PROFESIE 1, OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN YAHUVEH!


PROFESIE 1
OORDEEL BEGIN BY DIE HUIS VAN YAHUVEH!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu
31 Desember 1996

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.

(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:
2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Profesie Begin


Dit is ‘n vreesaanjaende en verskriklike ding om in die hande van ‘n lewende God te val. MY toorn kan net so groot wees soos MY liefde, maar niemand praat daarvan nie. In die jaar 1997, sal EK MYSELF openbaar nie net as ‘n God van Liefde nie, maar vir hulle wat MY krag bespot en verloën of MY liefde weier, en MY Skape wil mislei … hulle sal weereens die dae van Ananias en Saffira smaak. Wysheid is die Vrees van YAHUVEH. Baie van MY eie skape neem MY as vanselfsprekend aan. Hulle doen dinge en dink dit word deur genade bedek. Hulle doen dinge wetende dat dit onheilig is en MY aanstoot gee.

Maar hulle dink EK IS blind en doof. Die jaar 1997 sal EK bewys EK is ‘n God van vuur en dit wat in MY Bedienaars se weg staan sal deur MY woede verteer word. Hulle wat dit waag om die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH te keer sal die ergste ly. EK kom vir ‘n kerk sonder vlek of kreukel en EK sê weer vir julle, waarsku die kerk. Die kerk is nie die pastoor nie, dit is nie die gebou nie. Die kerk is die mense, MY Skape. EK het genoeg gehad van mans wat bedienings na hulself vernoem; hulle het geen reg om hierdie afskuwelikheid te doen nie. Hulle het nie die hoogste prys betaal nie; hulle is nie heilig genoeg om dit te doen nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het die prys op Golgota betaal.

Tensy hulle sondeloos en volmaak is, het hulle geen reg om ‘n bediening na hulself te vernoem nie. EK alleen is volmaak en sondeloos, nie die mens nie, “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van YAHUVEH!” Julle is sondeloos voor MY aangesig omdat MY Bloed julle sondes wegwas. Dit is nie omdat julle sondeloos is deur jul eie perfeksie nie. Julle is sondaars, gered deur MY Barmhartigheid en genade. Die Bloed op Golgota was julle sondes weg, dis waar, maar ‘n bediening verteenwoordig MY, julle Vader YAHUVEH en die bediening moet benoem word vir heiligheid nie ‘n mens nie.

Want weereens profeteer EK deur jou en sê “Pasop” Waarsku hulle, want as die onperfekte mens val (en hy sal), val die bediening wat sy naam dra, en die skape spat uitmekaar na die vyande se kamp toe. Vertel vir hulle, MY Diensmaagd. Waarsku hulle. Moet hierdie gruwel nie langer voor MY aangesig pleeg nie. Omdat EK gesê het, “Wees Heilig want EK is Heilig”. Selfs die top Profete en Leraars wat MY salwing het is in dwase hoogmoed en hulle vernoem dit wat nie hulle s’n is nie… die gesalfde bedienings, na hulself. Hulle sal val deur dit te doen maar EK sal daar wees om hulle op te tel nadat hulle getug was.

Maar waarsku hulle, dit is soos ‘n kind wat slae kry, maar baie maal gewaarsku was. EK tug diegene wat EK liefhet. EK is ‘n Lam vir diegene wat MY Bloedgeskenk op Golgota aanvaar. EK is ‘n LEEU uit die stam van Juda vir MY vyande. EK is ‘n kryger en nie ‘n papbroek nie. EK het eenmaal die ander wang gedraai. Maar wanneer EK weer na MY vyande toe kom, bring EK MY woede. Ellende wag op hulle wat hulself MY vyande noem en dit waag om die goeie werke te vernietig wat EK deur MY diensknegte verrig. ‘n Leeu ruk en verskeur voordat dit sy prooi verslind. So ook die arend, wat julle Hemelse Vader verteenwoordig. Julle sal in 1997 MY woede aanskou.

Maar MY Kinders het niks om te vrees nie, Hulle wie MY waarlik liefhet, aanbid en MY eerste in hul lewens stel. EK gaan die tempels skoonmaak. Ek gaan bewys dat EK ‘n God is wat grootliks gevrees moet word. EK is nog steeds ‘n God wat Heiligheid van MY Kinders eis. EK praat nie van uiterlike voorkoms nie; dit is ydelheid en mensgemaakte heiligheid. Ware Heiligheid kom van binne. Daar kom ‘n burger-oorlog na Amerika toe en dit het alreeds begin.

Maar daar beter nie ‘n burger-oorlog in MY kerke wees nie. Hulle moet liewer nie bevooroordeeld wees nie, hetsy dit uiterlike voorkoms of ras is. Want as MY Kinders mekaar sien, beter hulle net ROOI sien, MY Bloed! Hou op om julle kerke volgens kleur te verdeel. EK sien geen kleur raak nie. EK is alle rasse in een. Hou op om mekaar op uiterlike voorkoms te oordeel. Want waar die gees van bevooroordeling is, sal MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie bly of inwoon nie. Instede daarvan sal bose geeste ingelaat word. Julle is gewaarsku.

[Elisheva] jy het nie geweet wat jy een woord na die ander sou tik nie. Gee hierdie profesie vir almal van hulle wat ore het om te hoor, laat al die ander doof bly. EK kom vir ‘n kerk sonder vlek of kreukel. Wat MY terughou is die eintlike ding wat MY moet terugbring. MY kerk, MY mense, MY pastore, MY bedienaars, EK haat hoogmoed. Dit is een van die 7 dodelike sondes, nogtans dink MY eie pastore, wat MY salwing dra, dat hulle die kerk bou, dat hulle die kerk besit en dat hulle die skape moet beheer. EK alleen is die enigste Goeie Herder. Julle taak is om die vinger te wees wat die weg moet aanwys na MY, YAHUSHUA toe.

Trots, geweldige trots, het selfs in die tempels ingesluip waar EK MY salwing uitgestort het. Wie het die grootste gemeente, die meeste geld? Dit maak MY siek. Wie wen die meeste siele? Die jaloesie en begerigheid is in MY eie tempels. Dit maak MY siek. Julle sê, “Wanneer kom YAHUSHUA weer?” EK sê, “EK wag vir die kerk, die tempels, om hulself te reinig”. Hou op twis onder mekaar. Ontbloot die wolwe wat MY Skape verslind het. Hulle is agter die kansels en elkeen is so bemoei met hul eie kerke, niemand gee om vir die skape nie.

Wie kan groter tempels bou? Wie kan die meeste media dekking kry? Wie is die nommer een evangelis, profeet, pastoor, kerk? EK sê vir julle deur hierdie Profetes, luister na haar. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH! Dan sal EK met die heidene te werk gaan. Dit maak MY siek. EK verlang daarna om julle in MY arms toe te vou, en instede daarvan twis en beledig julle mekaar as gevolg van julle geslag. EK kies om te gebruik wie EK kies om te gebruik. Die nederigstes sal EK gebruik op ‘n kragtige manier.

EK verkies om hierdie werktuig te gebruik omdat sy dink sy is die swakste van die hele klomp, maar EK sê weereens, EK sal die nederige en die sagmoedige gebruik, hulle wie niemand dink EK sal gebruik nie want MY krag word die beste vertoon in swak mense. Ander weet dit is nie uit hulle nie en hulle spog nie. Want hulle weet dit is slegs MY salwing wat elke juk, voetboei, ketting, skakel en binding verbreek. Dit is nie deur julle mag of krag nie maar deur MY Gees. So spreek YAHUSHUA, “EK het gekies om as ‘n baba te kom, die swakste van alles om te bewys, moenie na die uiterlike kyk nie, kyk na die innerlike! Die salwing ken geen geslag, ras of ouderdom nie.”

Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gebruik gewillige, gehoorsame erdekruike, nie hulle wat skree, “Gebruik my want ek is so pragtig, ek is heiliger as die res” nie. EK sal nie diegene gebruik wat dink hulle is goud nie; EK gebruik diegene wat weet hulle is gebreekte erdekruike van klei maar magtige krygers vir YAHUSHUA ha MASHIACH. In 1997, sal EK uitreik na hulle wat bedienings gehad het en nederig gebly het of wat vir die oorgrote meerderheid nie bestaan het nie. Hulle wat EK nie net geroep het nie maar hulle wat gekies was, gekies terwille van hulle geloof waarvan EK die outeur en voleinder is. EK begin nie iets en misluk dan nie. EK is julle God wat nie kan misluk nie.

Wees gereed, want EK sê vir julle die rykdom van die bose sal in 1997 na die hande van die regverdiges gedraai word deur MY Naam en MY Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH s’n. Dit sal MY Skape wees wat die rykdomme en die poste het. Die vyande se kinders sal dit sien en hulle tande kners uit woede en jaloesie, maar EK doen dit om te bewys dat MY Skrifte geen leuen is nie. Deut 28 se seëninge is nogsteeds gereserveer vir MY Kinders en EK ken hulle by die naam en deur die hare op hulle hoof.

Wees gereed want vir MY Kinders, is dit die grootste uitstorting van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) ooit. EK sal diegene gebruik wat dink hulle is ongewild, nie mooi nie, of gebrek het aan opleiding, hulle wat weet dat hulle niks kan doen sonder MY salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie. Hulle wat weggegooi, mishandel, geïgnoreer is en aangesê is om op te gee, dat dit nie die moeite werd is nie.

Hulle wat nie die finansies gehad het nie sal na Almagtige God kyk en EK sal die vensters van die Hemel oopmaak en hulle so oorvloedig seën dat hulle verplig sal wees om aan ander uit te deel sodat hulle ook oorvloedig geseënd sal wees. En dit sal soos ‘n kettingreaksie wees. MY Woord sê, “Geliefde, EK wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan”

EK gaan bewys dat MY Woord nie leeg na MY toe kan terugkeer nie. Pasop wie julle weggooi as waardeloos. Want dit is die pastoor wat die klein kudde het, maar daarop aandring dat die RUACH ha KODESH volle beheer het ongeag hoeveel van die skape weggaan na die kerke toe waar daar geen tekens, wonders, wonderwerke is nie, want daar is ook geen oortuiging van die RUACH ha KODESH nie.
Pasop om die evangeliste te verwerp wat in julle oë onbekend is en hul eie finansies gebruik om die evangelie te versprei en siele te wen. Pasop om die profeet te spot, te mishandel en te ignoreer wat na julle toe kom met ‘n profesie en julle nie die profesie wil glo nie omdat hulle van die verkeerde geslag is of omdat hulle niemand is nie en nie beroemd is nie. Pasop om die jonges aanstoot te gee wat EK oprig om te profeteer en ja, die oues te waarsku om na die stem van Almagtige God te luister.

Kom uit hoogmoed uit. Want hulle is die einstes wat EK stuur. Wanneer julle hulle aanstoot gee, gee julle die God wat hulle stuur aanstoot. Hulle is slegs MY Boodskappers, so moenie die boodskapper stenig nie. Dit sal die ‘nobodies’ wees wat EK oprig, die onbekendes deur wie EK MY tekens, wonders en wonderwerke doen en ‘n mondstuk is vir YAHUVEH. Want hulle is nie ‘n ‘nobody’ nie. Slegs in die oë van die hoogmoediges. Hulle is iemand vir MY want EK kan en sal hulle magtig gebruik tot MY Lof, Eer en Heerlikheid. Want hulle sal dit nie van MY steel soos ander probeer het om te doen nie.

Julle het nie hierdie suksesvolle bedienings gebou nie. Dit was deur die krag en salwing van die RUACH ha KODESH dat dit ‘n sukses was. Hou op om MY Eer te steel. Julle is nie die geneesheer, verlosser nie; dit is Almagtige YAHUVEH alleen wat verlos. Die boodskap aan die kerk van 1997 is, raak nederig voor YAHUVEH. Hierdie boodskap is vir die profete, evangeliste en pastore. Julle het geen krag sonder MY salwing nie. EK is ‘n jaloerse God. Haal die mens se naam van MY bedienings af. Julle is gewaarsku. Gee die lof, erkenning aan die enigste een wie ‘n reg het om ‘n bediening na homself te vernoem, julle Heer en Verlosser, die een wie julle proklameer om te dien en te aanbid. EK deel MY Heerlikheid met geen mens nie.

Daar is ‘n vals leerstelling wat in hierdie eindtye rondgaan in sommige van MY kerke waar MY salwing uitgestort was. ‘n Gees van trots en Godsdiens het die leuen versprei dat die pastore sê “net ons het die outoriteit om te sê wie kan bid en wie kan nie bid nie. Julle word verbied om vir mekaar te bid sonder ons toestemming”. Nie eens YAHUVEH Almagtig, Skepper van Hemel en Aarde sal so iets sê nie.

MY Woord sê duidelik, “Bid vir mekaar.” EK is nie ‘n aannemer van persoon nie. Hoekom sal EK so iets toelaat. Jaag hierdie vals herders uit MY huis uit. Sê vir hulle julle ken die Woord van YAHUVEH. Hou op om hierdie leuen te glo en te versprei. Ja, daar is mense wat sal probeer om julle te vervloek in plaas van seën, maar die vloeke sal slegs neerkom op die hoof van die een wat hierdie vervloeking uitspreek vermom as gebed. Die okkultiese gees wat probeer om MY Skape te vernietig, sal terug boemerang op die een wat dit gestuur het.

Die RUACH ha KODESH is heeltemal instaat om diegene vir wie daar gebid word te beskerm. Hou op om te probeer doen wat julle nie veronderstel was om te doen nie. Dit is die RUACH ha KODESH se taak. Dit is die Goeie Herder se taak en EK alleen is die Goeie Herder; EK is in staat om almal te versorg wat MYNE is. Haal die balk uit julle eie oë voordat julle oordeel of iemand waardig is om vir ‘n ander te bid. Oordeel begin by die huis van YAHUVEH. EK gaan in 1997 op ‘n magtige manier kom huis skoonmaak, voordat EK die heidene oordeel. Sonde is sonde. Onheiligheid is nogsteeds onheilig. EK is nie ‘n God wat saam met julle tye verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en vir ewig.

Omdat pastore weier om in dapperheid op te staan en te sê bekeer en YAHUVEH se woord sê dit is sonde. Hulle is bang om hulle belastingvrystellings-status te verloor, en laat toe dat die regering hulle stilmaak terwille van vrees. Nou sal hulle iemand anders hê om te vrees, EK, YAHUSHUA. Omdat julle stilgebly en nie gepraat het en gesê het bekeer of anders sal die Hel se vuur julle verteer nie. Sal die een ding wat julle pastore en bedienaars die meeste gevrees het skielik oor julle kom. Julle sal nie meer julle belastingvrystellings-status hê nie. EK gaan die regering toelaat om dit weg te neem sodat julle weereens sal uitspreek sonder vrees, oor dit wat sonde is. Dit sal julle teken wees dat hierdie profesie van MY af kom want julle sal dit sien gebeur. Promosie kom van nêrens anders as die Noorde nie, en dit is die Hemel.

Dit is EK wat een bevorder en ‘n ander degradeer. Baie sal in 1997 gedegradeer word wat winste gemaak het deur gawes van die RUACH ha KODESH te verkoop. Dit was nie julle s’n om te verkoop nie. Diegene wat tot die bediening toegetree het en gedink het dit is ‘n manier om vinnig ryk te word, en sommige top bedienings is nou baie gulsig. Hulle sal of bekeer of val. Julle sal dit sien gebeur. Bedienaars wat in die geheim sondig, sal ontbloot word soos jare vantevore en beskaam word vir die hele wêreld om te sien. Want die gees in die geestelike leier is die gees in die gemeente. EK moet ‘n openbare vertoon maak en diegene bestraf wat die Woord van YAHUVEH preek, maar geen vrees vir MY het nie, wat dink EK is verblind deur hulle goeie werke. Dit is nie deur goeie werke wat julle Hemel toe gaan nie, sodat geen mens kan spog nie. Van diegene vir wie daar baie gegee is, word baie verwag.

Pastore, Evangeliste, Profete, Bedienaars, MY Kinders … julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet. Sommige weet meer as ander, maar dan word hulle meer aanspreeklik gehou want hulle weet van beter as om MY aanstoot te gee. Ondersoek julself in 1997 en versaak sondige leefstyle en die geeste van trots en rebellie. Want EK is ‘n God wat alles weet, sien en hoor. Diegene wat hulself MY skape en bedienaars noem, sal aanspreeklik gehou word vir dit wat hulle weet is Heilig en onheiligheid praktiseer.

Hierdie pastore wat slegs voorgee om die skape lief te hê en te versorg, maar eintlik nie meer omgee nie, sal gedegradeer word. As hulle daarin is vir gulsigheid, sal hulle armoede ken. Oordeel sal in 1997 op ‘n magtige wyse in die huis van YAHUVEH begin en as julle wat regverdig is skaars gered word, hoeveel te meer het die heidene om te vrees. Toets die Gees wat spreek en julle sal sien dit is die stem van die RUACH ha KODESH wat uit hierdie Profetes spreek om die heiliges van YAHUVEH te bestraf, te seën en te stig. En laat die basuingeklank van verdoeming weergalm vir die vyande van die evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH.

Raak MY gesalfdes nie aan nie, moet ook MY Profete geen leed aandoen nie. Moenie hierdie boodskapper stenig omdat sy MY boodskap bring nie. Want skade sal kom oor die een wat ‘n woord teen MY Boodskapper opper. Toets MY en kyk of EK nie ‘n God van verterende vuur is nie. Die hel se vuur is MY woede wat aangesteek is. Moenie dat dit teen julle aangesteek word nie.

Kopieer dit en gee dit aan almal wat ore het om te luister. Laat al die ander doof bly. Net omdat hulle nie glo nie, beteken nie dat EK nie sal doen wat EK gespreek het nie, dit sal gebeur. Esegiël 3:17-21 sê, waarsku hulle en as hulle nie luister nie, sal die bloed nie op julle hande wees nie. As julle hulle nie waarsku en hierdie profesie aanstuur nie, dan sal hulle sterf in hulle sonde maar die bloed sal op julle hande wees. EK stuur my profete om te waarsku voordat die verdoeming kom. EK stuur MY Profete om te sê ‘n seën gaan kom, voor die seën kom.

* * * * * * *

Gegee op hierdie dag 31/12/96 aan Eerw. Elisheva Eliyahu toe sy dit die minste verwag het terwyl sy aan iemand geskryf het om hulle te bedank vir gebed.