die golwe, so sal ook MY Twee Getuies dieselfde doen. EK, YAHUVEH, sal MY Twee Getuies die krag gee om te vertaal enige plek in die wêreld. EK, YAHUVEH, sal hulle die gesag gee om MY Heilige Skape en Lammers, die Openbaring 7 Bruid, te beskerm en om die Gaste van die Bruilofsmaal van die Lam te bemoedig wie op aarde is gedurende hierdie tyd.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, hoe julle jul tande sal kners van woede o vyande wat YAHUSHUA verloën as die Ware Messias. Weet dit, MY Twee Getuies sal julle nie uit julle Sinagoges, Tempels en Kerke kan uithou nie net soos julle nie vir YAHUSHUA kon uithou uit julle Sinagoges in die tye van ouds nie. MY Twee Getuies sal aan die vyande van YAHUSHUA verskyn, MY, YAHUVEH, se woede ten toon stel. MY Twee Getuies sal selfs in die anti-messias se slaapkamer instap hom teister in sy eie huis en die vals profeet se huis en ook hy sal die teistering van MY Twee Getuies nie vryspring nie.

MY Twee Getuies sal gaan na wie ookal of waarheen ookal so dikwels as wat EK hulle stuur. Geen vyand sal instaat wees om hulle uit te hou nie of hulle te keer om die seun van satan en die vals profeet te teister en uit te tart nie tot die 3 ½ jaar van getuienis verby is. EK sal hulle direk in hulle slaapkamers instuur terwyl hulle slaap en probeer rus en eet. EK, YAHUVEH, sal die vyande vervolg soos Moses gedoen het en niks sal hulle stop nie, geen alarms, geen wagte en geen wapens sal voorspoedig wees teen MY Twee Getuies nie tot 3 ½ jaar van getuienis verby is en dit is wanneer hulle werk klaar is. Die vyand kon nie vir YAHUSHUA keer om te bedien nie mense om die waarhede te aanvaar nie en niemand sal instaat wees om ook MY Twee Getuies te keer nie.

Hoor o Israel, Jerusalem en die res van die Wêreld, julle kon nie die mond van Johannes die Doper stil kry nie totdat EK, YAHUVEH, dit toegelaat het en alleenlik omdat sy werk op aarde van getuienis klaar was. Net soos julle nie die monde van MY Twee Getuies kan stil kry nie wat sal aanhou praat met die salwing soos Johannes die Doper. MY Twee Getuies sal MY oordeel Profeteer; vloeke neerroep soos hulle wil en praat oor dit wat gaan kom. Hulle sal bestraf met boodskappe gevul met oortuiging en bekering en met ‘n salwing selfs groter as die van Johannes die Doper.

MY SEUN kan nie kom as die Prins van Vrede na Israel toe nie alvorens baie afgryslikhede plaasvind tot na die vervalsing kom. Wanneer julle bid vir die Prins van Vrede om na Israel toe te kom nou, ken julle nie die afgryse wat eers moet plaasvind nie, maar dit sal gebeur. Dit het begin om te gebeur. Want ‘n trein is op loop gesit wat nie gestop sal word nie.

(Elisabeth (Elisheva) word ‘n visioen gewys: Ek sien twee treine kom en hulle besef dit nie, maar hulle gaan bots want hulle is op dieselfde spoor!)

EK tug vir Israel omdat Ek Israel liefhet maar die treine sal bots want albei van hulle is op die verkeerde spoor. Die Bruid van YAHUSHUA voel wat gebeur in fisiese Israel. Want die Bruid van YAHUSHUA is geestelike Israel. Fisiese Israel julle sal geseën word met die seëninge van Deut. 28 wanneer julle terugkeer na Heiligheid en gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH, en die enigste manier hoe dit gedoen word is wanneer julle YAHUSHUA as julle MESSIAS aanvaar en erken dat HY julle enigste Bloed Offer is wat by Golgota gegee was. Die seëninge wat EK gereserveer het is vir Geestelike Israel en vir al diegene wat MY liefhet, MY gehoorsaam en MY eerste stel in hulle liefde en hulle lewe, diegene wat MY Torah gehoorsaam, diegene wat die Gewydheid van MY Heilige Naam respekteer en diegene wat YAHUSHUA as MESSIAS ontvang.
Dit is hoekom julle bedroef is terwyl julle sien en julle voel wat gebeur in Israel. Abraham is voortdurend voor my aangesig en sê: “Wat gaan U doen met die kinders van Ismael, het U nie die saad van my ander seun lief nie? Stuur u boodskapper na my saad toe en gee hulle ‘n kans om te glo.” Dit is hoekom julle huil vir Lebanon want is hulle nie die saad van Abraham nie? EK het geestelike Israel wat in Lebanon sit wat YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.
EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Lebanon. EK het MY Bruid in Irak en Iran. EK het MY Bruid in Sirië. Onthou om te bid vir die Bruid van YAHUSHUA ongeag waar sy verstrooi is reg oor hierdie wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in China, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Rusland, Ek het MY Bruid van YAHUSHUA in Hong Kong, EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Australië, EK het MY Bruid in Amerika, Kanada, Duitsland, Frankryk en Europa, EK het hulle verstrooi regdeur die wêreld. EK het MY Bruid van YAHUSHUA in Indië, Indonesië, Afrika, Suid Amerika en regoor die wêreld.

Net omdat julle lande ‘n ander nasie as die vyand bestempel, moet dit nie julle vyand maak nie, want die regerings van hierdie wêreld is nie van MY nie. Hulle praat nie namens MY nie, hulle respekteer MY nie en hulle wil geen deel van MY hê nie. Julle vyande is diegene wat EK verklaar is julle vyande. Die saad van satan is julle vyand. Wie is die saad van satan dit is almal wie se name NIE gevind word in die Lam se Boek van Lewe nie. Hulle was nooit MYNE toe hulle op hierdie aarde gebore was nie.

(Bid hardop in Engels Heilig, Heilig, Heilig)

O Israel, o Jerusalem, EK huil en EK weeklaag oor julle. Julle het ‘n vorm van Godsdiens maar waar is die Goddelikheid van binne? Julle wil hê die wêreld moet julle genadig wees, maar waar is julle genade o Israel? Julle het die reg om julself te verdedig maar julle het die lyn oorgesteek toe julle die wapens opgeneem het van biologiese en chemiese oorlogvoering. EK is nêrens in hierdie gevegte nie, julle roep nie uit na MY, YAHUVEH, vir hulp nie, julle probeer dit doen met julle eie hand gebruik die wapens van ‘n ander land. Wanneer julle biologiese en chemiese oorlogvoering gebruik straf julle jul vyande veel meer as wat EK ooit toegelaat het. Pasop want julle sal die warrelwind van MY, YAHUVEH, se woede maai terwyl dit wat julle stuur terugkom in jul gesig. Die nasies wat hierdie wapens aan julle gee sal dieselfde lot maai.

Wanneer EK MY Twee Getuies uitstuur, stuur EK hulle na beide saad van Abraham. EK stuur hulle nie net uit na die Stam van Juda nie maar al die Israeliete, Arabiere en Heiden nasies sal hoor. Wat hulle spreek in Israel sal uitgesaai word oor die luggolwe en koerante reg oor die wêreld. EK het hierdie tyd gekies met sy tegnologie, want MY woorde sal gehoor word regoor die wêreld want daar is geen tyd soos hierdie nie.

Satan het hierdie tegnologie gebruik om sy agenda te bevorder maar EK gebruik die tegnologie om MY agenda te bespoedig. O, waar is die klaagliedere? Waar is die gehuil en weeklaag? Hoekom skud mense net hul koppe en sê, “is dit nou nie te jammer nie”? Hoekom staan die geestelike Israel nie op nie? Hoekom bid hulle nie want Ek het ‘n oorblyfsel saad in Lebanon. Wat as dit julle Babas was? Wat as dit julle vrouens was, julle mans, julle geliefdes, julle families en julle bure? Wat as dit julle huise was? Waansin het sy sitplek ingeneem in die Regerings.

O Israel, o Jerusalem, julle mense huil en weeklaag, hulle hardloop in verwarring, EK huil oor almal. Dit sal net wees wanneer EK, YAHUSHUA, kom dat daar vrede sal wees tussen die Broers, die vrede op Abraham se saad. Tot en met daardie tyd soos dit nog altyd was sal julle albei probeer om mekaar van die aangesig van die aarde af te vee. Wanneer die vals vrede kom sal die woede en die haat nog steeds daar wees. Daar is geen vrede nie tot die PRINS VAN VREDE KOM (Jes 9:6), en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH!

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf gegee aan hierdie Kind van YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 27/8/06

Daar was ‘n persoonlike krisis wat in my lewe ingekom het terwyl die vyand my familie op ‘n ander manier getref het. Dit was om my te verhoed om hierdie profesie vry te stel. Hierdie profesie het in 2 dele na my toe gekom maar ek moet die tweede deel nog nie vrystel nie, YAHUVEH sê daar is soveel geestelike vleis hier om te verteer wat openbarings uit die Hemel is. EK het geen idee hoekom hierdie woord aan my vrygestel is nie, met ‘n werks-opdrag beskrywing vir die Twee Getuies.

Daar is ‘n prys om te betaal vir ‘n profeet om hierdie soort openbarings uit die Hemel te ontvang, en die geestelike aanvalle was baie intens gedurende hierdie tyd, maar ons het die OORWINNING in die Naam van YAHUSHUA.