PROFESIE 9, PREEK DIT, ONDERRIG DIT, BEWEEG ANDER OM DIT TE GLO!


PROFESIE 9
PREEK DIT, ONDERRIG DIT, BEWEEG ANDER OM DIT TE GLO!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
op 16 Oktober 1997

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******


MY Geliefde Een, EK ken jou hart en diegene wat jou valslik veroordeel, weet nie waarvan hulle praat nie. EK is jou regter en jurie, nie diegene wat hofsittings hou sonder MY toestemming nie. Staan opsy en moenie vra hoekom nie, want as hulle jou nie nou verdedig in die klein dingetjies nie, sal hulle jou nie later in die groot kwessies verdedig nie.
Jy is MY geliefde, en diegene wat sonder enige bewyse hofsittings teen jou hou sal sien dat EK nie ingenome is nie. EK het jou na hierdie webwerf gebring om jou te bemoedig en om jou geteisterde hart gerus te stel. Want jy en EK ken die pyn wat jy voel. Die verwerping is egter nie vir jou nie, maar hulle verwerp ‘n deel van MY.

Jy het jou sin vir humor want EK het jou daardie sin vir humor gegee, EK het jou geroep en georden net soos jy is. Jy is die gawe gegee om te lag, om te help om jou eie laste en die van ander te verlig. Lag is so goed soos goeie medisyne. Maar selfs lag en humor het ‘n balans. EK is nie in die beweging van die kerke waar belaglike demone manifesteer en gekke van MY Mense maak nie.
Pasop waar enigiets aangaan, enige manifestasies wat jy jou nie sou kon indink dat jou YAHUSHUA daaraan sou deelneem nie. Blaf jou GOD soos ‘n hond, miaau soos ‘n kat en grom soos ‘n leeu en bespot MY Eie Woord? Sal die RUACH ha KODESH enigiemand verneder en veroorsaak dat mense onbeheersd raak tot die punt van ontwrigting? Hierdie demoniese manifestasie en erger, word toegelaat om aan te gaan en hulle kan nie eens onderskei tussen die ware beweging van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) en die vals beweging van die anti-messias nie. Hulle wat agter die kansels staan en hulself wys ag, tree so belaglik op. Hulle stel hulself oop en die gemeente oop vir demoniese manifestasies, besetting en onderdrukking.

Bevryding moet gedoen word en MY Tempels moet skoongemaak word van almal wie bekend was as die mees gerespekteerde geestelike leiers van vandag. As gevolg van hierdie geklikheid vergader EK nou troepe rondom die wêreld. EK maak nooit ‘n deur toe sonder om ‘n ander een oop te maak nie. Moenie dink dit is die einde nie want dit is net die begin van ‘n groter werk waarvoor EK jou gaan gebruik. Moenie vir enige iemand verander nie behalwe vir die Almagtige GOD YAHUVEH wat jy dien. Jy kan nie heeltyd al die mense tevrede stel nie, hou dus op om te probeer. In jou hart weet jy wat reg is, hou net aan om dit te doen.

Luister vir MY stem, spreek MY Woorde. EK veroordeel of verwerp jou nie, maar hulle wat jou vals beskuldig het sal veroordeel word. Vergewe jy hulle, want hulle was deur die vyand van jou siel gebruik en hulle weet dit nie. Nuwe wyn en ou wyn kan en sal nooit meng nie. Die nuwe wyn waarmee EK jou tot oorlopens toe gevul het, sal die houer laat bars as jy probeer om die oue en die nuwe te meng. Die ou wyn wil geen deel hê aan die nuwe wyn nie. Moenie treur oor dit wat jy dink jy verloor het nie, want jy het niks verloor wat EK jou nie soveel te meer sal teruggee nie, ingedruk en saamgeskud en oorlopend. Jy sal geseënd wees.

Jy moet die ou salwing laat los om plek te maak vir die nuwe salwing. Hou jou ore en oë oop en spreek wat EK vir jou sê alhoewel jy skerp veroordeel sal word ken jy MY stem, en jy het die onverskrokkenheid van Johannes die Doper om MY Woorde voort te spreek. Wanneer jy dink dat jy ‘n treetjie afklim ondertoe vir MY, het jy weliswaar net boontoe geklim en vorentoe. Moenie oor jouself treur nie, maar treur oor hulle wat EK sal tugtig omdat hulle MY kleintjie soveel smart en droefheid veroorsaak. Treur oor hulle wat jou vals beskuldig het.

EK het jou lief MY geliefde en net EK ken jou hart. Dit smag na MY soos ‘n hert smag na water. Wanneer jy om MY Naams ontwil vervolging ly, is jy waarlik geseënd. Die dienskneg is nie verhewe bo sy meester nie. EK het vervolging gely, vernaamlik deur diegene wat hulself godsdienstig genoem het, en so ook jy. EK ken hulle harte soos wat EK diegene ken wat jou vals beskuldig. Hou jou hande vry van woede, en laat EK wraak neem. Want as hulle nie BEKEER voor MY nie, sal hulle sien. Die wraak kom MY toe, sê YAHUVEH en EK sal waarlik vergeld. Moet MY nie oordeel volgens die manier waarop ander wat daarop aanspraak maak dat hulle MY verteenwoordig jou oordeel nie.

Jy is MY geliefde en MY Kryger en EK het jou geroep en jou georden en niemand kan dit van jou wegneem nie. Die pad van ‘n Profeet is uitgelê met beproewings en verdrukking en smartlike misverstande. So min wil waarlik hoor wat die Almagtige GOD YAHUVEH te sê het. Hulle wil glo dat EK slegs liefde en genade is, en vergeet dat “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” ook ‘n GOD van balans in alle dinge. Dit beteken saam met liefde en genade is EK ook gebalanseerd met toorn en oordeel en ja haat, so baie vergeet EK het toorn en haat vir MY vyande.

Sê MY Woord nie, “Jakob het Ek liefgehad, Esau het EK gehaat” nie? Sê MY Woord nie, “Seëninge vir hulle wat gehoorsaam. Vloeke vir hulle wat ongehoorsaam is” nie? Julle moet verkondig wie EK is in totaliteit. Nie net die kant van YAHUVEH wat nie aanstoot gee nie, maar die kant van GOD Almagtig YAHUVEH wat baie aanstoot gee. Sonde is sonde en EK het nie gewankel of verander nie, en EK sal ook nooit. Kyk na Openb. 19 en Openb. 20. Hoeveel verstaan dat EK slegs eenmaal die geslagte Lam was. EK was slegs eenmaal ‘n slagoffer. Vir julle het EK die slagoffer geword.

Maar nou is EK nie meer daardie sagmoedige, sagsinnige Lam nie. Wanneer EK weer kom om diegene te vernietig wat MY en Heiligheid teëstaan, sal julle sien dat EK Almagtig is selfs in oorlog. MY Kinders hoef nie te vrees nie, maar MY vyande sal sidder en hulle bewe want hulle weet EK is ‘n GOD wat wraak sal neem op MY vyande. EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. EK het MY woede teruggehou, dit opgebou vir daardie dag. Niemand sal in MY pad staan nie.

Verkondig dit, onderrig dit, sodat ander dit sal glo. EK is ‘n GOD wat nie net verlossing bring nie, maar verdoemenis oor hulle wat kies om MY te weerstaan en MY Reddende Bloed en Reddende Naam te verloën. Daar is geen verlossing buiten dit wat kom deur die Gestorte Bloed op Golgota en deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH nie. EK ken MY Kinders en hulle ken MY, en EK ken almal wat MY vyande is. Wanneer hulle julle aanraak, raak hulle MY aan. As hulle julle onskuldig benadeel het MY Kinders, sal EK vergewe want die vyand is daarop uit om te bedrieg en te verwar. Maar as hulle bewustelik daarop uit is om julle te vernietig, së vir hulle pasop.

Want dit is MY toorn wat hulle in hul nekke sal voel blaas. Slegs deur bekering sal hulle weer MY guns geniet. EK tugtig diegene wat EK liefhet. EK vernietig diegene wat EK haat. Dit wat nie Heilig is nie, is nie van MY nie. Ongeag wie agter die kansel staan en sê, “God is liefde, HY sal verstaan”. SONDE IS SONDE. EK is ‘n GOD wat nie verander nie, die mens verander. EK, die Groot “EK IS” verander nie. Verkondig dit, onderrig dit, sodat ander dit sal glo. Diegene wat MY stem ken sal herken dat EK gespreek het, al die ander sal doof bly. Want vir MY vyande is dit ‘n vreeslike ding om te val in die hande van ‘n lewende GOD YAHUVEH en YAHUSHUA. Ja, somtyds moet EK julle pakgee, maar MY hande beskut, lei en beskerm julle ook. MY hande want MY Kinders wat probeer om MY te gehoorsaam, het niks om te vrees nie, hulle wat gewas is in MY Reddende Bloed.

Maar diegene wat MY haat en dit haat waarvoor EK staan, het alle rede om te bewe en hulle sal. Bekeer, die Koninkryk van die Hemel is op hande. EK het julle die geskenk van Verlossing aangebied, nou is dit julle keuse of julle verlossing of verdoemenis kies. Kies julle vandag watter GOD julle sal dien. Verkondig dit, onderrig dit, sodat ander dit sal glo.

Gegee aan hierdie Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH op 16/10/1997
Profeet Elisheva Eliyahu