PROFESIE 8, SAL JULLE BEWYS DAT JULLE MY LIEFHET?


PROFESIE 8
SAL JULLE BEWYS DAT JULLE MY LIEFHET?

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu op 28 Mei 1997

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

********


So spreek YAHUSHUA (Jesus Christus), so sal jy wees. Want EK sien jou hart. EK hoor jou uitroepe tot MY. EK voel jou gebrokenheid aan wanneer ‘n leier wat jy vertrou het, jou bedrieg. Maar EK het jou geroep en georden. EK sal jou onderhou. EK, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) lei jou op. EK sal jou nie uitstuur na die voorste linies totdat jy instaat is om die ontberings te weerstaan en te verdra wat jy sal verduur nie. Maar menige is jou seëninge.

Baie siele sal na MY toe kom, terwyl EK jou geloof versterk en jy voortgaan in MY Naam om groot werke te doen in die Naam van YAHUSHUA. Almal sal weet dit is nie jy nie, maar die RUACH ha KODESH salwing wat hierdie manifestasies van bevrydig en genesing voortbring en EK sal jou gebruik om MY Woorde te spreek en jy sal dit dapper doen, alhoewel baie aanstoot sal neem. Dit is MY Woorde nie joune nie; jy is nie aanspreeklik vir dit wat EK sê nie. Of die manier waarop EK dink nie. Want MY weë is hoër as jou weë, is hulle nie?

EK praat nie net met jou nie, maar weereens praat EK met al die Profete en Apostels wat bedien in MY Naam. Die weg was nie maklik nie en dit sal ook nie makliker word nie. Maar hou styf vas aan die maat van geloof wat EK vir elkeen van julle gegee het. Want dit is ver verhewe bokant dit wat julle sal deurstaan in hierdie eindtyd. Want julle Bruidegom kom, ja EK is selfs al op die horison. Julle kan MY voel op hierdie presiese uur, wees gereed.

Doen wat EK julle geroep het om te doen, en slaan julle hand aan die ploeg en moenie terugkyk nie. Maar kyk vorentoe. Hou aan om die goeie wedloop te hardloop tot by die mikpunt van die hoë roeping. Moenie mislei word nie, die verdrukking het nog nie begin nie. Bid dat julle dit gespaar sal word, want die verdrukking is nie vir MY Bruid nie. Hoekom sal EK MY Geliefde Bruid aanrand en mishandel? Hoekom sal EK MY wederhelfte doodmaak, MY Bruid wat haar bruidegom inwag? MY Bruid met al haar juwele aan en keurig versier en wat MY alleenlik aanbid, net vir MY lewe. EK sal nie.

EK sê vir julle, enigeen wat sê EK gaan julle toelaat om deur die Groot Verdrukking te gaan spreek nie MY Woorde nie. Hulle spreek woorde van vrees en misleiding. EK kom vir MY Bruid om haar sagkens weg te voer en haar liefdevol te beskerm. Sy is nie MY toorn waardig nie, want sy het MY lief en gehoorsaam MY. Sy vertrou MY. Sy maak staat op MY om haar te red. Moenie vrees wat sogenaamde deskundiges sê nie, en hulle sê julle sal hier wees vir die toorn van GOD Almagtig YAHUVEH. Want dit is nie van MY nie. EK het MY Bruid lief, MY Kinders, bo enige iets anders. EK het MY lewe gegee sodat julle gespaar kan word.

Soos julle MY vertrou om julle van die hel te bewaar, vertrou MY ook om julle te bewaar van die komende afgryse van die groot tye van ellende, wat oor hierdie aarde gaan kom in die onverdunde toorn van Almagtige YAHUVEH. MY Kinders, bid vir MY spoedige koms want oordeel moet begin by MY eie kinders en dan sal die heidene geoordeel word. Dit is die groot tye van ellende waarvan EK praat. Waarvoor EK julle ookal geroep het om te doen, doen dit nou want binnekort sal dit te laat wees.

Hou julle oë ooswaarts gerig en weet dat MY aankoms naby is. Kan julle nie die opgewondenheid aanvoel nie? Want julle Bruidgom kom? Maar vir jou MY Bruid is daar geen vrees nie, net feesvreugde. Wees bevrees vir diegene wat spot, of MY verloën. Wees bevrees vir die verlore skape. Wees bevrees vir die verworpelinge en verwerpte silwer. Soos hulle MY verwerp het, so het EK hulle verwerp. Julle sal verwerpte silwer ken; want julle sal weet die RUACH ha KODESH trek hulle nie. Die RUACH ha KODESH sal nie altyd met mense wedywer nie, veral in hierdie eindtye.

Jy Daniel het ‘n woord kom soek. Jy Daniel was beloon op hierdie dag. Weereens het EK jou gebruik om die gawes in MY diensmaagd aan te wakker. Julle het albei nie geweet dat EK ‘n afspraak met julle gemaak het om aanlyn te ontmoet nie, maar EK het. Hierdie boodskap is nie net vir jou nie Daniel, maar weereens geliefde seun, het EK jou gebruik om voort te spreek tot al MY Kinders.
Moenie vrees nie, julle Bruidegom kom. Hou styf vas aan julle geloof, want alhoewel EK stil is, toets EK diegene wat hulle liefde vir MY proklameer. Maar deur MY skape te voed en te waarsku, sal julle julle liefde vir MY bewys. Deur gewillig te wees om vervolging te ly, haat, verwerping terwille van MY Naam, bewys julle jul liefde vir MY. Deur stewig vas te hou aan julle geloof alhoewel julle nie met julle oë die antwoord op julle gebede kan sien nie, sal julle jul liefde vir MY bewys as julle sê, “YAHUSHUA, selfs al beantwoord U nooit weer ‘n gebed nie aanbid EK U vir wie U is, vir wat U vir MY gedoen het op Golgota.”
Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur gewilliglik julle reputasies neer te lê vir MY en indien nodig julle lewens op te offer vir die Evangelie van YAHUSHUA. Dit sal julle liefde vir MY bewys, deur MY te gehoorsaam, en MY openlik te bely en te aanbid. Dit sal julle liefde vir MY bewys.

Deur die wolwe in skaapkrale te ontbloot wat kom om die skape te verslind, deur MY swaard van die RUACH ha KODESH op te neem en MY Skape te verdedig sal julle jul liefde vir MY bewys. Julle sê julle het MY lief, MY Kinders? Deur dan op te staan vir Heiligheid en vir dit wat reg is en nie verkeerd is nie, deur gelykvormig te word aan MY beeld en nie die van die wêreld nie, sal julle jul liefde vir MY bewys. EK sluit hierdie af met een vraag, “Sal julle jul liefde vir MY bewys?”

EK kyk en julle is omring deur ‘n wolk van getuies. Selfs die vyand van julle siele kyk vreesbevange toe. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur mekaar lief te hê? Julle weet dat diegene wat dit doen, MYNE is en julle sal dit weet. Sal julle jul liefde vir MY bewys deur te beskut en hulle lief te hê en julle hande uit te strek na hulle in gebed? Dit sal julle liefde vir MY bewys. MY Skape ken MY stem; hulle sal na geen ander herder toe gaan nie. Het julle MY stem gehoor op hierdie dag? Dan is dit vir wie hierdie boodskap is. EK het MY Liefde vir julle op Golgota bewys. Sal julle nou julle liefde vir MY bewys?

Gegee aan hierdie diensmaagd van YAHUSHUA,
Profeet Elisheva Eliyahu op 28 Mei 1997
*******
JA, Ek sal MY liefde vir U bewys YAHUSHUA. Dankie dat U nogmaals voortgespreek het deur hierdie gebroke werktuig van Klei. Asseblief RUACH ha KODESH, salf hierdie woorde magtig tot Eer van YAHUSHUA, bid ek. Help asseblief die skape om YAHUSHUA se stem te onderskei. Asseblief, RUACH ha KODESH, help ons om ons liefde vir ons Meester, Heerser, Verlosser, Koning van Konings, ons spoedig komende Bruidegom te bewys. Ons aanbid, loof en bewonder U, YAHUSHUA ha MASHIACH. Altyd U Diensmaagd, Kind, Kryger, Bruid.