Profesie 99, EK YAHUVEH Sê, “Julle is op ‘n Aftel van MY Geduld!”

Profesie 99

EK YAHUVEH Sê, “Julle is op ‘n Aftel van MY Geduld!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
25 Mei 2008
Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal ek aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes 42:8

In Julie 2016 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Oorskrywing van Audioband opname begin ‘n entjie verder af in hierdie Profesie.

Vyf Chinese paartjies het hul troufoto’s laat neem, toe die aardbewing op 12 Mei getref het, en almal sonder beserings ontkom het. Die terrein waar die foto’s geneem is, ‘n eeu oue kweekskool, is verwoes.

YAHUVEH gee ons dikwels “foto’s” in die geskiedenis van dinge wat profeties is. Hierdie, glo ek, is wat gebeur het gedurende die onlangse Chinese aardbewing en die foto’s van die VYF bruide wat probeer het om hul troubeloftes te maak op dieselfde tyd wat die aardbewing plaasgevind het (interessant, is dit nie – het jy agtergekom – dat daar VYF bruide was?) Dit is ‘n foto van hierdie wêreld wat YAHUVEH uitdaag deur basies te sê “Ons sal eet, drink en vrolik wees…” reg tot en met die EINDE. Die foto’s wys die vyf bruide wat in verwarring staan NA die aardbewing met modderbesmeerde uitrustings – en daar is rommel, puinhope, stof en modder oral om hulle in hope…wat ‘n “foto” van hierdie wêreld! Wee hierdie wêreld wat die heiligheid bespotlik maak, aborsie, genadedood, homoseksualiteit, en dieselfde-geslag huwelike. YAHUVEH sal nie vir lank bespot word nie. Wee die nasies wat hulle rug keer op die een en ware Skepper YAHUVEH en Messias YAHUSHUA ha MASIACH en ons Kosbare Moeder die RUACH ha KODESH.

Dit is ironies dat daar 5 bruide staan in die middel van die verwoesting, verbrokkelende heiligdom, herinner my aan die 5 dwase maagde, soos vertel is in die gelykenis deur YAHUSHUA, wagtend op hul Bruidegom om hulle te kom haal. YAHUSHUA kom maar HY neem net die 5 wyse maagde met ekstra olie in hul lampe saam. Lees oor die aardbewing en kyk na die foto’s wat in China geneem is, hul uitrustings is besmeer, geskeur, georganiseerde ou kerk lê in puin. Word wakker en sien dat dit nie ‘n toeval is nie. Lees die profesie en bid en sien dat YAHUVEH spesifiek vir China noem en sê dat dit die oordeel uit die Hemel is. Wat met China gebeur het sal gebeur met Kalifornië en ander state, lande en nasies, in besonder Amerika, wanneer hulle dit die minste verwag. 60,000 mense in China is dood, en nogsteeds word daar getel, volgens die nuutste verslag wat ek gehoor het. Lees wat YAHUVEH hieroor sê. BID dat julle waardig geag sal word om SY WRAAK te ontsnap soos HY aftel tot die dag wanneer SY GEDULD tot ‘n end kom! Soos ons die dae van die Omer aftel, so ook tel YAHUVEH die dae af tot die einde van SY GEDULD, en wee die een wat op die aarde is wanneer dit gebeur!

Moenie mislei word nie want YAHUVEH word nie maklik bespot nie! Diegene wat dit doen, satan spot met hulle want hy weet, die prys wat hulle betaal om dit te doen, hy betaal die prys vir alle ewigheid.

“Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?” Openbaring 6:17

In die sesde hoofstuk van Openbaring, beskryf Johannes die mees tragiese, nuttelose gebedsbyeenkoms in die geskiedenis van die wêreld! Bid nou terwyl jul gebede vir genade nog gehoor kan word! Bekeer julle en draai weg van sonde terwyl daar nog tyd is! Môre mag dit te laat wees!

Gehuil en gekerm, uitroepe en eise, gekla en Gefluister – alles sal gehoor word daardie Dag met die koms van YAHUVEH wanneer die wraak en oordele van YAHUVEH losgelaat word. Selfs die berge en eilande sal uit hul plekke verwyder word.

Maar teen daardie tyd sal die gebede en uitroepe van sondige mans en vrouens heeltemal te min en te laat wees!

Al die ryk en beroemde akteurs, aktrises, kletsprogram aanbieders, politikuste, insluitend konings, president, heersers van lande het die leuens van die duiwel en sy wetenskaplikes geglo en hulle vertroue en hoop in hulself en ander met menslike vermoëns, gestel. Hulle plaas hul geloof in “geld kan enigiets koop” tog sal hul saam met die ander wees wat uitroep in vrees. Hulle sal uitroep na die verbrokkelende rotse en berge om op hulle te val en om hulle te verberg van die woede van YAHUVEH, en die eniggebore Seun van YAHUVEH, SY Naam IS YAHUSHUA ha MASHIACH!

Ons is onder hulle wat glo dat die oordele van YAH ‘n sekerheid is. Ons ken nie die dag of die uur nie. Maar YAHUVEH gaan inderdaad die aarde laat skud soos nog nooit tevore, en HY sal dit oorgee aan die enigste KONING VAN DIE HEELAL, YAHUSHUA ha MASHIACH!

Nota: Ons het die naam van die persoon in hierdie Profetiese Woord uitgelaat. Elisabeth [Elisheva], en Katherineyah het saam ingetree in gebed vir ‘n vennoot wat sukkel om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH. Hy is in ‘n ongelyk gebonde huweliksband en hy verontagsaam ‘n opdrag wat deur MOMMA SHKHINYAH aan hom gegee is, deur in hierdie ongelyk gebonde huwelik te bly. YAH het gesê dat die opdrag nie voltooi kan word terwyl hy in hierdie huwelik bly nie, ‘n huwelik wat nie van YAHUVEH is nie.

Sodra hulle begin bid het, het Katherineyah die woord ‘dryfsand’ gehoor en ‘n visioen gesien van ‘n man wat wegsak in dryfsand. Hierdie Broer is vasgeval in dryfsand. Katherineyah het toe granietblokke oor sy voete gesien. Elisabeth [Elisheva] het gesê dat hy gewoond geraak het aan die granietblokke en nie in staat was om te beweeg nie, maar sy sien toe ‘n visioen van ‘n groot hammer in sy hand as hy sou verkies om dit te gebruik. Hy kon vry breek van die granietblokke as hy sou verkies. Dit is binne sy mag om dit te doen maar dit is sy eie keuse.

Audio band oorgeskrywing begin hier.

Elisabeth [Elisheva}: Hy het die hammer in die hand en hy is instaat om die graniet af te breek as hy dit sou verkies, as hy dit sou verkies.

Katherineyah: Ek voel of die HERE ‘n weerligstraal gaan stuur en daardie granietblok gaan slaan.

Elisabeth [Elisheva]: Dit is die salwing, die RUACH ha KODESH vuur wat nou die granietblok moet tref in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar weereens, het hy ‘n keuse. Ek bly dit weer en weer en weer hoor. Hy is so gewoond om die skoene van graniet te dra, hy is so gewoond om nie te kan beweeg nie, hy het gemaklik geword. Hy is so gewoond om opdragte van sy vrou te neem, net soos Gary. Hy is so gewoond daaraan en tog weet hy. Hy weet wat hy moet doen. Hy kyk na ander om hom te vertel wat om te doen maar hy ken alreeds die antwoord. Hy weet dat hy nie moet terug gaan werk toe nie. Hy kan nooit sê dat ‘n “So sê YAHUVEH,” aan hom gegee is, dat hy moes teruggaan na sy werk toe nie. Sy ‘werk’ was daardie uitvinding. Dit is sy vrou wat aan hom die opdrag gegee het om terug te gaan werk toe. Sy gee hom ‘n ultimatum en ……. jy (Elisabeth [Elisheva] begin in tale bid) moet haar laat weet dat haar intimidasie en manipulasie nie sal werk nie, dat sy nie ‘mind control’, manipulasie, intimidasie teen jou kan gebruik nie. Sy is so begaan oor sekuriteit. Eintlik is sy gevul met skaamte, sy is meer geinteresseerd om haar ouers en familie te beindruk. Ek weet nie of dit haar eie ouers is of iemand na wie sy draai vir ouerlike advies nie, maar hulle sê, “Hy is nog nie terug werk toe nie? Hoeveel hiervan gaan jy verdra?” So dit is ‘n kwessie van haar trots. Sy is nêrens op die bladsy nie, nêrens nie, ek sien ‘n boek met ‘n leë bladsy. Sy is nêrens, nêrens op…….sy bladsy nie, nêrens, nêrens, nêrens ……. op jou bladsy nie. Jy wil haar graag op jou bladsy hê, maar sy is glad nie daar nie.

* * * * * * *

YAHUVEH begin praat:

Wie gaan jy vrees, sê YAHUVEH? MY Geliefde Seun…….. , wie vrees jy meer? Wie vrees jy om te beledig of om te verontagsaam?

Jy word getoets. (Exodus 20:20; Sagaria 13:9) Daar is nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, nie een, van die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wat nie nou getoets word om te sien wie hulle gehoorsaam, om te sien wie hul vrees om te beledig nie. Dit moet EK wees, dit moet EK wees, dit moet EK wees, YAHUVEH. Dit moet YAHUSHUA, jou MASHIACH wees. Het HY nie die voorbeeld gestel nie? Dat HY geweier het om ongehoorsaam te wees aan MY, YAHUVEH. HY geweier het om ongehoorsaam te wees aan SY Hemelse VADER?

Die tyd is so kort. EK het hulle een vir een soos onkruid uitgetrek. Daar is geen meer gratis ritte nie. EK het jou vertel dat ek besig is om MY geduld af te tel. Waarom dink jy bly EK jou vra, “Tel jy die “Omer” af? (Levitikus 23:15-16) As jy MY nie nou kan hoor nie, hoe sal jy MY dán hoor? Hierdie Bediening het die salwing om die begeerte aan mense te gee, wat se name geskryf is in the LAM se Boek van Lewe, om MY stem te hoor, om MY wil te doen, omdat jy ‘n voorbeeld vir hulle is. Wat sal jy doen …….? EK weet alreeds.

Dit sou so maklik vir MY wees……… om dit vir jou op die maklike manier te doen maar hoe sal jy jou toets slaag? Hoe sou jy gehoorsaamheid bewys? Hoe sou jy bewys wie jy meer lief het? Dit geld nou vir al die mans en al die vroue wat nou in ongelyk gebonde huwelike is. Dit was nie deur MY hand wat hulle bymekaar gebring is nie. Wat sal jy doen wanneer die tyd van die Groot Verdrukking kom en jy nie waardig gevind word om MY Bruid genoem te word nie, as jy nie waardig gevind word om die Bruid van YAHUSHUA te wees nie? Want onthou wat ookal aan YAHUSHUA behoort, is MYNE. En wat ookal MYNE is, is MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH s’n. Wat sal jy doen as jy agtergelaat word? Sal dit die moeite werd wees? Want die einste persone waaraan jy jouself verbind het sal die einste persone wees wat jou sal verraai. Wat sal jy doen? Jy dink dit is nou moeilik? Jy het geen idee nie. Teen daartdie tyd sal mans hul vrouens verraai en vroue sal hul mans verraai. Kinders sal hul ouers verraai en ouers sal hul kinders verraai. Daar sal geen lojaliteit wees nie. Die enigste familie wat dan sal tel sal die familie in YAHUSHUA ha MASHIACH wees. Hulle sal die enigstes wees wat jy sal kan vertrou. Al sal jy ‘n vreemdeling ontmoet, sal jy kan herken wie hulle is. Dit sal duidelik wees vir almal om te sien.

So manne, EK gaan nie julle toetse kanselleer nie. Dit is wat julle wil hê EK moet doen. Almal word getoets. Sê MY Woord nie, “Die beproewings van jou geloof is meer werd as goud” (1 Petrus 1:7) Die een waardeur EK nou praat, hierdie vyf wat die Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, hulle almal is getoets. Adam het weggestap van die huis wat hy vir baie, baie jare sy eie genoem het. Hy het weggestap van ‘n werk wat ‘n goeie inkomste ingebring het en O, hoe lank het hy gewag dat dit ‘n eenheid moes word, tog het EK vir hom gesê om weg te loop. [Toe ‘n moeder] haar biologiese familie moes verlaat, ‘n eie kind van haar lende-almal van julle, almal van julle, almal van julle, die moederharte wat voor MY kom staan het, so mishandel en gebroke en gekneus. Jy mis jou kinders maar jy het hulle op die altaar van opoffering gelê en julle [ouers] het gesê, “Doen met hulle soos U wil want hulle is nie my kinders nie maar U kinders”. Daarom wek EK vir julle geestelike kinders op wat na jul uitroep soos na ‘n Mamma en Pappa en hul begeer jul leiding en hulle begeer jul liefde. Hulle wil MY gehoorsaam en EK sê vir julle om hulle te lei en te rig. En EK is op die punt om jou ‘n skok te gee, hierdie geestelike kinders het jou meer lief as wat jou biologiese kinders jou ooit lief kan hê. Hulle respekteer jou. Hulle eer jou. Moenie een van hulle as vanselfsprekend aanvaar nie. Soos jy geduld het met jou biologiese kinders, so moet jy geduld hê met jou geestelike kinders. Moenie jou hande omhoog gooi en sê, “Ek het genoeg gehad” nie.

Moet nooit so opgeblaas van trots wees, om mense te laat glo dat jy altyd aan MY gehoorsaam was nie, omdat almal, almal, almal tot ‘n sekere punt geworstel het, almal van julle het gesê, “Ek sal dit liewer op my eie manier doen.” Dit is net daar wat EK julle so ‘n agterent loesing gee. Almal van julle het op die harde manier geleer. En dit is hoekom jy nou sê, “Wat U ookal sê ABBA YAHUVEH, ek sal dit op U manier doen. EK het nie eens nodig om MY stem te verhef nie. Julle weet wanneer julle verkeerd doen. EK sê nie dat enigeen volmaak is behalwe MY SEUN YAHUSHUA nie, maar EK sê al wat ek van enigeen van MY Kinders verwag is om te probeer.

So doen jou deel, jy weet wat EK vir jou gesê het om te doen. Jy weet wat ek jou gesê het om nie te doen nie. satan wil nie hê dat hierdie uitvinding ooit die lig moet sien nie. Daarom het hy een vrou wat in die pad staan. En sy is soos ‘n muis wat brul en jy skarrel in die hoekie in. Hoe kan sy dit respekteer?

Die tyd is later as wat jy dink en EK het China gestuur as ‘n voorbeeld wat gebeur wanneer MY geduld besig is om op te raak. Lank gelede het EK vir jou ‘n Woord gegee, Elisabeth [Elisheva], “Einde van rondte een, nou vir rondte twee.” Wees op jou hoede China omdat rondte drie kom. (China het pas ‘n vernietigende aardbewing gehad wat omtrent 60,000 mense gedood het)

En Amerika, het EK nog nie eens begin nie. Weer en weer het EK gesê, EK het die ergste vir laaste gebêre. Jy het nog nie eers, eers, eers begin om MY wraak te proe nie. En Europa, moenie dink dat jy jou noodlot sal ontsnap nie. Op die oomblik is daar net een harde stem wat protesteer, wat EK verfoeilik vind en EK gebruik die Katolieke kerk, onthou, soos EK die donkie gebruik het en deur hom gepraat het (Num. 22:22-32) , gebruik EK die Katolieke kerk om te waarsku, te waarsku oor die heiligheid van lewe. Waar is die ander? Waar is die ander georganiseerde gelowe? ‘n Wêreldwye uitroep moes uitgegaan het, om ‘n dierlike en menslike embrio bymekaar te voeg, om enigsins so ‘n plan te bedink, om ‘n half mens en half dier te kry, julle kan nie eers begin om te weet wat die pad is waarop julle begin stap het nie. Om MY te tart met die heiligheid van die huwelik? Daar moes ‘n wêreldwye uitroep gewees het teen huwelike met dieselfde geslag! Hoekom is dit so stil? Waar is die kerke? Waarom het almal in Islam nie opgestaan nie? Hulle gee om vir ‘n tekenspotprent! Hulle stuur angs na enigeen wat nie met hulle saamstem nie. Maar hoekom is hulle stil?

Dit is waarom ek nou op die aftel van MY geduld is. Dit wat julle dink jare vorentoe is, almal van julle, almal van julle daar kom ‘n wrede ontnugtering. EK beveel hierdie Bediening om dit te doen wat hulle moet doen en dit gou te doen. Daar is geen tyd meer om die babas te pamperlang (oorbeskermend te wees) nie. Dit is tyd dat hulle groot word. Dit is tyd vir manne om manne te wees. Dit is waarom ek vrouens as leiers daargestel het. Dit is waarom EK ‘n Deborah opgerig het! Die manne is Baraks! [Rigters, hoofstuk 4] Hulle is lafaards! Nie al MY manne nie. EK het MYNE, MY eie. En hulle hoor MY stem en hulle spreek MY Woorde maar o hoe min, hoe min. En julle vrouens word geintimideer in hierdie ongelyke gebonde huwelike en die Skrifte is teen julle gebruik om te sê, “Bly stil.” EK het jou net gesê om daardie man te gehoorsaam as hy in lyn is met MY Woord. As hy nie is nie, wys hom hy is nie jou baas nie! Genoeg is genoeg! Genoeg is genoeg!

MY liefling EK salf jou hierdie dag om die woorde met moed uit te spreek aan hierdie manne sodat hulle kan onthou wat ‘n man veronderstel is om te wees! Hulle moet MY behaag, voordat hulle enige vrou behaag, voordat hulle enige kind behaag en vir die vroue wat in ongelyk gebonde huwelike is, EK herinner julle aan die gees van Deborah! Julle moet MY behaag. Julle moet YAHUSHUA behaag! Voordat julle enige man behaag! Voordat julle julle kinders behaag. Gehoorsaamheid, gehoorsaamheid, gehoorsaamheid is beter as offers! Neem weg julle tiendes en neem weg julle offerhandes en neem weg julle lofsang, as julle MY nie gehoorsaam nie! As julle MY nie nou gehoorsaam nie, wat laat julle dink dat julle MY sal gehoorsaam in die Groot Verdrukking wanneer dit skaars sal wees om ‘n Profeet dit so te hoor sê? Leer om nou te gehoorsaam! Hoe bewys jy dat jy YAHUSHUA ha MASHIACH liefhet? Sê MY Woord nie, “As julle MY liefhet, sal julle MY gehoorsaam.” nie? [Evangelie van Johannes 14:15;21] Hoe het YAHUSHUA ha MASHIACH bewys dat HY vir YAHUVEH liefhet? Om gehoorsaam te wees aan elke Woord wat EK sê. Moenie beloftes aan MY maak wat jy nooit van plan is om te hou nie.

EK is nie bekommerd oor mensgemaakte huweliksbeloftes aan huwelike wat EK nie saamgevoeg het nie en nou sien julle mekaar vir wie julle is. EK is net bekommerd oor daardie huwelike wat uit die Hemel bestem is. En hoe weet julle dat hulle uit die Hemel bestem is? Omdat julle een is in MY. Dit is waar dat die Woord sê die man behoort die geestelike leier van die huishouding te wees [Efesiërs 5:22] en wanneer daardie man nie geskik is om die geestelike leier van die huishouding te wees nie, dan sal EK ‘n leier van die huishouding hê, of dit nou ‘n vrou is of ‘n kind, EK sal iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek. EK sál iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek! Al is dit ‘n klein kindjie, EK sal iemand hê wat MY Woorde sal uitspreek! MY Heerlikheid sal duidelik wees vir almal om te sien! Julle in hierdie georganiseerde kerke, julle weet dat hulle ‘n stank in MY neusgate is maar julle sê julle moet ‘n gebou hê om byeenkomste in te hou. Wat het geword van ‘n samekoms met MY een tot een? Wat het geword van ‘n samekoms met MY SEUN? Julle is in die aftel van die “Omer”. Julle is in die aftel van MY geduld.

Wee, wee, wee, wee hierdie aarde wanneer MY geduld op is! Bid dat julle waardig geag word om MY Woede te ontsnap! Dit moet julle aanhoudende gebed wees daagliks en elke dag. EK is nie kwaad vir diegene wat MY gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat probeer om MY te gehoorsaam nie. EK is nie kwaad vir diegene wat sal sê, “Ek luister vir U stem. Leer my en lei my”. EK is ook nie eers kwaad vir diegene wat sal sê, “Asseblief vergewe my”. EK is kwaad vir hulle wat weier om te gehoorsaam. En Oordeel begin by die Huis van YAHUVEH. Die heidene weet nie hoe om MY stem te hoor nie. Maar EK is kwaad vir diegene wat eis dat hulle aan MY behoort en aan YAHUSHUA ha MASHIACH behoort en weier om te gehoorsaam!

China proe nou MY Woede. Maar EK spaar diegene wat MYNE is. Hulle het opgestaan en gesê, “Geen Bybels word hier toegelaat nie.” Hulle gooi MY heiliges in die tronk, diegene wat MY waarlik liefhet en dien, hulle stel hul tereg. Hulle martel hulle. Hulle weerhou kos van hulle! Proe MY Wraak China want meer is aan die kom!

(Elisabeth [Elisheva] sê: “Ek het nou op die oomblik ‘n visioen en ek sien wolke en in die wolke voor die aardbewing en nou verstaan ek hoekom daar ‘n wolk was en dit het, as ons daarna kyk sou ons kon sê dit het die helderste reënboog skynsel in die wolk gehad. (Ons stem nie saam met al die kommentaar op die link na youtube nie). Maar ek het dit gesien op youtube en ander nuus berigte. Dit was so helder, verskillende kleure ligte binne ‘n wit wolk en dit het so pragtig gelyk en hulle sê vir 30 minute voor die verwoestende aardbewing, het hierdie wolke gehang en ek het die foto’s gesien wat hulle geneem het en ons moet in staat wees om hierdie foto’s te plaas vir al die mense om te kan sien maar nou verstaan ek en ek sê, “Waarom moes sulke skoonheid verskyn voor die aardbewing in China?” En dit is wat YAHUVEH nou vir my sê toe HY my hierdie visioen wys.”)

Woord gaan voort: Omdat die reënboog ‘n belofte verteenwoordig en EK ‘n belofte gemaak het aan diegene wat MY aangeroep het, aan die bedroefdes, aan die wat vervolg is, aan hulle wat martelaars is in China, om in die tronk te wees, diegene wat in die tronk is en wat gemartel is omdat hulle vir YAHUSHUA aanbid, EK het ‘n belofte gemaak dat EK wraak sal neem vir hulle! En dit is net die begin China! Dit is net die begin, as ‘n voorbeeld soos een nasie in die wêreld dieselfde doen.

Sê MY Woord nie dat EK, YAHUVEH wraak neem nie? Wraak is MYNE sê EK, YAHUVEH! (Deut.32:35) Roep MY aan en EK sal veroorsaak dat julle vyande in 7 verskillende rigtings hardloop! Hoe baie verskillende rigtings hardloop julle nou o Chinese regering? Maar EK maak seker dat die Heilige engele daar is om julle broers en susters te beskerm en te voorsien in YAHUSHUA ha MASHIACH. Wee die wêreld want kyk na China. Julle sal sien hoe dit, wat met China gebeur het, ook California tref. Ek sal nie die ander dele van die wêreld noem nie maar Amerika jy wil ‘n harp speel? (H.A.A.R.P.) Wag totdat ek MY harp speel. Jy wil die weer beheer, jy het nog niks gesien nie.

EK stuur verwarring na die wetenskaplikes. EK stuur verwarring na die astroloë. Daar is waansin in die Wit Huis. Daar is waansin in die regering. Die mense hardloop heen en weer. Die politikuste is waansinnig. Hoe kan hulle die mense lei? So roep MY aan. Roep MY aan. Roep MY aan terwyl ek nog wil luister, roep MY aan. Ek doen niks voordat EK nie eers deur die Profete gepraat het nie. (Amos 3:7) EK het gewaarsku uit die mond van hierdie Profeet wat sou gebeur vanaf die oomblik dat hulle Amerika verlaat het, ‘n Profesie was vrygestel en EK het julle gewaarsku wat sou gebeur wanneer die prys van ru-olie styg, EK het julle gewaarsku oor die kospryse. (Profesie 85) EK het julle gewaarsku oor die kostes. EK het julle ook gewaarsku oor die trokbestuurders as hulle pryse styg, julle het nog niks gesien nie.

Maar weet dit, hierdie hongersnood is nie MY toedoen nie. Dit is die manipulasie van hulle wat vol hebsug is. Soos hulle die goud en silwer vir hulself vergader en saamsweer om diegene dood te maak wat in nood verkeer. Dit het begin met aborsie en daarna het dit gegaan na diegene wat te siek is om hulself te verdedig. Dit was die volksmood waarvan EK gepraat het. Daar is dood in die inentings. EK het weer en weer gewaarsku. Omdat hierdie wêreld nie dink dat hulle arm kinders nodig het nie. EK het julle gewaarsku dat dit na die bejaardes sou gaan. Alles is volksmoord. Al hierdie is sodat daar vir die rykes voorsien kan word in hulle eie oë. En nou wring julle julle hande en wonder hoekom tienerselfmoord so hoog is. Julle enigste hoop is in YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle enigste hoop is bekering en gehoorsaamheid. Julle enigste hoop is in MY genade. Omdat EK verdraagsaam is. So gaan voort met wat julle doen. Gaan voort om te waarsku. Terwyl julle die Vryheid het om uit te spreek want daar is kragte wat julle wil stil maak, wat MY Ware Profete wil stil maak. So praat terwyl julle kan.

Einde van Woord

* * * * * * *

Elisabeth (Elisheva): Dit is ‘n ongelyk gebonde huwelik en hy het ‘n uitvinding wat die wêreld kan verander en ‘n ongelyk gebonde huwelik hou alles terug.

Katherineyah: Julle moet vertroue hê dat YAHUVEH weet waarvan HY praat, wanneer HY vir jou sê om iets te doen. Moenie HOM betwyfel nie. Dit is ‘n belediging vir HOM. As jy gehoorsaam dan is jy respekvol aan GOD ALMAGTIG wie die Heerskappy is bo almal.

Katherineyah: Dit grief VADER wanneer hulle HOM nie gehoorsaam nie. Dit grief GOD ALMAGTIG, alle mans, alle vroue wie nie na VADER luister nie en gehoorsaam, punt. En ek weet dat julle HOM nie wil bedroef maak nie, so soos Elisabeth (Elisheva) gehoor het luister, gehoorsaam, oor en uit.

Offensief vir die meeste en Verligtend vir ander.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)