Profesie 67, “Meteor Verwoesting Kom, Bid Vir Uitstel Van Oordeel!”

Profesie 67

“Meteor Verwoesting Kom, Bid Vir Uitstel Van Oordeel!” 

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
19 Desember 2002
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

*******

Profetiese waarskuwings-droom aan my gegee op 19 Desember 2002 wakker geword om 19h00 na ‘n 2 uur lange slapie. As enige iemand telling hou, hierdie maand het 3 profesieë en 2 waarskuwings-drome voortgebring. Nog nooit in die 27 jaar het YAHUSHUA my met soveel dringendheid gebruik nie. Dit het begin op die Eerste Dag van Desember en Hanukkah. 

Vroeër vanmiddag, het ‘n jeugdige vir my gesê dat hy ‘n droom gehad het van Meteoriete wat sekere state tref. Hy was aangesê om die droom neer te skryf sodat ons die mense kon waarksu en dat hulle kon bid vir die Oordeel om uitgestel te word in die naam van YAHUSHUA en uit te roep vir GENADE en vir meer tyd om die verlore siele in Amerika en hierdie wêreld te bereik. Hierdie jeugdige het die vervolging en haatlike woorde gesien wat voortgekom het van ander teen my op ander webwerwe en hy wil nie dieselfde behandeling hê nie. Wie sou? 

So hy het dit nie neergeskryf nie en ek het gesê, ” Wel, YAHUVEH, dit was U wat die waarskuwings-droom vir hom gegee het, nie ek nie, so ek kan hom nie dwing nie.” Toe het ek gaan lê om bietjie te slaap want ek was uitgeput en ek het die onderstaande droom gehad. Wat nog interessanter was, ek het WAKKER geword met DIESELFDE droom en ek het weer aan die slaap geraak terwyl ek besig was om dit te deel en ek het weer teruggaan in DIESELFDE droom presies waar dit opgehou het!

Nou wanneer YAHUVEH eenkeer in ‘n droom praat, moet ons dit toets, maar wanneer HY tweekeer praat nadat jy uit ‘n droom wakker geword het weer aan die slaap geraak het om terug te gaan in dieselfde droom in, beter ons regtig wakker word en oplet! Ek weet ek sal weer gebrandmerk word as ‘n vals profeet deur my vyande en my naam sal beswadder word deur diegene wat hulself Heilig noem en die massas om die bos lei maar hulle is Fariseërs en nie eens ‘n Profeet nie. Ek weet dat ek die vervolging as loutere vreugde moet reken, maar ek erken dat ek nog nie in staat was om aan die beswaddering, naam-noemery en dreigimente te kon dink as VREUGDE nie. Dit maak seer en wanneer jy my sny bloei ek net soos enige iemand anders. Ek het nog nooit ‘n maand soos Desember 2002 gehad nie. Dit het begin op 1 Desember 2002, die Eerste dag van Hanukkah met Profesie 65, “VLUG UIT DIE KERKE van BABILON!” en op 8 Desember, ‘n profetiese waarskuwings-droom getitel, ” ONTPLOFFENDE STERRE en MISSIELE” en gedurende die opname van die droom het ‘n nuwe profesie, na vore gekom, Profesie 66, “YAHUSHUA kom nie terug vir die kerk nie maar vir SY Bruid!” 

Ek het meer e-pos ontvang van hierdie twee profesieë as vir enige ander profesie tot dusver. Al die e-pos het my bemoedig, en seëninge oor my gebid omdat ek die waarheid voortspreek. Mense het ook posbriewe gestuur wat sê “Dankie!” YAHUSHUA het geweet die verbale aanvalle sou agter my rug kom en hulle het. Eers het YAHUSHUA SY troepe gestuur om my te bemoedig en vir my te profeteer dat ek moet aanhou om SY waarhede voort te spreek en geen toegewings moet maak nie, en ook nie toelaat dat die duiwel my ontmoedig nie. Dankie vir AL diegene wat hierdie werk van YAHUVEH en YAHUSHUA ondersteun en die tyd geneem het om hierdie diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA te bemoedig. Ek het selfs ‘n Profetiese woord ontvang van ‘n Profeet, Samuel in Mexico, en die eerste keer toe ons op die foon gepraat het, het hy gesê onder die salwing van YAHUVEH, “Jy sal weet hierdie is die vervolging werd, want wag tot jy al die verrassings en belonings sien wat op jou wag in die Hemel.” 

As julle gewonder het hoekom die werk by ons bedienings webwerf vertraag was en die stilte opgemerk het, was dit omdat ek gaan maak het soos ‘n skilpad en my kop weggesteek het as gevolg van die haatlike vervolging deur ‘n ander webwerf wat dit waag om hulself waardig te noem en daar is niks waardigs in die naam van hulle webwerf, ook nie die mense wat hierdie bediening en almal wat opstaan teen leuens, aanval nie. In plaas van; “worthynews.com” moet dit eerder “unworthy news.com” wees. Oordeel sal kom vir die Fariseërs wat kom met ‘n vorm van Goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne het nie. In plaas daarvan dat hulle luister na die Profetiese drome en profesieë, is hulle meer gepla om die vrou aan te val wat gestuur word met die boodskappe uit die Hemel. Ag wel. So hierdie geverfde skilpad kom weer uit haar dop en is weer gereed vir die aanvalle wat kom. Hieronder is die droom. Ek sal dit presies weergee soos ek dit gehad het, maar ek moet ‘n paar dinge verduidelik want dit is ‘n persoonlike saak vir my. 

— DROOM —

Meteor Verwoesting Kom Na Hierdie State,
Bid Vir Uitstel Van Oordeel! 

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 

Ek het ‘n lys van telefoon nommers gevind met ‘n nommer daarop van iemand wat ek eens op ‘n tyd my vriendin genoem het. Haar naam is Shoshanah. Ek het haar nommer op ‘n muurtjie gekry. Ek het haar vir jare nie gebel nie, omdat ek weet dat sy eens op ‘n tyd ‘n Christen was wat ‘n Messiaanse Jood geword het, en nie alleenlik vir ander geleer het wie Jesus is nie maar sy gebruik ook nou SY Joodse naam, YAHUSHUA. Ek het selfs in die droom geweet dat Shoshanah nie meer ‘n vriendin en ‘n suster is nie omdat sy ‘n Ortodokse Jood geword het wat begin het om ander mense op haar groot webwerf te leer dat Jode nie vir YAHUSHUA (Jesus Christus) as die MESSIAS hoef te aanvaar nie, net om die wette van die Torah te gehoorsaam en hulle sal gered word! Van ‘n vrou wat ek eens gerespekteer het as ‘n Profeet en geestelike leier, wat siele na YAHUSHUA gelei het en hoe ver het sy geval. Dit is een ding om te glo soos die Ortodokse Jode glo in onkunde maar om dit te doen en steeds jou webwerf gelys te hê as Messiaans-Joods en hierdie leuens te onderrig is godslastering! Ek het nie eers aan hierdie vrou gedink nie vir jare reeds, en hier was sy in my droom. (Neem kennis: Ons het net onlangs ons telefoon lys met haar naam daarop, verloor.) 

Ek het haar telefoonnommer gevind en gedink ek moet haar dadelik bel en waarsku oor die Meteoriet stortreën wat kom. Ek het haar foon nommer geskakel en ‘n ander vrou het geantwoord en gesê dat Shoshanah nie daar was nie, sy moes al terug gewees het maar was nie en hulle het nie geweet waar sy was nie. Ek het gesê, “Dit is Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu) maar sy ken my as Sherrie (Elisheva Sherrie). Skryf asseblief my foonnommer neer” Die vrou het my foonnommer neergeskryf. (Dit is die presiese telefoonnommer wat ek nou het). En sy het ‘n hoë stemtoon gehad toe sy gepraat het. Ek het haar ete onderbreek, het sy gesê, maar sy wou saam met my bid. 

Ek het saam met haar begin bid in die Hemelse Tale aan my gegee en ‘n boodskap het voortgekom en sy het ook in tale gebid. Ek moes waarsku dat Meteor Verwoesting kom en ek was die mandaat gegee om die troepe te versamel op die muur. Om te bid en in te tree vir meer tyd om die verlore siele te bereik en om die Gebeds-bemiddelaars te vra om te bid tot YAHUVEH dat SY Oordeel uitgestel sal word!

Ek het haar gewaarsku oor die Staat waarin sy woon, Georgia, die ander State was Louisiana, Dallas, Texas, St. Louis, Missouri, Indiana, California en New York. Ek weet hierdie meteor verwoesting sal nie net na hierdie State toe kom nie maar dit is hierdies wat in my droom aan my gegee was. Hierdie sal wêreldwyd wees want YAHUVEH is baie kwaad, maar SY kinders wat Aanbid en gehoorsaam is en YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hul lewe stel, hulle huise sal gespaar word. 

Daar sal meteoriet stortreëns wees soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie en massa verwoesting en menigtes sal doodgaan. Die vrou het harder begin bid. YAHUVEH het toe gesê, “EK gee jou dieselfde profetiese waarskuwing wat EK aan [‘n ander] gegee het, wat hy nie ernstig opgeneem het nie. EK bevestig dit nou deur jou want EK weet jy sal MY Mense waarsku en sy droom neerskryf. Oordeel was alreeds uitgestel, dit sal nie gestop word nie maar dit kan uitgestel word as MY mense intree en bid op ‘n magtige manier!” 

Ek het ‘n visioen in my droom gesien en groot rotsblokke en rotse het gelyk of hulle uit die lug begin val! Vure het terselfdertyd uitgebreek. Ek het vir haar gesê ons moet die mense waarsku. Ek het haar vertel dat ek profetiese waarskuwings gegee was van groot aardbewings, storms, missiele, biologiese oorlogvoering, kern-oorlog, plae en nou meteor stortreëns soos geen ander ooit vantevore gesien nie. 

Ek het onthou in die droom, het sy gesê sy sal my help, saam met my toer en die mense waarsku! Ek het my gekruisde been vinnig gewieg in die droom sittende op ‘n rusbank terwyl ons gepraat het. Dit het nie saak gemaak of ek die vrou se naam geken het of nie, ek het die HEILIGE GEES in haar herken! In die droom het ek die gesprek op die telefoon beeïndig omdat ek besef het dat ek nog glad nie daardie dag geëet het nie en moes seker gevas het. 

—EINDE VAN DIE DROOM —

Ek het wakker geword en ek was honger.

Ek moet sommige persoonlike dinge verduidelik wat ek eintlik nie wil sê nie. Shoshanah is nie meer my vriendin in die regte lewe nou reeds vir jare nie. Ek kan haar nie eers meer Suster noem nie omdat sy sê sy is ‘n Messiaans-Joodse bediening en tog vertel sy vir die Jode dat die onderhouing van die Torah alleen hulle siele sal red! Ek weet wat die rede is hoekom sy nie in die droom daar was nie en hulle haar terug verwag het en sy nie teruggekom het nie. Ek het ook verwag dat sy sou terugkom en YAHUSHUA dien en die Jode en Heidene onderrig dat daar geen ander weg na die Hemel is nie behalwe deur die geskenk wat YAHUVEH aan ons gegee het by Golgota en dit is YAHUVEH se Enig Verwekte Seun YAHUSHUA wie ons sonde-offer is. Sy het dit nie gedoen in die regte lewe nie sover ek weet. Die enigste rede hoekom ek haar naam vir julle gesê het is omdat dit in die droom is. 

Ek ken nie die naam van die vrou met die hoë stemtoon nie, ook nie enige iets van haar af nie maar in die droom het ek die salwing herken van YAHUVEH. Sy was besig om te eet toe ek gebel het, want sy het die woord van GOD YAHUVEH geëet en was gevoed op vleis. Sy was by Shoshanah se huis en ek weet sy woon in Georgia. Ek was gestuur om die State van Georgia en Louisiana eerste te waarsku!

Ek weet nie hoekom ek daardie dag gevas het nie en ek voel die dringendheid van gevaarlike tye wat voorlê en soek nou vir YAHUVEH oor hoe om voor te berei vir die komende jaar. Terwyl ek hierdie getik het het die salwing oor my gekom en Profesie 67 het voortgekom! Weereens het die droom en die Profesie terselfdertyd gekom. 

Ek wil julle almal bedank wat hierdie profesieë en waarskuwings ernstig opneem en dit na ander bedienings stuur sowel as julle e-pos lyste. Julle sal deel in dieselfde belonings as ons wanneer hierdie mense gewaarsku en gespaar word. Ons is soos ‘n Goue ketting, elke skakel het mekaar nodig. Ek wil Eerw. Carolu openlik bedank omdat sy haar e-pos lyste gewaarsku het. Ek het vir haar teruggeskryf en sy kry dalk nie die e-pos nie. Carolu en al diegene wat saam met my werk om bemiddelaars op te wek vir gebeds-vegters en te waarsku soos Esegiël 3:17-21 sê. Julle sal deel in dieselfde belonings in die Hemel omdat julle gehoorsaam is aan YAHUVEH en SY stem hoor in hierdie profetiese waarskuwings. 

Ek wil almal bedank wat vir Jim Bramlett geskryf en gevra het om Profesie 66 te plaas. (YAHUSHUA kom nie vir die Kerk nie, maar vir SY BRUID!). So baie van julle het sy e-pos gebombardeer en ek het uitgevind hoekom YAHUVEH sy naam ingesluit het in daardie profesie. Dit het my geskok, aangesien ‘n nuwe baba in Christus vir my die onderstaande gedeelte geskryf het en ek weet ook nie of die profesie ooit op die Five doves webwerf geplaas was nie. Ek is bedroef want Jim soek na die wegraping maar tog glo hy nie in die spoedig komende Bruidegom wat YAHUSHUA is nie, hy glo nie in die Seun van YAHUVEH nie. Ek wonder wat die lesers van die Five doves sal sê wanneer hulle hierdie uitvind? Tot wie het YAHUSHUA gebid as HY ook die Vader was? Ek wonder of Jim dink dat YAHUSHUA met homself gepraat het veral met SY laaste woorde, “Vader, hoekom het U MY verlaat?” 

Elisabeth (Elisheva)

* * * * * * * 

Dit is wat Jim vir my gesê het nadat ek vir hom e-pos gestuur het. Dit lyk of hy teen die heilige goddelike drie-eenheid gaan. 

broer ivan, 

Dankie, maar enige iemand kan iets op die Fives Doves webwerf plaas. Ek glo dat dit geplaas moet word deur die een aan wie dit gegee was. 

So terloops, YAHUVEH is nie die Vader en YAHUSHUA die Seun nie. YAHUVEH is die naam van God in die ou Testament, wat waarlik die Seun was in pre-inkarnasie. YAHUVEH WAS YAHUSHUA, wat gesê het “Voor Abraham was, EK IS.” Hulle is een-en-dieseldfe. Ek het dit intensief ondersoek.

Jim 

* * * * * * * 

Die jeugdige se droom was kortstondig dit het ook gekom op 19.12.02. 

Hy vertel my nou dat hy jare gelede die droom gehad het sonder die name van die state. Ek het dieselfde droom na mekaar ontvang, wat selde gebeur, waar ek wakker word en praat en dan weer aan die slaap raak net om terug te gaan in dieselfde droom in! Waarsku asseblief julle geliefdes om YAHUSHUA as hulle MESSIAS te aanvaar vandag! Waarsku hulle om Heilig te lewe, soos YAHUVEH ons beveel om te lewe. Waarsku hulle om te bekeer en weg te draai van hulle sondes voor dit te laat is! Waarsku hulle dat hulle YAHUVEH moet LIEFHÊ en Vrees en YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle lewe moet stel! 

Jeugdige se kortstondige droom… 

Ek het my ou swembad gesien by ‘n huis waarin ek eens op ‘n tyd gewoon het. Die swembad het gelek daarom het ons dit afgebreek tussen 3 of 4 jaar gelede. Toe het ek groot meteoriete gesien wat oral tref! Ek het Meteoriete gesien wat New York, St. Louis Missouri, Dallas Texas, en California vernietig. 

Einde van droom. 

(Die rede hoekom YAHUVEH die swembad gewys het, wat 3 of 4 jaar gelede uitgebreek was, is omdat die OORDEEL van die Meteoriete so lank reeds uitgestel was as gevolg van die Gebede van die regverdiges wat baie vermag.)

* * * * * * * 

Profesie 67 

“Meteor Verwoesting Kom, Bid Vir Uitstel Van Oordeel!” 

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

19/12/02 8:00 nm. 

EK, YAHUVEH sal Oorlog verklaar uit die Hemel met reuse Meteoriete van Massa Vernietiging. EK, YAHUVEH, sal die Meteoriete loslaat in stortreëns soos julle nog nooit gesien het nie. Soos gesê in die boek van Openbaring. Geen oorlogs-wapen sal in staat wees om dit te keer nie! EK, YAHUVEH, verklaar oorlog teen die aarde vir die sondigheid daarvan, omvangryke Meteoriet-Verwoesting gaan kom; net Heilige gebede sal dit vertraag! Oordeel kan nie gestop word nie maar dit kan uitgestel word. Terwyl julle jul missiele van die aarde af vuur sal EK MY missiele vuur uit die Hemel. Wie kan teen YAHUVEH veg en wen? 

Hardloop weg van ‘n ramp. Selfs die Heidene teen wie julle uitvaar in ander nasies is onderdanig aan die wette en bepalings van die god wat hulle dien. Amerika, wie is julle God wat julle dien en vertrou? Amerika, wat sal dit verg vir julle om julle te bekeer vir die verraad en owerspel wat julle gepleeg het teen YAHUVEH, wie julle nasie apart gestel het en dit geseën het omdat julle ‘n vriend was vir Israel en haar beskerm het. Amerika, die dag wat julle ‘n hand teen Israel lig is die dag wat EK MY hand van seëninge en beskerming af-lig van Amerika af. 

Julle noem ander nasies oorloglustiges, maar wat is julle, Amerika? Dink julle nie EK hoor die geskreeu van die onskuldiges wat vermink en doodgemaak was in oorloë wat nie gemaak was deur die mense nie? EK vermaan en bestraf nie net vir Amerika nie maar alle nasies wat deelgeneem het in oorloë wat nie MY wil was nie. EK vra vir hierdie wêreld, dink julle nie EK hoor die geskree van die babas wat gemartel word in die ma se baarmoeder nie omdat daardie ma in haar selfsug net dink aan haar eie lewe en nie aan die ongebore baba nie. Dink julle EK ag een lewe bo ‘n ander? Julle wette beskerm nie meer die onskuldiges nie maar beskerm die skuldiges. 

Julle mensgemaakte wette wil nou julle God-Gegewe vryhede wegvat wat EK vir Amerika gegee het vir dit wat julle Binnelandse sekuriteit (Home security) noem. Daar is geen sekuriteit wanneer mense soos kriminele behandel gaan word nie, ge-arresteer sonder bewyse, geoordeel skuldig en voltrek selfs sonder ‘n verhoor of jurie van hul gelyke. Dele van hierdie wêreld doen dit reeds en Amerika, julle skud julle kop en vingers, en nou skryf julle wette om dieselfde te doen? Wat is die prys van privaatheid? Wat is die prys van vryheid om te aanbid? Vra vir Israel daardie vraag want sy betaal ‘n groot prys so ook die Christene regoor die wêreld. 

Wanneer sal hierdie wêreld begin omgee wat in die geheim gedoen word deur ander in Politici? Nou is vyande van YAHUVEH diegene wat uitspreek om Amerikaners se vryheid te verdedig (ACLU) en omdat hulle ook vyande is van die Evangelie ignoreer julle hulle wanneer hulle julle probeer oorreed om besorg te wees oor julle vryheid en privaatheid wat van julle weggeneem word. Onthou toe EK gewaarsku het wanneer die vryheid van spraak weggeneem word van een word dit weggeneem van almal. EK het dit in ‘n ander profesie gespreek gegee aan hierdie diensmaagd. 

EK, YAHUVEH, sê vir julle nie langer sal julle mekaar ken volgens naam nie, maar deur die salwing van die RUACH ha KODESH, MY HEILIGE GEES! EK beveel julle om te versamel saam met diegene wat julle vreemdelinge genoem het en nou snoer EK julle saam om mekaar te ondersteun, want julle sal mekaar herken nie met aardse name nie maar deur MY Salwing. Julle sal reis saam met MY gesalfdes en die behoeftes van een sal almal se behoeftes wees en julle sal deel wat julle het met mekaar terwyl EK, YAHUVEH, julle seën. 

Meteoriet-Verwoesting kom voort net soos EK, YAHUVEH, gesê het [vir die jeugdige]. Hy wou nie die waarskuwing gee nie, so EK spreek dit weer voort uit MY Dogter. Waarsku die mense dat alleenlik kragtige bemiddelings gebede die Oordeel van Amerika en hierdie wêreld sal uitstel. Oorlog uit die Hemel, reuse Meteoriete, sal losgelaat word en geen oorlogs-wapen sal instaat wees om dit te stop nie! Slegs gebeds-vegters sal MY Oordeel uitstel terwyl hulle uitroep om genade oor hierdie land wat geen genade verdien nie. EK het geprofeteer die storms en aardbewings sou kom en hulle het. Wat moet EK doen voordat mense sal besef dat EK die Apostels en Profete waarsku om vir die mense te sê om te bekeer voor EK die Oordeel stuur! 

MY troepe gesalf deur die Hemel sal nie gemoeid wees met mekaar se name nie, want hulle sal die RUACH ha KODESH herken binne-in MY Kinders. Hulle sal nie die naam herken nie en ook selfs nie hul verlede ken nie, maar hulle sal mekaar herken deur die salwing van die RUACH ha KODESH. Julle sal saam vergader in MY Naam en wandel in Heiligheid en Waarheid tot MY bepalings en sy-aan-sy wandel, saam reis met een doel en dit is om mense te waarsku MY Oordeel kom spoedig neer. In die jaar 2003 sal MY gesalfde versteektes uit skuiling kom en aansluit by MY Dogter wat hierdie spreek en saam sal hulle bid vir die vertraging van MY Oordeel en as genoeg mense bekeer, sal EK MY hand van Oordeel nog ‘n keer terughou. 

Julle nasies wat wapens ontwikkel, hulle fyn instel, sodat julle mekaar se missiele kan afskiet, vra julself hierdie, “Hoe kan jy julself verdedig teen ‘n oorlog uit die Hemel, terwyl EK op die aarde, insluitend Amerika, Meteoriete gooi wat julle huise, besighede, stede sal verpletter en vir julle sê genoeg van julle dwaasheid.” EK, YAHUVEH, sal julle ‘n oorlog wys van onmeetbare omvang as julle nie bekeer, wegdraai van julle goddelose weë nie, Heilig leef en Heilig is en MY Naam aanroep in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA nie. Julle kan al die goddelose wette uitvaardig wat julle wil maar EK, YAHUVEH, is die enigste wetgewer en daar sal streng gevolge wees vir die wat hulleself wetgewers noem en werklik Wets-verbrekers is. EK, YAHUVEH, is nie geamuseerd nie; ook sal julle nie wees wanneer EK, YAHUVEH, en MY SEUN YAHUSHUA, met julle klaar is nie. 

Vir diegene wat dit waag om die boodskappe te spot wat EK, YAHUVEH, stuur soos hierdie een, lig jou hande en verdedig jouself teen die ewigdurende Skepper, die een wie genoem word die Oue van Dae, want EK het geen begin nie en geen einde nie, EK is die ALEPH en die TAV. Julle wat julself Christene noem maar tog nie die weë van MY SEUN YAHUSHUA volg in die waarneming van die Heilige Tye nie. 

Julle wat julself Christene noem, wat spog en sê, “Ek is nie ‘n Jood nie” en tog het EK gesê, “julle is ingeënt wanneer julle YAHUSHUA volg en HOM as MESSIAS aanvaar. YAHUVEH en YAHUSHUA liefhet en eerste stel in julle lewens. Strewe om MY gebooie te gehoorsaam, wetende dat julle ‘n Middelaar het, ‘n Redder in MY SEUN YAHUSHUA, wanneer julle sonde doen, maar nie opsetlik die RUACH ha KODESH bedroef en sonde doen, jou eie siel in gevaar stel nie.” Hoe min van julle onthou dat julle almal jul eie heil moet uitwerk met vrees en bewing. 

Die meerderheid van julle wat julself Christene noem is grotendeels anti-Semities. Julle vermy die Hebreeuse manier, die Torah, die Tanakh en wil net aanspraak maak op die Nuwe Testament. Julle wil net vergader op ‘n mensgemaakte Sabbat [Sondag], nie op die ware Sabbatte nie. Hoeveel Christene wil net die mensgemaakte heidense feesdae vier en die ware Hebreeuse Heilige Dae vermy? Hoeveel van julle gebruik dit wat julle kerk noem om my te paai of as ‘n modeparade of ‘n skinder partytjie. Julle Christene besef nie dat Pinkster nie gevind word in die meeste van julle kerke nie want julle het MY HEILIGE GEES bedroef en die RUACH ha KODESH uitgejaag. 

Julle lees van die 12 dissipels en julle haal aan uit die Joodse skrifte en eis die Bybel as julle beloftes, tog sny julle julself af van alles wat Hebreeus is en spog dat julle nie ‘n Jood is nie. Julle waag om te spog hoe EK, YAHUVEH, die natuurlike wingerdstok afgesny het om julle Heidene in te ent, sodat die natuurlike wingerdstok jaloers kan word en tog verwerp julle dan die natuurlike wingerdstok en die dinge wat EK, YAHUVEH vir hulle geleer het. Julle wat julself Christene noem het toegelaat dat Rome klaarblyklik die enigste dag verander wat EK apart gestel, geseën en geheilig het en julle sê dat enige dag goed genoeg sal wees, om Sabbat te noem. EK het nie enige dag gekies nie; EK het op die Sewende Dag gerus [Vrydag Sononder to Saterdag Sononder] 

Hoekom ondersoek julle nie en bewys julself waardig nie? Julle ken die waarheid en het steeds nie julle Pastore aanspreeklik gehou om die dag van samekoms terug te verander na die ware Sabbatdag nie. As julle gesê het vir die Pastore, “Julle vertel ons dat die Bybel die waarheid is en tog volg julle nie die waarheid nie ek sal nie deel wees van ‘n samekoms wat nie in die waarheid wandel nie!”. In plaas daarvan fluister julle die waarheid maar voer dit nie deur nie. Geen Pastoor het tot dusver hierdie dogter waardeur EK hierdie boodskap spreek gekontak en haar bedank of bemoedig omdat sy hulle bestraf het in YAHUSHUA se Naam nie. MY Kinders wat die boodskappe van teregwysing na die Pastore geneem het word verwerp en op die kop geklop en gesê, “Dankie, maar ons sal voortgaan op dieselfde manier” en MY Kinders is ongehoorsaam en bly sit in hierdie kerke wat weier om die waarheid voort te spreek en dinge te doen op YAHUVEH se manier en nie op die manier van mans of vroue nie.

Waarom spreek die Kerke nie Heiligheid of Bekering voort nie? Hoekom waarsku hulle nie, smal is die weg na die Hemel en breed is die pad na die hel nie? Vra jouself, bring ‘n welvaart-boodskap siele na die Hemel? Vra jouself, hoekom die vooraanstaande bedienings van hierdie wêreld weier om enige boodskap voort te spreek wat ander kan aanstoot gee. EK, YAHUVEH, is waarheid en toe MY Seun, YAHUSHUA waarheid voortgespreek het tot die Fariseërs, het dit aanstoot gegee. Wanneer MY Dissipels waarheid voortspreek, neem die Fariseërs aanstoot, diegene met ‘n gedaante van goddelikheid en geen GODDELIKHEID van binne nie. Vra julself, waarom moedig die pastore nie die mense aan om te bid teen goddelose wette wat ‘n realiteit word nie. Vra julself, waarom so baie pastore die skape na die wolwe se lê plekke lei. 

Christene, julle sal weereens oorhandig word aan die Romeinse Ryk. Julle wat julself Christene noem, EK sal julle oordeel want julle het die wette van Konstantyn gevolg en nie YAHUVEH en YAHUSHUA nie! Christene, julle het heidense feesdae gevier en nie YAHUVEH se Heilige Dae nie. Christene, EK sal julle oordeel omdat julle sê julle dien die Koning van Konings en Here van die Here en sing liedere van lofprysing tot YAHUSHUA en tog, met kennis en voorbedagte rade, daarop aandring om hom te noem op ‘n Griekse naam, Jesus. Julle doen dit nie meer in onkunde nie. YAHUSHUA het gesê, “In MY Naam sal julle duiwels uitdryf.” Dit is die Naam van YAHUSHUA want MY Naam is YAHUVEH, YAH is ingesluit in daardie Naam! Is YAHUVEH se Naam in die spelling van Jesus? Wat is MY Naam? EK word geken by baie name maar wat sê julle skrifte? Hou op om net die Grieks te bestudeer begin die Hebreeuse en Aramese vertalings bestudeer. 

DIE Naam

“Ons hulp is in die Naam van YAHUVEH wat hemel en aarde gemaak het.”

Psalm 124:8 

Julle wat julleself Christene noem, EK YAHUVEH, kla julle aan hiermee. Julle wat preek dat YAHUVEH en YAHUSHUA Liefde is, en dit tog nie wys nie, ook nie leef nie. Julle dien die Koning van Jode en tog vermy julle MY Joodse Volk, julle bespot en beswadder en laat ander toe om dit te doen. Julle volg in die geheim die waarhede in hierdie bediening en doen tog niks om dit te ondersteun nie. Julle doen niks om hierdie bediening te verdedig nie en julle herken die Stem van julle Hemelse Vader wat voortspreek en tog bly julle stil terwyl hierdie apostoliese diensmaagd gespot en beswadder word alles omdat EK hierdie bediening gebruik om die Joodsheid van YAHUSHUA te onderrig wie julle Jesus Christus noem. Julle is die enigste godsdiens wat mense van julle eie godsdiens vermink, slaan, en probeer doodmaak of wel diegene doodmaak van julle eie geloof. Julle sal hierdie nie vind in enige ander godsdiens nie. 

Hierdie is die Oordeel wat EK verklaar en voortspreek uit MY Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu); moenie vir haar kwaad word nie, want sy is net die boodskapper. Menige noem hulleself Chrsitene en het ‘n vorm van goddelikheid maar is heidense Fariseërs. Julle wat die waarheid ken en die waarheid weier, julle noem julself Christene en omdat julle MY Joodse mense en die Wette en ware Heilige Dae en feeste verwerp het, was julle weereens soos ‘n Judas teenoor YAHUSHUA. 

Omdat julle waag om te dink dat julle beter is as die Joodse mense en spog oor hoe julle ingeënt was en hulle afgesny was vir ‘n seisoen, spog julle hoe die Jode so dom is om nie vir YAHUSHUA, vir wie julle Jesus noem, te sien as Messias nie. In plaas daarvan om vir hulle te bid, hulle lief te hê, te besef dit is EK, YAHUVEH, wat hul oë vir ‘n seisoen verblind het, is julle onder die vloek om te durf spog hoe EK die oorspronklike takke afgesny het en julle daarop ingeënt het deur die Bloed van YAHUSHUA. Wat sê MY Woord, wanneer julle spog en die natuurlike wingerd spot die ongelowige Joodse Mense wat nog nie die openbaring gekry het dat YAHUSHUA die MESSIAS is nie in Grieks genoem Jesus. Sê MY Woord nie as EK nie die natuurlike wingerd gespaar het nie waarom dink julle sal EK julle spaar wat spog dat julle beter as die natuurlike wingerd is? Julle, wat daarop aandring om Konstantyn te volg, luister na MY.

Die eerste poging, dodelik suksesvol, was gemaak deur hasatan in die vorm van ‘n slang in die Tuin van Eden. (Genesis 3:1-22) satan het Eva geflous, en Eva het veroorsaak dat Adam sondig om te dink dat niks daarby gebaat sou word om YAHUVEH se wette te onderhou nie, ook genoem die Torah, wat die Tien Gebooie insluit. Nog ‘n voorbeeld is die geval van Kain wat vertel was dat gehoorsaamheid aan YAHUVEH se instruksies redding en seëninge bring, maar besluit het dat hy van beter weet en gevolglik vervloek was toe hy sy broer Abel vermoor het. 

En dan het ons Korag wat Moses se outoriteit probeer ondermyn het en ‘n verskriklike einde teëgekom het, terwyl die aarde oopgemaak en Korag en sy volgelinge lewendig in die put van hel ingesluk het en toe het die aarde bo-kant hulle toegemaak. (Num 16:1-35) Moses waarsku ons teen ‘n vals profeet wat sal probeer om die mense gebooie te leer nie van YAHUVEH nie, en selfs die ander aangemoedig het om Moses en sy salwing te minag. (Deut 18:20-22). 

Wee julle vir almal van julle wat nie geestelike ore het om te hoor en geestelike oë om te sien dat die Christelike kerke sowel as die Tempels vol Korags is vandag nie, en dieselfde lot sal ondergaan (Numeri 16:1-35). Net soos in die tyd van Moses so profeteer EK ook weer deur MY Dogter Elisabeth [Elisheva] ‘n waarskuwing vir julle wat julself Christene noem maar geen Christus in julle het nie. Spot, beswadder en ignoreer nou en julle sal maai wat julle gesaai het. 

Wee diegene wat geweier het of opgehou het om hierdie bediening te ondersteun, want julle sê julle is nie Joods nie, of wil ook nie ‘n Messiaans-Joodse Bediening ondersteun nie. O, maar EK sal ander oprig om julle plekke te neem dit sal húlle wees wat die seëninge en belonings gaan kry wat jou naam daarop gehad het. (Deut 28:1-14) Nou in plaas daarvan sal vloeke van YAHUVEH, soos geskryf in Deut 28:15-68, julle lot wees. 

Gaan voort en spot, julle kerke, vals profete en diegene met die bose gees van Korag en daardie volgelinge van Korag. (Numeri 16:1-35). Julle sal nie meer spot wanneer hierdie gebeur nie. Al julle geestelike leiers wat MY Kinders lei om nie MY wette te volg wat EK vir Moses gegee het nie sal die ryke wat hulle huise van god noem sien grond toe tuimel en die hel sal julle insluk saam met diegene wat ‘n gees van Korag het weereens. Al diegene wat hulself Christen noem maar dieselfde doen as die geestelike leiers, julle het ook ‘n gees soos die van Korag en sal dieselfde noodloot ly as julle weier om ag te slaan op hierdie einste waarskuwing wat EK vir julle gee deur hierdie diensmaagd dogter van MY. Bespot nie die woorde van Guns en Genade nie want daardie woorde kom teen ‘n hoë prys, ten koste van MY Seun, YAHUSHUA se lewe en Bloed wat EK, YAHUVEH, HOM laat offer het op Golgota, sodat julle ‘n Middelaar sou hê voor MY, YAHUVEH, die GOD van die ganse Skepping. 

Daniël het gepraat van ‘n “Dier” wat die Heiliges van YAHUVEH sal martel en die tye en die wette sal verander van YAHUVEH! (Daniël 7:25). Paulus het nie die Sabbat gekanselleer nie, hoe kon hy? Is hy die een wat die Sabbat geskape het? Nee, “EK IS” het die Sabbat geskape vir julle rus, rus in MY sodat EK julle kan herstel. Paulus se woorde was wan-vertaal, want nooit sou hy julle geleer het om die Torah te verontagsaam nie. Sy woorde was verdraai om gelykvormig te word aan die beeld van die mens en nie EK, YAHUVEH nie. Paulus het met die Joodse Mense gepraat en gesê, “Moenie dat enige iemand julle oordeel omdat julle sekere dae Heilig hou, of die Heilige Dae waarneem nie”. Nooit het hy gesê hy het nie die Sabbat onderhou nie en ander aangemoedig om dieselfde te doen. Paulus het MY Joodse wette onderhou. Paulus het onderrig daar is genade en guns deur YAHUSHUA maar hy het ook gehoorsaamheid onderrig aan YAHUVEH.

Sien julle nog nie dat die Boek van Daniël voor julle oë ontsyfer word nie? Wat eens op ‘n tyd ‘n geheim en verseël was vir julle is nou geopen, as julle MY maar net sal soek vir wysheid en weet nuwe openbarings kom nou voort van MY gesalfdes soos hierdie werktuig waardeur EK voort profeteer. Luister en sluit aan bymekaar en waarsku saam want julle het mekaar nodig op ‘n nuwe manier in die komende jaar van 2003. Dit is hoekom EK hierdie droom vir MY diensmaagd gegee het om julle te waarsku om te begin bymekaarkom.

Die vyande val nie alleen aan nie, wolwe reis in troppe en net so ook moet YAHUVEH se Skape en Lammers. Christene, julle moet ophou om die Jode, die Heilige Dae, Feeste en dit wat julle die Ou Testament noem te vermy. EK is beide die Ou en die Nuwe Boek, hou op om te probeer verdeel wat nooit bedoel was om verdeel te word nie, want ‘n huis wat verdeeld is kan nie staande bly nie. Christene, reik uit na die Jode mense en omhels Israel in liefde want hulle is nou verblind vir ‘n seisoen, maar Israel sal gered word terwyl MY Seun YAHUSHUA die oë van die blindes in Israel weer sal oopmaak. EK, YAHUVEH, verklaar die blinde oë en die dowe ore in Israel sal weereens MY Seun, YAHUSHUA ha MASHIACH aanskou.
Lees en bewys julself as beproef, al diegene wat die woorde van julle Hemelse Vader YAHUVEH herken, bestudeer die onderstaande woorde in die Torah wat EK MY dogter beveel het om julle aan te herrinner.

*******

“Deut 30:17 But if518 thine heart3824 turn away,6437 so that thou wilt not3808 hear,8085 but shalt be drawn away,5080 and worship7812 other312 gods,430 and serve5647 them;”

“Deut 30:18 I denounce5046 unto you this day,3117 that3588 ye shall surely perish,6,6 and that ye shall not3808 prolong748 your days3117 upon5921 the land,127 whither834, 8033 thou859 passest over5674(853) Jordan3383 to go935 to possess3423 it.” 

(Deut. 30:19 KJV+) I call5749 (853) heaven8064 and earth776 to record this day3117 against you, that I have set5414 before6440 you life2416 and death,4194 blessing1293 and cursing:7045 therefore choose977 life,2416 that4616 both thou859 and thy seed2233 may live:2421″ 

(Nommers in ligte superscript is verwysings na die “Strong’s concordance”in Grieks en Hebreeus) 

(Matt. 5:17-18)
“Whosoever therefore shall break one of these least commandments, and shall (future tense) teach men so; he shall be called least in the kingdom of heaven.”KJV

Lees asseblief die gedeelte hieronder, as jy jouself ‘n Christen noem en sê dat jy in Jesus Christus glo. Jy sal verras wees met jou antwoorde, daar is ‘n verskil tussen glo en volg en gehoorsaamheid. 

Glo die Christene in YAHUSHUA, in Grieks genoem Jesus, wanneer HY sê, “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.”? (Mattheus 19:17). Onderhou Christene die Gebooie? Daar is geen twyfel nie, dat YAHUSHUA, in Grieks genoem Jesus, verwys het na die Wet van Moses, want daar was geen ander Gebooie nie. YAHUSHUA het nie gesê dat ‘n mens in die Koninkryk van die Hemel kan ingaan net deur in HOM te glo nie! Die Bybel sê dat selfs satan glo dat hy die Seun van God, YAHUVEH, is. Dit verg Liefde, en dat jy YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in jou lewe, liefde en huwelik en bediening stel as jy een het. YAHUSHUA het ook gesê, “Hoekom noem julle MY Here maar julle is nie gehoorsaam aan MY nie?” Mens moet die Tien Gebooie onderhou, hierdie sluit die Ware Sabbat in. Dit sluit in om samekomste te staak in kerke waar die waarheid aan die geestelike leiers gesê was en hulle nog steeds weier om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH se 4de Gebod. 

‘n Vriendin, wat gewoonlik tiendes aan hierdie bediening gegee het en geglo het die profesieë is waarlik van YAHUVEH en YAHUSHUA het gesê haar man en familie maak dit moeilik om gehoorsaam te wees as gevolg van die vervolging daarvan om die ware Sabbat te onderhou. Aangesien daar geen Messiaans-Joodse Tempel naby is nie is sy terug om Kerk by te woon op Sondag , en noem ‘n ander persoon Pastoor waar ek gewoonlik daardie eer gehad het om haar Pastoor genoem te word. Sy herken die waarheid aangaande die Sabbat en het die profesieë vir die Pastoor gegee maar het hom nooit aanspreeklik gehou toe die waarheid in die profesieë aan hom gewys was nie. Sy bedroef die HEILIGE GEES terwyl sy steeds hierdie kerk bywoon waar die Pastoor vir haar gesê het dat dit in die Nuwe Testament nie meer nodig is om die 4de Gebod te onderhou nie dat alleenlik 9 uit die Tien Gebooie vandag van belang is. 

Ander wat gewoonlik vennote of vriende van hierdie bediening was doen nou dieselfde. Dit is makliker vir party om gelykvormig te word aan die mens se manier van dinge doen aangesien dit roetine is. Ek het die hartseer gehad om baie vriende te verloor wat ek vertrouenswaardig genoem het en vennote wat ons in die verlede gehelp het en wanneer hierdie mense so grootliks geseën was omdat hulle ‘n seën was vir ons, elke gebed van hulle was beantwoord en wanneer ek hulle gevra het wat hulle nou van YAHUVEH nodig het, het hulle gesê, “Niks nie, al ons skuld is betaal deur ‘n onverwagse geldelike geluk.” Hierdie persoon het gesê dat hulle geweet het al hierdie seëninge het gekom omdat hulle hierdie bediening geseën het en ons beskud het teen die vyande. Hartseer om te sê maar kort daarna het hierdie selfde mense laat weet dat hulle nou hul tiendes stuur om ander Jode in Rusland te help ondersteun. 

Ek het gebid en Vader YAHUVEH het vir my gesê dat die duiwel hierdie familie mislei het want YAHUVEH het hulle gestuur om ‘n seën te wees vir ons ‘n Messiaans-Joodse familie en bediening in Amerika en hulle moes ons ook beskud teen die vyande. Die waarheid is dat hierdie familie worstel met die Sabbat kwessie aangesien hulle Baptiste is. Ons het na hierdie mense gekyk as vriende en familie so dit maak regtig seer, soos sout wat in ‘n oop bloeiende wond gegooi word maar ons waardeer hulle nog steeds vir dit wat hulle vir ons op daardie tydstip gedoen het. Eendag baie binnekort sal alles wat ek onder die salwing geskryf het gebeur en mense sal onthou hoe hulle gereageer het teenoor die woorde wat hulle gehoor het, en ook of hulle enige iets gedoen het om hierdie boodskapper aan te moedig of te seën en of hulle my en hierdie bediening gespot, vermy of gesmaad het. 

Sommige mense weier om YAHUVEH te soek en HOM te gehoorsaam en sal die belonings mis want diegene wat gehoorsaam is aan YAHUVEH en al die Tien Gebooie, hulle sal hulle regverdige belonings kry. Ja wanneer ons sonde doen het ons sonde versoening en SY Naam is YAHUSHUA maar ons moenie opsetlik sonde doen nie, want ons het nie meer die verskoning dat ons nie van beter geweet het nadat ons YAHUSHUA, aanvaar het as Redder nie. Daar is Christene wat die skrifte verdraai wat sê, “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH”, om te bedoel dat ons almal sonde doen en nie bekommerd moet wees nie daar is geen straf vir die sonde nie want die Bloed van YAHUSHUA was dit alles weg! Paulus het gesê wees versigtig om so te dink. As ons glo dit is onmoontlik om die Tien Gebooie nie te breek nie, dan moet ons ook geforseer word om tot die gevolgtrekking te kom dat Moses gelieg het, toe hy gesê het, “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.” (Deut 30:11-14). 

YAHUVEH sê: “En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.” Esegiël 33:14-16. (Esegiël was ‘n profeet van YAHUVEH. Hy was nie ‘n heidense Christen Prediker nie, hy was ‘n Jood) 

‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Liefde van YAHUSHUA ha MASHIACH 
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
09/12/02