PROFESIE 2, MY Toorn Is So Groot Soos MY Liefde


PROFESIE 2
MY Toorn Is So Groot Soos MY Liefde

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu
8 Januarie 1997

YAHUVEH se waarskuwing vanaf Profesie 105 wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:
Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE, OF OOK MY LOF aan die gesnede beelde nie.
(Profesie 105)
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph105afrikaans.htm

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

So spreek die Here GOD van die Leerskare:


EK sal bewys dat EK diegene beloon wat ywerig na MY soek. Beproef MY en kyk hierdie jaar is die jaar waarop julle gewag het. Vergader reg rondom die wêreld deur die wonderwerk van die rekenaar, verbind met mekaar, staan saam en julle sal ‘n groter uitstorting van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sien soos nog nooit vantevore nie.

Want julle sal mekaar se gawes aanwakker wat sluimerend was of selde gebruik is. Julle sal in die Gees saamgebind word sonder om selfs op ‘n vliegtuig te klim, julle sal een wees in MY deur die wonder van hierdie rekenaar-tegnologie wat hoewel satan dit gebruik vir sy boosheid, EK dit selfs meer gebruik vir MY Lof, Eer en Heerlikheid. MY Profete sal dit gebruik om MY boodskappe oor te dra, so luister aandagtig hierdie jaar sodat julle sal weet wat om te verwag voordat dit gebeur. EK sal die Profete uitstuur voordat EK MY toorn stuur.

Bid dat EK julle sal vind ernstig soekend na MY, MY liefhet en MY Woord gehoorsaam. Want moenie sê julle het MY lief as julle MY nie gehoorsaam nie. Al is julle sondes weggewas deur die Reddende Bloed van YAHUSHUA, moet MY nie beproef nie want EK weet wie is gered en wie speel slegs toneel!

Vantevore het EK MY Profetes beveel om te sê dat oordeel by die huis van YAHUVEH begin! Nou het oordeel op hierdie dag van 8 Januarie 1997, begin by die huis van YAHUVEH op ‘n kragtiger manier as voorheen! Kyk en luister aandagtig, wees voorbereid! Kyk hoe EK die tempels reinig net soos toe MY Seun die tempel uitmekaar geruk het, dit was van toekomende dinge en dit het begin. Bose herders en wreedaardige pastore, vals profete, pasop; hierdie jaar kom groot en magtige toorn na julle toe.

Hardloop terwyl julle nog kan. Julle het dinge in MY Naam gedoen, MY Klein Skapies seergemaak, hulle geslag en MY Skape aan die voete van satan geoffer en hiervoor sal julle boet. Julle het die bose aangemoedig en die regverdige ontmoedig. Julle het gesê dat EK leuens gespreek het en visioene gesien het, maar julle ken MY nie eers nie. So hoe kon julle MY dus gesien het, of van MY gehoor het. Julle het baie mislei en selfs MY Heilige Woord gebruik vir julle eie voordeel en julle eer.
Wees gereed om te veg want julle gaan nie net die Almagtige GOD YAHUVEH beveg nie! Maar ook MY nuwe geslag RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gevulde krygers. Hoor hulle oorlogskrete.

Hulle is vol van die woede van YAHUVEH oor alles wat die vyand gedoen het. Hulle sal agter die skape aangaan wat die vyande verjaag het. En hulle tot by die voete bring van die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) van Nasaret en Golgota! YAHUSHUA ha MASHIACH is SY Naam en dit is op hulle lippe, asook op hulle voorhoofde (verstand) en hart geskrywe.
EK bekragtig MY vyfvoudige-bediening op maniere wat hulle nog nie geken het nie en hulle sal die hele tyd MY stem hoor en sien dat die GOD wat hulle dien almagtig is in oorlog. MY Kinders, julle het niks om te vrees nie, want EK ken MY Skape en julle ken julle Herder. Julle het niks om te vrees nie. EK sê weer vir julle, kyk op, julle verlossing kom nader. MY koms is nader as wat julle selfs kan dink, maar die vyand weet dit en probeer nou die boosheid bespoedig.

Onthou wanneer die vyand inkom soos ‘n vloed, sal EK ‘n standaard teen hulle oprig. Diegene wat agter die kansels staan en MY Skape bedien, hoor MY stem. EK het julle geroep om vegters vir YAHUSHUA te wees, nie papbroeke nie. Vat dit wat die vyand van julle gesteel het terug in MY Naam. satan kom om te steel, te slag en te verwoes. Hou op om hom toe te laat. EK sê weer, EK het julle geroep om MY Vegters te wees, nie papbroeke nie.

Moet geen plek vir die duiwel gee nie en die duiwel sal geen plek vir julle gee nie. Op hierdie dag moet die kerk, wat nie die gebou of pastoor is nie maar MY Mense wat by MY Naam geroep is, opstaan en sê, “Ons is vegters vir YAHUSHUA ha MASHIACH; ons weet ons is meer as oorwinnaars deur die Naam van YAHUSHUA. Die geveg is YAHUVEH s’n, die oorwinning is ons s’n tot Lof, Eer en Heerlikheid van YAHUSHUA ha MASHIACH en YAHUVEH!”

Laaste maar nie die minste nie, sal julle in elke aspek sien hoe EK jukke ontbind wat EK nie saamgebind het nie, julle het dit self gedoen. Maar dit sal alleenlik MY hand verg om dit wat nooit bedoel was om saamgejuk te wees nie te ont-juk. Kan ‘n os en ‘n muis ‘n wa trek? Nog erger, kan ‘n os en ‘n mier ‘n wa vol vrugte trek? Bid tot MY en MY RUACH ha KODESH sal openbaar waar die mier of die muis vasgejuk is aan julle. Aanvaar dan hoe EK ookal verkies, en wie EK ookal kies om te ont-juk van julle.

Want julle het gewonder hoekom julle gebede verhinder word, dit is omdat sommige van julle ongelyk gejuk was op baie verskillende maniere. Dit sluit MY bedienaars en die bedienings in, sowel as julle persoonlike lewens. Niemand sal enigiets terwille van MY prysgee, wat EK nie ten minste dubbelvoudig sal teruggee in hierdie lewe en in die Hemel nie. Vertrou MY en wees gewillig soos Abraham was en julle moet geloof hê. Sê, “YAHUVEH, wat my ookal verhinder om alles te wees wat EK geroep was om te wees, en alles wat ek georden was om te doen, offer ek op as ‘n offergawe aan U, enigiets wat in die pad staan dat U volmaakte wil in my lewe sal geskied”.

Offer alles wat julle is en alles wat julle nie is nie, aan MY en kyk hoe EK ‘n magtige verlossings-wonderwerk in julle lewens en dié van julle geliefdes gaan doen. Hierdie jaar sal EK julle die begeertes van julle hart gee want EK weet die begeertes van julle hart is die begeertes wat EK vir julle gegee het.

* * * * * * * *

Gegee op hierdie dag, aan Eerw. Elisheva Eliyahu, 8/1/97 deur die salwing van die RUACH ha KODESH tot heerlikheid van YAHUSHUA, die ENIGSTE verwekte seun van YAHUVEH.

‘n Nota van Eerw. Elisheva Eliyahu:

Bid in die krag van die RUACH ha KODESH tale dat veral die gawe van profesie in julle sal verrys. Ons Profete het ook nodig dat daar oor ons geprofeteer moet word. Ek bedien aan ander, maar so min bedien my. Miskien sal jy een van hulle wees.

Ja, daar kom ook ‘n aardskudding na Amerika toe. Ek het baie drome gehad en het my staat Indiana byna verwoes gesien. Dit sal 8.9 op die Richterskaal meet en daar sal terselfdertyd tornadoes en oorstromings wees. Dit sal ten minste 15 state tegelyk tref saam met Indiana.

Ek het God die Vader in my mees vreesaanjaende droom hoor sê, terwyl mense opruim en dink dit is verby, “Einde van rondte 1, nou vir rondte 2.” Maar prys YAHUSHUA, HY het vir my in dieselfde droom gewys hoewel ‘n klein hoeveelheid huise staande gelaat sal word, sal dit wees soos in die tyd van Moses en daardie mense wat YAHUSHUA in gees en in waarheid aanbid, hulle huise en lewens sal gespaar word.

Die engel van die dood sal by hulle verbygaan en nie hulle of hul huise aanraak nie. Aborsie klinieke sal in groot sinkgate val terwyl die aarde oopmaak en hulle insluk. YAHUVEH self sal wys wat gebeur met die moordenaars van onskuldige babas wat nog in die baarmoeders is.

Homoseksualiteit is ‘n perverse gees van wellus en nie ‘n geboorte-afwyking nie, maar sonde en dit is deur satan gestuur om YAHUVEH se eenheid, die huwelik, te bespot! Maar Almagtige YAHUVEH sal weereens wraak neem op maniere wat sal bewys HY word nie maklik bespot nie. En ellende wag op hulle wat die bespotting doen, want YAHUVEH is nie net ‘n God van genade en liefde nie, maar van toorn teenoor SY vyande!

‘n Groot deel van die nasie en mense van Amerika het hulle vrees vir YAHUVEH verloor en vir diegene wat het; vir hulle sal HY iets gee om te vrees. Maar dié van ons, die bruid van YAHUSHUA, het niks om te vrees nie, solank ons ons bes doen om HOM te gehoorsaam, SY stem te hoor en HOM aanbid in Gees en waarheid. Waarsku ander sodat die bloed van Eseg 3:17-21 nie op julle hande kom nie. Ellende wag vir diegene wat hoor en nie luister nie. Eerstens sal die oordeel op die huis van YAHUVEH wees, dan die heidene.

Die rykdom en poste van die goddelose sal aan YAHUSHUA se ware kinders gegee word wat hom aanbid en geloof het en daarna strewe om hom te gehoorsaam en hom dien, en die Evangelie van YAHUSHUA vir die verlossing van siele versprei. Meer miljoenêrs as wat daar ooit voorheen was, sal verrys en dit sal YAHUVEH se kinders wees wat die rykdomme, lugrederye, inkopiesentrums besit.
Ek is geroep om ook ‘n kerkplanter te wees en pastoor van baie kerke. Dit kos geld wat ek nie nou het nie, maar hiervoor glo ek in geloof voor die einde van hierdie jaar. Moedig asseblief ons broers en susters reg oor die wêreld aan, vertel vir hulle YAHUSHUA gaan SY kerk op ‘n baie groter manier as ooit tevore beskerm. Hou vas en kyk hoe die vyande val.

China gaan ‘n kragtige aardbewing beleef en plae sal hulle oorval en siektes wat geen mens kan genees nie en hulle sal swaarkry omdat hulle YAHUSHUA se kinders vervolg. YAHUVEH sal weer bewys dat HY nie blind of doof is nie en HY het die krete van Sy kinders gehoor. Kyk hoe die vyand sê ons YAHUVEH bestaan nie. Maar pasop satan, want verlossing is oppad vir YAHUSHUA se mense, selfs terwyl dit hier getik word.

Hulle wat die ware Christene vervolg het sal nou vervolg word. Hulle wat geeste van vernietiging, armoede, hopeloosheid en dood gestuur het, sal diégene wees teen wie hierdie geeste op ‘n magtige manier boemerang. Ons vyande sal vergaan as hulle nie bekeer voor die GOD wat almal oordeel nie. Die rykdom sal en is alreeds besig om in die hande van die regverdiges te draai deur YAHUSHUA ha MASHIACH! Dit sal slegs ‘n kort tydjie wees totdat ons YAHUSHUA weer kom en hierdie geld moet gebruik word om die siele-oes in te samel.

Ons YAHUSHUA kom! Eers moet HY SY kerk gereed kry sonder vlek of kreukel. Geen trots in ons Geestelike leiers nie want dit sal deur die krag van die RUACH ha KODESH geskied sodat geen persoon YAHUSHUA se Eer kan vat nie. Groter salwingskrag as ooit tevore sal op SY uitverkose diensknegte kom en groot tekens, wonders en wonderwerke sal na die ware aanbidders kom en hulle sal sien dat ons YAHUSHUA nogsteeds vandag op ‘n magtige manier wonderwerke doen!

Sommige sal so gesalf wees dat selfs die skaduwee van sommige diensknegte die duiwel en demone sal verdryf en die siekes sal genees en die dooies opwek vir YAHUSHUA se Eer alleen. Die jaar 1997 sal ‘n draaipunt vir die kerke wees, daardie kerke wat die nuwe wyn weier, sal leeg of vol okkultiese mag wees. Die RUACH ha KODESH sal nie langer afgesonderde kerke duld nie. Ons is almal een en ons moet geen kleur sien nie buiten rooi. Ons is die mense – Bloedgewas en skoongemaak deur die reddende Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota!

Ons broers en susters, ongeag watter ras, bloedverwantskap of taal, is slegs dié wat gered, geheilig en gevul is met die RUACH ha KODESH. Ons sal hulle herken aan hulle vrugte en saam met hulle geeste getuig. satan het probeer om rasse te laat dink hulle is beter, dit is hoogmoed en YAHUVEH sê een van die dinge wat HY die meeste haat is trots.

HY is nie’n aannemer van persoon nie. HY weet wie SY kinders is en wie die kinders van satan is. HY sal nie toelaat dat SY noukeurig uitgesoektes langer mislei word nie. Kyk hoe die vervalsing op ‘n magtige manier val en YAHUVEH die egte profete, evangeliste, pastore, apostels en leraars oprig om die vervalsings se plekke te vul.

En die laaste sal meer geseënd wees as die vorige, want hulle sal erken dit is nie deur ons eie mag of krag nie, maar deur die krag van die RUACH ha KODESH alleen. Deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH en dit is deur SY Bloed wat verlossing sal kom. Dit is die salwing wat die jukke en bindings sal breek, deur die RUACH ha KODESH se krag.

Daar is baie vegters wat geval het. Hulle het nie meer krag of geloof nie. Die duiwel het hulle mislei en hulle dink YAHUSHUA sien nie hulle trane of hoor nie hulle krete hierdie jaar nie. Hou vas, dit is nie nou tyd om op te gee nie. Die bedienings wat aan julle gegee is sal voorspoedig wees en alles waarvoor julle gewag het sal ‘n realiteit word. Moenie opgee nie.