PROFESIE 7, HOU STYF VAS AAN DIE SOOM VAN MY KLEED!


PROFESIE 7
HOU STYF VAS AAN DIE SOOM VAN MY KLEED!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Die Soom van MY kleed, om net daaraan te raak is nie meer genoeg nie. Hou aan om te klop aan MY deur, en dan wanneer die antwoord nie vinnig genoeg kom nie, hamer. As julle moeg raak, hou aan om te vra, soekend en julle sal vind, maar moenie ophou totdat julle van die Hemel hoor nie.

Want, MY Kinders, EK het vir julle brood belowe en nie die krummels van hierdie wêreld nie. Want julle sien, oordeel het na die huis van YAHUVEH gekom en dit is nie so maklik as om MY soom aan te raak, of saggies te klop vir julle antwoorde nie, julle beter voorbereid wees dit mag ‘n worsteling verg vir julle seën, soos Jakob. Maar dit bewys slegs julle geloof en maak dit sterker, wat nodig is in hierdie eindtye. Hou dus aan om te sê, geen krummels meer nie. Dit sal julle nie ontsê word nie. Want julle is die Bloed-gekoopte Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.

EK sal julle antwoord en verlos. EK lieg nie. Want julle is nie die krummels van hierdie wêreld belowe nie, maar die Brood van Lewe, die kinders se brood van genesing, verlossing, voorspoed, lewe in oorvloed en vol van heerlikheid. Want YAHUSHUA is julle Brood van Lewe en EK wil sien of julle MY nogsteeds sal loof en aan julle geloof sal vashou alhoewel EK nie dadelik antwoord nie. EK is nie altyd ‘n mikrogolf-GOD nie.

Ja, EK weet van mikrogolwe, wie dink julle het vir julle die uitvinding gegee? Julle het die skrifte om op te staan, lees Matt 15: 22-28 oor die geloof van ‘n Kananitiese vrou. Sy het YAHUSHUA aanbid, tog het HY haar geïgnoreer, toegelaat dat die dissipels haar bestraf, haar ‘n hond noem, gesê die seën was vir iemand anders nie vir haar nie. Julle sê, “Hoekom YAHUSHUA, hoekom sou U al hierdie dinge gedoen het?” Want in hierdie laaste dae, sal al hierdie dinge met MY betroubaarste volgelinge gebeur, diegene wat MY aanbid, hierdie sal gedoen word deur ander in MY Naam.

Julle sal beledig, verwerp, vervolg word, maar as julle aanhou om vas te hou aan julle geloof, alhoewel EK nie dadelik verlos nie, dan sal julle net soos hierdie Kananitiese vrou beloon word. Want EK sal sien hoe groot julle geloof is. Want in hierdie eindtye berei EK MY Liggaam op hierdie manier voor, wanneer EK weer kom, hoeveel sal aan hulle geloof vasgehou het? Hoeveel sal wegdraai wanneer hulle in gebed uitroep vir ‘n behoefte en EK antwoord nie dadelik nie?

Jy moet vir hulle sê om bereid te wees om met MY te worstel vir hulle seën net soos Jakob gedoen het. Want EK begeer om te seën. EK wil net toets en kyk hoe graag julle hierdie seën wil hê. Sal julle MY steeds aanbid as EK nie dadelik antwoord nie? Dit is nie MY tugtiging wat dit veroorsaak nie, want die vrou het by MY voete neergeval en MY aanbid. Julle aanbid by MY voete. Maar oordeel het begin by die huis van YAHUVEH en een van die dinge wat EK toets is hoe sterk julle geloof is?

Hoe getrou en hoeveel sal julle op MY staatmaak? Soos die Kananitiese vrou, sal julle geloof en getrouheid beloon word want julle sal dit wat julle begeer aanskou, en selfs meer oorvloed en ver bo alles sal EK MY seëninge uitstort soos ‘n rivier wat oorstroom. Julle sal soveel vreugde hê. En EK sal julle so baie seën. Julle sal verplig wees om vir ander te gee. Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Hou aan om te klop totdat die deur vir julle seëninge oopgaan waarvoor julle gevra het. EK sal uiteindelik antwoord. Moenie op julle eie insig staatmaak nie, maar ken MY in al julle weë en EK sal julle paaie gelyk maak.

Onthou, die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. Hou julle oë op julle Verlosser en nie op die ontstuimigheid van die see nie anders sal die golwe julle verdrink. Maar EK is hier om julle te red. Want EK is julle Redder en Verlossser is EK nie? EK sal julle nie begewe of julle verlaat nie. EK weet hoeveel druk om op die klei te sit voor dit breek, hoeveel vuur julle toegelaat moet word om te deurstaan voordat julle verteer word. Die golwe van vertwyfeling sal julle nie verdrink nie. Want EK is hier om julle te red en te verlos, nie net julle siele nie, maar julle verstand, liggaam en Gees. Vertrou MY en julle sal dit sien gebeur. Onthou dan wie julle verlos het, dit was nie ‘n man of vrou nie, maar julle God wat julle geskape het.
Nietemin is dit EK wat julle geroep sal antwoord, want EK weet wat julle wil hê selfs voor julle vra. In die geestes realm is dit volbring, maar EK wag vir MY perfekte tydsberekening om te manifesteer in die fisiese realm. Julle geloof help om dit te laat gebeur. Sê MY Woord nie, sonder geloof is dit onmoontlik om YAHUVEH te behaag nie? Julle behaag MY deur julle geloof te wys in ‘n GOD wat omgee en alles hoor en weet.

Julle bewys julle geloof as julle besef dat julle nie julself kan bevry nie, maar MY nodig het, julle Verlosser om julle te bevry, en EK sal. Want is EK nie julle Meester en Verlosser nie? Is die GOD wat julle dien doof? Nee. Is MY arm te kort om julle te bevry? Nee. Word julle geloof getoets? Ja. Begeer EK om julle te seën? Ja. Sal julle een van diegene wees wat stewig vashou aan die soom van MY kleed, en wat sal aanhou klop? Sal julle een van diegene wees wat staan en wag vir MY bevryding en seëninge wat Ek julle belowe het? Dit is julle keuse. EK het op hierdie dag deur hierdie diensmaagd voortgespreek, sodat julle sal verstaan hoekom sommige dinge wat belowe was nog nie in vervulling gegaan het nie. Hou aan om vas te hou aan die maat van geloof wat EK vir julle gegee het en julle sal uiteindelik spoedige vrymaking aanskou.
Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu

* * * * * * *

Hierdie is die jongste Profesie wat aan my gegee is om aan te stuur en YAHUVEH se skape te voed. Hou stewig vas aan die soom van sy kleed. Alhoewel my lang blonde hare in die modder sleep terwyl HY deur die skare beweeg, is my aangesig opgehef na syne, en ek gaan nie laat los nie. Wanneer julle hierdeur gaan, en dit was so bedoel dat ek dit moes lees toe ek dit gelees het, om dit te ontvang sodat ek hierdie aan ander kon deurgee wat wou weet hoekom hulle gebede nie vinnig beantwoord word nie.

Is YAHUVEH doof? Nee. Is Sy arm te kort om ons te bereik? Nee. Soos YAHUSHUA gesê het, ons geloof word getoets, nie ‘n aangename ervaring nie, is dit? Maar nodig vir dit om te kan groei. Op die oomblik is ek, net soos Jakob, besig om met GOD te worstel totdat HY my seën met die bevryding wat HY my belowe het. Maar ek het my voete vasgegrond en ek het vir my Meester YAHUSHUA gesê ek sal nie geweier word nie, want HY het my belowe geen krummels meer nie. Die wêreld gee krummels, maar aan ons is die Brood van die Lewe belowe, die kinders se brood van genesing, verlossing en voorspoed. Ons is lewe en lewe in oorvloed belowe. MY kneukels is seer van die gehamer. My sig is dof van gehuil. Maar ons moet volhard. Wanneer YAHUSHUA weer kom, hoeveel sal hy vind wat nog geloof het? Ek wil by daardie getal ingesluit wees, wil jy nie ook nie?

‘n Gebroke werktuig van klei in diens van die Meester, Verlosser YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar ‘n magtige kryger in YAHUSHUA, Pastoor Elisheva Eliyahu. So as julle nog nie getoets is deur ‘n gebed waarvoor julle al so lank wag en dit nog nie sien gebeur nie, (ek het 21 jaar gewag) dan sal julle nie verstaan waarvan ek praat nie. Maar ek is gestuur na hulle wie se gebede nog nie vervul is in die fisiese realm nie, alhoewel dit in die geestes realm belowe was. Dit is hoekom YAHUSHUA selfs in hierdie eindtye gesê het, “Sal HY geloof vind wanneer HY terugkom?” Ek moet die mense waarsku. Nou moet julle die mense waarsku. Sodat hulle sal verstaan en nie opgee op YAHUSHUA en terugdraai na die wêreld vir antwoorde of na die gees van die antichris draai nie.