Profesie 14, Bekeer Amerika, Die Bloed Is Op Julle Hande

Profesie 14

Bekeer Amerika, Die Bloed Is Op Julle Hande!

Profesie gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
10 April 1993

 

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

*******
Belastingbetalers pasop, die bloed van die ongebore babas sal op alle Christene en nie-Christene se hande wees, indien Clinton daarin slaag om aborsies goed te keur wat federaal betaal word. Almal wat ore het om te luister – hoor, al die ander bly doof. Julle wat nooit julle babas sou vermoor het nie sal moordadige aborsies pleeg, deur toe te laat dat julle regering julle belastinggeld gebruik om te betaal vir hierdie afskuwelike misdaad teen YAHUVEH en die Mensdom. Julle sal nie betaal vir een aborsie, of een moord nie, maar ontelbare miljoene babas sal sterf, en met die geld wat EK vir julle gegee het om julle te laat floreer.

Hierdie onskuldige bloed sal op almal van julle se hande wees. Die woede sal onverdun neerkom op hierdie nasie en die wêreld en julle MY volk sal MY vertoorn het deur stil te bly. Pasop, EK is nie net ‘n God van liefde nie, maar EK is ‘n God van magtige woede wanneer vertoornd. Begin nou protesteer. Laat julle stemme gehoor word. Staan op vir dit wat julle weet is reg, nou voor dit te laat is. Clinton keur homoseksualisme goed in die gewapende magte. Hy wil hê julle moet hierdie sondige leefwyse ondersteun.

Julle MY Kinders, julle belastingbetalers sal dit goedkeur deur hulle salarisse te betaal, en sodoende sal EK nie langer vir Amerika seën nie. Amerika sal nooit weer ‘n wêreld-oorlog wen nie, dit is alleenlik deur MY genade dat julle tot dusver nog nie hierdie land verloor het nie. Almal wat ore het om te hoor, luister, al die ander bly doof.

Julle wat by MY Naam geroep is (Christene) het min tot feitlik niks gedoen, om hierdie holocaust op die ongeborenes te stop nie. Julle bid tot julle God om dit te stop, maar doen feitlik niks anders nie. Dit is die minderheid wat hulle reputasies, vryheid, finansies en lewens neerlê. Hierdie is MY Kinders waarop EK trots is en hulle seëninge sal groot wees in die Hemel. Sê MY Woord nie, groter liefde het geen mens as die een wat sy lewe neerlê vir ‘n ander nie? Hierdie is diesulkes wat geen aborsie bloed op hulle hande sal hê nie want hulle het meer gedoen as om net te praat. Hulle het aksie agter hulle protesterings gesit.

“Geloof sonder werke is dood!” Wanneer MY Kinders huis toe kom Hemel toe, wil julle hê dat al die ongebore babas na julle toe kom en vir julle vra hoekom het julle geld vir hulle dood betaal? Hoekom het julle nie harder probeer om die aborsies te stop nie, om vir die regering nee te sê nie? YAHUVEH se mense het meer krag in YAHUSHUA (Jesus) as die heidene en hulle vals gode! Bewys dit deur op te staan in MY Naam. Laat die regering weet genoeg is genoeg. MY Kinders, kyk na hierdie visioen van skoon hande, sien die hande nou met bloed deurweek, sien nou hoe die hande die bloed afslinger.

As julle hande met die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) deurweek is en julle sit aksie, finansies agter hierdie gebede en julle waarsku die mense, protesteer tot die regering en weier om toe te laat dat julle geld vir die teregstelling van onskuldige babas gebruik word. Dan sal julle ook nie die bloed van die onskuldige babas op julle hande hê nie. Hoe meer julle protesteer en bid, hoe minder sal die bloed op julle hande wees. Hulle wat ore het om te hoor luister, al die ander bly doof.

Laat die Withuis weet MY Kinders sal nie die bloed van onskuldige babas op hulle hande aanvaar nie, ook sal julle nie die stank van die sondes van homoseksualiste aanvaar nie, en julle weier om te betaal vir gewapende magte wat homoseksualiste en hulle lewenswyses goedkeur. Moenie die publieke skole toelaat om hierdie vervloekte leuen te onderrig wat die jeug van hierdie volk sal verdorwe, miljoene in die hel instuur nie.

Homoseksualisme is nou in die minderheid, maar dit sal nie aanhou om so te wees nie indien dit in die skole as ‘n aanvaarbare lewenswyse onderrig word, pasop weereens. Belastingbetalers, julle betaal vir hierdie skole en hierdie sonde sal weereens op julle hande wees as julle nie nou opstaan en aksie agter julle gebede sit nie. Amerika was aan MY Mense gegee; neem terug wat die heidene gesteel het voordat dit te laat is. (Genesis 19:1-28). “HY wat in julle is is groter as hy wat in die wêreld is.”

Staan op, praat, en bewys dit nou! MY Woord sê, “Gee aan die Keiser wat die Keiser toekom”, maar, EK sê voorwaar die Keiser het nie die onuitspreeklike dinge gedoen wat Clinton probeer doen nie. Voorwaar sê EK dat Sodom en Gomorra beter af sou gewees het as Amerika. Hierdie volk, Amerika, was deur MY hand afgesonder, sodat julle vry kon wees om julle God YAHUVEH te aanbid en te eer. Hoe kan julle MY vra om Amerika te seën? Wanneer sal Amerika MY weer seën?

Julle MY Kinders, het die daad van die heidene goedgekeur deur stil te bly, terwyl die regering, terwille van ‘n handjie vol mense bepaal het geen God in die skole, geen bybels, geen gebed nie; julle het dit toegelaat en nou wonder julle hoekom lyk dit of die publieke skoolstelsel en die jeug vervloek is. Hoe kan julle MY vra om dit te seën wat die mense gesê het nie MYNE is nie. Vat die skole terug in MY Naam en vat julle kinders uit hierdie hole van onheil. Want sonder MY lig, MY teenwoordigheid, MY waarheid, sal hierdie hole net donkerder word en die kinders ook. Hulle (die publieke skole) is vinnig besig om hole vir die antichris te word en julle stilswye en belasting dollers ondersteun hulle.

Hulle wat ore het om te hoor, luister, hulle wat nie het nie bly doof. Christene was eens op ‘n tyd vir die leeus gegooi, gemoor, gemartel, nogtans het hulle opgestaan vir YAHUVEH! Groot is hulle beloning in die hemel. Nou weier MY Kinders, hulle wat by MY Naam geroep is (Christene) om te verrys, staan op en sê vir die duiwel en die heidene om stil te bly in MY Naam! Hulle is bang om hulle beroepe te verloor, of reputasies vergeet dat dit hulle God was wat vir hulle daardie beroepe en bevorderings gegee het, en EK kan hulle maklik wegneem. Christene is bang om die heidene aanstoot te gee of hulle vals gode in plaas daarvan sal hulle eerder voor ‘n vertoornde YAHUVEH die Vader te staan kom! Wee MY rebelse kinders wanneer EK sê staan op, praat, sê vir die duiwel en sy heidense kinders om stil te bly, en MY Kinders sê maar Here, ek is bang EK sê voorwaar sal EK diegene wat EK liefhet tug tot die punt van korreksie, hulle iemand gee om MY te vrees.

Julle MY Kinders, was te lank reeds die stille meerderheid. Julle het julle Hemelse Vader se krag binne-in julle; gebruik dit om die vyand te verslaan. Julle moet iewers begin, teken dus petisies; neem dit oral waar julle gaan, kerke, besigheidsentrums, werk toe, gaan deur-tot-deur, daar is krag in groot getalle, PROTESTEER, PROTESTEER, PROTESTEER! Totdat die vyande julle koms vrees, want dit is nie deur julle mag, julle krag nie, maar deur MY Gees, dat julle sal oorwin — alles terugneem wat die vyand gesteel het — gebruik MY mag, MY krag, MY wysheid en julle sal oorwin, laat Clinton en die heidene die gebrul hoor van die Leeu van Juda asook die gebrul van die Leeu van Juda se kinders.

Brul hard totdat Clinton en die heidene in die Withuis herken, julle MY Volk het meer as ‘n gedaante van godsdiens, julle het goddelikheid van binne. “Duiwel pasop, as MY Volk oor wie MY Naam uitgeroep is (Christen) hulself verootmoedig, op hul aangesigte val, voor hulle Vader YAHUVEH, sal EK hulle land genees.” Die mishoop stink nie as dit in die bure se erf is nie. Jy kyk daarna, skud jou kop en sê, dit is my buurman se probleem, dit is aaklig, maar dit is nie my verantwoordelikheid nie!

Maar nou sê EK vir julle, die mishope is nou in julle erwe, in die voor-tuin vir almal om te sien dat dit nou julle verantwoordelikheid is om dit skoon te maak. Omdat julle belastingbetalers is, moet julle, MY Kinders protesteer. Die onskuldige ongeborenes het geen stemme of gille van protes behalwe julle s’n nie, niemand hoor hulle gehuil nie behalwe EK. Laat Clinton en die heidene julle uitroepe van woede hoor. Dink julle nie as YAHUSHUA nog die aarde bewandel het dat hy sou protesteer nie. Waar is MY Kinders aan wie die Geeste van Jeremiah of Johannes die Doper gegee is?

Kom na vore MY Kinders wat die Gees van die Lewende God van binne het, almal wat weet, en die krag van die RUACH ha KODESH het, kom na vore almal wat weet dat julle meer as ‘n oorwinnaar is in YAHUSHUA se Naam. Kom na vore, julle wat weet wat is reg en wat verkeerd is. Kom na vore julle wat verstaan. Die regering wat probeer om gratis aborsies aan die armes te gee en die meerderheid is ook Spaans of swart sal probeer om volksmoord te pleeg op diegene wat hulself nie kan red nie.

EK het alle lewe geskep. Alle lewe is kosbaar in MY oë, staan op, praat en wys vir die heidene dat alle lewe kosbaar is in julle oë. Die armes besef nie dat die regering volksmoord pleeg nie. Dit is goedkoper om te betaal dat ‘n baba uit die moederskoot geskeur word, onder die voorwendsel dat dit tot die moeder en baba se voordeel is, terwyl die ware rede is dat die regering nie 18 jaar vir daardie arm moeder en kind se uitgawes wil betaal nie. Die armes moet wakker word en besef dat hulle uitgebuit word. Hoe lank voor die armes gedwing sal word om aborsies te hê?

WORD WAKKER! Hoe lank voor die regering Christene sal dwing om aborsies te hê? Kan nooit gebeur nie? Hulle het dit reeds aan die Jode gedoen. Hitler het byna ‘n hele ras van mense uitgeroei. Wie is volgende? Watter ras? Watter ouderdom? Nou sê hulle maak dood die bejaardes, hulle het hul bruikbaarheid uitgeleef. Die ongeborenes het nooit gelewe nie, so wat maak dit saak? Dit maak saak vir MY, die Groot God van die ganse Skepping kla julle aan, moenie langer die stille meerderheid bly nie.

Word wakker MY Volk. Julle het te lank gesluimer. Die nagmerries het maar pas begin. Die mishope is nou in julle erf, saam kan ons dit skoonmaak. Een stem alleen is moeilik om te hoor, maar miljoene stemme in harmonie, in een Gees, in een Naam, die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, sal nie net die wêreld alleen hoor nie maar die ganse hel sal ook hoor. Kom na vore MY Kinders, staan op, praat, sê vir die heidene en duiwels om stil te bly in YAHUSHUA se Naam en julle het die krag, gebruik dit met wysheid tot MY Eer en terwille van die ganse mensdom.

Daar is diegene wat hulself by MY Naam noem wat nie van MY is nie en nooit was nie, hulle is nie van MY RUACH ha KODESH nie, alhoewel hierdie vals profete in kerke sit vermom as MY skape, julle sal hulle herken vir wat hulle is, satan se gebroedsel, hulle sal die leuen van satan voed dat aborsie nie moord is nie, dat homoseksualisme nie verkeerd is nie. Sien hulle vir wat hulle is, want hulle verkondig hierdie dinge in YAHUSHUA se Naam, maar tog is daar geen RUACH ha KODESH in hulle nie. Pasop vir hulle! Diegene wat ore het om te hoor, luister, al die ander bly doof.

Dit spreek YAHUVEH op 10/4/93, gegee aan hierdie gebroke werktuig van klei en magtige vegter in YAHUSHUA ha MASHIACH, Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu). Hulle wat ore het om te hoor “Luister” al die ander bly doof!

*******

Nuwe Opdatering aangaande hierdie Profesie geskryf op 22 Desember 2015:
Hierdie Profesie was eerste aan my gegee in die jaar 1993, dit is die oudste Profesie wat ek geplaas het tussen die hoof Profesieë hier op die webblad. YAHUSHUA het hierdie Profesie vir my gegee selfs nog voordat ek ‘n rekenaar gehad het! Dit was eers jare later dat HY my beveel het om dit op die webblad te sit. YAHUSHUA het my beveel om dit Profesie 14 te noem. Op daardie tydstip het ek nie verstaan nie, maar nou is ek geseënd om te sien dat YAHUSHUA my dit Profesie 14 laat noem het. Dit is ‘n herinnering aan Openbaring 14 Bruid. Ek het nie op daardie tydstip geweet nie, maar nou weet ek.

Ek was ‘n tref-en-trap Evangelis/Profeet op daardie tydstip, ek het die Naam uitgedink om te beskryf wat ek gedoen het. Ek sou gaan waarheen JESUS my gestuur het, dit was die enigste Naam wat ek destyds geken het, en ek sou by verskillende kerke gaan bedien het. Indien die pastoor die waarheid kon hanteer was ek teruggenooi. Indien nie, het ek dit tref-en-trap genoem. LOL Ja dit is hoe ek dit gesien het, omdat ek na hulle toe gestuur was om hulle met die waarheid te tref, en hulle weggehardloop het daarvan af!

Hier Profesie was vir verskeie pastore geensins ‘n seën nie, ek het dit met die Pastoor sowel as die gemeente gedeel en was deur die meerderheid Pastore nie teruggenooi nie. Goeiste ek wonder hoekom! LOL ek het nie geweet hoe om die woord van YAH tot by die massa gehoor te kry nie daarom het ek dit in die grootste koerant geplaas in Indiana. Dit het $500.00 gekos vir ‘n halwe bladsy advertensie, in groot rooi letters en dit was hierdie Profesie! 1993! Nog voordat ek ‘n rekenaar gehad het! Ek is spyt dat ek nie meer die koerant bewyse het nie, maar ek het nooit kon droom dat ek ‘n profeet sou wees nie en soos ek gesê het, het ek niks van die Internet geweet nie. Dit was 1995 toe ek die eerste keer ‘n webblad gehad het met die Naam AmightyWind HOLY GHOST Fire Church, ek het net die Naam geken van JESUS CHTISTUS op daardie tydstip, en het toe siele na JESUS gelei in daardie naam.

Gedurende die tyd wat YAHUSHUA vir my hierdie Profesie gegee het, het ek die Sabbat net geken as ‘n Sondag. Dit was nog nie tyd vir my om dit te weet nie maar ek sou vining leer aangaande die Sabbat en die Gewyde Naam van YAHUSHUA. Ek was oorspronklik Yeshua geleer, totdat ek die Aramese Bybel letterlike vertaling gelees het en gesien het dat dit nie die manier was waarop die Naam gespel word nie. Ek het toe nog nie geweet dat die Naam van Yeshua die Naam van YAH verloën nie. Ek het YAH aangespreek op die Naam van Jehovah. Die Profesieë is Remah woorde, woorde van lewe, net soos die Bybel! Elke keer wanneer jy die Skrifte lees sal jy ‘n nuwe openbaring kry, en dieselfde met die Profesieë, ‘n sinsnede sal uitstaan wat nie vantevore uitgestaan het nie.

Ek het net geweet wat die Pinkster Kerke vir my geleer het. YAH het geweet dat niemand in 1993 die Ware Gewyde Hebreeuse Name sou aanvaar nie, en ons het reeds ‘n stryd in 2015 om die mense sover te kry om die belangrikheid te verstaan om die Hebreeuse Gewyde name te ken, en om die ware Sabbat te onderhou, die geslag van die HEILIGE GEES. Dit het 7 jaar geneem om ‘n boek te skryf daar is nou so baie bewyse om hierdie feit te rugsteun. Die Boek van Rigters is vol van die bewyse. Elke keer in die KJV Bybel wanneer jy sien dat Wysheid ‘n Sy genoem word. Maar in 1993 was daar geen bewyse of openbarings aan my gegee nie, ek was die eerste een waarvan ek weet wat die geslag van die HEILIGE GEES onderrig het op die Internet, ek dink so maar ek is nie seker nie.

YAH het toegelaat dat ek vir YAHUSHUA JESUS noem, en die HEILIGE GEES ‘n HY omdat daar ‘n tyd is vir alles. Ek is dankbaar dat ABBA YAH nie meer op SY Profete plaas as wat hulle kan hanteer nie want daar sou geen geloof gewees het om die feite te rugsteun nie, indien HY dit in 1993 sou doen nie. Ek leer terwyl HY spreek met elke Profetiese openbaring.