Profesie 38, ROOI PLAAG DROOM

Profesie 38

ROOI PLAAG DROOM

Gegee deur Eerw. Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
8 Junie 2000
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

YAHUVEH praat en waarsku onder andere deur visioene, drome en openbarings.

Ek het in die lug ‘n donker rooi mistigheid sien aankom terwyl ek opgekyk het en soos dit nader gekom het en die wind dit gewaai het het dit op die mense neergedaal. Hul vel was bedek met ROOI stowwerige mis (diep rooi) en die mense het BAIE siek geword en daar was ‘n polisieman wat my bewaak het en hy het hierdie rooi mistige stof op hom gekry en hy het in ‘n sement swembad buite gaan spring terwyl ek daar gestaan het. Ek het geweet die swembad sou besmet wees, maar hy wou die rooi stowwerige mis van hom afkry. Hierdie polisieman was iemand vir wie ek baie omgegee het. Ek was bedroef want dit was nie genoeg nie.

Die oomblik wat hierdie ROOI MIS die vel raak word die vel bedek en erge siektes ontstaan en die vel begin versmoor. Ek het my geliefde polisieman dopgehou wat my wag was, hulpeloos om hom te help. Toe het ek dit sien aankom in die lug. Vir een of ander rede het ek dit nie gevrees nie maar ek het dit sien aankom van ver af. Dit het begin soos ‘n donker mis net in die verte hoog in die lug, en toe terwyl dit nader gekom het het dit rooikleurig geword. Mense het probeer om hiervoor weg te hardloop maar kon nie vinnig genoeg hardloop nie. Mense het dit probeer afwas maar dit was te laat as dit eers aan die vel geraak het. Dit is hoekom satan probeer om my stem stil te maak op elke manier wat hy kan. Laat die spotters maar spot. Ek word verantwoordelik gehou vir dit wat ek sê en wat ek nie sê nie! Eseg 3:17-21.

Hierdie is wat ‘n ander Profeet Gary gesê het toe ek hom geskakel en gevra het vir uitlegging op droom. Ek weet hoekom ek beskud was en hoekom die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH ook sal wees.

Elisabeth [Elisheva],

Toe ek my oë toe gemaak het, het ek die vinger van God gesien wat ‘n huis binne-in ‘n lugbel vashou asof dit beskud was teen die buite wêreld veilig binne-in die lugbel.

My gedagtes het toe gegaan na die Paasfees (Pasga) waar die Bloedverbond die mense beskerm het as hulle in hul huise gebly het nadat hulle hulself geheilig het en die bloed van die lam aan die deurkosyne gesmeer het. As dit die geval is, moet ons inderdaad die menigtes waarsku.

Gary, ons sal wag vir die bevestiging WANNEER om die shofar se waarskuwings alarm te blaas.

“Waar Jou Geloof Is Daar bly Jou Pasga”

8 JUNIE 2000

NUWE BOODSKAP VAN

Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]

Vandag toe ek vir YAHUSHUA gevra het dat SY lieflike RUACH ha KODESH die Bybel moet oopmaak en die vraag antwoord of HY werklik binnekort terugkom dalk reeds so spoedig soos hierdie jaar het dit oopgemaak op

Openbaring 3:7-21. Die werk wat ons het moet spoedig gedoen word vir die Heerliheid van YAHUSHUA ha MASHIACH. Niks anders gaan saak maak wanneer ons hierdie wêreld verlaat nie buiten dit wat ons met YAHUSHUA gedoen het en vir YAHUSHUA gedoen het en hoeveel siele ons na YAHUSHUA toe gelei het! Wat het jy onlangs vir YAHUSHUA gedoen?

Openbaring 3:10 : Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing, wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Ou vertaling)

BID dat julle nie hier sal wees om te sien hoe die ROOI PLAAG DROOM bewaarheid word nie !