Profesie 60, Steek Julself Weg MY Kinders, Vir Nog Net ‘n Klein Rukkie Langer!

Profesie 60

Steek Julself Weg MY Kinders, Vir Nog Net ‘n Klein Rukkie Langer!

31 Augustus 2002
Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

O hoeveel keer het EK nie al berou gehad dat EK die mens gemaak het nie. Ja, EK weet wat gaan gebeur. Dit is omdat EK alles weet. EK is alomteenwoordig. EK is alwetend. Dit maak dit nie makliker nie. Oooo, hoeveel keer het EK al berou dat EK die mens gemaak het. EK kyk heen oor hierdie wêreld wat MY voetstoel is. EK kyk in die harte en siele in van elke skepsel op hierdie aarde. EK kyk in die geheime plekke van hulle harte in. EK sien die boosheid daarbinne, selfs diegene wat die kerke vul, selfs diegene wat die tempels vul.

En EK kyk na hulle harte. En Oooo, hoeveel van hulle is so ver van MY af. Hoeveel het net die kennis aangaande YAHUSHUA ha MASHIACH, maar hul harte is ver van HOM af. Hoeveel ken net die verhaal van die kruisiging, en hoe weinig het hulle eie vlees gekruisig. Hoe weinig het hul eie kruis opgeneem en MY Seun YAHUSHUA gevolg? Keer-op-keer stuur EK MY Apostels en Profete om te waarsku. O julle geharde generasie. Julle bedek julle ore. Julle ore is vol was; julle harte het yskoud geword. Julle maak julle oë toe. En dan waag julle dit om julle monde toe te maak sodat julle selfs nie enige iemand sal waarsku nie.

Oordeel het gekom! Weg met julle huigelagtige gebede en lofprysing. Hoe min van julle het jul knie voor MY gebuig om te bekeer hiervoor, vir die sondes, die sondes van die lande waarin julle woon. EK praat met die wêreld, nie net met Amerika nie, maar met die verste uithoeke en skuilplekke van hierdie aarde. Sonde is geen aannemer van ‘n persoon nie. Die sonde is in alle nasies, vanaf die kleinste land, provinsies, stede en dorpe. Sommiges so klein dat hulle nie eers name het nie en tog bly die sonde dieselfde.

Vermoorde klein onskuldige baba EK is die een wat die stille uitroepe van MY Babatjies hoor, diegene wat nooit die kans gehad het om hul eerste asemteug in te asem nie. Julle vermoor hulle nie net nie, julle moorddadige slagters, julle martel hulle. EK sal sinkgate onder die aborsie klinieke sit. Die verskuiwingslyne is alreeds daar. Dit is onsigbaar vir die oog, maar in MY tydberekening sal dit wees asof ‘n reuse hand uit die aarde sal opkom en waarlik, soos my dienaar gesê het, sal hulle ingetrek word in die ingewande van die hel in en die aarde sal hulle oordek en al die bose sal daarin wees. Julle geboue wat die bose lewens-styl bevorder wat julle weet wat EK verafsku. Wil julle weet wat dit is? Lees dan my Skrifte. EK sal dieselfde ding doen vir julle.

Die aardbewing-verskuiwingslyne is alreeds daar, maar moenie dink wanneer dit met ‘n gebied gebeur dat enige van die bose mense sal ontvlug nie want hulle sal afdaal en dit sal EK wees, die GROOT God “EK IS”, wat hulle vertrap ondergrond. Maar die regverdiges wat navore tree in MY Naam, diegene wat nie skaam is vir die NamE van YAHUVEH en YAHUSHUA nie, diegene wat MY Sabbat dae eer en hulle heilig hou, diegene wat weet om MY lief te hê is om gehoorsaam te wees aan MY, diegene wat MY Skrifte liefhet en die woord in hulle hart bewaar. Hierdie is diegene wat hulle huise gebou het op die soliede rots en hulle sal nie diep in die sand in wegsink nie. Want EK skud hierdie wêreld in MY woede, en in die komende dae sal julle aardbewings sien soos nog nooit ter eniger tyd vantevore nie, want hulle sal skud in groter afmetings soos ‘n ouer wat sy humeur verloor het en daardie kind skud. Dit is hoe ek hierdie aarde sal skud en sê, “Word wakker, word wakker, word wakker!”

Hoe lank, hoe lank, hoe lank moet julle die geduld beproef van die Skepper? Hoe lank moet julle die geduld beproef van die Verlosser? EK sal my voet op die grond stamp en alles wat geskud kan word sal geskud word; alles wat ontwortel kan word sal ontwortel word. EK sal julle politici skud en EK gee nie om in watter land julle is nie, julle sal nie langer kyk na julle regering om te voorsien nie. MY Kinders gaan weet daar is maar net Een voorsiener. Dit is dieselfde Een wat water uit ‘n klip getap het, wat manna op die grond gesit het. Dit is dieselfde Een wat sê EK sal elke behoefte van julle vervul na MY rykdom in voortreflikheid [Fil 4:19]. En EK het geen tekort in Heerlikheid nie. In MY woede het EK MY warm asem nie net oor die Verenigde State nie maar ook oor baie verskeie lande geblaas. Temperature het gestyg terwyl MY humeur gestyg het. Droogtes het gekom aangesien MY Lewende Water geweier was.

Het enige iemand geluister? Het enige iemand gewonder hoekom? EK staan-by en aanskou die mens se onmenslikheid teenoor die mens. Weet dit MY Kinders; julle sal nie deur die Groot Verdrukking gaan nie, diegene wat MY kan vertrou. Maar dit beteken nie dat julle die verdrukking van die mens nie sal smaak nie, die mens se onmenslikheid teenoor die mens. Die mens wat magsugtig en gulsig is en wat boos is tot in sy diepste wese, wat geregtigheid wil wegvee van die aangesig van die aarde af, wat MY Seun YAHUSHUA se Naam van die aangesig van die aarde wil wegvee.

Vanaf die begin van alle tye was daar nog altyd ‘n oorlog en dit is satan wat oorlog voer teen alles wat Heilig is. Sy tyd kom. Maar tot daardie tyd, sal alle vlees beproef word. Julle was alreeds getoets. Hoeveel van julle was reeds in ‘n vuur-oond op baie verskillende maniere en voor die wolk van getuies het julle steeds jul liefde en geloof behou. Terwyl die bose al boser word en die vrouens met demone teel en sielloses voortkom vol boosheid. Julle kan nie eens begin verstaan nie, want hulle het geen gewetens nie, geen konsep van reg en verkeerd nie, geen liefde vir enige iets of enige iemand nie. Julle noem dit ‘n kloon, maar dit is nie ‘n kloon nie, want ‘n kloon sou ‘n duplikaat van MY moes wees, en julle kan nie dupliseer nie, want julle is nie ‘n Skepper nie. Dit is satan wat die vervalser is deur hierdie klone.

Julle dink wanneer julle gekloonde vleis eet, dat julle jul liggame voed, maar hoe kan dit wees as daar geen lewe in daardie vleis was nie? Julle eet ‘n vervloeking vir jul eie liggame. EK het deur hierdie diensmaagd geprofeteer dat water gerantsoeneer gaan word jare gelede nou sien julle dit gebeur in plekke waar dit nog nooit voorheen gerantsoeneer was nie. Temperature styg hoog in lande waar dit nog nooit voorheen gestyg het nie. Die aarde skud in plekke waar dit nog nooit voorheen geskud het nie.

EK IS kwaad, maar nie vir hulle wat MY stem kan hoor nie. EK IS Kwaad vir diegene wat weier om my stem te hoor. Want die hel was nie gemaak vir ‘n mens nie. Nie eers die Poel van Vuur was gemaak vir ‘n mens nie. EK het ‘n Verlosser gestuur, MY eie Seun, om julle uit hierdie plekke te hou. EK het MY Seun gegee, omdat EK julle so liefhet. EK het vrygekoop wat die eerste Adam gedoen het en tog neig hoeveel van julle helwaarts! Hoeveel van julle is bang om te getuig teenoor julle familie? Hoeveel van julle woon in huise ongelyk-gejuk met ‘n eggenoot wat MY einste naam verafsku? Met ‘n eggenoot wat alles haat wat Heilig is? En tog sê hulle, “Ek doen dit terwille van YAHUVEH en YAHUSHUA se Naam.”

Julle eer MY nie. Die feit is julle doen MY oneer aan. Want Jakob het EK liefgehad en Esau het EK gehaat. Ooo, hoe wil EK hierdie uitskree, behoort EK nie diegene te haat wat alles haat en verafsku wat heilig is nie? Behoort EK nie diegene wat MY RUACH ha KODESH laster te haat nie? Watter gemeenskap het YAHUSHUA met leuenaars, met Beelzebub s’n? Watter gemeenskap kan lig hê met duisternis, tog dring julle daarop aan om te bly in hierdie huwelike wat geen huwelik in MY oë is nie. Dit is ‘n binding wat EK verafsku, want EK het hulle nooit saamgevoeg nie en tog dink julle julle het MY ‘n guns bewys en al wat julle gedoen het was om MY siel te bedroef. Terwyl die kinders in heidense huise grootgemaak word, en EK het vir julle gesê ‘n huis wat verdeeld is sal nie staande bly nie en die eggenoot roep uit na MY, “Verlos my!” O, as hulle maar net al die tyd wou luister. As hulle maar net besef het dat EK lank gelede reeds verdeel het.

So nou MY Kinders, maak gereed. EK herinner julle dat julle jul broer se oppassers is. Vir die van julle wat omgegee het toe julle gesien dat jul broer of suster behoeftig is, onthou net dat EK notas gemaak het en dat iemand opgerig sal word wanneer jy behoeftig is. Vir die van julle wat jul oë en ore toehou vir die geroep van ‘n broer of ‘n suster, onthou net hierdie, julle einste uitroepe, eendag en gebede sal EK verafsku. Julle was getoets gewees, en EK ken diegene wat die toets geslaag het. Ooooo, maar hoe rou EK oor die van julle wat beweer hulle behoort aan MY toe EK julle liefde en meegevoel getoets het. En EK het hierdie bediening keer-op-keer gebruik sowel as ander om dit te doen en tog was julle nog steeds ontbrekend gevind, gierig en selfsugtig en het net omgegee vir julle eie behoeftes. En nou sal julle uitvind wat gebeur wanneer julle bid en die Hemel nie na julle sal luister wanneer julle pleit nie.

Maak gereed MY Kinders maar moenie bang wees nie. Neig julle ore MY kinders vir elke woord wat EK sê. Onderskei die geeste wat praat, want baie vals profete het opgestaan en julle verseker oor vals woorde van voorspoed wat sal kom na ‘n nasie, of ‘n land of ‘n staat wat verag en alles uitgegooi het, van die skole tot die regering, tot die wette, alles wat EK as Heilig verklaar het. Julle sal hierdie nasie, hierdie land, die stede, die state, die provinsies ongeag waar hulle is op die aangesig van hierdie wêreld, sien kom onder MY oordeel, en kom onder MY bepalings. Wraak is MYNE, EK sal vergeld.

MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, gaan steek julself weg in julle huise. Gaan bout julle deure vas. Want die tyd kom MY Kinders wanneer julle vir ‘n klein rukkie sal moet wegkruip. Julle het alreeds julle huise gesalf. Staan en glo in Psalm 91 dat julle beskud is onder MY vlerke, terwyl die bose aanhou met onmenslikheid teenoor die mens, terwyl hulle aanhou om wette uit te vaardig wat dit moeilik sal maak vir MY Kinders om staande te bly. Steek julleself weg MY Kinders, onder die beskerming van MY vlerke. Dit is julle gebede MY Kinders, wat MY oor sal hoor. Dit is MY hand, MY Kinders wat julle iedere traan sal afdroog. Maar net vir ‘n klein rukkie MY kinders, nog net ‘n klein rukkie langer.

EK ken die name van elkeen wat huil en weeklaag terwyl hulle [uitroep], “Kom YAHUSHUA kom!” Maar moet dit nie uit vrees doen nie, MY Kinders. Doen dit uit liefde, want EK skei steeds en EK verdeel steeds die skape van die bokke wêreldwyd. En die bokke sal na die ewigdurende vuur gaan en MY skape sal EK aanhou om op te pas. Ja MY Kinders, hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie los nie terwyl julle in die vuur-oonde staan. Onthou, EK is altyd met julle selfs tot aan die uit-eindes van die aarde. Onthou, MY Kinders, selfs diegene wat sal sterf terwille van MY Seun se Naams ontwil, hulle kan net die liggaam doodmaak, hulle kan nie die siel doodmaak nie. En julle sal saam met MY in die Hemel wees binne-in julle ewige woning. En wanneer julle die woorde hoor, “Derde Wêreld oorlog”, sal julle die ergste graad van ongeregtigheid sien.

Bid vir Israel, moet Israel nie versaak nie. Want EK het Israel so lief. EK het MY Seun YAHUSHUA daarheen gestuur. SY Bloed was in die grond gegiet. Moenie moed opgee met Israel nie, want EK het ‘n oorblyfsel daar.

Steek julself weg MY Kinders. Ja, versteek selfs julself vir die Groot God “EK IS” se toorn. Want al is EK nie kwaad vir julle nie, gaan julle MY hoor skree, gaan julle MY hoor voet-stamp, gaan julle MY sien skud, waar selfs die aarde in vrees sal wees en bewe. Julle gaan die vloede van MY trane sien en julle het reeds begin want toe die vloede gekom het, was dit MY trane gewees.

Ooooo, hoeveel keer het EK berou dat EK mans en ja, vrouens gemaak het. Maar julle vergeet EK ken die begin van die einde, en alles sal vrygemaak word. Alles sal herstel word. Dit sal weer teruggaan na die tyd van Adam en alles wat verlore gegaan het, sal EK weer vrymaak. Dit was volbring by die Kruis. Maar moenie dink dat ‘n geveg nie moet woed nie. Maar moet dit nie in jou naam doen nie, doen dit in die Naam van YAHUSHUA, want die geveg behoort aan die Here. En MY Kinders onthou hierdie, julle mag dalk sommige gevegte verloor, julle het vir seker die wonde, maar in MY Naam en in MY Seun se Naam YAHUSHUA julle MESSIAS, sal julle hierdie eindtyd-oorlog wen.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH vir die Lof, Eer en Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA. EK skryf die woorde soos ek hulle uitgelê gehoor het terwyl ek in daardie Hemelse taal spreek.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu), 31/8/02, 8 nm.