Profesie 96, Jubeljaar Van Welbehae, YAHUVEH Sê, Gooi Julle Dooie Gewig Af!

Profesie 96

Jubeljaar Van Welbehae, YAHUVEH Sê, Gooi Julle Dooie Gewig Af!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
3 Mei 2008
YAHUVEH se woorde aan Elizabeth (Elisheva) wat voor die profesieë geplaas moet word:

Elisabeth (Elisheva), ek het jou lank gelede gewaarsku om hierdie Bediening nie na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas, want niks hiervan was deur jou eie toe doen nie. Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE Wind van Herlewing,dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

Verduideliking van Elisabeth (Elisheva) oor hoe Profesie 96 voortgekom het:

Hierdie Profesie het na vore gekom as gevolg van die salwing van gebedsintersessie en smart terwyl ek vir ‘n Heilige man genaamd Doug, gebid het, wie aan ons geskryf en gevra het vir gebed omdat hy honger ly omdat hy nie $80,000 se skuld kon betaal wat aangegaan is met sy vrou se siekte nie, wat uiteindelik geëindig het toe sy weg is Hemel toe. YAHUVEH sê hierdie Woord is ook vir almal wat verpletterende skuldlaste het en geen manier het om dit terug te betaal nie. Ons weet nie wat die finansiële situasie van elkeen is wat hierdie Profetiese Woord sal lees nie, maar YAHUVEH weet. En as jy YAHUVEH se stem met jou hart hoor praat deur hierdie Woord, is dit vir jou ook bedoel. Gehoorsaam asseblief wat YAHUVEH sê en kyk watter wonderwerk HY vir jou sal doen, as jy gehoorsaam. YAH het ons geleer, as ons ons deel doen, sal YAH SY deel doen.

3 Mei 2008 – 10:00 vm

Oorgeskryf van oudioband:

Elisabeth (Elisheva) : Ons het ‘n brief van Doug ontvang wat Kathrineyah gestuur het en ek het nooit aan hom geskryf nie, maar ek huil elke keer as sy briewe aan my gelees word of as ek sy briewe lees. En vandag het ek sy brief gelees en ek het net pyn op die krop van my maag begin voel en soveel hartseer, want Doug is so geliefd deur YAHUSHUA ha MASHIACH. En HY (YAHUSHUA) het vir my gesê om in te tree en vir hom te bid want hy is nie sterk genoeg om te bid soos ek gaan bid nie. Dit vat so baie van sy krag en toe sê ek vir YAHUVEH, is ek sterk genoeg om dit te doen? Want ek het nie goed gevoel nie. Maar ek weet ek is, anders sou HY my nie aangesê het om dit te doen nie en dit is op hierdie Sabbatdag..(whew…. diep sug…..)

Elisabeth (Elisheva) praat in Heilige Tale…..

Geliefde ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, hierdie man het ‘n Woord nodig. Hy het ‘n Woord van bemoediging nodig. Hy het rigting nodig. Hy het leiding nodig. Moenie dat ek een woord uit my vlees praat nie. Ek dompel my lippe in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek vra dat net U Woord voortkom ….. praat in Heilige tale…..

Ag ons tree nou in. Ons tree nou in, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH vir ons broer Doug, wie U so liefhet, wie net verlang om te weet wat sy volgende stap moet wees … praat in tale … wat is dit wat U vir U seun wil sê? Wat is dit wat U wil sê, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH? Wat is dit wat U vir U seun wil sê, Geliefde ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U vir U seun wil sê, IMMAYAH, RUACH ha KODESH? Gebruik my lippe … ek wag nou. Ek wag nou… O Halleluyah ABBA YAHUVEH … laat geen woord uit my vlees voortkom nie, slegs die Woorde van die Hemel. Ek smeek U in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, want my woorde uit die vlees kan nie hierdie man help nie, hy moet Woorde uit die Hemel kry, vanaf die Troon van YAHUVEH en YAHUSHUA en MOMMA IMMAYAH, ons MOMMA RUACH ha KODESH.

Profetiese Woord Begin:

MY geliefde Seun, lê neer die groot gewig wat jy dra. Gooi die dooie liggaam van jou rug af. Want alhoewel jou vrou in die Hemel is by MY, het jy ‘n las gedra wat dieselfde is as om haar lyk vir 24 uur per dag op jou rug te dra. Dooie gewig, dooie gewig van rekeninge van lank gelede. Dit is die dag wat EK verklaar as jou jubeljaar. Dit is die dag wat EK vir jou sê om daardie gewig van al die skuld wat jy het te vat en die mensgemaakte wette van bankrotskap te gebruik, wat die namaaksel is vir wat EK dit geroep het om te wees.

Stel jou self voor en vra jouself af, wil EK hê jy moet ‘n lyk vir 24 uur per dag op jou rug dra? Dit het jou gesondheid geaffekteer tot ‘n punt waar dit net MY wonderwerk is dat jy nog lewe, maar jy lewe vir MY Eer. EK vergewe jou omdat jy dink jy moet dinge volgens die mens se manier doen. Dit is nie MY begeerte dat hierdie rekeninge betaal moet word nie. EK praat nie van jou huisverband nie, EK praat van jou skuld van die verlede wat aangegaan is gedurende die tyd toe jou vrou nog op hierdie aarde was.

MY hart is so geraak deur die liefde, die liefde wat jy vir MY het, die liefde wat jy vir jou vrou het, vir alles wat jy vir ander doen. MY hart is so geraak dat EK die hart van hierdie Profeet wat nou praat, geraak het en EK ween deur haar en EK wys smart deur haar. Gooi daardie lyk opsy. Moenie langer hierdie dooie gewig dra nie want jy skuld hulle niks, want hulle is ‘n nes van rowers wat nie eers hul eie skulde kan betaal nie en tog probeer hulle jou bloed leeg suig soos ‘n bloedsuier.

Dit is wat EK van hierdie kredietkaartmaatskappye dink. Dit is wat EK van hierdie skuldinvorderaars dink. Hospitale wat hulle pryse so verhoog dat selfs wanneer ‘n persoon lewe, word hulle elke dag doodgemaak as gevolg van die vernietigende skuld.

Bloedsuiers! Aasvoels! Vampiere, dit is wat hierdie finansiële instansies is. Verbandmaatskappye sal tot niet gaan! Hulle sal in puinhope lê omdat hulle sonder genade verbande op huise herroep. Hulle sal MY Toorn voel en hulle sal self sonder huise wees! Want hulle sal maai wat hulle gesaai het.

EK het jou lief MY seun. Ag, luister asseblief vandag. Dit was geen ongeluk dat EK hierdie Profeet hierdie pad gestuur het nie. EK gee nie vir hierdie “Ringmaiden” ‘n Woord vir elkeen nie. Want sy het nie die fisiese krag om dit te doen nie, maar omdat jy nie vir enigiets gevra het nie, seën EK jou vandag. Jy het gevra om MY aangesig te sien. Instede daarvan gee EK jou hierdie Woord, want jy kan nie die aangesig van YAHUVEH sien en bly lewe nie, maar jy kan na die gesig van MY Seun kyk. Vra om die aangesig van YAHUSHUA te sien. Eendag, en dit is nie ver af nie, sal jy MY aangesig aanskou, en jou belonings sal jou na die Hemel volg.

En jy sal herenig word met jou vrou. Maar nou het EK ‘n taak vir jou om te doen. So, op hierdie Sabbatdag gee EK jou ‘n antwoord op jou gebede, en EK verlos jou op ‘n ander manier van jou skuld as jy net gehoorsaam en ter ere van die liefde wat jy en jou vrou gedeel het, raak EK die hart van MY Diensmaagd aan op hierdie spesiale herdenkingsdag.

MY geliefde seun, daar is nog een ding wat EK te sê het. Jy moet ‘n nuwe reël maak, “Maar wat my en my huis aangaan, ons sal YAHUVEH en YAHUSHUA dien.” Hierdie reël moet geld vir enigeen wat onder jou dak slaap. Of hulle doen dit op MY manier en jy sê vir hulle dit is MY reël, jou ABBA YAHUVEH, of hulle word uitgeskop om op die wêreld se hoofweg te reis. Onthou jou naam is nie YAH nie. Jy kan net doen wat EK jou sê om te doen. Moenie enige las opneem tensy jy weet EK het daardie las op jou geplaas nie. En dan moet jy daardie las vat en dit by die kruis los. Moenie probeer om meer te dra nie want jy het vir te lank geloop en laste dra wat EK nie op jou geplaas het nie. Terwyl jy hierdie Woorde in gebed na MY toe neem, weet jy alreeds en jy sal presies weet waarvan EK praat. Jy is MY kosbare seun. EK soen nou jou wenkbrou. En EK eindig dit met Woorde van MY liefde. Staan op MY Woord want dit kan nie lieg nie. Soos jy in MY Woord bly, so bly EK in jou.

Einde van Woord

Ná die Woord het YAHUVEH vir Elisabeth (Elisheva) gesê, “Voeg hierdie Woord by die lys van jou Profesieë. Dit is nie net vir een nie. Dit is vir almal wat die dooie gewig van vernietigende skuld dra.

YAHUSHUA ha MASHIACH het SY bediening begin met ‘n duidelike verwysing na die Jubeljaar. In die sinagoge by Nasaret het HY hierdie woorde uit Jesaja gelees: ‘Die Gees van YAH is op my, omdat HY my gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges. HY het my gestuur om aan gevangenes vrylating uit te roep en aan blindes herstel van gesig, om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van YAHWEH aan te kondig. (Jesaja 61:1-2 en Lukas 4:18-19).

HY het gepraat van vryheid aan die gevangenes en vrystelling aan die verdruktes en die jaar van YAH se welbehae aangekondig. Watter ander jaar sou dit bedoel as die jaar van welbehae (jubeljaar)? Nadat HY dit verkondig het, het HY voortgegaan en verlossing van sonde, siekte en van satan gebring, aan menigtes van hulle wat gebonde en bedroef was. Dit het alles ‘n toppunt bereik met SY eie verlossing van die kettings van die dood, en 50 dae later die verlossing van Sy volgelinge van alle vrees op die glorieryke dag van Pinkster. Op hulle beurt het hulle verlossing en vrymaking aan gevangenes verkondig waar hulle ookal gegaan het.

In die jaar 2008 het die ekonomie almal behalwe die super rykes hard geslaan. Werkloosheid, verbandoproeping, keuses tussen afbetaling van skuld en brood op jou tafel en betaling van skuiling en brandstof, het selfs Amerikaners genoop om nederig te raak. Hongersnood beweeg oor nasies en lande en ek sou julle graag wou vertel dat dit beter sal gaan, maar die bybel kan nie lieg nie. Dit is nou ‘n mensgemaakte hongersnood, gulsigheid, oliemaatskappye en selfs die Amerikaanse President, George Bush wat ‘n vertoon opsit dat hy omgee oor Exxon ‘n wins van biljoene dollars toon, en tog, aangesien die Bush families se hoofbeleggings olie is, kan hulle al die pad bank toe lag.

YAHUVEH doen niks voordat HY nie eers die profete waarsku nie en ek is op baie verskillende tye profesieë gegee om die wêreld te waarsku. Dit is nog nie YAHUVEH se toorn wat die voedseltekorte veroorsaak nie, dit is die mens se onmenslikheid teenoor die mens, die rykes manipuleer pryse om die populasie te verminder sodat die rykes geen tekorte sal hê nie. Boere in Amerika word betaal om nie gewasse te plant nie. Mielies word deur die rykes gebruik om geld te spaar met hulle ‘hybred’ voertuie terwyl daardie mielies miljoene honger mense kon voed. Die rykes soos Donald Trump, het bankrotskap gebruik om sy rykdom te manipuleer en het net ryker geword en asook lugdienste, besighede. Nietemin, dit is gewone mense wat moet kies tussen kos om te eet en betaling van skuld.

Hierdie profesie is nie vir almal nie, as jy geen probleem het om jou skuld af te betaal nie en nie swaarkry nie, is hierdie profesie nie vir jou bedoel nie. Nietemin, as jy swaarkry en gevange gehou word deur dreigemente van die skuldeisers, weet net dat YAHUVEH jou gebede gehoor het en jou trane sien en HY het my gesalf om hierdie woord uit te spreek. Laat my asseblief weet of dit jou geseën het, skryf en sê vir ons as jy YAHUVEH se stem gehoor het wat jou toestemming gee om die mensgemaakte wette te gebruik om jou vry te maak van die skulde wat jou vernietig.

Die konsep van bankrotskap is ‘n swak plaasvervanger en dit is die duiwel wat saam met bankrotskap seker maak dat mense skaam en soos ‘n mislukking voel. Nietemin, onthou satan na-aap altyd die egte. Die vryheid van skuld spruit voort uit die bybel se idee van die Jubeljaar, die 50ste jaar. Soos dit in Levitikus aangeteken is, sal die wat in slawerny verkeer as gevolg van skuld, vrygemaak word, grond wat as gevolg van skuld verloor is, sal teruggegee word.

Ek vind dit geen toeval dat hierdie profetiese boodskap uitgekom het gedurende die aftel van die ‘Omer’ terwyl ons aftel tot die dag van Pinkster, toe die dissipels gevul was met tekens, wonders en kragte, toe die Kosbare RUACH ha KODESH hulle in die bo-vertrek gevul het. As jy ‘n Jubeljaar nodig het waar jy vry van die skuld kan kom wat jou vernietig, eis hierdie woord van YAHUVEH as jou eie. Daar is geen skande hierin nie, want selfs die skuldeisers soos banke, kredietkaartinstansies, verbandmaatskappye, en selfs die Regerings van verskeie lande, insluitende Amerika, moes meer geld leen omdat hulle nie hulle skuld kon betaal nie. Maar dieselfde persone kom agter die gewone persoon aan met hulle duur prokureurs en dreigemente en toon geen genade nie. YAHUVEH is nie geamuseerd nie en ek kry die rykes jammer wanneer HY oordeel oor hulle gaan stuur, dit sal ‘n wraak wees soos geen ander nie en die skoen sal dan aan die ander voet wees.

Offensief vir Meeste, Verligtend vir Ander

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)