Profesie 123, Verwoesting Gaan Kom! Verwoesting Is Hier!

Profesie 123

Verwoesting Gaan Kom! Verwoesting Is Hier!

Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)
Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
9 November 2013 – In die nadraai van Tifoon Haiyan

* * * * * * *

Die Profesie volg hieronder soos wat dit voortgekom het

– deur Profeet Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand. 2:3-4) oor hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring Profesie (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD

YAH/YAH is GOD se HEILIGE, … NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik “Loof/Prys YAH” beteken:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER:

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN-

(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”, ELOHIM beteken “GOD”);

Terwyl die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” –

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) – ook hierin genoem word.

(HA SH’KHINYAH (SHEKINAH) is Hebreeus vir

GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomend, beteken ABBA YAH “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH, dat geboorte gegee was.
dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND
wat oor die aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit lankal misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY WOORDE verag
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke 36:16

Toe in Julie 2016:

Ellende wag vir enigeen wat dit durf waag om hierdie twee gesalfdes leed aan te doen. Julle sal selfs die dag berou wat julle gebore was. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen hierdie twee Profete geen kwaad nie. (sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22) Dit sou vir jou beter gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Bedienaars van AmightyWind Bediening is,- ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *

Hierdie Profesie was opgeneem op audioband. Hier volg die oorskrywing.

Profesie 123 Begin:

9 November 2013

Weet dat julle gebede

NIE ongesiens verbygaan nie !

Weet dat die gebede van hierdie Bediening

NIE ongesiens verbygaan nie!

[Bandopname begin hier:]

Laat hierdie NIE ongesiens verby gaan nie! Publiseer hierdie gebed. Laat ALMAL weet – die gebedsvegters van hierdie Bediening: om hulle (die wat in die storm is) se behoeftes voor MY op te lig vandag…

Kyk NIE net na die verwoesting nie ! Maar loof MY! Want MY Heilige Engele werk oortyd! Julle kan nie die wonderwerke wat plaasvind begryp nie! Diegene [wie] vermoedelik dood was, sal gevind word. Diegene wat in isolasie is, sal herenig word met hul families.

Kyk NIE nét na die verwoesting nie! Maar weet dit: diegene wie se name geskryf staan in die 2 LAM se BOEK van LEWE, MY Heilige Engele bewaak hulle, beskerm hulle. En ja , sommige word Huis toe geneem maar hulle voel GEEN pyn nie.

So Elisabeth[Elisheva], terwyl jy na die fotos kyk op hierdie Sabbatdag….

Kyk NIE net na die verwoesting nie! Want EK IS in die storms! EK IS in die orkaan ! EK sal doen wat ookal nodig is. Want MY woede is ontsagliker as wat julle begryp. MY NAAM word gelaster. MY GELIEFDE SEUN SE NAAM word gelaster. Die RUACH HA KODESH, MY LIEFLIKE, LIEFLIKE, KOSBARE HEILIGE GEES, soos julle sê, word gelaster.

HIERDIE IS NET ‘N VOORBEELD VAN MY TOORN!

HIERDIE IS NET ‘N VOORBEELD VAN MY WOEDE!

EK waarsku julle en EK waarsku julle, en EK waarsku julle

die verwoesting kom.

EK gee julle Profesie op Profesie en waarsku

dat verwoesting kom.

Is EK nie ‘n YAH wie SY Woord hou nie?

Hierdie is net ‘n VOORBEELD!

Wag totdat die hele wêreld woed!

Wag tot die vulkane uitbars soos ‘n kettingreaksie!

JULLE WIL MY UITTART!?

Julle wil dit wat ʼn gruwel is [Obama-Nation 1] aanvaarbaar noem, net maar iets om te doen! Julle gooi die Heiligheid terug in MY GESIG! EK het gesê MY Woord waarsku. Profesie op Profesie het EK voortgespreek, “VERWOESTING KOM! “ WATTER DEEL VERSTAAN JULLE NIE?

EK IS ʼn GOD, YAH, wat Heiligheid eis. Moet NIE dink jy kan sommer net wegkom met ʼn gebed nie. Moet NIE dink jy kan maar net sê , “O, maar GOD is net liefde” nie. EK IS IN DAARDIE ORKAAN! EK IS IN DAARDIE VLOED! EK IS IN DAARDIE TORNADO! EK IS IN DAARDIE STORMS! So hierdie is net ‘n voorbeeld van die verwoesting wat kom!

Moet NIE net na die verwoesting kyk nie, maar fokus op die wonderwerke wat EK terselfdertyd sal doen. Want diegene wat Heilig is – selfs al woon hulle op dieselfde vasteland – is weggesteek onder die beskerming van MY Vlerke. MY Heilige Engele sal julle beskerm. (Psalm 91). EK sal voorsien in jul behoeftes.

EK gebruik hierdie Bediening om Asië te bereik .

Julle kan nie begryp nie hoe baie mense op hul knieë gekom het en YAHUSHUA as MASHIACH bely het. Julle kan nie begryp hoe EK hierdie Bediening gebruik en al die verskillende tale nie. En meer is oppad. Sodat, wanneer verwoesting kom, weet hulle na wie om te kyk, weet hulle Wie om aan te roep en MY Hand is op hulle en EK hou hulle liefdevol vas.

Meer verwoesting gaan kom.

Laat Hollywood lag. Laat Hollywood spot! Die Kokende Swart Bloed Plaag! Hulle sal dit nie ontvlug nie. [The Boiling Black Blood plague]. Dit wat EK ‘n Obama-nation (abomination/gruwel) noem, die getart van satan – die bespotting oor die skepping van Adam en Eva!

Jy het gewaarsku. Mense sê: “Elisabeth [Elisheva] ons soek ʼn nuwe Profesie vandag. “ Wat meer is daar om te sê? Hoeveel jare het EK deur jou voortgespreek en hoeveel tale hoor nou die Woorde?

EK het gewaarsku, EK doen niks, niks, niks sonder om eers MY Heilige Profete te stuur om eers te waarsku nie (Amos 3:7) En EK hét gewaarsku. EK waarsku nie net die Verenigde State (USA) nie EK waarsku die wêreld.

EK IS YAHUVEH. En EK SAL NIE BESPOT WORD NIE .

EK IS DIE SKEPPER VAN ALLE DINGE. En hierdie is net ‘n voorbeeld.

Val op jul aangesigte voor MY voordat dit te laat is. Aanvaar MY SEUN YAHUSHUA as jul HERE, GOD EN REDDER voordat dit te laat is! BEROU OOR JUL SONDE VANDAG voordat dit te laat is!

DANK MY nou vir jou voedsel ANDERS VAT EK DIT WEG! DANK MY vir jou woning ANDERS VAT EK DIT WEG! DANK MY vir julle families, voordat EK hulle wegneem… Wees dankbaar teenoor MY, EK IS MOEG vir hierdie wêreld se ondankbaarheid! Selfs hulle wat aanspraak maak daarop dat hul MYNE is, EK IS moeg vir jul ondankbaarheid, vir jul klagtes.

Hou op om te fokus op dit wat EK nie gee nie want dis nog nie die bestemde tyd daarvoor nie. In plaas daarvan, fokus op wat MY Liefde is en hoe EK julle WEL seën. Want verwoesting kom – soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie. En hierdie is net ‘n voorbeeld.

EK doen dit om hierdie wêreld te skud, om julle wakker te skud.

julle SKEPPER het jul so lief, dat EK julle wakker skud.

En EK gebruik die aardbewings, EK gebruik die orkane.

EK gebruik die tornado’s. EK gebruik die vloede.

EK gebruik die storms. EK gebruik die droogtes.

EK gebruik selfs siektes,

sodat julle na MY sal uitroep.

so huil en rou

vir die verwoesting wat julle sien in Asië, in die Filippyne nou.

Want Asië het al van te vore hierdie verwoesting geken.

Maar ook as jul huil en rou…

Loof MY te midde van die storm:

Want die wat MYNE is – is in die Palm van MY Hand;

hulle wat behoort aan YAHUSHUA

-is in die palm van SY HAND.

So, hou aan om te waarsku. Wanneer EK dit so verkies spreek Ek voort. En kry weer daardie Profesie voor almal. [Profesie 55, Waarsku die Mense! Verwoesting gaan Kom! ] EK het alreeds voor-af gesê dat verwoesting gaan kom. EK gaan alles skud wat geskud kan word (Heb 12: 26-27) – elke fondasie – op maniere wat julle nie kan begryp nie. Maak net seker jou huis is nie op dryfsand nie en dat dit gebou is op die SOLIEDE ROTS, YAHUSHUA jou MASHIACH, MY ENIG VERWEKTE SEUN, jou ENIGSTE HOOP OP REDDING.

EK sal nie langer bespot word nie. EK het julle gewaarsku. EK het julle gesê MY woede groei sterker elke keer wanneer dit vertraag word. Die Bruid van YAHUSHUA roep daagliks uit, “Wanneer gaan U kom? “ Eers, verwoesting.

En hierdie is maar net ‘n voorbeeld.

So, gaan voort, hou aan om MY te tart met julle wette van homoseksualiteit. Gaan voort, hou aan om die babas in die baarmoeder te vermoor.

Hierdie is net ‘n voorbeeld van die verwoesting.

Julle wat dink julle is so ryk en godsdienstig. Kayne West, wat homself yeezus noem – VERWOESTING GAAN KOM! Julle wat onheiligheid promoveer, pornografie – die mees perverse seks, SELFS TOT SO LAAG AS SOOFILIE (seks met diere)!!! – Julle kan verseker wees hiervan: VERWOESTING GAAN KOM! Julle sal NIE baie langer spot nie. Gaan voort, maak julle wette van hierdie wêreld, maar julle betaal die prys! En hierdie is maar net ‘n voorbeeld.

Wag tot jul sien WAT VAN DIE HEMEL AF KOM!!!! Wag tot jul dit wat julle bespot – sien kom in die hemele.

Julle kan verseker wees hiervan, EK IS YAHUVEH, EK IS die SKEPPER . En EK sal NIE bespot word sonder ernstige gevolge nie. Wil julle MY vyand wees?

O, julle rykes en beroemdes van Hollywood? EK sal julle ‘n vyand wys. EK lag en EK spot met julle – julle met jul goue toilette, EK SAL JULLE BY DIE AFVOERPYPE AFSPOEL!!!! Julle wat jul goud bymekaar maak en skatte opgaar en julle ondergrondse skuilings bou. ‘Sciëntologie’ (Scientology) Ha ha ha! EK spot met julle! Verwoesting gaan kom. Julle dink julle is onaantasbaar? Julle het NIE ‘n idéé wat EK vir julle in vooraad het nie.

Maar EK wil bemoedig – as jou huis gebou is op die SOLIEDE ROTS en nie op die dryfsand nie, as jou ANKER YAHUSHUA MASHIACH is en jy leef elke dag om MY te behaag, indien EK en MY SEUN en die LIEFLIKE RUACH HA KODESH die EERSTE LIEFDES van jou lewe is – o MY geliefdes :

Het jy NIKS om voor bang te wees nie. Jou PAPPA is HIER.

As jy die Standaard van Heiligheid volhou

En jy spreek uit TEEN onheiligheid:

Het jy NIKS om te vrees nie. Want jou ABBA YAH is HIER.

Wanneer jy gewillig is om gehaat te word terwille van MY SEUN YAHUSHUA SE NAAMS ontwil en jy word vervolg en allerhande bose name genoem:

Wees verseker jou ABBA YAH is HIER.

EK sien alles. EK weet alles. EK hoor alles.

EK sien elke traan wat val.

hulle is so kosbaar vir MY.

Hulle is in vlesse (Psalm 56:8)

oorgetrek met juwele in die Hemel.

En wanneer julle Huis toe kom ,

al die kere wat jul gedink het julle is alleen

en (gedink het)EK het julle nie hoor huil nie,

Gaan EK julle die vlesse wys: 2

Gaan EK hulle oopmaak en julle gaan die soete geur sien

wat daaruit voortkom…

En julle sal onthou dat EK HEELTYD daar was.

Want wanneer jy huil om geregtigheids onthalwe, soos MY Profeet nou doen, word daardie trane in ʼn fles gesit. En elkeen se juwele is anders, want EK alleen weet wat is die prys wat jy betaal. Maar moenie opgee nie! Moenie ophou nie! Want groot, groot, groot is julle belonings wat vir julle wag in die Hemel. En wanneer jul werk hier op aarde gedoen is , sal EK jul verwelkom en sê “ Opdrag wel gedaan!”

EK het lief genoeg om te waarsku. En EK doen dit nou al vir baie jare. Lees die Heilige Skrifte. EK IS dieselfde YAHUVEH wat beide seën en vervloek, verwond en genees ( Dt 32:39). EK IS dieselfde YAHUVEH wat die dooies opwek. EK IS dieselfde YAHUVEH wat of oordeel of redding gee. EK het nie verander nie. MY SEUN YAHUSHUA het nie verander nie. Die LIEFLIKE RUACH HA KODESH het nie verander nie. Die HEILIGE GEES oortuig. Dit is jou keuse of jy wil gehoorsaam.

Want ONS, Die HEILIGE DRIE-EENHEID het nie verander nie.

Einde van Profesie

[Eindkommentaar op audioband:]

Elisheva: Hierdie Woord het voortgekom vandag op ‘n Shabbat nadat ek wakker geword het. Op my foon (smart phone) het ek verskillende ‘Bybel apps’ wat opkom, gewoonlik neem ek tyd om te kyk wat dit sê. En voordat ek dit gesien het – (het ‘n nuusblad opgekom) – het ek gekyk na die foto’s van die Filippyne en ek het net begin huil. Ek het ‘n moeder gesien met haar sterwende kind, haar dooie kind, in haar arms en verwoesting oral om haar.

Ons het begin bid oor hoe ABBA YAH hulle sou beskerm wat in die LAM se BOEK van LEWE is: as hul nie beskerm was teen die verwoesting nie weet ons hulle het Hemel toe gegaan. Ek het in tale begin praat en hierdie Woord het voortgekom.

Mense moenie rondmors nie – moenie, moenie asseblief – hierdie is die HEILIGE SKEPPER wat nie verander het nie. Die Woorde in die Heilige Skrifte het nie verander nie. Net omdat hulle wette maak van hierdie aarde om ons SKEPPER uit te tart, om die Skepping te bespot, om Heiligheid te bespot, moenie daarvoor val nie. Want dit is satan wat boosheid regeer. En hy is ryk! ʼn Hollywood wat hierdie bose lewensstyle promoveer! Hierdie Miley Cyrus en die gruwel wat sy geword het!

Tieners, moenie na die Kardashians kyk nie, die ‘Kar-trashians’ die ‘whore-trashians’. Moenie na hulle kyk as ‘n voorbeeld nie. Dit is níé wat julle wil wees nie. Want al wat hulle het is hel tot in alle ewigheid.

Ons SKEPPER sal nie bespot word nie. So gaan voort vyande, verskeur en ruk nog ‘n Profesie uit mekaar. Maar vir hulle wie se name geskryf is in Die LAM se BOEK van LEWE en dié wat die SKEPPER se Stem hierdie dag hoor praat het deur my, net ʼn nederige houer van klei, asseblief, asseblief, asseblief, neem hierdie waarskuwing vanaf die Hemel ernstig op. Verwoesting gaan kom, verwoesting is hier. En dis net ʼn kwessie van tyd.

Dis net ʼn kwessie van tyd voordat ons Huis toe gaan. HalleluYAH, en ons werk hier is volbring! En dit sal alles die moeite werd wees, my geliefde broers en susters. Maak nie saak hoe ons vervolg was nie, ongeag wat ons deur moet gaan, dit sal alles die moeite werd wees, selfs as ons net een siel bereik vir die Glorie van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Dit is 9 November, 2013. Die Woord het geëindig om 2 nm. Geliefde Filippyne, Geliefde Asië, ons het julle lief – ons broers en susters in YAHUSHUA , wie se name geskryf staan in die LAM se BOEK van LEWE!

“YAHUSHUA Se Demon Stompers”, die intersessie gebeds vegters, elkeen wat geseënd is deur hierdie Heilige Bediening, lig hulle [wat gebed nodig het] asseblief op. Maar ons weet dit – ons PAPPA het so gesê – die name wat geskryf is in die LAM se BOEK van LEWE is in die Palm van SY Hand. En niks kan met ons gebeur in hierdie wêreld wat ons ABBA YAH nie toelaat vir SY EIE doel nie. En iets goed moet daaruit voortspruit.

So wanneer julle na die nuus kyk soos ek gedoen het, en julle sien die foto’s, hoef julle nie uit te roep en te vra vir watter rede nie. Nou weet ons. Maar fokus op al die wonderwerke wat ons GELIEFDE SKEPPER, SY Heilige Engele laat doen en die beloftes wat HY gemaak het soos in Psalm 91.

Einde van Bandopname

So is dit Gespreek, so is dit Geskryf,
onder die Salwing van die RUACH HA KODESH aan
Apostel Profeet Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
Offensief vir baie, en ‘n seën vir ander, n Kind, Vegter,
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’

Hierdie was die Skrifgedeeltes van my ‘Bybel app’ vir daardie dag:

Nahum 1:3 YAHUVEH is stadig om kwaad te word maar groot van krag, en nooit laat YAHUVEH ongestraf bly nie. SY weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van SY Voete.

Jesaja 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê YAHUVEH, al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

* * * * * * *

1 ‘n ‘Pun’ is ‘n speling met woorde waar dit twee of meer betekenisse kan hê. Obama- Nation sinspeel op die engelse woord abomination. Hier verwys YAHUVEH na die gruwel (abomination) van wette wat afgevaardig word in Amerika. (terwyl Obama die president was) Die aanvaarding van homoseksualisme en huwelike van dieselfde geslag – asof dit iets is wat geduld behoort te word – terwyl dit ‘n gruwel is. Beide kere waar dit in die Profesie uitgespreek word, is dit moeilik om presies te onderskei of dit Obama-Nation of abomination is. YAHUVEH het die Volk van Amerika as ‘n gruwel begin sien vir hul onheiligheid onder Obama regering.

2 Elisheva huil terwyl YAH deur haar praat. Op Shabbat 16 November 2013, terwyl die Profesie gelees was, het Elisheva ‘n visioen gehad. Sy het gesê: “Wow, ek het nou net ‘n fles gesien. Dit is geensins soos iets op Aarde nie. Die fles moes omtrent 6 voet hoog gewees het, so lank soos ‘n mens. “ Hierdie fles is sekerlik haar fles met al die trane wat sy gestort het deur die jare. Ons glo werklik dat dit Elisheva se fles was wat sy gesien het. (Psalm 56: 8) Awesome!