PROFESIE 5, JULLE IS MY VERBORGE SKAT, JULLE IS MY VERBORGE WAPEN!


PROFESIE 5
JULLE IS MY VERBORGE SKAT, JULLE IS MY VERBORGE WAPEN!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu
14 Maart 1997

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Ek het in die tale van die RUACH ha KODESH begin bid en die volgende ding wat ek geweet het salf YAHUVEH my en die onderstaande boodskap het voortgekom. Alhoewel ek gedink het dat dit net vir Daniel sou wees was dit op die ou end bedoel vir baie. Wees geseënd terwyl jy hieronder lees en kyk of die RUACH ha KODESH nie vir jou wys dat dit ook vir jou is nie.

As julle aanhou om MY aangesig te soek en vir MY vra, “Wanneer EK jou sal gebruik?” Is dit vir wie hierdie boodskap is. As julle MY stem in hierdie profesie hoor dan, MY Seuns en Dogters, is dit julle vir wie hierdie boodskap is. MY Gees sal in julle bevestig of hierdie boodskap vir julle is. Want dit sal tot die gees in julle getuig. Al die ander sal doof bly en dit sal slegs woorde wees. Hulle sal twyfel of dit regtig YAHUVEH is wat deur hierdie diensmaagd spreek. Julle is reg, as julle so voel, was dit nie vir julle bedoel nie.

Gegee op hierdie dag van 14/3/97 aan hierdie gebroke werktuig van klei maar ‘n vegter en kind, en dissipel van YAHUSHUA ha MASHIACH Eerw. Elisheva Eliyahu

* * * * * * *


MY Liefste Kinders, julle is soos ‘n verborge skat, julle is soos ‘n verborge pylkoker met pyle, terwyl hulle net ‘n boog sien. EK sal julle gebruik om kragtig te spreek en julle sal doen wat julle suster doen, waarskuwend oor die komende oordeel. Julle is ook ‘n wagter op die toring. Kyk vir die tekens in die lug, soos Elia [in Hebreeus Eliyahu] gedoen het, want julle sal gewaarsku word en gee dit dan aan ander deur. MY Kinders, EK het julle gesalf om die gawes wat EK vir julle gegee het, te deel. Julle het nie die vrymoedigheid gehad om dit te doen soos EK julle gesalf het om dit te doen nie. Maar hierdie dag het EK voortbeskik, julle het MY diensmaagd ontmoet en haar gawes en julle s’n het een geword. Julle het mekaar se gawes aangewakker. Moenie dink dit is toevallig nie, want julle is een in MY Gees.

MY Woord wat binne-in julle is brand soos ‘n vurige swaard. Die tweesnydende lem sal diep sny. Daar is baie vuur opgesluit in julle beendere en julle weet nie wat om daarmee te doen nie. Begin dit uitspreek. MY Woorde kan nie leeg na MY terugkeer nie, dit moet doen wat EK voortgespreek het om gedoen te word. EK het vir julle baie in die geheim vertel en julle het dit nie met ander gedeel nie. Dit is nou die tyd om die basuin te blaas en te waarsku oor die komende oordeel vir diegene wat spot of ignoreer. Maar ‘n tyd van seëninge vir hulle wat gehoorsaam is en MY aangesig nederig soek, diegene wat luister vir MY stem en MY skape ken MY stem en gaan na geen vreemdeling toe nie. Diesulkes het niks om te vrees nie.

Al omring die dood hulle en jy sê vir hulle, dit sal diegene wat MYNE is nie benadeel nie en as hulle martelare word sal die bloed in die grond ingaan en slegs meer Paulusse voortbring wat eers Saulusse was en meer Stefanusse sal gebore word. Jy is soos ‘n Stefanus; jy is MY geheime wapen wat EK weggesteek het. EK sê weer, jy ken MY stem en jy het vanaand bevestiging ontvang van een van MY ander Profete. Jy sal en word kragtig gebruik vir diegene wat jy alreeds aangeraak het. Moenie die klein begin verag nie want selfs ‘n magtige eikeboom het as ‘n klein saadjie begin. Jy is soos ‘n magtige eikeboom van geregtigheid, MY geregtigheid. Jy is nie opgeblaas met trots nie, en EK sal dit ook nie toelaat nie, want EK sal jou van jou voetstuk afslaan as jy selfs net probeer. Jy het nederig voor MY gebly en EK het jou so baie lief, want EK sien jou studeer tot laat in die nag, EK voel jou alleenheid en bepeinsing oor waar jy hoort.

Die voetstappe van die Godvresendes is deur YAHUVEH georden. Hou aan om in MY voetspore te volg en lei ander na MY toe. Volg MY voetspore en lei ander na die boom op Golgota. Volg MY voetspore en lei ander na die poorte van die Hemel. EK het jou geleer, nie ‘n mens nie. EK het jou georden, nie ‘n mens nie. Jy is MY verborge skat, MY verborge wapen en EK sal jou kragtig begin gebruik in hierdie eindtye, en moenie mislei word nie, dit is die eindtye. Maar nie die einde vir MY Kinders nie, vir hulle is dit ‘n wonderbaarlike nuwe begin.

‘n Tuiskoms gaan plaasvind en kyk al MY Kinders wat rondom die bankettafel vergader het. Ja, MY Seuns en Dogters, julle sal rondom die bankettafel vergader, gouer as wat julle weet of dink. Begin eers die insameling van die oes, want dit is so groot en die arbeiders is so min. Die spottery word harder terwyl EK hoor hoe leraars, wat voorheen MY Evangelie gepreek het, nou hulle eie evangelie preek. Hulle noem hulself gode. EK sal aan hulle bewys wie GOD YAHUVEH is. Hulle sal dit berou omdat hulle dit ooit gepreek het want baie het afgedwaal as gevolg van hierdie leuen. Baie het gesterf en was verbaas omdat hulle MY nie ontmoet het nie; instede daarvan is dit die bose een wat hulle sien. Maar moenie mislei word nie want EK word nie maklik bespot nie. Baie leuens word vertel deur daardie geestelike leiers vir wie julle eens kon vertrou. Hulle sal aanspreeklik gehou word vir dit wat hulle weet. Hulle het rebellie gepreek en dit as evangelie ge-etiketeer. EK sê vir julle hulle sal op ‘n kragdadige manier boet. Want hulle noem MY Vader en weet nie eens wie EK is nie. Maar nie julle nie, MY Seuns en Dogters. Nie diegene wat MY stem herken deur die profetiese boodskappe wat EK aan MY diensmaagd gegee het nie.

MY Skape sal MY stem ken. Alhoewel die vreemdeling se stem wat hulle hoor van ‘n gerespekteerde pastoor af kom, of ‘n geestelike leier, waar julle hul in die verlede kon vertrou, kan julle nou nie meer nie. Moenie na ‘n mens kyk as julle geestelike leier nie maar kyk slegs na YAHUSHUA alleen. Is dit wat hierdie geestelike leiers sê in lyn met die Heilige Woord van YAHUVEH of neem hulle dit en verdraai dit om gelykvormig te word aan die beeld van ‘n mens? Julle moet na die Heilige Gees draai wat julle in die waarheid sal lei, en vir julle geestelike oë en ore sal gee om te hoor. Vertrou ‘n leier net totdat die RUACH ha KODESH sê niks meer nie. Baie bedieninge is besig om te val reg voor julle oë. Dit is net die begin van die jaar en wat EK geprofeteer het het gebeur en meer sal val voor hierdie jaar eindig. Moenie treur oor die gevalle bedieninge of leraars nie want hulle was gewaarsku!

Treur oor die skape wat mislei word en nou opgehou het om MY te vertrou. Treur oor die skape terwyl hulle oppad is na die lêplekke van die wolwe en omdat hulle ‘n masker van ‘n skaap dra sal hulle hul verslind. Hulle sal hulle verslind want die skape het weereens uiteengespat in die vyand se kamp in as gevolg van hulle jeukende ore. Bewaar julle ore MY Kinders. Bewaar julle oë. Moenie mislei word deur dit wat ‘n tong spreek nie want al klink dit so glad soos heuning, onderskei die Gees wat dit uitspreek. Onderskei met julle oë, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH? Dink hulle aha, ek het nou so baie studeer, ek het ‘n nuwe openbaring en daardie openbaring bring julle nie nader aan MY nie, maar veroorsaak dat julle weggaan van MY af. ‘n Ware geestelike leier sal julle nader bring, bemoedigend en versterkend. ‘n Ware geestelike leier is nie opgeblaas met trots nie.

Hulle weet hulle is nie ‘n God nie, nie eers ‘n kleintjie nie. Hulle weet wie hulle is; hulle is na MY beeld geskape, bedoelende dat hulle ‘n neus, oë en ore het. Komaan; kyk in die spieël julle weet wat ‘n beeld is.

Moenie toelaat dat hierdie dwase leraars julle mislei nie. Julle is aangeneem, EK het slegs een Verwekte Seun, het EK nie? Maar alhoewel julle aangeneem is, het EK julle net so lief soos wat EK MY enig Verwekte Seun het. Vertel vir ander waaroor EK op hierdie aand gepraat het want alhoewel dit begin het vir een het dit verander in woorde vir baie. EK is YAHUVEH, julle GOD en EK mors niks. Selfs hierdie gesprek was vooraf bepaal. Julle ontmoeting was vooraf bepaal.

EK sê nou vir julle, YAHUSHUA kom vir SY Bruid, en hulle wat HOM nie verwag nie, sal AGTERGELAAT word. Diegene wat nie leef asof HY enige dag gaan terugkom nie, sal AGTERGELAAT word. Raak betrokke by MY besigheid en doen die werk waarvoor EK julle geroep het om te doen. Ongeag of hulle glo of nie, laat dit tussen hulle en MY. Soos in die dae van Noag het hulle nie geglo nie. Soos in die dae van Lot het hulle nie geglo nie maar moenie mislei word nie die stem in hierdie profesieë spreek tot MY Kinders en EK sal nie toelaat dat hulle mislei word nie, tensy hulle so verkies.

Hoe meer tekens EK van MY toorn stuur, hoe meer sal die woede opvlam teen die Profete wat hierdie boodskappe voortspreek. Maar weet dit, EK stuur altyd die Profete om te waarsku as gevolg van MY liefde en genade. EK wil nie hê dat enigiemand moet ly of vergaan of ewige verdoemenis ondergaan nie. Blaas dus weereens die basuin, hulle wat geestelike ore het om te hoor sal MY stem duidelik hoor en al die ander sal doof en blind bly. Dit is hulle keuse nie julle s’n om te maak nie.

* * * * * * *

Gegee aan hierdie kruik van klei op 14/3/97. KOM YAHUSHUA, KOM!
Eerw. Elisheva Eliyahu