Profesie 15, Dit Is Een Minuut Voor Middernag, YAHUSHUA Kom In Die Middernag Uur

Profesie 15

Dit Is Een Minuut Voor Middernag, YAHUSHUA Kom In Die Middernag Uur!

Gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
2 Februarie 1998

 

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

*******

Hierdie is ‘n visioen van die Hemel waar YAHUSHUA intree vir die Verlore Skape. Gabriël blaas die basuin en Mígael het sy swaard getrek, gereed om die engele-magte in geveg te lei. YAHUVEH, die Vader, niemand wat nog lewend is kan SY gesig aanskou nie. Die hologram kruise agter die troon te veel om te tel dit verteenwoordig almal wat YAHUSHUA se geskenk op Golgota aanvaar het, want HY het elkeen van ons se plek geneem aan die kruis.

Reddings Bladsy (Kan gelees word op www.almightywind.com) – Slegs in engels beskikbaar

Bladsy oor die Hel (Kan gelees word op www.almightywind.com) – Slegs in engels beskikbaar.

Hierdie visioen was gegee aan Eerw Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu) tydens gebed saam met ‘n ander suster. Hierdie prentjie het ‘n spesiale salwing. Wys dit vir ‘n geliefde of vriend as jy wil weet of hulle name in die Lam se Boek van die Lewe opgeskryf is, hulle gees word na die Hemel toe getrek indien hulle niks negatiefs daaroor te sê het nie.

Verduideliking van die foto “Een Minuut tot Middernag”

Profesie gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu).

Ingesluit met die onderrig.

* * * * * * *

So Spreek YAHUVEH, tensy hierdie volk hulself voor MY en die ganse Hemel en aarde verootmoedig, sal hierdie volk, Amerika wat afgesonder was om aan MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring, nooit weer ‘n oorlog wen nie. Dit is slegs deur MY genade tot dusver, dat hierdie land vry gebly het. Maar nou het julle leiers gaan hoereer agter ander gode aan, hulle het hulself MYNE genoem, maar bespot alles wat heilig is. Hulle lieg nie eens soos die bose Farao gedoen het nie.

Julle staatshoof, julle president, swaai alles wat Heilig is, selfs die heiligheid van die huwelik, in MY gesig en lei die land in ‘n oorlog in wat EK nie na vore geroep het nie, maar sal toelaat want MY wysheid, raad of leiding word daar nie gevra deur die leiers nie. Hulle spot MY met die Hooggeregshof. Hierdie volk sê ‘God Bless America’. EK sal, as Amerika maar net weer ‘n seën vir MY sal wees.

Jy is ‘n doring in MY sy Amerika. EK is grootliks vertoorn, terwyl EK sien wat in die skole onderrig word terwyl julle kinders in die hole van die antichris sit terwyl evolusie onderrig word en nie die skepping nie. Terwyl een leuen na die ander die goeie uitwis van die ouers wat hulle kinders opgevoed het in die weg van goddelikheid word verkragtend weggeneem van hulle af. Julle kinders lê nakend en verkrag. Tog doen julle weinig om hulle te beskerm. Ja, EK praat met MY Mense, nie met die heidene wat nie van beter weet nie. Julle kinders word ‘n woordeskat gevoer waaruit MY Naam verwyder is en slegs as ‘n vloekwoord gebruik word. Hulle word onheiligheid geleer en opstandigheid teen alles wat heilig is.

Hoekom het MY Kinders gestaan en toekyk en stilgebly? Musiek wat geskep was vir skoonheid en vir genesing vir die siel en vir lof en aanbidding tot MY word nou deur die hel en satan gebruik om MY Kinders weg te lei van heiligheid af en in die plek daarvan die geeste van onheiligheid in hulle te sit. Luister julle na jul kinders se musiek? Dink julle regtig dit is onskadelik? Hulle was gedemoniseer deur musiek. Julle het nie julle kinders beskerm nie; geweld en rebellie word daagliks in julle kinders ingehamer.

Let julle op na die speletjies? Daardie is uitvindsels uit die hel. Gee julle aandag aan die televisieprogramme waarna hulle kyk? Die gruwelflieks wat hulle bywoon wat net hulle harte verhard teenoor moord en geweld. Totdat satan hulle uiteindelik ‘n regte moord op die nuus laat sien en hulle sê wat daarvan? Dis nie so erg nie! Rebellie teen die ouers en in Amerika sê die wette dit is verkeerd in hierdie land om jou kind pakslae te gee.

satan is nou besig om dit op te stel deur kindermishandeling te vat wat in die minderheid is en te sê, “Pasop, dit sal kinderverguisers skep as julle jul kinders pakgee.” Lees MY Woord wat nie kan lieg nie. Julle kinders is nie in rebellie as gevolg van dissipline nie, maar as gevolg van gebrek aan dissipline. EK het die agterstewe nie net geskape om te sit nie, maar ook vir pakslae. Die regering wil julle kinders grootmaak. Hulle doen dit alreeds en julle verstaan nie eers wat aan die gang is nie. Selfs die skole leer hulle om hul reëls te gehoorsaam, nie YAHUVEH se reëls nie. Respekteer die regering en die wette van hierdie land word algemeen gehoor in Amerika anders sal julle gestraf word. Maar met dieselfde stem word gesê, “Rebelleer teen heiligheid”. Jong meisies het regte om aborsies te kry sonder die ouer se medewete. Die state het julle regte weggeneem.

Kondome word aan kinders gegee en daar word vir hulle gesê gaan voort, julle kan seks hê sonder gevolge. Ons sal nie vir julle ouers vertel nie. Wette word uitgevaardig om rebellie aan te moedig teen dit wat EK onderrig het. Selfs julle eie president bespot MY Tien Gebooie. Maar gee die mense om? Hulle gee net om, hoe dit hulle affekteer. MY pastore is bang om te praat want hulle kan nie bekostig om hulle belastingstatus te verloor nie. EK sal julle wys wie om te vrees, want julle sal julle belastingstatus verloor.

Julle wat neersien op pastore wat EK geroep het, soos hierdie een aan wie EK nou hierdie profesie gee. Julle spot haar, want sy gebruik haar eie geld saam met ander wat liefdesoffers of tiendes gee maar nooit ‘n salaris geneem het nie. Maar sy sal ‘n salaris hê, asook MY ander bedienaars wat die bedienings uit hul eie sakke ondersteun. Wat nooit neem nie, net aan ander gee, hulle sal die seëninge hê, want MY Woord sê: Die rykdom van die goddelose word vir die regverdiges weggebêre. EK sal julle rykdom vat en dit gee aan diegene wat dit sal gebruik tot MY Eer. Nie hul eie nie.

EK sal diegene seën wat dit waag om op te staan in MY Naam en die wolwe in skaapsklere bestraf. Alhoewel hulle vlees ineenkrimp, juig die RUACH ha KODESH, want hulle gehoorsaam MY en nie ‘n mens nie. Julle pastore wat die luukse motors ry wat met die gemeente se geld gekoop is wat veronderstel was om MY Heilige tiendes te wees. Julle pastore wat woon in weelderige paleise, geskik vir ‘n koning waarvoor MY tiendegeld gebruik was. Julle pastore vir wie die regering op die rug klop, wat die waarheid uitverkoop het vir leuens. Sien julle nie dat julle omgekoop is om stil te bly nie anders verloor julle jul belastingvrystellings-status?

Julle sal julle belastingvrystellings-status verloor en voorwaar die finansiële seëninge hier-bo sal ook tot ‘n einde kom. Julle was gewaarsku! Diegene vir wie julle bespot sal sien hoe julle voor die wêreld verneder word as julle nie vandag bekeer nie. Gee vir MY die tiendes en offergawes terug wat gesteel was, opgehoop vir julle reëndag. Wanneer julle hierdie hoor, sal julle MY veroordeling ken en weet vir wie hierdie woord is. Julle staan voor MY en die wysers van die horlosie staan op een minuut voor middernag. EK word siek terwyl heiligheid op julle televisieprogramme bespot word. Julle kinders word geleer dat homoseksualiteit nog ‘n leefstyl is. Clinton gaan hierdie wettig verklaar dat daar nie teen homoseksualiste gediskrimineer mag word nie, hetsy dit ‘n pastoor of ‘n onderwyser is.

Maak gereed! Die aanslag van demonies-geïnspireerde wette is besig om voort te kom. Maar diegene wat MYNE is, julle sal weet wat om te sê en julle sal dit doen hierdie keer. Die President en leiers van hierdie land is op die punt om MY algehele verterende gramskap te voel omdat hulle hierdie volk mislei. Moenie mislei word nie, EK is ‘n jaloerse God! Wraak is myne sê YAHUVEH! BEKEER, dit is een minuut voor middernag. Dan soos in die dae van ouds Eksodus 11:4, so sal dit weer wees. Want EK het MY Seun gestuur om julle te red soos EK Moses gestuur het om vir Farao te waarsku, so stuur EK nou hierdie Profeet uit om julle te waarsku, om die Bruid te bemoedig. Dit is een minuut voor middernag. Wat gaan julle doen? EK het hierdie voortgespreek deur hierdie diensmaagd, Profeet Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu], om julle te waarsku.

EK spreek hierdie waarskuwing voort tot diegene wat beweer dat hulle leiers van hierdie land is. LAAT MY MENSE GAAN om Heilig voor MY te lewe. Laat hulle MY aanbid en alles waarvoor EK staan. Los MY Kinders uit. Hou op om hulle te vervolg. Die vloeke van Deuteronómium 28 is gereserveer vir die ongehoorsames. Eksodus 11:4 sal weereens julle oordeel wees. Draai weer terug na die GOD van julle voorvaders. Draai terug leiers van hierdie volk en word RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gevulde leiers van hierdie volk. Bestraf sonde en straf onheiligheid anders sal die lot van Farao julle lot wees. LAAT MY MENSE GAAN, so spreek YAHUVEH!

EK gaan weereens bewys dat EK nie ‘n God is wat bespot of geïgnoreer behoort te word nie. Amerika maak gereed! Wêreld maak gereed! Vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH maak gereed. Diegene wat nie MYNE is nie, sal weereens ‘n skeiding sien tussen diegene wat MY aanbid, en diegene wat MY en alles wat heilig is haat. Julle sal sien hoe EK die heidene straf en met julle eie oë sien op watter manier EK die heiliges beskerm en die onheiliges straf asook almal wat sonde goedkeur. Al julle rykdomme sal nie in staat wees om dit wat Almagtige God YAHUVEH gaan doen te stop nie.

Onthou die rotteplaag wat op die Withuis toegesak het? Omdat EK MY Profete gestuur het en julle wou nie luister nie. EK het MY Profesieë gestuur en julle het dit verbrand. SPOTTEND! Dit sal selfs erger wees as voorheen. Bekeer voor dit te laat is. Dit is een minuut voor middernag. Daar is nog tyd voordat EK MY Kinders huis toe neem saam met MY en hierdie volk sal op hul tande kners in pyn omdat hulle dit gewaag het om die groot God YAHUVEH en YAHUSHUA te bespot! Om Middernag sal MY toorn neerkom. Julle weet nie watter middernag EK vir YAHUSHUA, MY Geliefde Seun, stuur nie. Wees gereed Bruid; julle seëninge kom nog.

* * * * * * *

Gegee aan kind, vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Eerw. Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
2/2/98 om 6:20 vm.