Profesie 84, EK, YAHUVEH, Sê, Pasop vir die Illusie!

Profesie 84

EK, YAHUVEH, Sê, Pasop vir die Illusie!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van Die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
31 Maart 2006
Hierdie kom uit Profesie 105.YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word. EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot: “maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Profesie BEGIN:

O Amerika, hoe bedroef julle MY. As julle maar die Adelaar arend kon sien wat julle sê verteenwoordig jul Sate, sou julle die Adelaar sien huil!

O mense van Amerika, julle regering verraai julle. Hulle wil rantsoeneer wat EK vrylik aan julle gegee het. Want julle sal nie net julle voedsel gerantsoeneer sien nie, julle sal nie net noodvoorraad gerantsoneer sien nie, julle sal water gerantsoeneer sien, julle sal die nodige medisyne gerantsoeneer sien. Hulle sal sê, “Julle moet na ons toe kom vir toestemming om te koop.” Diegene met ore om te hoor, kyk na die aasvoëls wat vermom is as julle politici. Kyk na die demoniese gesigte weggesteek agter die gesigte van vlees. En dit affekteer nie net vir Amerika nie. Die nasies wat te arm is om dit te doen, glo dit of nie, sal die veiligste wees; die nasies wat die rykste is sal die gevaarlikste wees.

O Amerika, julle wat geskape was om apart gestel en heilig te wees, o hoe ver het julle geval. As julle maar net die Adelaar kon sien wat julle verteenwoordig, sou julle sien hoe baie van julle vere uitgepluk is en tog weet julle dit nie, want julle erken dit nie. Julle nasie is gebou op ‘n illusie. Julle is so opgepof met trots en sê “Kyk hoe ryk is ek.” O maar as hulle net kon sien, julle vere is gepluk. Julle kan nie eens vlieg nie, dit is net ‘n illusie.

Julle gaan van nasie tot nasie om oorlog te maak. Julle seuns en julle dogters lê hul lewens neer, want EK noem hulle nie eens manne en vroue nie, EK noem hulle seuns en dogters wat speel soos speelgoed soldate, geforseer om in oorloë in te gaan waar EK hulle nie gestuur het nie.

O hoeveel moeders huil. En hierdie nasies word forseer om hulle seuns en hulle dogters te stuur om die boelie te beveg wat op die speelgrond kom. O maar julle het ‘n vinger en julle wys na elke ander een en sê “Julle is die ergste” en tog hoeveel vingers wys terug na julle toe? Diegene vir wie julle terroriste noem sê EK, o Amerika, julle is die terroriste.”

Die torings van kaarte is gereed om te val. Julle bou hulle op bo-op die rue van die rykes, sodat julle illusie in plek kan bly. Julle het die leuens,”Ons is die nasie van die vry en die wyse, kom en bring julle armes.” Maar wanneer die armes kom, is julle ‘n illusie van ‘n leuen. Wat doen julle aan hulle? Hoe behandel julle hulle? Hulle word behandel minder as mense. Hulle word verwilder asof hulle rotte is. Hulle word binne-in julle regerings vangstrikke gesit. Julle bestempel hulle as immigrante, onwettiges. Is julle nie die een wat hulle hierheen genooi het nie? Wat doen julle “Statue of Liberty” daar? ‘Kom na die land van die vry en dappere.’

EK SPOEG OP JULLE, o AMERIKA!

Julle het altyd die nasies gekritiseer wat martel. Kyk nou waarvan is julle lugweë vol. Moet ons hulle nie martel voordat hulle ons martel nie? Kan julle nie sien nie o Amerika, diegene wat waarlik van MY is? Kan julle nie sien hoe die verandering van die wag plaasgevind het nie? Dit wat EK geprofeteer het uit hierdie “Ringmaiden” jare gelede het nou gebeur. Daar is min van hulle, daar is baie min van hulle wat MY oorblyfsel is wat steeds politici is wat steeds probeer terwyl hulle hul koppe steen die muur stamp van die burokrasie, van die huigelary, maar hulle tree-uit, hulle gee op, hulle skik na die regering se leuens.

Amerika, julle vlieg alleen. Julle dink julle het vriende? Hulle haat jou agter jou rug. Julle koop hulle om soos ‘n boelie op ‘n speelgrond, julle het nie ’n vriend nie. Wag tot die ander nasies sien dat julle maar net ‘n illusie is. Julle is ‘n walmpie in die lug. Daar’s nie eens ‘n vuur daar nie. Julle is maar net ‘n rook-dampie. Wag tot die ander nasies uitvind julle is ‘n geplukte arend. Hoekom? Omdat julle nie wou onderwerp aan MY gesag nie. Hoekom? Omdat julle MY uitgeskop het uit julle skole. Julle wou nie dat die Tien Gebooie gesien word in julle binne-howe nie, in die howe nie. Die huigelary van diegene wat hulleself die Hooggeregs-Hof noem.

EK praat nie net met Amerika op hierdie oomblik nie, want hierdie Profeet is gestuur na al die [lande]. Die laaste ding wat EK doen is EK het julle ryp gemaak Amerika, nou bestraf EK, YAHUVEH, julle openlik, O Amerika, julle dink julle was veilig teen die siektes. Dit is julle wat die biologiese leuens fabriseer. Die chemiese leuens van chemiese oorlogvoering. Julle vergiftig MY lugweë. Maar EK sal nie hierdie Profeet toelaat om hierdie woord te spreek totdat sy veilig is nie.

O maar Amerika, julle wat die burokrasie en huigelary is, julle wat die kleintjies vertrap onder julle voete, die ryk en die magtige wat die bietjie vat wat hulle het van die kleintjies af en dit gee vir hierdies. Wat ‘n prys gaan julle betaal. Julle dink julle swart knoeiery gaan werk? Julle dink julle was beskud teen dit wat julle gedoen het? Julle dink julle gaan die massas van die armes vermoor, en MY wraak sal julle nie raak nie? O julle dwase wetenskaplikes. O julle dwase geneeskundiges, EK sal julle beskaam. Vir diegene wat waarlik van MY, YAHUVEH is, vir diegene wat waarlik MY Seun YAHUSHUA as Messias en Here van hulle lewe stel, vir diegene wat ONS liefhet en gehoorsaam en strewe om heilig te wees elke dag. Het EK ‘n ware entstof in die lug gesit, EK het bonatuurlike antibiotika daar gesit en dit sal wees soos die kinders van Israel en hierdie plae het nie naby hulle gekom nie.

En nou praat EK met die ganse […] wêreld, satan wil Amerika gebruik om ‘n kettingreaksie te stel waar al julle regerings ver en wyd julle sal verraai op dieselfde manier. Sommige van hulle het alreeds maar EK maak dieselfde beloftes aan julle. Bid ‘n seën oor daardie water elke keer wat julle drink, sê, “Hierdie verteenwoordig die Lewende Water van YAHUSHUA ha MASHIACH en niks kan my skade aandoen nie.” Moenie opsetlik drink wat julle weet is besmet nie. Wanneer EK vir julle geen ander manier gee nie is dit wanneer dit geloof sal neem. Bid oor daardie kos want julle sal nie weet of dit gekloon is of nie. Onthou, satan wil alles vervals wat EK geskape het. Hy doen dit deur die naam van wetenskap. Maar bid oor daardie kos, glo MY, glo dat EK jou sal beskerm. Glo dat EK lewe in ‘n vleis sal sit wat jou liggaam sal seën en dit nie sal vervloek nie. Want EK sê vir julle, gekloonde vleis is ‘n vervalsing gestuur uit die Hel, om te sê, “EK kan skep net soos hy kan skep, eet my kos dit is beter, ek kan ‘n hoender maak wat nie die voëlgriep sal hê nie.”

Hoekom julle dwase, julle wetenskaplikes, dink julle EK weet nie dit is julle wat daardie siekte vervaardig het nie? Dit het nie gekom van MY af nie. Wanneer hulle sê, “Julle moet ingeënt word, o daar’s ‘n dodelike, dodelike virus hier. Ons moet julle bymekaar maak en in ‘n stadion sit as julle nie gehoorsaam is nie. Ons kan nie dat julle die res besmet nie.”

Hardloop, hardloop, hardloop, MY Kleintjies hardloop, hardloop, hardloop weg, hardloop van “FEMA” af, en hardloop van enige burokrasie wat julle vertel om jul geloof in MY weg te vat. Protesteer terwyl julle nog ‘n stem het, protesteer. Oorlaai die hooflyne, sê “Julle sal nie ons lewensmiddele wegneem om vir julle, hierdie stad te gee nie, julle sal nie ons kos rantsoeneer nie, julle sal nie ons water rantsoeneer nie, julle sal nie ons noodvoorrade rantsoeneer nie.” Kan julle nie sien nie as julle stil bly, sal die illusie wen? Het EK julle nie gewaarsku nie, hoeveel profesieë gelede, dat die homoseksuele in die minderheid was, maar nou glo julle die illusies se leuens.

Amerika, jy is die fabriseerder van die illusie se leuens. Nou het julle daardie leuen gevat regoor die wêreld en julle het dit ver en wyd versprei en tog is dit ‘n leuen! Homoseksualiteit is steeds in die minderheid en tog vaardig hulle wette uit en verander wette om dit goed te keur wat EK gesê het was ‘n gruwel. Amerika, jy sal maai wat jy gesaai het, net so seker soos Sodom en Gomora het.

Maar diegene van die saad van Abraham wat Heilig is en EK praat nie van die biologiese Jode nie. EK praat met die ingeëntes, ingeënt een in elke stam terwyl hulle ingeënt is in MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH. Soek MY, EK sal julle nie teleurstel nie. Daar is maniere hoe EK julle sal beskerm. Maar nou is nie die tyd om die speletjie te speel van die kerk van die geveinstes nie. Leer die waarheid en leer dit vining, volg nie die mensgemaakte leerstellings, die kerke van Babel, die georganiseerde kerke nie. EK sal herhaal, soek die waarheid, dit is wat julle sal vrymaak. Dit is hoekom EK hierdie bediening opgerig het. Dis hoekom EK hierdie een opgerig het wat EK MY “Ringmaiden” noem om ‘n profeet te wees om hulle te waarsku, ‘N SEËL IS OP DIE PUNT OM LOSGELAAT TE WORD! Maar eers kry EK MY “Ringmaiden” veilig en seker, [of] hierdie woord sal nie losgelaat word nie.

En Elisabeth [Elisheva], EK het elke traan gesien. O Heiliges, die res van die Bruid van YAHUSHUA, EK het een van julle trane, ieder en elk van julle trane. Hulle is gestoor in ‘n fles, hulle is heilig voor MY. Vir elke keer wat julle opofferings moes maak, vir elke keer wat julle uitgeroep het, “Asseblief o YAHUVEH, waar is U?” EK het julle trane terwyl julle huil vir julle familie. EK het julle trane, nie net nou nie, maar ook in die toekoms.

Al diegene wat die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam, EK het julle trane nog voor julle hul stort. Hulle is alreeds hier want EK weet wat julle sou bid nog voor julle bid en EK sal julle antwoord nog voor julle bid. EK het julle vooruit gegaan voor julle moet ly. Vir die van julle wat dit hoor regoor hierdie wêreld, EK spreek vrede vir julle. Want sommige van julle sal gemartel word. Menige van julle sal gemartel word. O maar julle sal die vrede van YAHUSHUA hê, net so seker as wat Johannes die Doper gesê het, “Vat my kop, ek wil huis toe gaan.” Net so seker as wat julle sal sê, “Kry dit oor en verby, ek wil huis toe gaan”. Want EK verseker julle dit, EK sal julle drome van die Hemel gee. EK sal julle ‘n voorsmaak gee van visioene van die Hemel.

Op ‘n wyse op een of ander manier, sal elkeen wat gemartel word, elkeen wat gemartel was vir MY Seun YAHUSHUA se ontwil, sal EK julle ‘n vinnige kykie gee van die Hemel en het EK ‘n kykie van die Hemel gegee so hulle liggaam het nie na die graf daarvan gegaan sonder ‘n kykie na YAHUSHUA se gesig nie, en EK neem hulle gees uit hulle liggaam selfs voordat hulle liggaam enige pyn sal voel. EK belowe julle dit. EK belowe julle dit. EK belowe julle dit.

Onthou Stefanus? (Handelinge 7:54-59). Het hy nie aanskou, en het die hemel nie oopgegaan nie, het hy nie vir YAHUSHUA gesien voor hy getref was deur die eerste klip nie en het hy nie geen pyn gevoel nie? Sy gees was geneem, EK belowe julle dit. Maar wee die laksmanne. Hy kan hom nie eers, die afgryse wat hy sal voel indink nie, nie net nou op hierdie aarde nie, maar vir alle ewigheid. So pasop, julle wat dink julle kan martel en wegkom daarmee, julle kan julle nie eers indink wat EK met julle gaan doen wanneer julle een van MY Heiliges aanraak nie.

Geseënd is almal wat genooi is na die Bruilofsmaal van die Lam, julle sal omhels word. Jy is nie net ‘n Gas nie, jy is ‘n V-I-P Gas, vir jou om daar te wees, het jy die hoogste prys betaal en die Bruid sal jou omhels, vernaamste van alles sal EK, YAHUVEH en YAHUSHUA jou omhels. Die 24 ouderlinge sal jou omhels, die vier lewende wesens sal jou omhels, die engele van die Hemel sal jou omhels. So moenie ‘n kompromie aangaan nie, moenie die illusie se leuens glo nie, want die seun van verderf, die ware Judas, is op die punt om terug te kom, die seun van satan. Moenie ‘n kompromie aangaan nie. Moenie die illusie se leuens glo nie. Moenie die kerke van Babel glo nie; gaan terug na wat die eerste kerk onderrig het.

Moenie die manier glo hoe Paulus, Shaul, misverstaan was en oor-en-oor verkeerd vertaal was nie. Hy was Joods, hy het dit nooit versaak nie. O die leuens wat vertel word. Natuurlik hang jou redding nie af van besnydenis van die vlees nie, want nou is dit die besnydenis van die hart. Hierdie is ‘n dwase argument, net soos die ou bloed verbond nie langer staan nie omdat daar ‘n Nuwe Bloed Verbond is beteken dit nie dat MY Shabbat nie steeds staan nie.

Net omdat die Grieke MY SEUN ‘n naam gegee het, net omdat die King James bybel die naam van Jesus Christus oor-en-oor herhaal het beteken nie dat SY Naam verander het nie. Dit sal altyd ‘n Hebreeuse Naam wees, ‘n Naam wat die Naam bevat van MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, ‘n Naam wat ‘n herinnering is vir hierdie aarde van die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal. Weer, EK sal dit weer en weer en weer en weer en weer sê, jy kan hierdie profeet lasterlik noem, jy kan haar beswadder, jy kan sê dat sy hel toe gaan, maar EK sê vir julle dit EK, die Koning van die Skepping, EK die Heilige Ewige Een, sê vir julle dit, SY Naam wat bo alle Name is, is vernoem na MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, dit beteken “YAH RED”

Niks het verander, omdat EK die naam van Jesus Christus geëer het, omdat EK die naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus Christus, omdat EK vrygemaak het en tekens, wonders en wonderwerke gedoen het in die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus Christus, beteken dit nie dat julle nie SY Ware Hebreeuse Naam behoort te ken nie. Julle sal en julle word aanspreeklik gehou vir wat julle weet. Omdat EK al hierdie tyd toegelaat het dat julle byeenkom en Sondag MY Sabbat dag noem, het EK dieselfde ding gedoen, EK het dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK het dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking gaan satan julle wys hoe hy gaan vervals.

Want weer sê EK, selfs die baie ryk evangeliste wat hierdie waarheid ken, het hierdie waarheid uitverkoop, het toegewings gemaak oor hierdie waarheid, sal julle reg in die arms van die anti-messias inlei, die seun van satan. En hulle sal sê, “Dit is Jesus Christus, dit is julle Messias, hy het gekom. Hy het gekom en nou is daar vrede regoor hierdie aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie.” Hoekom kan julle nie sien nie? Hulle wil MY nie vervals nie. MY Naam is YAH. King James sal betaal. King James het betaal toe hy MY SEUN se Heilige Naam uitgeklad het. LEES! LEES! LEES! Ondersoek en bewys jouself waardig. Dit was nie altyd King James nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse vertalings is. Lees waar selfs die Arameers SY Naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM wil julle nie glo nie?

Soveel lyding gaan die Christen kerk deurmaak want hulle het die Messiaanse Jode uitgegooi. En julle van die Messiaans Joodse sinagoges, EK wys MY vinger ook na julle. Julle wat MY Naam YAH uitgehaal en gesê het, “Yeshua sal goed genoeg wees”. Julle wou nie die ortodokse Jode aanstoot gee nie. Julle het ‘n kompromie aangegaan. Julle wat hierdie Profeet van MY wat praat, ‘n Heilige Naam-gebruiker noem, julle is reg, dis hoekom EK haar gesalf het en nie vir julle nie. Julle wat dit waag om MY Naam te spel as ‘G-d’. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om te beteken vir MY? Julle neem selfs MY Godheid weg en dan wonder julle waar is die wonderwerke van ouds? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie? Hoekom staan hulle nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds? As ons die melaatses sou bring, hoekom sou hulle nie gereinig word nie? As ons die verlamdes bring, hoekom loop hulle nie? As ons die stommes bring, hoekom praat hulle nie? Wanneer ons die dowes bring, hoekom hoor hulle nie? Wanneer ons die terminaal siekes bring, hoekom lewe hulle dan nie?

Dwase kerke van Babel, hoekom luister julle nie? Doen dit op die ou manier en julle sal hierdie wonderwerke weer sien. EK sê dit vir julle selfs voor MY woede uitgestort word. Stuur EK nie MY Profete om te waarsku voor die oordeel kom nie? Julle in julle georganiseerde, ryk, luisterryke kerke, julle en die kerk wat gemaak is van glas, julle wat nie wil spreek wat sonde is nie, julle wat die omkopery van die regerings vat, julle wat die profete stilmaak en uitskop. MY RUACH ha KODESH is nie eers in julle kerke nie. Dit is alles ‘n illusie, ‘n skelmstreek van die duiwel, niks anders as‘n David Copperfield nie, ‘n towenaar wat onder satan se krag te werk gaan. Of een wat homself Criss Angel noem (‘n towenaar wat die dood uittart), wat ‘n gevalle engel is in vermomming. Wat nie eens mens is nie. Hy is ‘n illusie voor julle oë.

Vir diegene met geestelike ore, julle sal hoor. Vir die van julle wat gaste is, moenie raai nie. Vir die van julle met geestelike oë om te sien, dit is julle wat EK geseën het. Dit is julle wat beskerm sal word; dit is julle wat MY woorde hoor. Dit is julle wie EK MY Heiliges noem. Dit is julle wat hierdie Woord vat en as hierdie “Ringmaiden” dit voortgespreek het dit reg rondom hierdie aarde sal laat weerklink. Want EK is op die punt om julle te wys wie EK, YAHUVEH is. EK is op die punt om julle te wys. Weet julle hoe broos julle aarde is? Weet julle dat dit ‘n illusie is dat julle selfs stilstaan? Stel vir jou ‘n prentjie voor van ‘n tol wat so vinnig spin en al wat jy hoef te doen is om dit net te raak, dis al wat EK doen, om dit net te raak en dit sal so effentjies uit rotasie gaan, want EK kan dit skaars, skaars raak of almal van julle sou afgevlieg het.

En kyk na julle weer. O EK ken julle in die lande met die weermasjien. O EK weet waar julle is. EK lag vir julle weermasjien want EK sal julle wys wie die weer geskape het. EK sal julle wys wie die hael gemaak het. EK sal julle wys wie skape die aardbewings en die storms en tsunamis. EK sal julle die Skepper van die tornados en warrelwinde wys. EK sal julle masjien beskaamd laat. Wat gaan julle doen, bewoners van die aarde, wanneer EK die voetstoel skop, want EK het dit skaars geraak. Wat gaan julle doen wanneer EK dit skop? EK het een voet gestamp. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, albei voete stamp?

Julle wat dink julle is so ryk en magtig en invloedryk, julle wat julle illusie van rykdom het, julle wat die armes onder julle voet vertrap. Wat gaan julle doen wanneer EK daardie rykdom uit jou hande ruk, wanneer julle die armes is en die arme die een is wat EK ophef. Wanneer jy die een is wat honger en dors ly en sonder ‘n huis en al jou waardevolle besittings is weg, wanneer julle diegene is wat julle wonings ondergronds bou en EK dit sal oorstroom en al jou skatte vernietig sal wees.

Julle wat die ondergrondse stede bou en dink julle is so veilig. Wat gaan julle doen wanneer EK, YAHUVEH, ‘n einde maak aan julle illusie en julle daar binne-in begrawe soos grafkelders.

Net wat julle doen vir MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH is wat gaan tel. Wat julle doen met die geld wat EK julle toegelaat het om te hê. Net die woorde wat julle met jul mond spreek naas julle belydenis, julle bekering, julle lof en julle aanbidding, net julle getuienis, net julle getuienis terwyl julle ander waarsku wat EK gespreek het sal tel, net julle getuienis vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA betaal het saam met die woorde wat EK, YAHUVEH, sê sal tel.

Wanneer julle voor MY staan en spog en sê, “Ek het vir daardie liefdadigheid gegee” was dit gegrondves in MY? Het julle MY Heiliges gevoed? Het julle MY profete uitgehelp of het julle hul daarsonder laat gaan? Daardie is die vrae wat EK julle gaan vra. Selfs die van julle wat geroep is by MY Naam, selfs die van julle wat YAHUSHUA eerste stel in hulle lewe en hulle liefde, EK gaan julle vra “Wat het julle gedoen om hierdie Bediening te help om hierdie woorde voort te spreek? Julle het MY stem gehoor, julle het MY geglo. Wat het julle gedoen?

Het julle ‘n kompromie aangegaan? Het julle gedeel wat julle gehad het? Het julle ‘n toevlugsoord aangebied? Het julle soveel as ‘n slukkie water gegee vir ‘n profeet in MY Naam? In MY Seun YAHUSHUA se Naam? Het jy net gesê, “Die Here seën jou, ek sal bid vir jou” of was jy ‘n seën? Hierdie is die vrae wat EK julle gaan vra wanneer julle voor MY troon staan. Het julle hierdie woorde geneem; het julle hulle na die Sondag kerke geneem sodat die pastoor aanspreeklik gehou sal word vir wat hy weet? Het julle ingegaan soos Jeremia se weermag, ten minste twee-twee? Het julle na die gemeente gegaan en vir hulle verduidelik van die Sabbat feeste? Wat het julle gedoen? Het julle MY Hebreeuse naam onderrig? Het julle die krag en die salwing onderrig wat in die heilige Hebreeuse name is van MY, YAHUVEH, van MY Seun YAHUSHUA?

Dit geld vir elke nasie regoor die wêreld wat hierdie woorde hoor. Wat het julle gedoen? EK gaan julle vra. Het julle hierdie “Ringmaiden” gehelp op enige manier? Het jy haar gehelp om die vyand te beveg? Hoeveel keer het julle gebid? EK gaan julle vra. Wanneer julle weet en julle lees Openbaring en julle weet hoeveel martelaars daar gaan wees, het julle vir hulle voor die tyd gebid? Bid julle nou vir hulle? Ek gaan julle vra. Wanneer EK julle beveel om te bid vir die Twee Getuies, dat hulle sal glo en ontvang wie hulle is, EK gaan julle vra, was julle gebede tussen diegene s’n wat vir hulle gebid het? EK gaan julle vra. Hoeveel siele het julle Hemel toe gelei? Hoeveel keer het jy getuig van YAHUSHUA ha MASHIACH? Die prys wat HY betaal het by Golgota en hoe HY weer op die derde dag opgestaan het sodat julle vir ewig vrygemaak kon wees? Hoeveel keer het julle mense vertel dat hulle Heilig moet wees, dat hulle gehoorsaam moet wees? EK gaan julle vra.

Julle sien, dit is nie genoeg om besorg te wees oor jou eie siel nie. EK gaan julle vra, was julle besorg oor enige iemand anders behalwe julle familie? Want wie het EK, YAHUVEH, gesê wie was julle familie? Het EK nie gesê deur MY eie Seun YAHUSHUA se Naam wie julle familie was nie? En dit is diegene wat aan MY behoort, diegene wat YAHUSHUA ha MASHIACH as Messias en MY enigste verwekte Seun aanvaar. (Markus 3:31-35) Wil julle weet hoekom julle familie nie gered is nie? Wil julle weet of julle familie gered sal word?

Net soos daardie tronkbewaarder gesê het, “Wat my en my huis aanbetref, ons sal YAHUSHUA dien”. O, EK weet julle was geleer, “Wat my en my huis aanbetref, ons sal die Here dien”. Maar weereens, het hulle die Naam van MY Seun uitgeklad. Lees die Heilige Manuskripte en julle sal sien MY Seun se Naam was daar. Dit beteken, nie alleenlik moes daardie tronkbewaarder sy hart na YAHUSHUA draai nie, maar sy familie ook. Dit is nie ‘n ‘carte blanche,’ ‘n vrypas vir ‘n familie nie. Elkeen werk hulle eie redding uit met vrees en bewing. Voordat hulle op die aarde geplaas was, weet hulle siel alreeds of hulle naam in die Lam se Boek van Lewe geskryf is of nie en of hulle in die Boek van die Uitgewistes is.

So hierdie is die woorde wat EK voortspreek uit hierdie “Ringmaiden” hierdie dag. Hierdie woord sal verseël word; dit sal nie dadelik vrygestel word nie. EK gaan haar by ‘n veilige plek kry voordat hierdie woord vrygestel sal word want daar is meer oppad.

* * * * * * *

So was dit gespreek, so was dit geskryf, gegee aan hierdie “Ringmaiden” om met julle te deel, Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Gegee op 31/3/06 en vrygestel op 10 Junie 2006. Dit het so lank geneem om by hierdie land te kom waar YAHUSHUA gesê het, stel die profesie nou vry.