Profesie 16, Moenie MY Profete Muilband Nie

Profesie 16

Moenie MY Profete Muilband Nie!

Profesie gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)
6 Februarie 1998

 

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

* * * * * * *

Wanneer hulle MY Profete aanval, val hulle MY aan. Hulle steek ‘n vinger in MY oog. Hulle val aan en verklaar oorlog teen die Groot “EK IS”, YAHUVEH, YAHWEH, alles beteken dieselfde God. Daar is net een God die Vader. Wanneer hulle MY Profete aanval val hulle die een aan wat hulle stuur en hulle salf. PASOP want EK weet van watter Gees MY Ware Profete is en dit is van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). EK het MY RUACH ha KODESH in julle gesit; EK sal die gawes van onderskeiding aanwakker. Julle sal gebruik word om die wolwe in skaapsklere te ontbloot wat daarop uit is om MY Profete te mislei te ontmoedig en stil te maak. Hulle sê hoor geen kwaad, spreek geen kwaad, sien geen kwaad. Maar julle ken MY stem. Bestraf die vloek van die 3-ape. Sien die wolwe vir wat hulle is.

EK het julle suster gestuur om julle wonde te verbind wat EK nie toegedien het nie. Want EK het julle lief MY Geliefdes. Julle wil net nader kom na MY toe, maar hou dop van wie julle leer, onderskei hul Gees. Julle suster Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] wat met julle praat ken MY en EK ken haar, en EK het vir julle haar Gees en vrug gewys. Wees ‘n vrug-inspekteur van nou af. Tree in en waarsku diegene wat deur die vyand seergemaak word soos julle seergemaak was. EK het dit toegelaat om vir julle te wys hoe dit voel sodat julle met hul pyn kan identifiseer. Bestraf die wolwe wat julle bestraf soek MY en EK sal bevestig wat nou geskryf word. Soek MY en EK sal aan julle die woorde gee om dit te doen. EK het julle na hierdie plek toe gelei om aan diegene te bedien wat ore het om te hoor en oë om te sien. Al die ander sal doof bly. EK het vir julle baie boodskappe gegee. Deel dit wat EK vir julle gegee het wat julle weet gedeel moet word want hierdie suster sal weet dit kom van MY af.

satan is bang vir julle profetiese gawes. Maar bid en EK sal woorde voortspreek wat sy sal uitskree van die huise se dakke af en op die internet. Saam sal julle MY Profete terugneem wat mislei, gemuilband, verblind, verdoof, stilgemaak, gebind, ontmoedig was en wat opgegee het. EK stuur hierdie Profeet om MY woorde voort te spreek en julle bemoediging te gee en terug te bring na dit waarvoor EK julle geroep het. Menige sal MY stem hoor en het bevestiging in hul Gees terwyl EK hierdie woorde voortspreek. Spreek wat EK vir julle gegee het. Moenie langer gemuilband wees nie. Praat en maak alarm tot MY Eer. Of hulle wil luister of nie, EK roep julle terug tot die amp van profeet. Ontprop julle ore, haal julle blinddoeke af en haal die prop uit julle monde uit. Bevry julleself. Doen dieselfde vir ander. Voed hulle soos julle gevoed sal word. Troos hulle, bemoedig hulle. Want die 3-ape vloek sal ontbloot word asook diegene wat hierdie vloek op MY Profete plaas, hulle beveel om nie van die wraak of oordeel van YAHUVEH te praat nie. Nie te praat van bekering nie. YAHUVEH bemoedig net HY bestraf nie! Leuens, leuens en meer leuens!

EK stuur MY Profete uit voordat EK seëninge, of die toorn stuur van Almagtige God YAHUVEH! EK het hierdie voortgespreek om julle te bemoedig en vir julle te sê gaan terug en doen wat EK julle gesalf het om te sê en te doen. Daar is min tyd so waarsku die mense. Skree uit met dapperheid sodat hulle nie kan sê hulle was nie gewaarsku nie. Waarsku teen profete wat profete-skole begin, onderrig wat hulle nie kan onderrig nie. Slegs die RUACH ha KODESH kan ‘n man of vrou en ja, selfs ‘n kind salf om MY Woorde van vuur voort te spreek.

Waarsku oor Craig Martin (Vanquard), Andrew Strom (Revival Ministry), en Pam Clark (Prophecy Site), waarsku hulle. Want hierdie sogenaamde profesie groepe spreek leuens voort en vervloek MY Profete deur die 3-ape vloeke te gebruik. Pasop vir boeke waarvan die wolwe outeurs is wat MY Profete wil mislei. EK waarsku julle want baie het alreeds in die vangstrikke getrap en word dwaalleerstellings geleer. Hulle moet bekeer omdat hulle MY Woord verdraai en leeg maak. Daar is ‘n so spreek die Here en hulle ontvang dit nou.

Hulle vertel MY Profete om stil te bly dat YAHUVEH nie so spreek nie. Vertel vir MY Profete om blind te wees, want YAHUVEH gee nie sulke visioene nie. Vertel vir MY Profete om stil te bly want YAHUVEH praat nie van die toorn van YAHUVEH of bekering of oordeel nie. Vertel vir MY Profete om net goeie dinge te sê en niks om die mense te ontstel nie. Leuens en meer Leuens! Sê dat hulle bestem is om die profete te onderrig en tog is “EK IS” die enigste een wat salf en onderrig deur MY RUACH ha KODESH. Pasop vir hulle wat geld vat en boeke skryf en kennis verkoop wat EK nie vir hulle gegee het nie. Pasop MY Profete, vir die leuenaar wat probeer om die monde van die Profete te sluit. PASOP want wat sal julle doen sonder die ware profete wat MY Woorde voortspreek? In hierdie eindtyd kan die Profete se monde nie soos ‘n hond gemuilband word nie. Hulle moet vry wees om onverskrokke te praat en dit wat EK beveel sal gebeur.

Pasop diegene wat MY geliefde profete en apostels en pastore, leraars en evangeliste wil muilband. Pasop want die toorn van Almagtige God YAHUVEH sal op julle neerkom en die engele van YAHUVEH sal julle jaag. Los MY kosbare profete uit. Hulle werk is nie uit hulself nie maar dit is EK wat hulle uitstuur as ‘n geskenk aan hierdie wêreld. As EK in ‘n hoorbare stem moes praat, selfs ‘n fluistering, sal daar soveel krag in daardie fluistering wees dat niks sou standhou teen die stukrag van daardie wind nie. MY woede is aangesteek teen diegene wat MY Geliefde Profete skade aandoen. WEE, WEE, WEE want julle sal aan MY persoonlik verantwoording doen en julle sal maai wat julle gesaai het.

Moenie MY Profete langer muilband nie. Hulle is nie honde wat gemuilband moet word nie. Die vurige byt wat hulle veroorsaak het deur MY Woorde uit te spreek, is nie hulle woorde nie en hulle byt is nie hulle byt nie, maar MYNE. Die toorn wat neergeroep word, is nie hulle woede nie, nie hulle toorn nie, nie hulle oordeel nie, maar MYNE! Moenie luister na enige iemand wat sê soos diegene wat in hierdie boodskap genoem is dat daar nie so ‘n ding soos ‘n ware “So spreek die Here” is nie. Hulle onderrig dat daar altyd vlees ook is. As die woord van MY RUACH ha KODESH afkom dan is dit net dit. Gedikteer deur die salwing van die RUACH ha KODESH en dit is alles Gees en geen vlees betrokke nie. Vlees is ‘n vals profeet.

EK het hierdie profeet gesalf deur wie EK nou voortspreek om MY profete terug te roep wat weggejaag was, oortuig dat hulle ‘n vals profeet was. Maar vir wie sal julle op hierdie dag glo, ‘n mens of Almagtig God YAHUVEH? EK het haar gesalf om julle wonde te verbind, laat toe dat sy julle bedien met MY liefde, troos en MY waarheid. Kom terug! O vegters wat EK gesalf het om voort te spreek met ‘n harde stem en dapperheid. Laat hierdie een toe vir wie EK gesalf het om soos ‘n moeder te wees vir die jong profete en mishandelde profete. EK het Sherrie [Elisheva Sherrie] geroep om julle te versorg, te bemoedig en julle wonde te verbind, te onderrig, lief te hê en oorlog te voer terwille van julle soos ‘n leeuin veg vir haar welpies in gevaar. EK sal ‘n gebrul in haar mond sit, MY gebrul, en die vyand sal in 7 verskillende rigtings hardloop.

Sy was aangeval want soos dit geprofeteer was, sal 500,000 van MY monstukke verrys en almal saam skree. MY Profete sal versamel en in eenheid saam skree en net soos in die tye van ouds, sal dit wees tot MY Lof, Eer en Heerlikheid, ‘n getuienis dat EK dieselfde is en nie verander nie. Soos die mure van Jerigo verkrummel het tot stof. Soos Dawid wat vir Goliat verslaan. Moenie probeer verstaan nie, glo net wat EK gespreek het sal gebeur. EK sal julle op die muur gestasioneer hê soos ‘n Nehemia, maar julle stasies sal rond-om die wêreld wees en julle sal nie afkom terwyl julle aan die tempel bou nie totdat EK sê die werk is voltooi nie. Julle Werk sal voltooi wees wanneer EK terugkom, nie oor enigiets wat sy doen nie, maar omdat sy MY gebrul van die Leeu van Juda, voortspreek.

Maak gereed om te hardloop vyande, wolwe vermom soos skape maar in plaas daarvan verslind julle MY skape. MAAR NIE MEER NIE! EK het iemand opgerig wat julle en al julle verborge motiewe sal ontbloot. Nie in haar eie krag nie maar in Almagtige GOD se krag alleen sal hulle hardloop. Sy sal julle versorg en julle weereens bemoedig sodat julle weereens vertroue sal hê dat julle geroep is om ‘n vegter op die muur te wees wat MY Boodskappe sal uitbasuin soos ‘n luide basuingeklank vir almal. Stasioneer julself op die muur en spreek voort wat EK vir julle sê om te spreek.

Moenie afkom van die muur af nie vir geen man of vrou of duiwel nie. Moenie hulle gesigte vrees nie! Moenie hulle toorn vrees nie, VREES MY TOORN! Want As julle nie doen wat EK julle beveel om te doen nie dan is julle in rebellie teen die God wat julle dien. Want EK het julle nodig om voort te spreek. Soos julle suster nog ‘n boodskap voortspreek wat soos ‘n gebrul sal wees wat regoor die wêreld gehoor sal word. Want EK gebruik haar weereens om te spreek wat ander geweier het. Hulle sien die onreg, en het gesê dit is nie MY probleem nie. Laat iemand anders dit voortspreek. Die vyand en MY Kinders sal hierdie basuingeklank hoor of hulle wil of nie. Hulle sal hoor! Moenie MY Profete verhinder om te praat nie.

Kerke, hou op om hulle stil te maak. Hou op om hulle uit te skop. Erken dat julle in werklikheid nie julle sondes ontbloot wil hê nie en bekeer! Moet hulle nie stilmaak nie of dink dat julle bepaal wie praat en wie nie. Pastore, julle het MY RUACh ha KODESH bedroef. Wie is julle om hulle te sensor vir wie EK gestuur het? Julle sê dit is omdat julle nie sommer enigeen wil toelaat om voort te spreek as MY Profete nie. Maar as hulle nie van MY af is nie sal EK hulle ontbloot. EK sal vir julle die tekens wys as hulle MY Woorde van Heilige Vuur uitspreek of as dit vreemde vuur of okkultiese vuur is. Laat hulle spreek! Nee, julle hoef nie eers te proeflees wat gespreek word nie. Pastore, julle het julle grense oorskry. BEKEER VANDAG! Kan die RUACH ha KODESH nie onderskeiding gee wat van MY is en wat nie is nie. Pasop, want julle bedroef die RUACH ha KODESH! Julle sal aanspreeklik gehou word. Julle sal weet of hulle ‘n vals profeet is.

Die tekens van ‘n vals profeet is dat hulle vrugte vrot sal wees en ook verdorwe en die woord van YAHUVEH sal verdraai word om gelykvormig te word aan hulle beeld, nie MY beeld nie. Hulle sal vol hoogmoed wees. Hulle sal die gawes van die RUACH ha KODESH verkoop aan die hoogste bieër. Hulle sal na ‘n ander YAHUSHUA (Jesus Christus) toe lei; selfs die bose mense gebruik MY Naam. Baie bose mense het in MY naam uitgegaan en wil die profete vernietig. Maar hulle is diegene wat EK sal vernietig. Vyande van MY, al lyk julle so goed, EK alleen ken jul hart. BEKEER op hierdie dag want julle is gewaarsku! Gespreek op hierdie dag deur MY profeet Pastoor Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
04:00 nm. 6/2/1998, weereens terwyl EK die tyd ingesluit het so pasop want nou word julle aanspreeklik gehou vir wat julle weet. Wat gaan julle doen daarmee? EK weet reeds!

Voeg asseblief die persoonlike nota hieronder by wanneer julle dit kopieer want dit wys hoe kwaad die duiwel is oor hierdie woord van YAHUVEH wat gelewer word.

* * * * * * *

Persoonlike nota : Elke keer wanneer ek in die laaste tyd ‘n profesie ontvang, bevestig YAHUVEH dit wat gespreek is. Hierdie was om 4:00 NM. voltooi en om 5:25 NM. was ek tweekeer verbaal aangeval. Eenkeer deur ‘n bedienaar wat ek ‘n vriend genoem het en julle selfs na sy webwerf gelei het en wie se naam ek binnekort gaan skrap, want hy het die RUACH ha KODESH bedroef. Hy het vir my geskryf en gesê ek moet sy naam van my e-pos lys afhaal wanneer ek die profesieë uitstuur. Hy dink ek is opdringerig as ek dit sonder sy toestemming doen. Jammer Pastoor Steve C. Ek het gedink ons is van dieselfde Gees. Wil voorkom ek is verkeerd. YAHUVEH sal jou regter wees. HY het geweet wat jy gaan doen, om my voor ander vegters van YAHUSHUA te probeer beskaam. Ek het gedink jy sou geseënd wees en jy sou wou weet wat YAHUVEH spreek. Ek verwyder jou naam geheel en al uit die adresboek. Jy sal nie weer van my hoor nie.

Maar ek is seker dat YAHUVEH jou eendag gaan herinner aan dit wat jy op hierdie dag gedoen het. Hierdeur sal jy hulle ken aan die liefde wat hulle vir die broeders het. Jou vrug wys. Ek bid dat jy sal bekeer. En in elk geval, toe jy probeer het om my te bestraf, het ek nie opgemerk dat jy enigiemand anders se toestemming gevra het om hulle te e-pos nie. Beoefen wat jy verkondig. Bowendien, van wanneer af het ‘n Profeet in die Bybel toestemming nodig gehad om Almagtige YAHUVEH se Profesieë uit te spreek? Die grootste gedeelte van die Bybel sou dan nie geskryf gewees het nie. Hierdie Profeet weier om gemuilband, gebind, stilgemaak of verblind te word deur man of vrou of die duiwel wat hulle stuur. Hierdie Profeet wil net helder sien en duidelik hoor wat die RUACH ha KODESH uitspreek. Asseblief YAHUSHUA, moenie dat enigiets deur hierdie werktuig gespreek of geskryf word wat nie waarlik ‘n “So Spreek YAHUVEH” is nie.

Offensief vir sommige wat nie wil hoor nie, en insiggewend vir ander wat wil. Profeet Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu), Alpha & Omega AlmightyWind, HOLY GHOST Fire Church.
Liefde, julle suster, ‘n gebroke werktuig maar Magtige Vegter en Bruid van YAHUSHUA,
6-2-98, 4 nm.

* * * * * * *

Nuwe opdatering t.o.v. hierdie Profesie geskryf op 24 Desember 2015:
Dit spyt my dat ek nie die volle name gebruik het van die Pastoor in die voetnota nie wat in 1998 alles in sy vermoë gedoen het om te probeer om hierdie profeet se mond te snoer. Pastoor Steve C. was ‘n Sondag Pastoor van ‘n Kerk en het probeer om my te oortuig, dat JESUS CHRISTUS (JESUS CHRISTUS is die naam wat hy op daardie tydstip gebruik het) nie Vroue roep om geestelike leiers of Profete te wees nie. Hy het my lewe misrabel gemaak, my aangeval met die gees van godsdiens en mensgemaakte doktrines. Pastoor Steve C. het maande later op sy webblad geskryf dat hy gediagnoseer was met kanker, hy het opgehou om my aan te val, en baie spoedig daarna het ek gelees dat hy dood is aan vinnig verspreidende kanker! YAH het aan my bewys “Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad”.

Ek het geen twyfel dat oorlede Pastoor Steve C. verantwoording sal doen vir sy wreedheid teenoor my op Oordeelsdag! Hy sal gedwing word om te erken dat YAHUSHUA my wel gebruik as ‘n Profeet en Geestelike Leier! Ek sien uit na daardie dag! Is hy hel toe vir dit wat hy aan my gedoen het, dit sal ek sien wanneer ek in die Hemel kom.

‘n Nuwe openbaring na al hierdie vele jare oor die 500,000 troepe op die muur, hulle is mondstukke! ‘n Kosbare dogter van my het ‘n geheime stukkie van die legkaart gesien wat niemand al ooit vantevore gesien het nie! Die 500,000 is gesalfde Profete! ‘n Profeet kan nou net een Profesie hê soos Stefanus in die Boek van Handelinge (Handelinge Hoofstuk 7) of vele Profesieë! Loof YAHUSHUA! Asseblief terwyl julle hierdie profesieë lees en YAHUVEH bevestig hierdie woorde in jul gees as waarheid skryf vir ons en laat weet ons sodat dit mekaar kan stig en bemoedig soos die Bybel ons beveel om te doen. Dit verhoog net die salwing binne-in almal van ons terwyl ons die onderskeiding deel wat die RUACH HA KODESH vir ons gee deur die profesieë te lees.