PROFESIE 4, Moenie Moed verloor Wanneer Julle MY nie Aan Jul Sy Kan Voel Nie! MY Woede Is Net So Groot Soos MY Liefde!


PROFESIE 4
Moenie Moed verloor Wanneer Julle MY nie Aan Jul Sy Kan Voel Nie! MY Woede Is Net So Groot Soos MY Liefde!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
5 Februarie 1997

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:
2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Ek het net vandag gesê, YAHUVEH, wat gaan aan ek voel nie meer U teenwoordigheid soos wat ek gewoond is nie?” Ek het bekeer oor enige sondes wat ek onwetend gedoen het, maar die teenwoordigheid is nie dieselfde nie. YAHUVEH spreek nie meer so baie nie en ek raak baie bekommerd. Dit is nie wat ons doen nie, want ons weet YAHUSHUA het ons nog steeds lief en sal ons altyd liefhê, ons doen ons bes om HOM te behaag en te gehoorsaam. Ons weet ons moet deur geloof die Woord van YAHUVEH glo. HY het ons nie verlaat nie.

Ons gaan nie op ons gevoelens nie, gevoelens bedrieg ons, ons moet wandel deur ons geloof! Want die regverdige sal deur geloof alleen lewe, nie deur gevoelens nie. Dit was lekker toe ons toegelaat was om SY teenwoordigheid te voel, maar iets is besig om te verander in die geestesryk en alhoewel YAHUSHUA nogsteeds aan ons sy is, is dit asof HY slaap in die boot, en ons aangeval word met die storms van die lewe, en ons die dissipels is wat sê, “YAHUSHUA, word wakker anders vergaan ons!” Dan word YAHUSHUA wakker en sê, “O julle kleingelowiges” en bestraf die storm. Ek wag steeds vir HOM om die hewige storms te bestraf waarin ek skynbaar so lank reeds verkeer. Ons weet daar is ‘n vasgestelde tyd vir ons bevryding. Terwyl ek nou hierdie tik kry ek die salwing. Ek het opgehou en in die Gees gebid en sal dit op ‘n ander tydstip doen, nadat ek outoriteit geneem het oor satan. As YAHUVEH regtig weereens deur my wil spreek, sal HY. Ek gee my hande oor aan U YAHUSHUA asook my verstand, my geestelike ore en geestelike oë.
Praat asseblief nou met my sodat ek ‘n woord van bemoediging aan my jonger broer kan gee. In U Naam YAHUSHUA vra ek en deur die krag van die RUACH ha KODESH, deur die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. Is daar ‘n woord wat U wil hê ek tot U mense moet spreek? Indien wel, salf my hande nou, RUACH ha KODESH soos wat U deur hierdie ongewone salwing in die vorige (3) profetiese boodskappe gespreek het. Want U gee om vir die mense op die Internet wat geen ander manier het om U boodskappe duidelik te hoor nie, sodat hulle kan verstaan en sodat verwarring hulle nie kan vasvat in sataniese beheer nie. Die salwing kom nou op my hande en die stem van YAHUSHUA praat weereens met my. LOOF YAHUSHUA!

* * * * * * * *


Vertel vir hulle MY kind; sê vir hulle dat EK nie langer MY Vader se woede kan terughou nie. EK het probeer. EK het om genade gesmeek vir hulle wat bewustelik alles wat Heilig is besoedel; diegene wat die betekenis van die woord sonde ontken. Diegene agter die kansels wat swak verskonings aanbied vir sonde, kan selfs die beste verskoning die duisternis van sonde bedek? Maar terwyl EK by hulle pleit om te bekeer, om weg te draai van sonde, spot hulle MY en sê YAHUVEH gee nie om nie, HY verstaan. Hulle sê vir MY Profete en Apostels om stil te bly en hulle uit te los, om hulle woorde vir hulself te hou. Hulle laat hulle nie toe om in die kerke te praat nie, maar laat demoniese okkultiese geeste toe om die kerke binne te gaan sodat selfs ‘n profeet nie veilig is terwyl hy bid nie. Hierdie bose geeste lê in afwagting, wetende dat die profete kom om MY waarskuwings uit te stuur, en hulle word geblokkeer en ja, sommige selfs seergemaak. Hoe groter die waarskuwing, hoe meer teenkanting van die vyand.

satan probeer hard om MY Profete en Apostels en diegene wat aangesê is om die mense te waarsku, stil te maak. Waarsku hulle van ‘n God in Nahum 1, wat sê HY praat in die storms en aardskuddings. Waarsku hulle dat YAHUVEH ‘n jaloerse God is en HY sal geen ander Gode voor HOM toelaat nie. Waarsku hulle dat YAHUVEH se woede nie maklik kalmeer kan word nie. WAARSKU HULLE! Nogtans stuur EK, YAHUSHUA MY Boodskappers uit om hulle te waarsku en soos in die bybel word hulle geslaan en sommiges selfs doodgemaak. EK het gepraat oor die satanistiese plantings in die kerke, niemand luister nie.

So min probeer selfs om hulle te ontbloot. EK het hulle gewaarsku dat satan in die midde van die kerke is en hy is besig om te veg vir vals leerstellings, geeste van rebellie, ‘n gees om die kerk te deurdring dat sonde nie sonde is nie. Maar EK is ‘n Heilige God en EK beveel julle om Heilig te wees aangesien EK HEILIG is. EK het MY eie Gees in julle geplaas sodat julle die verskil tussen reg en verkeerd ken. Sonde is swart en nie grys nie, Heiligheid is wit en dit is geen ander kleur nie. Sommige sal satan nou toelaat om dit te vat en ‘n rassistiese konneksie daarvan te maak. Stop dit nou! Julle weet wat EK bedoel! Slegs rooi sal hierdie sonde uit julle verstand wegwas, en dit is die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH by Golgota. EK waarsku nou die rede waarom MY teenwoordigheid nie soos voorheen gevoel word nie is omdat EK treur. EK huil oor dit wat EK baie binnekort moet doen.

Het hulle na hierdie Profeet geluister wat EK nou gebruik toe EK vooruit gewaarsku het dat China MY woede sal smaak deur aardbewings, die grootste een het nog nie gebeur nie maar dit kom. Hulle het so baie van MY Kinders vermoor en gemartel en MY Kinders opgesluit, MY Boodskappers. Hiervoor sal die regering hewig boet en die land sal uitmekaar geskeur word deur aardbewings omdat hulle probeer om MY Volk te verdeel en hulle weg te draai van MY af uit vrees om die God wat hulle eens gedien het openlik te aanbid en nou vrees om openlik te dien. Soos hulle MY Volk verdeel het so sal EK hulle land verdeel.

EK beskerm die wat MYNE is en EK weet wie is MYNE. EK het selfs die tronkdeure geskud soos in die tye van ouds sodat die gevangenes wat die evangelie verkondig het, dit was hulle enigste oortreding kon vryraak. EK kom op ‘n kragdadige manier en hierdie jaar, al weier julle plaaslike nuusstasies om die verwoesting en woede te erken wat EK hierdie jaar reeds ten toon gestel het. Sal EK begin demonstreer op maniere wat hulle nie langer instaat sal wees om te ignoreer nie. Hulle blameer dit op moedernatuur. Daar is net een Skepper en EK is die Vader van die ganse skepping. “EK IS” wie “EK IS”! Daar is geen ander nie. EK deel MY Heerlikheid met niemand anders nie veral nie ‘n moedernatuur nie. EK het die waarskuwings uitgestuur op televisieprogramme, ja die rots het uitgeroep, maar luister hulle, so min, o so min. Moenie dink EK is verheug oor wat EK moet doen nie want EK is nie, maar EK moet, want die kinders dink nou hulle regeer die ouer.

‘n Reeks vulkane gaan opskiet tersefdertyd, dit sal MY rooi-warm lawa wees wat voortstu wat MY woede simboliseer. Hoe min probeer selfs nog om Heilig te wees. Hulle dink EK knipoog teen sonde. As hulle maar net wil bekeer. As hulle maar net wil besef EK is ‘n God wat nie verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en vir ewig. Julle moet verander, nie die groot “EK IS” nie, “EK IS” wie “EK IS” en EK maak geen verskoning vir enige iets wat ek doen nie. EK doen verantwoording teenoor niemand. Die groot YAHUVEH is woedend en selfs MY Seun, die een wie EK vir julle as ‘n Verlosser gegee het kan MY woede nie veel langer kalmeer nie. EK is op die punt om ietwat van MY woede uit te haal, pasop almal wat MY bespot het asook die Woord van YAHUSHUA en diegene stilgemaak het wat die salwing van MY Boodskappers het. Mishandel, gemartel en opgesluit in gevangenisse van die mensdom. EK IS woedend! EK het Sodom en Gomorra gewaarsku en EK waarsku julle nou weereens. Die wêreld is ‘n hedendaagse Babilon, hierdie wêreld. EK is ‘n Skepper wat Heiligheid eis; EK het binne-in elke mens ‘n plek geplaas wat hunker na Heiligheid en ‘n verhouding met hulle Skepper.

EK sal nie net die vulkane stuur wat in ‘n kettingreaksie sal uitbars nie, maar EK sal die aarde skud soos ‘n ouer ‘n ongehoorsame kind skud. EK gaan nie net een gedeelte van die aarde op ‘n slag skud nie, maar baie dele van die aarde op ‘n slag. EK gaan MY voete stuur wat die grond in woede sal stamp. Want MY woede is groot teen die opstandiges wat hulle vuis bal in MY gesig en gesê het hulle weier om ‘n boek en reëls te gehoorsaam wat soveel duisende jare gelede geskryf is. Vir diegene wat MY Naam as ‘n vloekwoord gebruik. Vir diegene wat MY Seun se Bloed bespot wat vir hulle op Golgota gestort was. EK sal die orkane stuur om die trane te demonstreer wat EK oor MY onberouvolle kinders gestort het en oor diegene wat EK geskape het om MY Kinders te wees maar geweier het om MY as Vader te erken.

Diegene wat hulle gewend het na onheiligheid en nie eers probeer het om MY te behaag of MY te soek nie. Oorstromings sal kom en sal baie dele van die aarde op ‘n slag bedek. Dit sal MY trane simboliseer, aangesien so baie Hel bo Hemel verkies. Hulle wat satan bo YAHUSHUA gekies het! Ek sal die tornadoes uitstuur en dit sal MY vuis wees wat die vlieënde wind uitstuur. EK sal hierdie nie in een plek demonstreer nie, wanneer julle menige bymekaar sien sal julle weet dat EK praat en EK is kwaad en MY toorn word nie maklik gekalmeer nie.

Daar was nog altyd aardskuddings, vloede, tornadoes, orkane hier en daar maar wanneer julle hulle sien soos ‘n kettingreaksie, baie op ‘n slag, dan sal julle weet dat dit die tyd is waaroor EK julle gewaarsku het. BEKEER NOU, voordat dit te laat is! EK het MY woede nou veels te lank teruggehou! Terwille van MY Seun en SY gebede vir julle, die mense het EK MY toorn teruggehou. Maar satan bespot MY en tart MY omdat EK julle nie gestraf het nie. Hy gebruik MY eie skepping om MY te spot en te tart. Die monde wat EK geskape het. Die monde wat EK eens op ‘n tyd gesalf het. Ja, selfs in MY eie kerke word EK gespot omdat die Heilige Woord verdraai word om gelykvormig te word aan die mens se beeld. Nie die beeld van ‘n Heilige God nie. Hulle onderrig dat homoseksualiteit van MY af kom, dit nie sonde is nie, dit YAHUVEH se skuld is, dit ‘n geboorte-afwyking is.

Die leuenagtige en misleidende geeste kom uit diegene wat ‘n vorm van goddelikheid het, maar geen goddelikheid van binne het nie. EK sal persoonlik met hierdie bose herders afreken op maniere wat vir die mense sal wys dat EK nie ‘n God is wat gespot kan word nie. EK is nie ‘n God wat maklik kwaad word nie. EK sal ongenaakbaar optree en julle sal sien hoe hulle in die kansel dood neerslaan, diegene wat hierdie dinge asook aborsie aanmoedig. EK het elkeen van julle geken nog voor julle in julle moeder se skoot was. EK het julle lewens geskape, gevorm en beplan soos wat EK dit wou gehad het. Dit was julle keuse of julle sou word wat EK beplan het.

Moenie MY blameer nie, want EK wou net die beste vir julle gehad het. Selfs die van julle wat swaargekry het en ‘n lewe gely het wat gelyk het asof dit nie geseënd was nie, EK sal en het julle gebruik tot MY Eer, julle het MY geëer te midde van julle swaarkry terwyl ander sien dat julle MY steeds loof, dien en aanbid. MY salwing vloei voort in julle lewens, selfs groter as diegene wat lewens gely het met min probleme. Julle lewe was nie die seëninge van ander gegee nie, maar dit was nie omdat EK julle nie so liefhet soos die ander nie, want net soos YAHUSHUA op hierdie aarde geplaas was om te ly terwille van ander, was julle ook, en groot sal julle belonings wees in die Hemel as julle getrou bly tot die einde.

Sommige van MY Kinders het verbitterd geraak terwyl hulle die heidene sien, hulle wat nooit ‘n knie buig of ‘n dankgebed tot MY rig nie, en MY Kinders sê: watter tipe God is dit? EK sê vir julle, julle hoef nie die rykes of die goddelose te beny wat MY nie erken nie. Dit lyk of hulle elke seën in die lewe het maar dit is al wat hulle ooit sal hê, en dan sal dit ewige verdoemenis en ewige Hel en teistering wees. Hulle het die ewigheid in die Hemel prysgegee vir kortstondige jare op aarde waar hulle deelgeneem het aan elke vorm van sonde, vernaamlik die sonde om te dink hulle het nie ‘n Verlosser nodig gehad nie.

Julle aan die anderkant, sal die Hemel aanskou as julle getrou bly en julle sal op aarde vir ‘n kort tydjie lyding, haat en mishandeling ken, maar moenie verbitterd raak nie, moenie wegdraai van MY af nie. Instede daarvan, draai na MY toe. Kyk watter liefdevolle Vader EK is. EK het julle vooraf gewaarsku sodat wanneer hierdie dinge oor die aarde kom julle alreeds vooraf gewaarsku was, sodat julle kan BEKEER en ander waarsku voor MY woede uitbars. EK stuur MY Profete om te waarsku voordat EK die verdoeming stuur. Maar julle wat MY getrou liefhet, MY dien en julself in die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was sodat julle Heilig bly voor MY aangesig, julle het niks om te vrees gedurende hierdie tyd nie, julle sal nie onverhoeds betrap word nie.

EK sal almal beskerm wat MYNE is en EK ken almal wat MYNE is. EK ken ‘n ieder en ‘n elk van julle harte en EK het julle siele in MY hande want julle het julle lewens en siele vir MY gegee toe julle YAHUSHUA as julle Heer en Verlosser aangeneem het. Julle het julle liggame as lewende offers vir MY Heerlikheid aangebied. EK is nie kwaad vir julle nie. EK het julle lief en EK sal julle koester en beskerm. Ja, selfs wanneer julle sien hoe die wêreld geskud word in MY woede, roep uit na MY. EK sal daar wees om julle te troos.
Die rede hoekom so baie van julle nie op hierdie oomblik MY teenwoordigheid aanvoel nie, het niks met julle te doen nie. Ja, selfs die een wie EK gebruik om hierdie woorde te spreek en nie een woord voor die ander weet wat sy volgende gaan tik nie, vind dit moeilik om MY teenwoordigheid aan te voel sedert EK haar laas gebruik het om die mense te waarsku. EK het aan haar hierdie ongewone salwing gegee om MY mense se aandag te kry met wie sy op geen ander manier kan spreek nie, want EK het julle dwarsoor die wêreld versprei. MY Profete en boodskappers sal hoor en het geestelike ore en oë en ‘n dapper mond om die mense te waarsku wat nie luister nie.

EK sê weer vir julle, MY Profete en Kinders, moenie moed verloor en dink EK het julle verlaat as julle MY nie meer langs julle kan voel nie. EK het nêrens heengegaan nie, EK is nog steeds hier; EK is net stil want dit is die stilte voor die storm. EK word stil voordat EK MY humeur verloor want EK probeer die woede terughou, maar sedert die vloed van Noag het dit opgebou en EK is weereens bedroef wanneer EK sien wat EK alles gedoen het, selfs MY enig verwekte Seun as ‘n offer gegee het. Abraham het ‘n ander offer gehad; EK het MY Seun gegee as julle Verlosser. Hoe min sal HOM aanvaar. EK IS WOEDEND! EK het SY liggaam gegee sodat julle genees kon word. Hoe min sal glo dat daar genesing is in die houe (wonde) wat aangebring was op SY Liggaam. EK het SY Bloed gegee sodat julle vergewe kon word. Hoe min sal daardie geskenk op Golgota aanvaar. EK het SY lewe gegee, sodat julle gered kon word. O, dit is hoekom julle die gemis van MY teenwoordigheid voel. Was julle nog nooit so kwaad vir julle kinders dat julle geen begeerte gehad het om te praat nie, uit vrees vir julle eie woede? Was julle nog nooit so hartseer dat julle net wou stil wees of so kwaad dat julle net wou stil wees nie. Dit nie wou waag om julle woede uit te haal nie uit vrees vir wat kan gebeur. EK is daar!

EK is nie kwaad vir hulle wat MY teenwoordigheid mis nie. EK is kwaad vir hulle wat nie eers opmerk dat EK stil is nie, en MY teenwoordigheid word nie eens gemis nie. Vir dié van julle wat voel dat MY teenwoordigheid weg is, en daaroor treur, en wat bekeer en wonder wat julle verkeerd gedoen het, EK spreek nou voort uit MY diensmaagd en sê vir julle, julle het alles gedoen wat reg is, dit is hoekom julle MY stilswye opmerk en nie MY teenwoordigheid aanvoel nie. EK praat nie met hulle wat in sonde is, en MY nooit geken het nie of om mee te begin MY nooit gemis het nie. Julle weet met wie EK praat. Net MY Kinders sal verstaan. Maar vir die van julle wat MY Kinders was maar louwarm geword het, kom nou terug, EK smeek julle. Mis MY en verlang om weer MY stem te hoor. EK het nooit weggegaan nie, julle het.

Bekeer van die verkondiging van dwaalleer. Bekeer want julle onderrig dat sonde nie onheiligheid is nie en dat daar nie so iets soos sonde is nie, omdat ‘n algehele liefdevolle YAHUVEH julle sal vergewe ongeag wat julle doen. Dit nie nodig is om te bekeer of weg te draai van sonde nie. Kan julle nie sien dit is ‘n leuen van die duiwel nie. Die duiwel sê, “Julle het nie ‘n Verlosser, MY geskenk, MY geliefde Seun YAHUSHUA nodig nie”. Kan julle nie sien nie? Terwyl EK ween wanneer EK dink aan die prys wat MY Geliefde vir julle betaal het. As julle sê daar is nie so iets soos sonde nie en dat alles aanvaarbaar is vir MY omdat EK ‘n God is wat nie meer omgee by wie of wat julle slaap nie.

Watter onskuldige bloed word gestort? Selfs die ongeborenes, dat dit nie sonde is om hulle te vermoor nie solank julle hulle nie kan sien nie. Selfs al sien julle hulle, solank hulle onskuldige babas vermoor om die lewens van ander te red, ag wel, hulle is nuttig vir iets. Dit is moord en dit is sonde! Predikers, julle sal aan MY persoonlik rekenskap gee vir wat julle gesê het, want julle het gesê dat julle vir MY werk, maar julle het teen MY gewerk. Homoseksualiteit is SONDE! Aborsie is SONDE! Moord is SONDE! Rebellie is SONDE! Heksery is SONDE! Julle weet wat SONDE is! Lees die 10 Gebooie! Predikers, Apostels, Profete, Leraars, Evangeliste, keer terug daarheen om sonde as sonde te preek. Slegs ‘n bekeervolle sondaar sal vergewe word.

Niks meer almal sluit julle oë, ons wil niemand in verleentheid bring nie, sodat hulle hul hande kan opsteek en YAHUSHUA ha MASHIACH kan aanneem as hulle Verlosser nie. Het julle enige idee hoe kwaad dit MY gemaak het? Van wanneer af is dit ‘n bron van verleentheid om na YAHUSHUA toe te kom vir die vergifnis van julle sondes. Daar kan geen verlossing wees sonder belydenis van julle sonde aan ander nie. Belydenis word gedoen vir verlossing. EK sê vir julle as julle MY nie voor die mense bely nie, sal YAHUSHUA julle nie voor MY, die Vader bely nie. MY eie kinders, MY eie evangeliste, profete, pastore, leraars, apostels het dit gedoen.

O die pyn. Die hartseer wat EK hieroor verduur het. Hoe lank dink julle sal hierdie mense, wat te skaam is om op te staan en te bely dat hulle ‘n Verlosser nodig het, gered bly? Die vyand sal dadelik daardie klein saadjie steel wat geplant is. Dié van julle wat dit gedoen het, BEKEER! Weier openlik om dit langer te doen. Want julle sal verantwoording doen vir die verlore siele wat gered kon word. Dié van julle wat gemaak het asof EK ‘n God van bedrog is omdat julle sê hulle kan hulle hande in die geheim opsteek en sê YAHUSHUA kom in my hart in sonder om hulle eers te leer dat hulle moet huil en hulle bekeer van hulle sondes, en wegdraai van daardie sondes af. Instem om YAHUSHUA eerste in hulle lewens te stel en Heiligheid na te volg, nie onheiligheid nie. Ook julle sal aan MY persoonlik rekenskap moet gee asook vir almal wat gedink het eenmaal gered altyd gered, nou kan ons enigiets doen wat ons wil omdat al ons sondes bedek is. Julle het nie vir hulle geleer, “hoekom sê julle julle het MY lief en gehoorsaam MY nie?”

Die van julle wat die gees van kullery gebruik het om die mense sover te kry om hulle hande op te steek terwyl almal se oë gesluit is, net om hulle te laat opstaan en vorentoe kom en te staan voor die mense nadat julle hulle gelei het om te glo dat hulle dit in die geheim kon doen. Julle het hulle gewys dat YAHUVEH ‘n God van misleiding en kullery is. EK IS NIE! Julle sal boet hiervoor, as julle nie BEKEER nie! Ja, voordat die aarde begin skud, EK is selfs nou besig om die goddelose en die godvresendes te skud en te verdeel in dit wat veronderstel is om MY Kerke en MY Tempels te wees. EK praat nou van die plekke van samekomste, want die Ware Kerke en Tempels is MY Mense.

Maar in die kerkgeboue sal julle sien wat gebeur met diegene wat MY Skape mislei het. Of hulle wat skape wou wees maar in bokke verander het, want die bose herder is ‘n wolf wat onder MY Skape ingestuur is om hulle te vernietig weens ‘n gebrek aan kennis en onderskeiding. EK is KWAAD! In die kerkgeboue het julle reeds die verdeling sien begin. EK ontbloot die vyand in julle eie kampe. Pasop, stop, kyk en luister na die stem van die RUACH ha KODESH. Hou weereens aan om na MY te roep en te sê ek mis U teenwoordigheid want dit is hulle wat gewoond is daaraan om MY teenwoordigheid te voel en gewoond is daaraan om MY stem daagliks te hoor en nou MY stilswye opmerk.

Maar EK sal nie altyd stilbly nie MY Geliefdes, dit is slegs vir ‘n kort tydjie wat julle MY hartseer sal aanvoel en julle moenie deur julle gevoelens gelei word nie want dit is vlees. Julle moet deur julle geloof wandel want dit is uit die Gees. Hierdie dag het EK gekies om deur hierdie diensmaagd te spreek, moenie onder mekaar argumenteer en sê, hoekom sal YAHUVEH deur ‘n vrou spreek of haar hande salf nie. EK laat julle hiermee EK kies om te gebruik wie EK kies om te gebruik en doen verantwoording teenoor geen mens nie. En as EK slegs haar mond gesalf het soos sy gewoond is, en nie haar hande op die sleutelbord nie, sou julle MY vandag hierdie boodskap deur haar hoor spreek het? Julle het jul eie vraag beantwoord.

Waarsku nou asseblief die mense, alhoewel baie in die tyd van Noag nie wou luister nie. Moet nogtans nie die bloed op julle hande hê nie soos Eseg 3:17-21 sê, “Moenie dat die bloed aan julle hande gevind word nie.” WAARSKU DIE MENSE! Daar is nog net ‘n klein hoeveelheid tyd oor, terwille van MY Seun het EK genade vir die mense gehad, maar die tyd van wraak en oordeel kom vinnig nader. Waarsku hulle en soek MY terwyl EK nog te vinde is. Neem kennis van hierdie datum en kyk stip na die gebeure in die wêreld, 5/2/97. EK het MY diensmaagd, Elisheva Eliyahu, verbied om een woord te verander wat EK gespreek het. Alhoewel sy weet dat nie almal dit wat EK gespreek het sal verwelkom nie.

Weereens, waarsku EK diegene wat MY vyande is, maar voorgee om MY vriende te wees, Judasse, pasop, want as julle probeer om hierdie boodskapper seer te maak, maak julle die een seer wat haar geskape en gesalf het. Julle sal die eerstes wees wat MY toorn sal ervaar en julle sal MY teenwoordigheid ken op maniere wat julle dit liewer nie wou ken nie. EK is KWAAD, en julle wat MY gesmeek het om te praat, het die stem van liefde, versekering, smart en intense woede gehoor. Julle het die stem van die Groot YAHUVEH, “EK IS” hoor voortspreek uit ‘n gebroke kruik van klei op hierdie dag. Bid vir hulle wie se harte julle probeer aanraak het, maar wat MY nogtans wegstoot. Bid dat hulle vandag sal bekeer want môre mag dit te laat wees.
Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu 5/2/1997

* * * * * * *

Broer Noel, ek het dit nou net aan my opstandige tienerseun voorgelees en gesê daar sal regoor die wêreld mense wees wat bid en YAHUVEH soek om te sien of dit wat ek geskryf het, van YAHUVEH af is. Was dit regtig YAHUVEH die Vader, wie deur die salwing van die RUACH ha KODESH, deur my gespreek het? Dit sal getoets word en deur baie profete, pastore, apostels, leraars, evangeliste bevestig word. Hulle het voorheen die ander profetiese boodskappe bevestig wat YAHUVEH hierdie jaar vir my gegee het, nou vra ek vir jou my seun, was dit die stem van YAHUVEH wat deur my gespreek het? En die beste bevestiging vir my was toe my seun vir my gesê het, “Yeah”.
LOOF YAHUSHUA! Ek het vir hom gesê daar is nog hoop vir hom. Want selfs ‘n opstandige tiener kan die stem van YAHUVEH hoor. Dit is die grootste toets ooit, en ek het geen twyfel daaraan dat YAHUVEH self hierdie woorde vandag tot my gespreek het om te tik nie. Kopieer dit asseblief en stuur dit aan almal wat die RUACH ha KODESH vir julle sê. Deel dit in julle kerk, selfs al sal hulle nie luister nie.
Sien “Proof Behind the Prophecies” aangaande die aardbewings en vreemde verwoestende weersomstandighede wat nou plaasvind.