Profesie 113, Sal Jy MY Toelaat Om te Skei Wat MY Hand Nie Saamgebind Het nie?

Profesie 113

So Spreek YAHUSHUA HA MASHIACH,
Sal Jy MY Toelaat Om te Skei Wat MY Hand Nie Saamgebind Het nie?

Geskryf onder die Salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Ontvang op 30 Julie 2009; Vrygestel 21 September 2009 op, na aanleiding van die Nuwe Maan Besigtiging, Rosh Hashanah
Om ongelyk gebonde te wees is baie duidelik ‘n baie belangrike saak vir YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH (2 Kor 6:14). Hier is nog ‘n Profetiese Woord aangaande ‘n ongelyk gebonde huwelik. YAHUVEH verlang NIE dat SY kinders ongelyk gebonde moet wees nie, punt.

YAH se Woord sê, “Laat geen mens dit wat YAH saamgevoeg het, skei nie” (Mk `10:9). Sien julle dit? Dit sê, wat YAH saamgevoeg het, nie wat ‘n mens saamgevoeg het nie. Indien jy in ‘n ongelyk gebonde huwelik is, was dit nie YAHUVEH wat dit gedoen het nie. JY HET DIT GEDOEN of ‘n eggenoot HET WEGGEDRAAI van YAHUSHUA AF! Verstaan dit asseblief. YAHUVEH verlang NIE dat jy moet aanhou om ‘n huwelik bymekaar te probeer hou wat HY nie vanuit die Hemel georden het nie.

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand.2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor.14:6)

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)—is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)
(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD gesê om hierdie by te voeg vir diegene wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Verhaal Agter die Profesie 113

Hierdie Profesie was gebore omdat ‘n vrou genaamd Rachael my ge-epos en gevra het dat ons vir haar huwelik moet bid. Haar sogenaamde gelowige man drink en gebruik dwelms— en wil niks met Rachael te doen hê nie—maar sy hou aan om aan hierdie sogenaamde man vas te hou en hou aan sê sy is lief vir hom.

Ek gaan my bes doen om ‘n baie lang storie te verkort om julle te help om te verstaan wat gebeur het. Rachael is ‘n jong vrou en het my, Elisheva in 2007 ge-epos. Sy het gesê sy het ‘n man op ‘n Messiaans Joodse afspraak-webwerf ontmoet. Ek glo dit was Messiaans Joods maar ek is nie positief nie.

In elkgeval…Rachael het geglo hierdie ou was haar sielsgenoot as gevolg van ‘n droom wat sy gehad het. In die droom glo sy, het YAH vir haar gesê haar sielsgenoot se naam is David. Hierdie ou se naam was David, maar na sy ‘n tydjie met hom gekommunikeer het, het dit duidelik geword hy het baie probleme met alkohol en dwelms. Haar ouers het nie hierdie verhouding ondersteun nie en het nie van David gehou nie en dit vir Rachael gesê, maar sy het steeds geglo hierdie David was haar sielsgenoot.

Sy het toe gevra of ek vir haar situasie sou bid en ek het.

YAH het dat ek haar ‘n paar vrae oor David vra en sy het dit geantwoord en ek het weer gebid. YAHUVEH het duidelik vir my gesê dit was nie haar sielsgenoot nie. Sy moes in hierdie tyd haar oë op YAHUSHUA gefokus hou en nie na haar sielsgenoot soek nie.

Soos ek gesê het, sy was ‘n jong vrou en was nog nie gereed vir ‘n verhouding nie. Ek het vir Rachael ge-epos en haar gesê wat YAHUVEH gesê het.

Die volgende ding is, ek het ‘n e-pos van hierdie David ou ontvang wat vir my sê ek moet my met my eie sake bemoei. O, ek het vergeet om te noem dat hierdie David nie vir Rachael wou vertel wat sy van was nie. Hy het gesê sy van rym met “Wysheid” so Rachael het na hom verwys as David “Wysheid”. Hierdie is belangrik vir later.

Ek het toe ‘n e-pos van Rachael ontvang en sy het vir my gesê sy het die verhouding met David “Wysheid” verbreek as gevolg van die waarskuwing wat YAHUVEH vir haar deur my gegee het. Dit was groot nuus, en sy het gesê hoe sy beplan om haar oë alleenlik op YAHUSHUA te vestig. Toe sy besluit het om haar oë op YAHUSHUA te fokus, het sy gesê dat sy haar lidmaatskap by die afspraakdiens gaan beëindig, maar op een of ander manier was haar lidmaatskap nog ‘n maand verleng en sy het geen idee gehad hoekom nie.

Sy het toe haar profiel op die afspraak-webwerf herskryf en gesê sy was nie geïntereseerd in ‘n verhouding nie en dat haar oë op YAHUSHUA was. Sy het toe gesê dat ‘n ander David haar twee dae later, uit die bloute gekontak het deur hierdie afspraakdiens en hulle het met mekaar begin kommunikeer. Hulle het selfs op die telefoon met mekaar gesels, wat sy aanvanklik nie met David “Wysheid” gedoen het nie. Sy was nou positief dat hierdie nuwe David haar sielsgenoot was. Hulle het oor die telefoon gepraat en sy het gesê dit was so geseënd. Sy het aangegaan en aangegaan dat hierdie die ou was. Hierdie ou het haar selfs sy van gegee en het niks gehad om weg te steek nie.

Ek het Rachael nie geantwoord na dit nie. Sy het nie na die waarskuwings geluister wat YAHUVEH vir haar gegee het nie en sy was aangesê om haar oë op YAHUSHUA te hou en nie op haar sielsgenoot nie. Ek was gefrustreerd met hierdie jong vrou en YAHUVEH het vir my gesê om nie langer my tyd op hierdie situasie te mors nie.

Dit bring ons nou by die hede. Soos gemeld, e-pos Rachael my nou en vra vir gebede vir haar sogenaamde man en huwelik.

Julle gaan nie glo wat ontdek was in al ons e-posse met Rachael se naam nie. Toe Rachael my onlangs ge-epos het, kon ek haar in alle eerlikheid nie onthou nie en dit was nie totdat ons hierdie ou e-posse ontdek het dat sy weer in my gedagtes gekom het nie. Maar toe ons vertel is van hierdie ou e-posse, het ek Rachael onmiddellik onthou en wat in 2007 gebeur het.

Goed, dit is hier waar dit ingewikkeld begin raak en ek bid dat julle sal verstaan wat ek probeer sê. Onthou toe ek gesê het David “Wysheid” het my ge-epos en vir my gesê het om my met my eie sake te bemoei. Wel, hy het een groot fout begaan. Hy het sy REGTE van in daardie e-pos gesit en dit het nie met “Wysheid” gerym nie. Met die lees van hierdie ou e-posse begin lees, het ons ontdek dat David “Wysheid” dieselfde ou was wat my ge-epos het en dieselfde ou wat wonderbaarlik die tweede keer vir Rachael in die hande gekry het en haar sy van gegee het.

Rachael het gedink dit was iemand anders, maar dit was dieselfde ou.

Die van in die e-pos wat ek van David “Wysheid” gekry het, wat ons nie sal noem nie om vir Rachael te beskerm—dit is presies dieselfde van as Rachael se nou getroude van. Volg julle my?

David “Wysheid” is haar sogenaamde eggenoot. Hy het Rachael gekontak nadat sy uitgemaak het met hom, maar Rachael het nie sy van geken nie. So, toe hierdie nuwe David haar sy regte van gegee het, het sy gedink dit was ‘n ander ou, maar dit was dieselfde ou.

Ons het die bewys in sy e-pos aan my met dieselfde van—satan het dit gedoen—satan het hierdie jong dame gekul, maar hy was instaat om dit te doen omdat Rachael nie wou gehoorsaam en haar oë op YAHUSHUA gefokus het nie. Rachael het die gevolge van haar ongehoorsaamheid gely en hou aan om aan hierdie slang vas te hou. Ek weet nie of Rachael dit al uitgepluis het en of die sogenaamde man haar die waarheid vertel het nie, maar sy gaan nou die waarheid sien.

So, hier is ‘n brief wat ek vir Rachael geskryf het voordat haar ou e-posse ontdek was.

Shalom Rachael,

Jy het vir die Amightywind Bediening geskryf met ‘n gebedsversoek. Ons het sopas jou e-pos ontvang oor wat David gesê het wat jou diep seergemaak het. Ek is so jammer vir jou wonde. Ek het jou e-pos gelees en ek het hierdie woorde gehoor wat van YAHUSHUA HA MASHIACH afkom. Ek het vir HOM gesê jy mag dalk nie hierdie Heilige Woorde ontvang nie, maar HY het gesê ek is verantwoordelik om SY Woorde af te lewer – nie of jy dit sal glo nie. So, ek gehoorsaam. Aangesien ek so baie e-posse per dag ontvang dat ek onmoontlik almal kan antwoord, het YAH vir my ‘n gesalfde profetiese Bedieningspersoneel gegee wat help om hulle te antwoord. Nietemin, ek lees wel almal en wanneer YAHUSHUA MASHIACH dit op my hart lê om vir iemand te skryf, gehoorsaam ek.

In jou geval is daar ‘n antwoord op jou gebed, op ‘n ander manier as wat jy wou hê dit beantwoord moes word en YAHUSHUA MASHIACH spreek dit uit en skryf dit deur my om tot seën vir jou te wees, as jy maar net wil glo en ontvang. Vergewe my, ek het nie tyd om dit te redigeer of om die spelfoute reg te maak nie, want dit is baie belangrik dat jy dit so gou as moontlik moet ontvang.

[Elisheva]

Ek weet nie wat om te sê nie, maar hierdie e-pos is nooit gestuur nie. Ek maak dit nou ‘n ope e-pos, verskoning en verduideliking oor hoekom ek dit nie dadelik vir Rachael gestuur het nie.

Hierdie is ‘n openlike apologie aan Rachael, die vrou wie die salwing van die HEILIGE GEES opgeroer het, en almal wie hierdie bemoedigende woord nodig het. Ek het dit vertraag. Ek vra om verskoning vir jou Rachel, want hierdie Woord was aan my gegee en ek was aangesê om dit ongeredigeerd vir jou te stuur, want jy het onmiddellik ‘n Woord van die Hemel nodig gehad. Want dit was ‘n noodgeval. Jou emosionele en verstandelike toestand was van so ‘n aard dat jy nie meer duidelik van die Hemel kon hoor nie. Ek het nie gehoorsaam en die Profesie dadelik gestuur nie, uit vrees vir verwerping.

As gevolg van Profesie 111, het ek gesien hoe ‘n man genaamd Steve Rossi Sr, iemand wat ek broer genoem het, teen my gedraai het in haat omdat YAHUSHUA sy gebed geantwoord het en hom gegee het wat hy wou hê: om vry te wees van ‘n ongelukkige, liefdelose huwelik – hy het beweer hulle was geestelik ongelyk gebonde. Steve Rossi Sr het gesmeek vir hierdie antwoord in gebed en toe YAHUSHUA HA MASHIACH hom gee waarvoor hy gevra het, het hy besluit dit is finansieel moeiliker om ‘n egskeidng te kry as om ongelukkig getroud te wees.

Die Profetiese Woord wat hy gesê het hy beskou as ‘n seën, praat hy nou van asof dit ‘n vloek was. Ons het Steve toegelaat om sommige van die jong tieners te beraad en ons het hom eens as ‘n seën beskou.

Etlike maande gelede het Steve Rossi Sr in die salwing van die RUACH HA KODESH gegroei en elke Profesie liefgehad, totdat dit teen sy vlees te staan gekom het, wat Profesie 111 was. Dit is toe dat sy liefde en respek verander het in haat vir my. Vandat hy geweet het hy kan nie deel van hierdie Bediening wees nie, het hy in wraak teen my gedraai en hom by die diensknegte van satan aangesluit en vir ander vertel ek is ‘n vals profeet.

Die YDS Heilige Gebedsintersessors bid daagliks en vra vir YAHUVEH om wraak op hulle te neem. Steve Rossi Sr. het ook eenmaal teen ons vyande gebid, maar het nou by die vyande van hierdie Bediening aangesluit.

Hoekom het ek al hierdie ingesluit om saam te val met hierdie Profesie 113?

Ek voel YAHUVEH laat dat ek dit saam met my openlike apologie plaas want dit was die vrees vir verwerping op alreeds oop wonde deur iemand wat ek “Broer” genoem het, Steve Rossi Sr. Ek kon dit nie eers verdra om na hierdie Profesie te kyk nie omdat dit ‘n herinnering was van wat gebeur het met Profesie 111.

Ek was herinner dat ek ongehoorsaam was aan YAH omdat hierdie Woord aan Rachael gegee moes gewees het (die een vir wie dit daardie aand oorspronklik bedoel was), tog het ek dit nie gedoen nie. En ek bely voor die Hemel en Aarde en veral aan haar en almal vir wie hierdie Profesie 113 ‘n seën sal wees as antwoord op julle gebede.

Vergewe my asseblief! Ek is nie volmaak nie en soos enige iemand anders maak ek foute en vra YAHUSHUA HA MASHIACH om hierdie sonde in SY GESTORTE BLOED op Golgota te bedek!

Rachael, ek vra nederig jou vergifnis, omdat ek die volgende oggend ‘n ander e-pos ontvang het dat jy opgeneem is in ‘n sielsieke hospitaal en geskryf het en vir gebed gevra het. Ek het hierdie e-pos gesien en ek het geweet ek het met YAHUVEH se tydsberekening gemors en die e-pos moes ongeredigeerd saam met Profesie 113 gestuur word die aand wat dit ontvang was.

Rachael miskien sou jy nie die oggend in die sielsieke hospitaal ingeboek het as ek gehoorsaam was nie. Dit was die gees van vrees en verwerping wat my gekeer het. Rachael, selfs al het jy nogsteeds in die sielsieke hospitaal ingeboek, kon jy die Profetiese Woorde saam met jou geneem het en van die Hemel gehoor het. Wanneer jy hierdie lees, laat my asseblief weet dat jy my vergewe as jy kan.

Selfs al weet ek nie hoe my e-pos adres op jou e-lys beland het nie, (want sover ons weet het niemand van ons vantevore aan jou geskryf nie, (Onthou, dit was geskryf voordat die ou e-posse ontdek was), het YAHUSHUA jou gebruik om hierdie Salwing op te roer sodat ander vrouens vrygemaak kan word sowel as mans, wie in huwelike ly wat nie deur YAHUVEH georden was nie. In die Groot Verdrukking sal julle in groot gevaar verkeer en iemand moet julle waarsku. Wat julle doen is julle keuse.

Ek is net die boodskapper, georden en gesalf om YAHUSHUA HA MASHIACH se Heilige Profetiese boodskappe uit te spreek.

Wie ookal hierdie lees, vergewe my asseblief omdat ek dit vertraag het. En as dit julle seën, skryf asseblief vir my en laat my weet. Nietemin, as ek mag byvoeg, moet asseblief nie geaffronteerd voel as julle nie dadelik terugvoering ontvang nie. Ek sal julle in die Hemel bedank as ek julle nie in ‘n e-pos bedank nie.

Ons probeer regtig om vir elkeen terug te skryf, maar somtyds is daar net nie genoeg ure in ‘n dag nie. Dankie dat julle nie by die vyande van my siel aansluit, my ruineer en beswadder omdat ek nie terug antwoord nie. Weet net dat julle briewe gelees word en oor gebid word.

Jammer om te sê, die man genaamd Steve Rossi Sr. het my bestraf nadat ek vir hom as ‘n seën van YAHUSHUA HA MASHIACH af, ‘n antwoord gegee het op wat hy ons gevra het om voor te bid. Toe hy Profesie 111 ontvang het, het hy een van die Bediening se ergste vyande geword. Sy vrou weet nou wat hy in die geheim vir ons vertel het—en hy haat my en beswadder hierdie Bediening en noem my allerhande bose name.

Ek kan nie voorgee dat dit nie seermaak nie, want ek het slegs ‘n paar maande gelede nog vir hom omgegee as ‘n broer en vriend. Nietemin, ons gaan die e-posse van al die mense oor die wêreld plaas wie die Stem van YAHUSHUA MASHIACH erken en wie waarlik vry wil kom van ‘n huwelik wat nie deur YAHUVEH georden was nie.

*********

Profesie 113 Begin

So Spreek YAHUSHUA ha MASHIACH,
Sal Jy My Toelaat Om Te Skei Wat My HAND Nie Saamgevoeg Het Nie?

O dierbare geliefde kind, dit is nie MY begeerte dat jy hierdie onuitspreeklike pyn moet ly nie. Ek stuur hierdie Heilige Profeet met ‘n seën – as jy dit net sal glo en aanvaar. Kyk! EK antwoord jou gebed en spreek hierdie Heilige Profesie uit om ‘n seën vir ander sowel as vir jou te wees as hulle net sal glo en ontvang. (Markus 11:23).

Hoekom sê julle, “U wil geskied op aarde net soos in die Hemel”, behalwe wanneer dit kom by om ‘n huwelik te beëindig wat nie en nooit deur YAHUVEH georden was nie? Hoekom kan julle nie die blaam aanvaar nie? Dit is deur julle eie hand dat julle julself saamgebind het, nie deur die Hand van YAHUVEH nie. (Esegiël 9-10; Nehemia 13:23-27). Julle dink “EK IS” is beïndruk met hoeveel jare julle saam is—dit is soos ‘n gevangene wat sy dae in die dodesel aftel. Julle dink julle sal beloon word omdat julle ongelukkig getroud is in julle oë?

Herken julle nie die skeidingswaard wat EK gebruik het om julle van ‘n persoon te skei wat julle nie liefhet, respekteer of waardevol ag soos wat EK wou hê eggenotes mekaar moet koester nie? (Efesiërs 5:22-33).

Hoekom weier jy om te luister en eis dat EK gebede beantwoord wat teen MY wil is (Jakobus 4)? Besef jy nie dat jy beter af is sonder hom nie? EK het nie jou gebede beantwoord [om bymekaar te bly] nie. Want dit is nie MY wil dat julle saam is nie. EK het met MY Eie Hand ‘n verhouding geskei wat ongelyk gebind is op alle maniere.

Selfs al kry jy ‘n miljoen mense om te bid en stem saam met jou gebede, EK IS ALMAGTIGE GOD, YAHUSHUA HA MASHIACH, jou HEER & VERLOSSER, maar EK sal nie gemanipuleer word om enigiets teen MY wil te doen nie. Vas kan MY nie van plan laat verander nie. Trane sal MY nie van plan laat verander nie.

EK begeer die beste vir jou, nie die slegste nie!

EK sal nie seën wat EK nie saamgevoeg het nie. Jy mislei jouself en dink EK het jou in ‘n huwelik saamgevoeg wat vir jou so ‘n gevoel van leegheid bring. Jy mislei jouself en dink dat hierdie persoon vanuit die Hemel bestem was om jou sielsgenoot en eggenoot te wees. Jou hart was maar net ‘n speelding in die hand van die vyand om te manipuleer, te mishandel, te verwaarloos, te verwerp en te vernietig.

Het jy nie verstaan dat Profesie 111 wat EK deur Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] gespreek het, ‘n geskenk vir jou ook was nie? Jy was nooit in die oë van die Hemel getroud nie, slegs in jou eie oë. (Spr 16:25; 21:2).

Hierdie vyand bespot jou op die manier wat die vyand MY bespot en alles wat Heilig is. Moenie mislei word nie, elkeen maai wat hulle gesaai het, ABBA YAHUVEH word nie maklik bespot nie, die Poel van Vuur wag vir hulle wie volhard om hulle lewens volgens hulle manier te leef en nie volgens YAHUVEH se manier nie. (Gal 6:7-8)!

EK het hierdie profeet onverwags vandag opgerig om vir jou ‘n bemoedigende Woord te gee omdat jy MY nie meer self kan hoor nie; jy hoor jou eie stem, jou eie begeertes bepaal jou eie weg (2 Pet 1:20-21)—en jy dink YAH sal dinge verander, as gevolg van al jou gebede en die gebede van ander (Jakobus 4), maar oordeel is vas en jy moet laat gaan wat jy nooit regtig gehad het nie. Dit was alles net ‘n illusie van die hel af (1 Joh 2:17).

Moenie hasatan [Hebreeus vir “die teëstaander”] die plesier gee om te sien hoe jy jouself elke dag meer skade aandoen nie. Moenie hasatan die plesier gee om te sien jy huil oor hierdie een wie se naam nie in die LAM se Boek van Lewe te vinde is nie!

Sê MY Woord nie: Wat het lig en duisternis in gemeen nie? (2 Kor 6:14). Hoekom volhard jy om met geestelike duisternis saam te woon?

Besef jy nie dat elke dag wat jy dit gedoen het, het hasatan hierdie kruik van satan gebruik om te probeer om jou geloof, hoop en die uitstraling op jou gesig uit te doof nie? Besef jy nie satan het hierdie persoon gebruik om die Heilige Vuur te blus (1 Thess 5:19-22) binne-in jou nie? Besef jy nie hasatan het hierdie persoon gebruik om jou die dood bo die lewe te laat verkies nie? Besef jy nie hasatan het hierdie persoon gebruik om jou huis met demone te vul en demoniese geeste toe te laat om jou te onderdruk nie? (Nehemia 13:26).

Hoe kan jy glo EK sou vir jou so ‘n persoon as ‘n sielsgenoot gee? Sielsgenote herken mekaar en koester mekaar. Selfs die heidene, wie se name nie voor die grondlegging van die wêreld af in die LAM se Boek van Lewe opgeskryf is nie, herken mekaar.

Byvoorbeeld Ozzy Osborne en Sharon Osborne het mekaar herken want hulle is sielsgenote en beide is bestem vir die hel en die Poel van Vuur ná hierdie lewe. Hulle albei dien hasatan en albei spot alles wat heilig is en bespot die kruisiging en sê dit is ‘n oorwinning die dag toe EK gekruisig was, want satan het MY doodgemaak en het die oorwinning behaal.

En hierdie sataniste weier om te dat glo EK, YAHUSHUA HA MASHIACH lewe, regeer en heers in die Hemel en het nog altyd, langs ABBA YAHUVEH.

Jou sielsgenoot sal dieselfde liefde deel en sal dieselfde passie hê wat jy het vir die Een wat jy HaShem noem, alhoewel ABBA YAHUVEH meer is as net HaShem [Hebreeus vir] “Die Naam”.

ONS het jou lief en ONS het al jou trane in flessies gestoor in die Hemel (Psalm 56:8). Jy het nou gehoor wat jy nie voorheen wou glo nie.

Jy het geweier om hierdie verhouding te beëindig wat sonde en owerspel is in die oë van die Hemel. Soos dit geskryf is in die Heilige Skrifte, sal EKSELF, met MY skeidingswaard ‘n verhouding skei (Matt 10:34-36) wat die Hemel nie georden het nie, vir jou eie beswil—vir jou eie beswil verstandelik, liggaamlik sowel as vir jou geestelike groei.

Berou omdat jy die gewydheid van die woord huwelik beledig het. Want dit was nie ‘n YAH geordende huwelik nie! Jy het niks geestelik in gemeen met hierdie persoon nie. Die twee van julle het probeer om een te word, maar het nooit daarin geslaag nie. ‘n Verdeelde huis kan nie staan nie (Markus 3:25)!

Moenie langer huil nie, moenie jouself langer straf nie! Instede daarvan wees dankbaar want jy is nou vrygemaak om jou ware sielsgenoot te ontvang, as jy dit wat EK geskei het, laat gaan en jouself toelaat om vry te wees om te glo wat EK deur hierdie Profeet skryf en spreek. EK kon nie jou ware sielsgenoot bring totdat jy vrygestel was van die een wat jou in slawerny en ja, sonde, gehou het nie!

EK IS—gaan jou nie toelaat om verslaaf te raak aan dwelms nie, selfs al gee ‘n dokter dit! EK weet jy wil geen pyn voel nie en wil meer pille te hê, maar jou vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7) kan nie in ‘n pil gevind word nie!

Dit is in MY te vinde!

EK, YAHUSHUA HA MASHIACH IS die enigste PRINS van VREDE wat jy nodig het! (Jesaja 9:6). Jy is hardkoppig en het ‘n prys betaal vir hierdie hardkoppigheid en rebellie. Soos ‘n hardkoppige bedorwe kind eis jy jou manier en weier.

Om te glo dit is nie YAHUVEH se manier dat jy skei nie, is jy soos ‘n kind wat ‘n vloerstuipe kry omdat jy nie dinge op jou manier kan hê nie. Jy het probeer om die gebede van die Heiliges te manipuleer om teen YAHUVEH se wil te bid.

Moenie mislei word nie. Want almal wat geestelike oë het om te sien en geestelike ore het om te hoor, kan dieselfde hoor wat EK nou deur hierdie profeet voortspreek.

Vra jouself af, hoekom wil jy saam met ‘n persoon bly wat jou nie liefhet of by jou wil wees nie? ‘n Heiden ken nie eers nie betekenis van die woord liefde nie! Hoe kan hulle? Want EK is nie in hulle nie! Hulle noem dit liefde, maar dit is nie liefde nie. Hoekom besef jy nie jy is beter af alleen nie?

Die planne wat YAHUVEH vir jou het is ten goede en nie vir die bose nie (Jer 29:11) Vir jou om te lag met onuitspreeklike vreugde en vol heerlikheid (1 Pet 1:8-9).

Wag, EK sê wag, en wanneer jy verlang om heel te word en jou emosies en jou hart toelaat om heel te word, sal EK, jou YAHUSHUA HA MASHIACH, jou op alle gebiede genees (Maleagi 4:2)—met MY Eie Hand kan EK vir jou die een bring wat jou liefde werd is, iemand wat die Salwing van die RUAH ha KODESH in albei van julle sal oproer: ‘n Heilige eggenoot bemoedig mekaar deur in Heiligheid te wandel, hand aan hand heilig; ‘n Heilige eggenoot sal MY aanbid, liefhê, gehoorsaam en dien.

Sielsgenote loop Heilig saam hand aan hand. Die seën om ‘n eggenoot te hê wat YAHUVEH aanbid en eerste in hulle lewe en liefde stel, sal duidelik wees vir almal om te sien wanneer ‘n huwelik deur MY georden is. Die geordende eggenoot is op alle gebiede geestelik gebind met jou.

Wag, sê EK!

Wag en hou op om van YAH te eis om jou gebede te beantwoord soos jy hulle beantwoord wil hê. Want dit sal nie in jou tydsberekening wees nie, maar in YAHUVEH se tydsberekening. Dit sal nie op jou manier gedoen word nie, maar op YAHUVEH se manier!

Wat as EK ‘n eggenoot (sou) bepaal [wat] slegs jou Heilige wandel met MY verhinder? Sal jy steeds jou wil aan MY onderwerp? Sal jy MY steeds gehoorsaam? Hoe baie het in wellus gebrand en oorhaastig getrou omdat hulle die vuur wou blus? Nou betaal julle die prys van ‘n ongelyk gebonde eggenoot en ‘n huwelik wat nie deur MY bepaal was nie.

Om ‘n seën vir YAHUVEH te wees (Rom 12:1; Heb 11:5-6) moet jy jou wil onderwerp en sê, “U wil geskied op aarde net soos in die Hemel!” en glo dit hierdie keer! (Jakobus 1).

Moet nooit iemand toelaat om ‘n afgod te word nie. Hoe sal jy weet as jy dit gedoen het? Betrap jy jouself dat jy geestelike waarhede wegsteek wat aan jou geopenbaar is? Betrap jy jouself dat jy met sonde ‘n kompromie aangaan?

Kind, dit sal volgens YAHUVEH se manier gedoen word of jy daarvan hou of nie. Dit is soos dit is en so sal dit tot in ewigheid wees. Selfbejammering is nie die antwoord nie, dit benadeel jou net verstandelik, liggaamlik en emosioneel—jy het lank genoeg getreur—dit bring jou geen antwoorde wat jou kan help nie.

Die vyand van jou siel spot jou en slaan jou plat. Jy voel jy is fyn gemaalde glas en hopeloosheid en wanhoop is oral rond, maar EK stuur hierdie HEILIGE WOORD om julle weer op te rig.

Onthou EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK het gekom om die gevangenes vry te maak! (Lukas 4:18). Hoekom kan julle nie glo daar is geen groter liefde (Joh 15:13) as ABBA YAHUVEH, KOSBARE RUACH HA KODESH & EK nie? Hoekom kan julle MY nie vertrou dat EK weet wat die beste is vir julle nie?

Moenie op julle eie begrip staatmaak nie, maar erken MY in al julle weë en EK sal julle paaie gelykmaak. (Spr 3:5-6) —satan spot met julle pyn.

Wil julle oorwinnig oor die duiwel hê? Besef dan dat hierdie verhouding uit die hel gestuur is. Berou en bely dat julle weet hierdie huwelik was nie deur MY georden nie; EK IS getrou en sal julle vergewe (1 Joh 1:9).

Julle lewe in die eindtye en dit is net so gevaarlik soos in die outyd toe gelowiges met ongelowiges saamgebind was. Die Heilige gelowige was verraai en gemartel (Dan 11:33-34; Open 6:9-11) talle kere. En soos dit eens was, so sal dit weer wees (Prediker 1:9; Open 13:10).

Dit is hoekom dit MY Hart se uitroep is om te waarsku en diegene te skei wie gevaarlik ongelyk gebonde is in huishoudings.

Wat sal julle doen wanneer julle wettige geestelike vryhede weggeneem word en wanneer julle nie langer vry is om MY openlik te aanbid nie, soos die kommunistiese en Arabiese nasies met die Christene gedoen het? Dié wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe sal nie die wette gehoorsaam wat deur die mens geskryf is as dit teen die Wette van YAHUVEH is (Daniel 6:4-8; Hand 5:29; Heb 11:23) wat op die Kliptafels geskryf is nie.

Is jou naam in die LAM se Boek van Lewe? EK IS gebruik nou MY skeidingswaard en waarsku julle voordat dit gebeur en julle verraai word deur diegene oor wie julle nou treur. (Miga 7:2, 5-6; Lukas 21:16). Dit het alreeds op verskeie plekke in die wêreld plaasgevind.

Die bloed van die martelare deurweek die grond—in Noord Korea, dele van Afrika en Rooi China—omdat hulle die gees gehad het van Stefanus (Handeling 7) soos opgeteken is in die Heilige Skrifte en dit was duidelik vir almal om te hoor en te sien: Hulle het geweier om op te hou om MY te loof.

MY Heiliges is keer op keer verraai. En dit het keer op keer hulle lewens gekos of gevangenisskap, en so is dit ook nou—so dit sal erger word (Matt 24:21-22) terwyl julle vryheid van godsdiens vervang word met die een-wêreld regering, en godsdiens sal voorskriftelik wees (Open 17:4-6,15).

Hoeveel sit en toekyk hoe ander se vryhede en vryheid van spraak weggeneem word en vervang word deur wette van sonde.

Wanneer die tyd kom en die “merk van die dier” verpligtend word, sal julle sien wat gebeur met die ongelyk gebonde huishoudings wie weier om MY toe te laat om van ongelyk gebonde slawernye en verhoudings vrygemaak te word! (Matt 24:9-10, 25).

Los jou pyn en seer by die voet van die kruis. EK weet jy voel seergemaak, maar jy moet die hartseer en pyn losmaak en dit by die voet van die Kruis los waar EK op Golgota gely het. (Jesaja 53). EK sal jou verlos van die depressie en gees van hopeloosheid wat jy nou voel, as jy net kan glo.

Wees gehoorsaam en lojaal en soek eers die Koninkryk van die Hemel—en al die begeertes van jou hart sal vervul word volgens YAHUVEH se wil. (Matt 6:33). Wees eerstens lief vir die HERE jou GOD YAHUVEH, vir MY jou YAHUSHUA HA MASHIACH en die SOETE RUACH HA KODESH met jou hele hart, verstand, liggaam en siel. (Deut 6:4-6), en jy sal geseënd wees volgens YAHUVEH se wil en volgens SY manier. (Deut 7:7; Deut 28).

Hierdie persoon oor wie jy treur is jou vyand sowel as die Hemel se vyand in die natuurlike realm en die geestelike realm. Die vyand van jou siel bespot jou liefde en bespot alles wat jy sê en doen—satan spot omdat jy dink hierdie een wat jou soveel marteling, eensaamheid, skande en hartseer veroorsaak het, is werd om jou lewe oor te vernietig, terwyl jy jou oë op hulle hou en jou oë van MY afhaal (Spr 4:25-27; Heb 12:2).

Hierdie een wie jy gedink het het jou lief, lag vir jou trane en pleidooie en spot elkeen vir wie jy gevra het om vir jou en hom te bid. EK alleen kan jou gesond maak (Exodus 15:26) en jou gebroke hart heelmaak (Ps 147:7; Jesaja 1:5).

Want in MY oë is jy soos ‘n brose skoenlapper met geskeurde vlerke. Laat MY toe om jou vry te maak, sodat jy weer soos die Heilige Arende kan sweef (Jesaja 40:31). Sal jy dit toelaat?

Kies jy om hierdie Woord as ‘n seën te ontvang of sal jy dit in woede, hardkoppigheid en rebellie sien as ‘n vloek? Dit is jou keuse. EK weet alreeds watter keuse jy sal maak.

Einde van Profesie

So is dit Gespreek, So is dit Geskryf op 30 Julie 2009

‘n Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.

Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie!

Apostel Elisheva Eliyahu