Profesie 36, EK Is Nie Net Julle God Van Gister,Vandag Nie, Maar Môre, Selfs In Die Donkerste Uur

Profesie 36

EK Is Nie Net Julle God Van Gister,Vandag Nie, Maar Môre, Selfs In Die Donkerste Uur

10 Augustus 1999

Gespreek deur hierdie nederige werktuig van klei,
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Ek het wakker geword met hierdie woorde beginnende om 6:00 vm

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

O, EK is bedroef en weeklaag oor die lot wat kom vir diegene wat daarop aandring om die pad van rebelllie te volg, MY outoriteit en bestaan verloën, die noodsaaklikheid verloën om Heilig te leef soos “EK IS” Heilig is. Die duisternis! Die duisternis! Die duisternis! EK sal die land met duisternis oordek om MY woede te wys oor julle sondes. Ek sal MY oë bedek wanneer elke soort boosheid teen julle gedoen word uit die putte van hel vir hulle wat daarop aandring om die pad te stap van rebellie en ongehoorsaamheid. Hierdie waarskuwing word gespreek nie net vir MY vyande nie, maar MY kinders want hulle moet besef as hulle voet afdwaal van MY pad van Heiligheid en begin om in moedswillige ongehoorsaamheid te stap dan sal hulle ook hulself buite MY sambreel van veiligheid bevind in tye van storms.

EK spreek hierdie dinge nou vanuit MY diensmaagd wat ook weet sy word aanspreeklik gehou vir dit wat sy spreek en nie spreek nie. Hierdie woorde sal diegene oortuig wat lees en luister en waar hulle in duisternis was sal EK MY lig van oortuiging laat skyn om weereens te bewys “EK IS” is ‘n Almagtige God wie ‘n God van Genade en Liefde is maar “EK IS” is ook ALMAGTIG in OORLOG teen MY vyande. Inderdaad want diegene wat MY toets sal uitvind “EK IS” is ‘n God wat nie vir lank bespot sal word nie so wees gewaarsku op hierdie dag!

Die duisternis wat gaan kom sal die woede simboliseer van “EK IS” wanneer EK my oë bedek vir julle rampe, oorloë, hondersnode, dood, verwoesting, pessiektes, armoede, siektes en die lys gaan aan. Waarsku MY vyande dat hulle hierdie skande oor hul nasies gebring het, oor hulself! MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes hoef nie bang te wees nie maar hulle sal ook rou en weeklaag saam met MY as hulle hierdie dinge sien kom oor diegene wat kies om nie die God te dien wat hulle dien nie. Hulle sal hierdie sien oor diegene wat nie die seël van verlossing op hul voorhoofde het nie. Die Bloed van YAHUSHUA wat hul sondes bedek.

Wanneer julle aantygings hoor van opgaring en regerings wat nog nooit gerantsoeneer het nie begin rantsoeneer, wanneer selfs water uitgedeel word as ‘n geskenk van mense, weet dan dit is die begin van dit wat EK hierbo geprofeteer het. Wanneer oorlog aan alle kante is en julle land in ‘n hinderlaag is weet dat EK diegene vooruit gewaarsku het wat moes VLUG en vir hulle gesê het waarheen om te VLUG en as hulle gehoorsaam is hulle onder MY sambreel van veiligheid, as hulle nie gehoorsaam nie dan alhoewel EK hulle liefhet en bedroef is oor hulle sal hulle ly op maniere wat nie nodig sou gewees het nie Hou net een vrees en daardie vrees is om nie MY stem te hoor nie.

Soek die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Israel terwyl EK nog te vinde is. EK spreek nie in ‘n harde stem tot julle Geeste nie maar in ‘n stil sagte stem want diegene wat genoeg omgee om hul ore tot my te neig en in te span julle sal MY hoor praat. Is dit vir julle van waarde om genoeg om te gee om nader te leun na MY toe terwyl EK MY instruksies vir julle fluister? Is dit die moeite werd om te vas wanneer MY RUACH ha KODESH sê om te vas, julle moet vas om instaat te wees om MY duideliker te hoor?

O MY Kleintjies, hoe verlang EK om julle in MY arms toe te vou, tog vermy julle MY einste aanraking. Want MY aanraking is Heilig en vir MY om julle aan te raak oortuig julle. Daarom moet EK julle aanraak op ‘n manier wat EK liewer nie wil nie, soos ‘n Vader wat ‘n kind pakgee sal EK julle aandag kry op een of ander manier. Maar diegene wat op MY vertrou hulle wat na MY aanraking verlang, EK sal julle beskut en beskerm. EK sal julle in MY arms toevou en versorg soos ‘n moeder ‘n gewonde kind versorg. EK sê vir julle MY geliefdes die komende dae sal nie iets angswekkends wees nie solank as julle jul geloof behou in die God wat julle aanbid, liefhet, dien en nastreef om te gehoorsaam. EK sal julle nooit begewe of verlaat nie. Moenie die mens vrees nie maar vrees eerder die God wat julle dien. As julle nie luister vir MY stem nie sal julle jul instruksies mis.

Soos Lot toegang geweier was deur die engel waarskuwend om nie in te gaan nie, so sal EK julle ook waarsku wanneer EK sê vlug uit watter land julle ookal is, GEHOORSAAM dan! EK sal vir julle engele stuur vermom soos mans en vrouens en hulle sal MY Woorde voortspreek maar word nie mislei nie. As dit nie ooreenstem met die woord van “EK IS” nie, as die RUACH ha KODESH nie in hulle te vinde is nie, moet dan na geen een luister wat MY nie aanbid, dien, liefhet en MY in alles eerste stel nie! Want die vyand sal diegene stuur wat heilig lyk en heilig praat maar luister tog fyn na die woorde wat hulle spreek. Moedig hulle julle aan om in geloof te bly, om aan te hou om Heilig te lewe, om MY Wette van ouds te volg? Wat nooit verouder het nie want MY wette, MY Torah is tydloos. Preek hulle ‘n ander evangelie wat sê daar is nog ‘n weg na die Hemel en julle het nie die Bloed van MY Seun YAHUSHUA nodig om daar te kom nie? As hulle julle aanmoedig om mensgemaakte wette te gehoorsaam en MY Wette weg te gooi dan sê EK dit vir julle, EK het hulle nie gestuur om julle te lei of berading te gee op enige manier nie.

Wat het lig en duisternis in gemeen? Wat het MY Seun YAHUSHUA en satan in gemeen boosheid kan nie die goeie lei nie. Die politieke leiers is korrup en julle moet reg onderskei tussen goed en boosheid. Julle politieke leiers in alle dele van die wêreld het MY uitverkoop. satan was die hoogste bieër maar EK sal hulle wys wat EK dink want die spel is nog nie verby nie. EK beheer en regeer alhoewel hulle MY leierskap wil ignoreer. Selfs ‘n nasie wat sê hulle aanbid MY en die leierskap weet nie wie “EK IS” nie wil MY ook nie dien nie, wil MY ook nie gehoorsaam nie.

Hy beplan om MY land op te sny asof dit ‘n koekiedrukker is maar EK sal die laaste sê hê. EK praat in die droogte, EK praat deur woeste winde wat oor die lande sal waai, EK praat deur aardbewings wat die hoogste geboue sal laat tuimel en EK praat deur die vloede terwyl MY trane stroom vir my rebelse kinders. EK praat en die aarde sidder vir MY woede. EK praat en die lawa stu voort vir MY woede. Die nasies wat die ongeborenes wil slag, liggaamsdele verkoop aan die hoogste bieër, PASOP!

Julle sal een dag binnekort verantwoording doen teenoor die God van die Skepping. Julle verkoop julle pille en gee julle chirurgiese vaardighede wat EK gegee het om lewens te red en neem onskuldige lewens in plaas daarvan. Julle geneeshere sal boet om die gawes van kennis wat EK vir julle gegee het te gebruik om onskuldige lewens te vermoor. Die siele van babas wat ongewens was keer terug na hul Skepper en terug in MY arms in maar dit is julle wat sal boet vir dit wat julle doen. Dit is die nasies wat hierdie dinge doen wat EK my ore sal toedruk in die tyd wat hulle geslag word. Maar weereens sal MY woede nie diegene aanraak wat aan my behoort nie wat huil oor die gruweldade wat gepleeg word in minagting ten opsigte van dit wat reg en verkeerd is.

Julle pastore sal EK binnekort aanspreeklik hou. Bose herders wat so heilig lyk en tog nie waag om homoseksualisme of aborsies teë te staan nie, terwyl dit nou hoogty vier. Julle is banger om die omkoopgeld te verloor wat julle aanvaar het. EK waarsku MY mense julle sal aanspreeklik gehou word omdat julle saad saai in bedieninge wat banger is om hul omkoopgelde van die regerings te verloor om hul lippe te snoer terwyl hulle sien immoraliteit en boosheid vul die land. Elke kerk moes in opstand gekom het, elkeen wat hulself MYNE noem! Waarskuwend homoseksualisme verklaar die Bybel is ‘n GRUWEL vir “EK IS!” EK het julle gewaarsku in MY Woord dat hierdie gees aansteeklik sou wees en dat aandag daaraan gegee moet word. Maar het julle gepraat toe julle gesien het wette word uitgevaardig wat die dinge beskerm het wat EK gruwels noem?

Alle pastore, geestelike leiers en politieke leiers wat dit nie gedoen het nie, noem EK nou ‘n GRUWEL vir “EK IS!” Vat julle skyn van heiligheid en vat julle skyn van aanbidding en EK sê, “WEG VAN MY!” EK sal na julle nie luister in die dag van onheil nie. Julle sal verantwoording aan MY doen wanneer EK MY Ware Bruid huis toe neem saam met MY en julle geestelike leiers sal in julle gemeentes sit en hulle in die oë kyk en probeer verduidelik hoekom hulle kerk nog daar is om die Verdrukking wat kom deur te maak. Dit is omdat julle gekoop is teen ‘n prys ‘n skamele prys wat julle jul siele gaan kos as julle nie nou begin praat nie! BEKEER NOU! DAAR IS NOG TYD! ‘N BAIE KORT TYDJIE! O as julle wat dink dat MY Seun se koms nog ver is net kan sien hoe naby dit is, nader as julle asem wanneer julle koue lug uit-asem. Hoeveel geestelike leiers waarsku hieroor? Hoeveel sal selfs erken dieselfde God wat uit profete gespreek het in die tye van ouds is dieselfde God wat dit weer doen?

Soek MY terwyl EK nog te vinde is. EK IS nie ‘n God wat gespot kan word nie! Julle sal sien in die komende dae wat voorlê. EK sal voortspreek deur hierdie diensmaagd wat julle voer asof julle ‘n klein kindjie is, lepel-vir-lepel, aangesien baie van julle wat hier lees nog nie eens vleis kan of wil sluk nie. EK sal vir julle klein porsies gee om te verteer, nie groot porsies nie, want julle het so baie gemis en daaraan verstik, of dit opgebraak want dit was nie lekker om te hoor nie. Ander wat smag na meer omdat hulle die vleis verteer het sê EK aan om terug te gaan en weer te lees wat EK gespreek het, selfs vir die diensmaagd het EK beveel om dieselfde te doen. EK sê vir julle ALMAL het iets gemis en as julle MY RUACH ha KODESH soek sal julle sien wat julle gemis het.

Ek laat julle met hierdie woorde, “Het julle alles in jul vermoë gedoen om hierdie diensmaagd te help in die bediening wat EK op haar skouers geplaas het? Het julle die waarhede gevat wat EK gespreek het soos ‘n peuselhappie skinkbord met verruklike kos dit vir ander gegee om te proe of het julle net self geëet en toe daarvan vergeet? EK het gespreek wat gaan gebeur keer-op-keer deur haar. Nou sal julle sien wat EK gespreek het gebeur. Vir diegene met geestelike ore om te hoor en geestelike oë om te sien julle sal weet wat gaan kom, wat om te doen, wat om te verwag, vir die wat kies om doof en blind te bly julle sal aanhou spot, aanhou soek vir skuiling en daar sal niks gevind word nie.”

EK het eenvoudig verklaar, “Wat het ‘n gelowige en ‘n ongelowige in gemeen?” Die dinge van hierdie wêreld verdorwe as dit nie gebalanseer word met heiligheid nie. Weer sê EK soek MY terwyl julle MY nog kan hoor. Soek MY in My Woord. Leer wie is “EK IS”. Soek MY RUACH ha KODESH en leer wie YAHUSHUA is. HY kom vir SY Bruid. Is julle die Bruid of ‘n Gas van die Bruid? Is jy een van hulle wat genooi was en nogtans die uitnodiging geweier het dit weggegooi het? Daar is meer as een koms van MY Seun maar daar is net EEN BRUILOFS onthaal. Een BRUID, WATTER EEN IS JY? Onthou, “EK IS” weet reeds wie vir YAHUSHUA aangeneem het as Heer en MESSIAS! “’EK IS” weet reeds want dit was reeds geskryf in die Lam se Boek van Lewe voordat hierdie wêreld gevorm was. Ek weet watter keuse jy sal maak voor jy dit gemaak het! EK is almagtig alwetend en alsiende.

Die Duisternis wat op die punt is om oor verskeie dele van die aarde toe te sak sal demone loslaat in alle rigtings. Die verduistering wat in die lug kom is ook ‘n teken dat die bose die goeie beveg. satan, YAHUSHUA en MY engele veg en EK het daardie teken in die lug geplaas. Daar is ‘n voorspelling in die geestesryk selfs diegene wat MY nie as Almagtige God erken nie en voor ander vreemde gode neerbuig weet dat hierdie verduistering soos geen ander is nie. satan sal die idee in mense se koppe sit om te verslaan en te roof, te steel en te vernietig in groter omvang.

satan sal die gees van oorlog loslaat op MY Kinders in ‘n groter mate. Julle was gewaarsku. Sê nie “EK IS” het julle nie gewaarsku nie. Wees nie bevrees nie, roep MY net aan en EK sal julle bevry met MY ALMAGTIGE HAND! Maar EK sal alleenlik diegene beskerm wat bedek is met MY Seun se gestorte Bloed. Daar is net een kwytskelding vir sonde, een Bloed wat Heilig en suiwer is wat die stank van sonde kan wegwas. Niemand is volmaak nie; almal moet bedek word in die Heilige Reddende Bloed van YAHUSHUA, die enigste weg na MY troon van genade. Die komende maande sal net erger word in die oë van die wêreld maar MY Babas wat lê in die palm van MY hand EK sal hulle beskut en beskerm met MY ander hand.

Moenie stryd voer of bekommer nie, moenie angstig wees nie, moenie staatmaak op julle eie insig nie, maar ken MY in al jul weë, bid tot MY, soek MY, wees lief vir MY, gehoorsaam MY en EK sal MY getroues wat dit doen nie teleurstel nie. Skuil onder die beskutting van MY vlerke totdat hierdie onheil verbygaan. Plaas die Bloed van YAHUSHUA op julle verstand, liggaam, gees, en siel. Smeer dit aan julle deure en vensters sodat die demone nie kan inkom nie. Spreek dit in geloof en hou dan stewig vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed, SY kleed van geregtigheid en moenie laat los nie. Die duisternis van die mens se siel sal verteenwoordig word in die verduistering, die duisternis van die sonde wat die land oordek, die duisternis waar MY lig nie welkom is nie. O, EK sal bedroef wees vir wat EK moet doen, maar tog is dit vooraf bepaal, vooraf gespreek, julle is vooruit gewaarsku as julle MY WOORD bestudeer.

Soos in die tyd van LOT, is EK op die punt om ‘n nasie te vernietig wat homself oppof met arrogansie, sonde, ongehoorsaamheid, moord, diefstal, perversiteit, losbandigheid en trots. Baie wette wat nou in Amerika gemaak word is opgestel om die anti-chris te eer nie YAHUSHUA (Jesus Christus) nie. Julle weet dit nie maar Amerika is soos gasdampe vir MY neusgate. So ook julle politieke leiers. Die politieke leiers wat probeer om geregtigheid te doen, eindig stilgemaak of geїntimideer en doen op die ou einde dit wat verkeerd is dit is NIE ‘n leier nie die Ganse Hemele druk die neus toe vir die stank van julle sonde wat satan daagliks voor MY aangesig pronk. Julle voorvaders kyk en weet wat EK aan hierdie land gaan doen wat soos ‘n kind sy broek bevuil en EK moet dit omruil en tog sal EK die vuilgoed in julle gesigte smeer want julle het MY vertoorn.

Julle het geen skaamte nie! EK praat met die politieke leiers wat die wette gee wat veronderstel is om MY Mense te lei en tog in plaas daarvan leer hulle die mense om hulle onderklere ook te bevuil en nie skaam te wees daaroor nie. EK het julle deur MY Wette geleer, MY Torah opgestel om julle nasies te lei en watter nasie op die ganse aarde sal daardie wette gebruik om die mense te regeer? In die hele wêreld selfs die nasie wat MY Naam verhef, en daarop aanspraak maak dat hulle aan MY behoort, Israel is NIE GEHOORSAAM AAN MY NIE! EK moet hulle aandag kry op ‘n manier wat EK vooraf deur hul eie Profete gespreek het! EK SAL ALLES DOEN WAT EK BELOWE HET OM TE DOEN! WEE, WEE, WEE DIE NASIES WAAROP EK MY WOEDE LOSLAAT!

Terwille van die uitverkorenes sal EK die tyd van WEE verkort maar EK sal steeds doen wat gedoen moet word. Terwyl die geveg toeneem in die Hemele, so ook die geveg tussen goed en kwaad in die aarde. EK skei MY Skape van die bokke, duisternis van lig. Dit sal nie aangenaam wees vir julle nie MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes want sommige van die bokke het julle liefgehad en verlang om te vergader en mee saam te leef en selfs te trou. EK beveel julle nie om te skei nie in plaas daarvan vra EK julle om hierdie verhoudings op die offeraltaar te plaas, sê vir MY julle begeer dat EK hulle moet red ongeag hoe laag EK hulle moet vat, wat EK moet doen. Raak ernstig hieroor. Sê vir MY julle verlang MY WIL in hierdie verhoudings en vra MY om dit wat EK nie in julle lewens wil hê nie te verwyder.

Tot MY skande het julle verskonings gemaak vir louwarm liefde teenoor MY. Julle het verskonings gemaak vir gebrek aan begeerte om MY te gehoorsaam of om Heilig te leef of om van MY te leer of MY te dien. EK aanvaar GEEN verskonings nie! EK het vir julle gesê dat julle nie gemeenskap met duisternis mag hê nie keer-op-keer in MY Woord. Julle moet ‘n voorbeeld wees van MY Heiligheid en tog trek so baie van julle nou jul skouers op en gee nie meer om vir die boosheid in die land nie.

Hulle sê vir MY om diegene te red wat die siel van ‘n bok het en in duisternis lewe, nie daarna verlang om ‘n skaap te wees nie en tog bestraf hulle nie hul vriende, familie, eggenote of kinders nie uit vrees dat hulle hul sal aanstoot gee. MY Kinders dring daarop aan om die reaksie van hul geliefdes te vrees en nie van MY nie. MY Kinders verstaan óf julle gee hulle nou aanstoot of wees vir ewig ‘n aanstoot vir hulle terwyl hulle vir ewig in die hel brand. Waag dit om aanstoot te wees in die Naam van YAHUSHUA. Sommige sal aanstoot neem; ander sal verlig wees, alles in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Julle word nou aanspreeklik gehou vir dit wat julle nou weet. Wat gaan julle doen met hierdie kennis?

* * * * * * * *

Soos dit gespreek is, so is dit geskryf hierdie datum van 10/8/99 toevertrou aan hierdie diensmaagd Eerw. Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] wat dit waag om aanstoot te gee in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Biddend dat julle nie verniet aanstoot gegee was nie maar dat julle verlig sal wees terwille van ons siele. Ek vertrou dat hierdie woord in geheel gespreek is soos wat dit aan my gespreek was onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Ek bid nederig dat ek elke woord gehoor het soos God wou hê hulle gespreek moes word.

N.S. Help my ASSEBLIEF om hierdie Profesie deur te gee aan ander wat dit soos ‘n kettingreaksie aan ander sal stuur. Stuur dit asseblief na ander Internet webwerwe wat my kan help om te doen waarvoor ek geroep is. Spreek voort die Profesieë van die HERE YAHUSHUA want die tyd is kort, so geweldig kort. Kyk op, ons verlossing is naby! Wandel in GELOOF en nie deur aanskouing of vrees nie! Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige maar my Heer sal my red van hulle almal! Staan op SY Heilige Woord; moenie julle Salige Hoop opgee nie!