Profesie 63, O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?

Profesie 63

O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?

Ek het wakker geword met hierdie woorde op 16 September 2002 en die Here het vir my gesê om hulle neer te skryf.
Gegee aan Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
op Yom Kippur
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

O Israel, O hoe huil EK. Ja EK, YAHUVEH, Skepper van alles, Skepper selfs van tyd self. EK huil want EK het MY liefde uitgestort, MY genade uitgestort, MY heel beste gegee, MY Geliefde Seun YAHUSHUA. EK YAHUVEH, het YAHUSHUA gegee wie SY Bloed uitgestort het om die sondes vry te koop van Adam en Eva. O Israel, die Bloed van YAHUSHUA deurweek steeds julle grond. Hoekom dink julle haat satan julle? Hoekom dink julle haat hy julle meer as enige volk of enige nasie? Omdat EK, YAHUVEH na julle toe gekom het in die vlees deur MY Seun YAHUSHUA, MY Geliefde Seun.

Abraham het net gedink dat hy vir Isak moes offer. Abraham moes slegs daardie gevoel van hartseer en droefheid ervaar en droefheid terwyl hy ‘n mes bokant sy geliefde seun gehou het menende dat daar geen ram sou wees om aan te bied as offer nie, as bloed-offer. Maar in geloof het hy Abraham, gereed om sy seun Isak dood te maak, geglo dat EK, YAHUVEH, Isak sou opwek uit die dood as dit nodig sou wees, net soos EK het met MY Seun YAHUSHUA. Dit gaan oor wie EK, YAHUVEH, is. Oor wie EK is, as gevolg van MY liefde wat geen begin of einde het nie vir hulle wat MY Kinders genoem word en net hulle wat MY Kinders genoem word is diegene wat uitroep na MY in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. Net EK het Abraham verhoed om sy seun Isak te offer. EK het ‘n ram voorsien weggesteek uit Abraham se visie tot die regte tyd.

Abraham was nie perfek nie. Ook nie Isak nie. Israel betaal die prys vir Abraham se sonde wat Ismael en die saad van Ismael voortgebring het. Abraham het ook ‘n bloed-offer nodig gehad. Dit was die ram wat gesimboliseer was wat vasgevang was in die ruigte. Hierdie simboliseer MY SEUN, YAHUSHUA, die enigste Lam van YAHUVEH, die perfekte Lam sonder sonder merk of vlek. Die ram was in die ruigte vasgevang. MY geliefde Seun YAHUSHUA het uitgeroep na MY. HY [was] ook vasgevang in die ruigte van MY wil. “Vader, as dit enigsins moontlik is neem hierdie beker van MY af weg, maar soos U wil geskied.” YAHUSHUA was gesimboliseer as daardie ram, as daardie bloed-offer wat Abraham daardie dag gehad het wat Isak se plek gevat het.

YAHUSHUA se Bloed-offer is die enigste menslike offer wat Heilig genoeg is om die sondes weg te was van die ganse mensdom. As die mensdom maar net hierdie Nuwe Bloed verbond wil aanvaar en gehoorsaam wat EK gegee het by Golgota deur MY Geliefde Seun YAHUSHUA, hierdie is MY Belofte aan al MY getroue kinders wat YAHUSHUA liefhet en hierdie nuwe Bloed Verbond aanvaar. Soos EK nie MY Geliefde Seun in die graf gelos het nie, EK HOM opgewek het uit die dood en HY opgevaar het na die Hemel, so sal EK dieselfde doen vir julle. Al wat MY Kinders moet doen is om te ontvang, glo, lief te hê, en jou bes probeer om MY Gebooie te gehoorsaam. Is dit so moeilik?

EK praat met diegene wat MY Seun YAHUSHUA weier as MESSIAS. Waar is julle bloed offer? Almal weet daar moet ‘n bloed offer wees vir die vergifnis van sondes. Watter dier is perfek? Watter mens? Geen, behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA s’n. EK, YAHUVEH het die ou bloed verbond gekanselleer om vir die mensdom ‘n beter bloed verbond te gee. Dit is die enigste manier hoe EK julle sondes kan vergewe. Daar is geen ander weg na MY troon nie, vir MY om julle gebede te beantwoord nie, behalwe deur die Naam van YAHUSHUA, deur SY gestorte Bloed by Golgota vir die kwytskelding van julle sondes. Daar is geen ander middelaar voor MY nie buiten MY Seun YAHUSHUA. Mohammed kan julle nie red nie. Om jou op Abraham te beroep sal jou nie red nie. Allah kan julle nie red nie. Alleenlik deur die Naam YAHUSHUA aan te roep sal jou red. Bestudeer die Torah soos EK voorheen gespreek het deur hierdie diensmaagd. Diegene wat dink om alleenlik die Torah te onderhou sal hulle red moet besef almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan MY Heerlikheid [Romeine 3:23]. Om een gebod te breek is dieselfde as om al die gebooie te breek. Julle het ‘n Redder nodig. YAHUSHUA is daardie Redder. Diegene wat weier om YAHUSHUA as hulle Here en Redder te aanvaar, die MESSIAS van die ganse mensdom, sal nie deur YAHUSHUA geoordeel word nie, maar sal in plaas daarvan voor Moses staan wat die Boek van Oordeel sal oopmaak sonder genade. Want hy het Israel gewaarsku dat daar’n nuwe verbond sou kom, ‘n nuwe Bloed Verbond. Hy het geweet daardie sou nie MY woede kon kalmeer nie. Dit was net tydelik vir die diere-offers.

O Israel, EK het die Nuwe Bloed verbond gestuur om gebore te word op julle eie grond. EK het wonderwerke gedoen deur die Naam van YAHUSHUA. EK het HOM gebruik om ‘n menslike offer te wees, ‘n menslike bloed offer, die enigste perfekte bloed versoening vir sonde. En EK het HOM opgewek uit die dood in die grond van Israel.

Op hierdie dag van Yom Kippur, 2002, praat EK met Israel en EK sê vir hulle EK hoor julle gebede van bekering, vraend na MY vergifnis. EK sien julle vas. EK voel julle vrees terwyl julle besef dat julle sondes ‘n stank is vir MY neusgate. O Israel, julle weet “EK IS” Adonai en EK sal julle oordeel vir die werke van julle vlees. O Israel, julle weet daar is geen bloed offer nie. Julle verlang om die tempel met mure te bou sodat julle weereens offers van diere kan bring vir die kwytskelding van sondes, waar julle hoë priester hardop kan uitroep vir genade. Maar tog weier julle om die geskenk te aanvaar wat EK aan julle gegee het, ‘n tempel sonder mure gevul met die RUACH ha KODESH, gevul met MY liefde en genade, MY wonderwerke en MY oordeel. ‘n Tempel nie gebou met mensehande nie, ‘n perfekte, heilige, sondelose tempel. SY Naam is YAHUSHUA. MY Naam [YAH] is vervat binne-in SY Naam. Die krag is in SY Gewyde Naam, die krag is in ONS Gewyde NamE.

YAHUSHUA is daardie Tempel. YAHUSHUA is die enigste bloed offer wat EK sal aanvaar. YAHUSHUA het na Israel gekom as ‘n baba. YAHUSHUA was julle BloedOffer. YAHUSHUA is die Enigste Heilige Bloed Offer. O Israel, luister na MY, YAHUSHUA se Bloed het in Israel se grond ingevloei en tog ook al vier hoeke gevul van die aarde. O Israel, luister na MY, omdat julle hierdie nuwe Bloed Verbond weier, het EK dit ook vir die heidene gegee, hulle ingeënt op die uitspruitsel, wagtend op julle om te bekeer en YAHUSHUA te aanvaar as julle MESSIAS. Wat sal dit verg, o Israel? Hoe klein oorblyfseltjie het EK in Israel. Terwyl EK hierdie woorde spreek deur hierdie diensmaagd, sal daar nuwe dissipels verrys en hierdie woord neem in Israel in.Want EK sê vir julle nou, julle het bewys wat uitvloei uit jul eie klaagmuur waar ‘n simbool van MY Lewende Water voortvloei.

Waar kom hierdie Lewende water vandaan? EK, YAHUVEH, gee hierdie geskenk weer aan julle, soos die RUACH HA KODESH vrygestel was deur YAHUSHUA in Israel. Nou vloei dit uit deur ‘n muur waar Israel kniel, huil, weeklaag en bid. Aanvaar YAHUSHUA as julle MESSIAS. Terwyl die Tempel muur uitbult en vernietig word voor julle oë. Kan julle nie sien nie O Israel, die ou verbond het verbygegaan? EK verlang nie diere offers nie.

Net die Bloed van MY Geliefde Seun YAHUSHUA wie uit die stam van Juda gekom het kan Israel se Bloed Verbond wees en die hele wêreld se Bloed Versoening vir sondes. Daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie, om YAHUSHUA te verwerp en die Lewe en die Bloed wat HY opgeoffer het by Golgota. Pasop, om die RUACH HA KODESH te bespot en te verwerp is lastering. Daar is geen vergifnis vir hierdie sonde nie.

Aanvaar YAHUSHUA se lewe en Bloed en [weet] alleenlik deur SY Naam is die enigste vergifnis van sonde. EK het vir julle hierdie geskenk gegee by Golgota; EK het vir die wêreld hierdie geskenk gegee. En Israel, op hierdie Hoogs-Heilige dag, spreek EK, YAHUVEH, deur hierdie Joodse diensmaagd. O Israel, julle wat die apostels en profete gestenig, gemartel en vermoor het, julle wat MY Kinders doodgemaak het wat EK na julle gestuur het om tot julle te getuig. O Israel, selfs die bloed van die martelaars deurweek julle grond. Net EK weet, O Israel, hoeveel van julle eie bloed moet vloei voor julle die enigste Messias aanvaar wat julle kan red. YAHUSHUA huil steeds vir julle soos HY gedoen het in die Tuin van Getsemane.

Die oë van die wêreld is op julle vasgenael, o Israel. MY oë verlaat julle nooit. Die reddings krag is in die Naam wat julle verwerp, die hoeksteen van die tempel wat julle verwerp. Maar julle moet YAHUSHUA aanvaar as MESSIAS. Dit is deur YAHUSHUA se Naam, Woord en Bloed. YAHUSHUA sal Israel red. O Israel, YAHUSHUA het veertig dae en veertig nagte vir julle gevas. Dink julle regtig een dag van vas is genoeg om julle sondes te bedek? MY Kinders wat YAHUSHUA aanvaar het as Elohiem en MESSIAS is verheug omdat hulle sondes ten volle betaal is by Golgota.

EK, YAHUVEH, wag vir julle o Israel. O Israel, julle wat die Joodse feeste en heilige dae onderhou en herdenk, sien julle nog steeds nie dat YAHUSHUA in ALMAL van hulle is nie? O Israel, keer terug na MY in Heiligheid. Draai weg van julle sondes in ware bekering in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. O Israel, EK huil vir julle pyn. Maar onthou, soos EK Heilig is, so ook moet julle apart gestel en Heilig wees.

Wil julle regtig geoordeel word deur die wette wat EK vir Moses gegee het, en Moses sal julle oordeel sonder enige genade. Aangesien julle die enigste Middelaar verwerp, die enigste perfekte Lam van YAHUVEH, YAHUSHUA sal sê aan diegene wat op die ou bloed verbond staatmaak om hulle te red. Diegene wat staatmaak op hierdie bloed verbond, pasop! HY sal sê, “Julle verkies om geoordeel te word deur die ou bloed verbond, julle sal deur Moses veroordeel word.” Aangesien niemand perfek is nie, wee oor diegene wat geoordeel word deur Moses. Niemand sal gespaar word nie. Hel en die Poel van vuur sal julle ewige tuiste wees. Almal maak hulle reservering vir die ewigheid.

Niemand word nog ‘n sekonde van hul lewens gewaarborg nie. Almal wat oorgelaat is aan MY, YAHUVEH, se genade, vandag is die dag van julle redding. Môre mag dalk te laat wees.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van Yom Kippur, 16de September 2002. Gegee aan hierdie dienskneg, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

*******

Mattheus 10:18-42

18 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene.

19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.

21 Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.

22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.

24 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!

26 Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 

27 Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. 

28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. 

29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. 

30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 

31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. 

32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. 

33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. 

34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 

35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 

36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 

37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 

38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 

39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

40 Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. 

41 Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang. 

42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker koue water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie. 

Mattheus 12:50

50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder. 

Mattheus 21:42-46

42 Yahushua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? 

43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. 

44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel. 

45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek. 

46 En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het. 

Mattheus 23:29-39

29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; 

30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. 

31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. 

32 Maak die maat van julle vaders dan vol! 

33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? 

34 Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg, 

35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. 

36 Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom. 

37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! 

38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 

39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van YAHUVEH!